Cilla kan van kleins af met diere kommunikeer in Van altyd af. Reynecke Retief
vertrou egter nie haar intuïtiewe benadering nie; hy beskuldig haar daarvan dat sy
sy perd wil toor. Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor
verhoudings en die lewe om.
Aileen se pâtisserie sal vir Stellenbossers wys hoe fyngebak moet lyk in Te
eenders, te anders. Ongelukkig is die eienaar van die perseel heeltemal
onmoontlik. Na ’n lesing oor persoonlikheidstipes, weet sy: Sy en Allen Muir sal
nooit om dieselfde vuur kan sit nie. Hoekom laat sy nabyheid haar dan so
verskriklik opgewonde voel?
Kalinda worstel met verskeie uitdagings in Tydlose liefde. Soos die spook wat in
haar kar geklim het én haar kantsakdoekie agtergelaat het. Sy ontmoet ook die
wildewragtag van ’n Zach met sy arrogante drie-date-reël. Daar is dadelik ’n
onverklaarbare drif wat tussen hulle posvat, terwyl sy die geskiedenis en haar
spook se spore volg.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!