0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (5)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Natuur en Omgewing

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reëlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Nerens Veilig - Twee Eeue van Suid-Afrikaanse Rampe (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Nerens Veilig - Twee Eeue van Suid-Afrikaanse Rampe (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days
Skuif - Die Evolusie Van Ons Wereld Vanaf Die Begin Van Lewe Tot In Die Toekoms (Afrikaans, Hardcover): Martin Ince Skuif - Die Evolusie Van Ons Wereld Vanaf Die Begin Van Lewe Tot In Die Toekoms (Afrikaans, Hardcover)
Martin Ince; Translated by Esta Grobler
R382 Discovery Miles 3 820 Ships in 4 - 8 working days

Skuif handel oor die evolusie van ons wêreld vanaf die begin van lewe tot in die toekoms. Die boek gee ’n ongelooflike oorsig van elke tydperk in die aarde se tektoniese geskiedenis. Hierdie verstommende visuele voorstelling van die aarde se geologiese geskiedenis beskryf die verskuiwing van landmassas en die ontwikkeling van die kontinente soos ons dit vandag ken.

Met pragtige wêreldkaarte en illustrasies wat die oorsprong van lewe uitbeeld en die aarde se moontlike toekoms vorspel, is Skuif die ideale gids tot ons planeet se geskiedenis. Martin Ince beskryf op toeganklike wyse wat die impak van geologiese veranderinge op die lewe op aarde is.

Plekname van Suider-Afrika (Afrikaans, Hardcover): Peter E. Raper, Lucie A. Moeller, Theodorus du Plessis Plekname van Suider-Afrika (Afrikaans, Hardcover)
Peter E. Raper, Lucie A. Moeller, Theodorus du Plessis
R473 Discovery Miles 4 730 Ships in 4 - 8 working days
Kinders se Slange van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Johan Marais Kinders se Slange van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Johan Marais
R170 R136 Discovery Miles 1 360 Save R34 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids. Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van slange ontsluit die betowerende wêreld van hierdie wydverspreide reptiele.

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover): Ben-Erik Van Wyk, van Wyk, Ben-Erik | Smith, Gideon F, Gideon F.... Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover)
Ben-Erik Van Wyk, van Wyk, Ben-Erik | Smith, Gideon F, Gideon F. Smith
R520 R470 Discovery Miles 4 700 Save R50 (10%) Ships in 7 - 10 working days

Harde band, meer as 400 volkleurfoto's

Ook beskikbaar in Engels - Guide to the Aloes of South Africa

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is 'n volkleur-handleiding en die hoë gehalte foto's maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer. Die inhoud weerspieël die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat:
Volledige beskrywings van al 155 spesies wat tans deur aalwynkenners erken word, met inligting oor kenmerke waarvolgens die plante geïdentifiseer kan word, blomtyd, habitat en geografiese verspreiding, bewaringstatus, oorsprong van die wetenskaplike name, en volksname, asook algemene riglyne vir die kweek van die plante, en inligting oor hul tradisionele gebruike.
Meer as 400 kleurfoto's wat die habitat en groeivorm aantoon, sowel as nabyfoto's van die blomme en blare.
Verspreidingskaarte van al die spesies, as 'n verdere hulpmiddel vir identifisering.
'n Gebruikersvriendelike klassifikasiestelsel wat die aalwyne in 12 groepe verdeel, hoofsaaklik aan die hand van hul groeivorms.
Inleidende hoofstukke wat die fokus plaas op aalwynagtige plante (wat met aalwyne verwar kan word); medisinale, kosmetiese en tonikumgebruike; bewaring; kweking en vermeerdering; tuinmaak en landskapontwerp met aalwyne; hibriede en kultivars, plae en siektes; en verwantskappe en genuskonsepte.
'n Geïllustreerde woordelys van plantkundige terme, indeks tot die wetenskaplike en volksname, asook 'n literatuurlys vir verdere leeswerk.

Die outeurs: Ben-Erik van Wyk is 'n professor in Plantkunde aan die Universiteit van Johannesburg en het 'n navorsingsbelangstelling in plantsistematiek en plantbenutting. Hy is die skrywer van internasionale wetenskaplike topverkopers soos Medicinal Plants of the World en Food Plants of the World.
Gideon F. Smith is Hoofdirekteur van Biosistematiek en Versamelings by die Suid- Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, professor in Plantwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, en 'n navorsingsgenoot aan die Universiteit van Coimbra in Portugal. Hy is die skrywer of medeskrywer van meer as 40 boeke oor onder meer aalwyne, sukkulente, tuinbou, tuine, Angola, taksonomie en indringerplante.

Sasol Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Bruce Cairncross Sasol Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Bruce Cairncross
R100 R80 Discovery Miles 800 Save R20 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend.

Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op dié wat die bekendste of algemeenste is. ’n Kort inleiding gee ’n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto’s van die gesteentes en minerale sowel as van die besondere terrein waarin hulle voorkom, vul die helder teks deurgaans aan en help met uitkenning in die veld.

Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale is ’n nuttige hulpmiddel vir die aspirant-geoloog, weetgierige amateur, of enigeen met ’n ontluikende belangstelling in Suider-Afrika se unieke geologiese erfenis.

Ons Klein En Silwerige Planeet - Afrikaanse, Nederlandse En Vlaamse Gedigte Oor Die Omgewing (Afrikaans, Dutch, English,... Ons Klein En Silwerige Planeet - Afrikaanse, Nederlandse En Vlaamse Gedigte Oor Die Omgewing (Afrikaans, Dutch, English, Paperback)
Johann Lodewyk Marais, A.D. Zuiderent
R375 R347 Discovery Miles 3 470 Save R28 (7%) Ships in 7 - 10 working days

Die mens se kommer oor die omgewing is een van die dominante temas van die laaste dekades van die 20ste eeu. In die Weste (en in Europa) het omgewingsbewustheid wyd posgevat en selfs 'n modeverskynsel geword. Ofskoon daar in bree verband nog nie genoeg begrip vir die mens se bydrae tot die krisis en sy reaksie op die globale veranderinge is nie, geniet hierdie kwessies toenemend aandag in die kunste. Ook in die letterkunde kan die "groen gesprek" as 'n belangrike groeipunt beskou word.

Systap Onder Die Juk (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Systap Onder Die Juk (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R75 Discovery Miles 750 Ships in 4 - 8 working days

Met haar innemende en boeiende vertelstyl teken Dot Serfontein in Systap onder die juk verhale oor die lewens van ’n versameling merkwaardige mense op.

Die leser leer ken ’n groep Noord-Vrystaters wat aan dié wêreld sy sonderlinge geskiedenis en karakter verleen het. Dit is ’n distrik “lankal reeds bewoon deur verantwoordelike, stoere mense wat hulle deur niemand laat voorsê nie”, soos dit in die titelverhaal gestel word.

Van hierdie stoere mense is byvoorbeeld die unieke tant Hannie Wolmarans. Die staaltjies oor haar het vir die skryfster as kind so onwaarskynlik geklink dat hulle in dieselfde klas as sprokies geval het. Daar is byvoorbeeld ook oom Lood, wat selfs in die eienaardige Serfontein-familie, hom kon onderskei as ’n eienaardige mens. Die luimige aard van die vertellings word ook in hierdie bundel deurweef met waardering en deernis, veral vir haar ma Boeta en pa Oupats.

Gids tot Grasse van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Frits van Oudtshoorn Gids tot Grasse van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Frits van Oudtshoorn
R480 R450 Discovery Miles 4 500 Save R30 (6%) Ships in 7 - 10 working days

Die grasfamilie, bekend as Poaceae, is waarskynlik die belangrikste plantfamilie op aarde. Grasse is die eerste voedselplante wat deur mense aangeplant is. Graangewasse, soos mielies, koring, rys en suikerriet (almal grasse), is steeds ons belangrikste bron van energie. Gras, in die vorm van voer, is ook die belangrikste bron van kos vir vee en die groot kuddes grasvreters in die natuur. Die akkurate identifikasie van grasse raak belangrik tydens veldbestuur aangesien grasse ten opsigte van hul weidingswaarde en ander ekologiese funksies verskil. Verder reageer verskillende onkruidgrasse anders op chemise onkruiddoders en moet daarom akkuraat geidentifiseer word. Hierdie boek, Gids tot Grasse van suider-Afrika, is die omvattendste volkleur identifikasiegids tot die algemene grasse in suider-Afrika en sluit onder meer die volgende kenmerke in: Beskrywings en illustrasies van die 320 belangrikste grasse in suider-Afrika; 'n Gebruikersvriendelike indentifikasiesleutel; Meer as 1 000 uitstekende kleurfoto's; Dertien kort en volledig geillustreerde inleidende hoofstukke oor grasse; Algemene grasname in verskeie inheemse tale; Simbole wat die leser in staat stel om inligting met 'n oogopslag te bekom.

Storieboom (Afrikaans, Staple bound): A.M.J. du Toit Storieboom (Afrikaans, Staple bound)
A.M.J. du Toit
R93 R86 Discovery Miles 860 Save R7 (8%) Ships in 7 - 11 working days

Die aktiwiteite help om vorms wat bymekaar pas en die wat nie pas nie te identifiseer. Dit ontwikkel die waarnemings- en koordinasievaardighede van die leerder.

Onder die kaal lug - Briewe vir Ryan (Afrikaans, Paperback): Laura Agrusti Onder die kaal lug - Briewe vir Ryan (Afrikaans, Paperback)
Laura Agrusti
R735 Discovery Miles 7 350 Ships in 10 - 15 working days
A Voyage of Discovery and Research in the Southern and Antarctic Regions, During the Years 1839 - 43, Volume 2 (Afrikaans,... A Voyage of Discovery and Research in the Southern and Antarctic Regions, During the Years 1839 - 43, Volume 2 (Afrikaans, Paperback)
James Clark Ross
R1,044 R861 Discovery Miles 8 610 Save R183 (18%) Ships in 10 - 15 working days
Schetsen Van Afrika's Westcust. (Afrikaans, Paperback): Jan Simon Gerardus Gramberg Schetsen Van Afrika's Westcust. (Afrikaans, Paperback)
Jan Simon Gerardus Gramberg
R951 R787 Discovery Miles 7 870 Save R164 (17%) Ships in 10 - 15 working days

Title: Schetsen van Afrika's Westcust.Publisher: British Library, Historical Print EditionsThe British Library is the national library of the United Kingdom. It is one of the world's largest research libraries holding over 150 million items in all known languages and formats: books, journals, newspapers, sound recordings, patents, maps, stamps, prints and much more. Its collections include around 14 million books, along with substantial additional collections of manuscripts and historical items dating back as far as 300 BC.The GEOGRAPHY & TOPOGRAPHY collection includes books from the British Library digitised by Microsoft. Offering some insights into the study and mapping of the natural world, this collection includes texts on Babylon, the geographies of China, and the medieval Islamic world. Also included are regional geographies and volumes on environmental determinism, topographical analyses of England, China, ancient Jerusalem, and significant tracts of North America. ++++The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to insure edition identification: ++++ British Library Gramberg, Jan Simon Gerardus; 1861. 8 . 10096.dd.12.

A Descriptive Catalogue Of Recent Shells (Afrikaans, Paperback): Lewis Weston Dillwyn A Descriptive Catalogue Of Recent Shells (Afrikaans, Paperback)
Lewis Weston Dillwyn
R944 Discovery Miles 9 440 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ken En Verstaan Biologie - Graad 12
J.S. Roux, N.P.J. van Rensberg, … Paperback R140 R117 Discovery Miles 1 170
Wereld atlas vir SA
Paperback R100 R78 Discovery Miles 780
A-Z Plekname Van Suid-Afrika
Paperback R250 R195 Discovery Miles 1 950
Ken en Verstaan Biologie Graad 10
N.P.J. van Rensberg, G. E. Minnie, … Paperback R120 R100 Discovery Miles 1 000
Tulbagh Onthou - 'n Herdenking Van Die…
Rosette Jordaan Paperback R331 R29 Discovery Miles 290
Heimwee
Sophia Kapp Paperback R350 R273 Discovery Miles 2 730
Anoniem
Chanette Paul Paperback R350 R259 Discovery Miles 2 590
Flaffie
Jaco Jacobs Paperback R130 R95 Discovery Miles 950
Die Beweging van Bloed
Pieter Stoffberg Paperback R320 R239 Discovery Miles 2 390
Best Books gegradeerde leesreeks: Vlak 1…
Best Books Paperback R85 R73 Discovery Miles 730

 

Partners