|
Books > Religion & Spirituality > Christianity
“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So
begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.
Op sy unieke manier doen Stephan Joubert ’n diepgaande ondersoek na
hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die
boek is verdeel in twee dele:
• Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die
misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor
God se wil en vensters op God se wil.
• Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die
verskillende fasette van God se wil bekyk, waaronder: Verander God se
wil my in ’n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.
God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die
Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te
verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne
God se wil te leef.
In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd
maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets
moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir
elke môre.
Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met
nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om
vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed
om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware
vrouwees daagliks moedig uit te leef.
Moed vir elke môre met sy eenkleur-bladontwerp is bedoel vir elke vrou
wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe
weer reguit in die oë te kyk.
"The Confessions" is an all time number one Christian classic -- an
extended poetic, passionate, intimate prayer written by St.
Augustine because he felt called by God to make this confession.
Rowan Williams, former Archbishop of Canterbury, calls Boulding's
translation "a different level of excellence from practically
anything else on the market. She has perfected an elegant and
flowing style." This 2nd edition includes a long-awaited annotated
bibliography.
|
|