0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1,280)
  • R50 - R100 (6,435)
  • R100 - R250 (186,867)
  • R250 - R500 (281,703)
  • R500+ (151,683)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Children's & Educational

Kleinkat 1: Kleinkat se Strokiesklub (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Kleinkat 1: Kleinkat se Strokiesklub (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Maak gereed vir 'n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper van Hondman!

Kleinkat leer vir 'n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep. Terwyl die paddavissies se wilde verbeeldings hulle na verskillende vertelgenres lei – van ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster – sal lesers leer oor samewerking, empatie en vreeslose selfuitdrukking.

Kinders sal lag, teken, en hul eie strokiesavonture skep lank nadat hulle die laaste bladsy omgeblaai het!

Die Goorste Week Ooit - Vrydag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit - Vrydag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Ná ’n gespartel en gespook lewe hy darem nog ná ’n taai Maandag, Dinsdag, Woensdag en Donderdag. Maar nou is dit . . . Vrydag!

Net toe Justin dink sy woeste week kan nie woester word nie, bereik hy ’n nuwe laagtepunt. ’n Onderaardse ontbering. Op die bodem van ’n gapende gat. Die donkerste, diepste dieptes. Maak jou reg vir ’n bibberboud-belewenis!

Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback): Paula Fourie Die Hond Met Die Stert Sonder Swaai (Afrikaans, Paperback)
Paula Fourie; Illustrated by Emily House
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jakkals word wakker met 'n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan 'n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is.

Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos 'n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Die scenario van troeteldiere wat hulle eienaars soggens kom wakker maak, is aan baie huishoudings bekend, en kinders sal maklik hiermee identifiseer en assosiasies maak. Die teikenmark (3 – 7 jaar oud) kan op dié ouderdom al met ander simpatiseer en veral wanneer assosiasies gemaak word met gebeure of karakters wat vir hulle emosionele betekenis inhou. Jakkals se dilemma sal jong verbeeldings aanwakker om redes en oplossings te probeer vind. Kreatiewe denke word ook so gestimuleer.

Die skrywer maak dit verder vanuit die staanspoor duidelik dat die ouers (volwassenes) nie Honds verstaan nie, en in hierdie geval dus nie sal kan help nie. Deur op ’n kind te fokus om die saak te beredder, word kinders (’n jong voorleesgehoor) dadelik by die verhaal betrek. Kleuters sal hulle aan die kant van die kind en Jakkals skaar en die verhaal enduit, en waarskynlik herhaaldelik, wil hoor om by die oplossing en gelukkige einde te kom.

Ten spyte van Jakkals se bekommernis, slaag die skrywer daarin om met humor en kreatiewe taalgebruik die verhaal lig en positief te hou. Humor stimuleer kreatiwiteit en waar baie boeke deesdae opvoedkundige of morele boodskappe oordra, is Die hond met die stert sonder swaai ’n lekker storie met baie geleenthede vir prettige interaksie tussen voorleser en kind om aangename boek- en leesherinneringe te skep. Alle lesers het ’n paar boeke uit hulle vroeë kinderjare wat kosbare herinneringe oproep. Prenteboeke kan lewenslange boekliefhebbers skep.

Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 7 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Aletha de Klerk Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 7 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Aletha de Klerk
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 5 - 10 working days

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za.

Die Stoutste Klas op Aarde Raak Wild! (Afrikaans, Paperback): Joanna Nadin Die Stoutste Klas op Aarde Raak Wild! (Afrikaans, Paperback)
Joanna Nadin; Translated by Kobus Geldenhuys
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Volgens die skoolhoof, Mev. Brombom-Bredeboud, is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink.

Maar Alex en Manjit het nie letterlik bedoel om Tanne vir 'n War of the Wizards-speelkaart te verruil en hom in die skool los te laat nie. En hulle het ook nie letterlik bedoel om skuim oral in die klaskamer en oor Mev. Brombom-Bredeboud te laat ontplof nie. Hierdie goed gebeur net!

Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Marnel Agenbag Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 9 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Marnel Agenbag
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 5 - 10 working days

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in Graad 9 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, pamflette en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za

Sprokie in 'n streepbaadjie (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Sprokie in 'n streepbaadjie (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R220 R160 Discovery Miles 1 600 Save R60 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser bedank, stel AB vir Heloise voor aan sy ouma, beeldhouer Heike Leibig. Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê. Toeval? Die verhaal verweef temas van tuiskoms, aanvaarding, oorgawe, en die kuns van die lewe en liefde.

Best Books vir klaslees: Nuwe trieks vir ou honde (Paperback): Christien Neser Best Books vir klaslees: Nuwe trieks vir ou honde (Paperback)
Christien Neser; Illustrated by Keren Setton
R175 R160 Discovery Miles 1 600 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer die dertienjarige Daniel by die hondeskuiling opdaag om vir honde te lees en sy leesvertroue op te bou, kruis sy pad met Stoffel, ’n steekhaarfoksterriër. Stoffel ontsnap en Daniel sit hom agterna. Albei beland in ’n stormwaterpyp in ’n verlate veld. Vasgekeer in ’n ondergrondse tonnel lyk Stoffel se kanse skraal om vir Oupa Solly op te spoor; selfs skraler as Daniel se droom om op te hou hakkel. Maar ou honde kan mos nuwe trieks leer...

Wikus se Wetenskaplike Dagboek (Afrikaans, Paperback): Karla Cloete Wikus se Wetenskaplike Dagboek (Afrikaans, Paperback)
Karla Cloete; Illustrated by Tumi K. Steyn
R180 R129 Discovery Miles 1 290 Save R51 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Wikus besluit om ʼn dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom. Die meganiese draak wat hy as troeteldier maak, breek los by die kerkbasaar se pannekoektafel en veroorsaak chaos. Dan maak hy en sy vriendin Violet superhelium en word onverwags deel van ’n lugballonresies. En op sy ouma se tagtigste verjaardagpartytjie beland sy vraatformule in die verkeerde hande . . .

Scarred Lions (Paperback): Fanie Viljoen Scarred Lions (Paperback)
Fanie Viljoen
R185 R165 Discovery Miles 1 650 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Buyisiwe feels like a stranger in London, where he grew up. And then he receives the terrible news: he has to go and live with his estranged father in a game reserve in South Africa. Africa is not what Buyisiwe expected it to be. It is a place of great beauty and splendour, magnificent animals and terrible danger. And now a scarred, man-eating lion prowls the reserve, waiting for his next victim. Will Buyi be able to heal from the physical and emotional scars left behind?

Die Goorste Week Ooit! Donderdag (Afrikaans, Paperback): Eva Amores, Matt Cosgrove Die Goorste Week Ooit! Donderdag (Afrikaans, Paperback)
Eva Amores, Matt Cosgrove
R200 R179 Discovery Miles 1 790 Save R21 (10%) Ships in 5 - 10 working days

"Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Maandag was mal, Dinsdag was dol, Woensdag was woes, en nou is dit . . . Donderdag.

Justin is steeds teen sy sin ’n internetsensasie en mense van oor die wêreld vergaap hulle aan al sy vernederendste oomblikke. Verder word hy met iemand anders verwar en boonop ontvoer en afgepers. Ons arme held gaan tot die uiterste beproef word!"

Hallo, Kleuterskool! - Aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback): Townhouse Publishing Hallo, Kleuterskool! - Aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback)
Townhouse Publishing
R95 R85 Discovery Miles 850 Save R10 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gaan jou kind binnekort kleuterskool toe? Dis so opwindend! Maar dit beteken baie dinge gaan verander.

Hierdie aktiwiteitsboek berei kinders speel-speel voor op kleuterskool met boeiende aktiwiteite wat kreatiwiteit stimuleer en emosionele uitdrukking aanmoedig. Met 'n mengsel van prettige en grondliggende vaardigheidsbou, verseker hierdie boek dat kinders gereed en opgewonde is vir hierdie nuwe avontuur.

My First Book of Farm Animals (Board book): My First Book of Farm Animals (Board book)
R95 R85 Discovery Miles 850 Save R10 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Have you ever seen a horse with spots? And do you know where piglets like to play? Come and meet all the animals on the farm!

This stimulating board book teaches toddlers and little ones about their favourite farm animals.

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het (Afrikaans, Paperback): Philip de Vos Die jaar toe dit gemmerbier gereën het (Afrikaans, Paperback)
Philip de Vos; Illustrated by Theodore Key
R250 R180 Discovery Miles 1 800 Save R70 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme. En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste, verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ʼn sigeuner-karavaan!

Princess Paris finds her purpose (Paperback): Demi-Leigh Tebow Princess Paris finds her purpose (Paperback)
Demi-Leigh Tebow; Illustrated by Olga Ivanov, Aleksey Ivanov
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Princess Paris has a busy day filled with royal duties. But when her crown is stolen, she fears she can’t represent her king on her mission. As she meets leopards, an elephant, and a buffalo, Paris realizes that each animal has a unique problem. But will Paris be able to help them? And will she get her crown back in time to meet the king? Tag along on this African safari with Paris, Kobe, and Chunk (the whole Tebow Pack!) and learn that helping others is the greatest purpose of all.

Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 8 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback): Frans Mostert Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 8 Afrikaans Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Frans Mostert
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 5 - 10 working days

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za

Hallo, Jesus! - 366 dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Hallo, Jesus! - 366 dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R285 R210 Discovery Miles 2 100 Save R75 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Marinda Engelbrecht, ’n oudonderwyser, gewilde TV-sjef en self ’n ouma, weet maar alte goed waarvan kinders hou. Hier deel sy ’n dagstukkie of doen-ding vir kinders vir elke dag van die jaar. Dié boek is gepas vir nuwe lesertjies en saamlees, of dit nou saans in die bed of in die klaskamer is.

Die vrolike, kleurvolle illustrasies maak dit pret om te lees, nie net vir kinders nie, maar ook vir ouers en onderwysers. Dit wys kinders wat God vir hulle kan beteken en bou veerkragtigheid.

The Dog With The Broken Wag (Paperback): Paula Fourie The Dog With The Broken Wag (Paperback)
Paula Fourie; Illustrated by Emily House
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Jakkals' wag won't work! Is she sick? Is her tail broken? Mom and Dad are worried, but it is little Lollipop, her best friend, that knows her best.

Jakkals and Lollipop love swimming in the lake, Jakkals diving and breaching like a whale. She needs nothing more than Lollipop's understanding to regain her wag.

In spite of the problem of Jakkals' seemingly broken wag, the author manages to keep the story light and positive by using humour and creative language. Humour stimulates creativity and brings a fresh angle to the story and a welcome change from other books for this age group, often with educational or moralising messages.

The Dog with the Broken Wag provides lots of opportunity for funfilled interaction between reader and listener, creating lasting memories of shared reading experiences.

Eerste Treë: Hallo, Nuwe Baba! - Aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback): Townhouse Publishing Eerste Treë: Hallo, Nuwe Baba! - Aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback)
Townhouse Publishing
R95 R85 Discovery Miles 850 Save R10 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Is daar 'n nuwe baba op pad? Dis so opwindend! Maar met 'n nuwe boetie of sussie in die huis gaan baie dinge verander.

Hierdie aktiwiteitsboek berei kinders speel-speel voor op 'n groeiende gesin. Met boeiende aktiwiteite wat emosionele uitdrukking aanmoedig sal kinders gereed en opgewonde wees vir hierdie nuwe ervaring.

Die Maniese Muskietmoles (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Die Maniese Muskietmoles (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in 'n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet 'n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.

Skool vir Talente 3: Derde Periode - Monsterspore! (Afrikaans, Paperback): Silke Schellhammer Skool vir Talente 3: Derde Periode - Monsterspore! (Afrikaans, Paperback)
Silke Schellhammer
R225 R201 Discovery Miles 2 010 Save R24 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Welkom in die Skool vir Talente. Hier kan almal fantastiese dinge doen. Hulle kan van vorm verander, met diere kommunikeer, water beheer . . . en nog baie meer!

 Alva sien uit na hulle nuwe skoolprojek: Hulle gaan fossiele soek onder op die eiland se strand. Maar dan ontdek hulle reusagtige voetspore in die sand. Beteken dit daar is 'n monster op die eiland?

Soek In Die Boek: Wilde diere (Afrikaans, Board book): Soek In Die Boek: Wilde diere (Afrikaans, Board book)
R175 R156 Discovery Miles 1 560 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kom kuier in die oerwoud en ontmoet die diere! Kinders kan hierdie prettige kartonboek enige plek saamdra en speel-speel meer leer oor hulle gunsteling- wilde diere.

Daar’s baie om te ontdek!

Web van Leuens (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Web van Leuens (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine 1
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar … maar niemand ken die volle waarheid nie.

Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton – gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens. Maar wie is so desperaat om hul geheim te beskerm dat moord die enigste opsie word?

Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Die Robotte Voer Oorlog! (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker; Illustrated by Chris Venter
R165 R148 Discovery Miles 1 480 Save R17 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser. Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees . . .

As ek jy was (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo As ek jy was (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Gretchen en Barbara haat mekaar. Gretchen kry die hoofrol in hulle dramaklub, maar word geboelie oor haar gewig, terwyl die gewilde Barbara die boelie is. 'n Geheimsinnige sakkie wenspoeier veroorsaak egter chaos . . . Want Barbara daag die vakansie in Gretchen se lyf by die dieetkamp op, terwyl Gretchen in Barbara se lyf by die dramakamp aankom! ’n Skreeusnaakse, maar deernisvolle storie oor boeliegedrag, selfbeeld en ware vriendskap.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Soul Guidance
Essence Rising Paperback R962 Discovery Miles 9 620
Touched by Angels
Christine Snowdon Paperback R288 Discovery Miles 2 880
The Legend of Captain Cannonball
Chris Kirby Hardcover R455 Discovery Miles 4 550
Commentaries on the History and Cure of…
William Heberden Paperback R607 Discovery Miles 6 070
A Fairytale for Everyone
Boldizsar M Nagy Hardcover R447 R411 Discovery Miles 4 110
Chakra Yoga - The Ultimate Guide to…
Mari Silva Hardcover R685 Discovery Miles 6 850
How to Paint Photographs in Water Colors…
George B. Ayres Paperback R459 Discovery Miles 4 590
Shades Of Nature
Heinrich van den Berg, Philip van den Berg Hardcover R980 R833 Discovery Miles 8 330
The Wet Collodion Process
Arthur Payne Hardcover R827 Discovery Miles 8 270
Kalahari Phototips
Hannes Lochner Paperback R395 R365 Discovery Miles 3 650

 

Partners