Veld is 'n lewensbelangrike natuurlike hulpbron vir ons aardse
bestaan. Sowat 80% van ons mooi land bestaan uit veld. Die grootste
deel daarvan word vir vee- en wildboerdery asook vir bewaring van
biodiversiteit en vir ontspanning gebruik. Goeie veldbestuur is
nodig om grondagteruitgang te stuit en om volhoubare
voedselproduksie en bewaring van biodiversiteit te verseker. Maar
goeie veldbestuur berus op 'n goeie kennis van ekologiese beginsels
en veldbestuurspraktyke, iets wat baie grondgebruikers nie beskore
was om te verkry nie. Die boek poog om die nodige kennis te verskaf
om grondgebruikers te help om die grond in hul sorg doeltreffend te
bestuur - inderdaad 'n reuseverantwoordelikheid. Die insluiting van
meer as 380 foto's en illustrasies en die gebruik van maklik
verstaanbare taal in Veldbestuur - Beginsels en Praktyke is daarop
gemik om die taamlik tegniese onderwerp te vereenvoudig.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!