0
Your cart

Your cart is empty

Books > Language & Literature > Literature: history & criticism > Literary studies

Buy Now

Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (Afrikaans, Paperback) Price: R635
Discovery Miles 6 350
Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (Afrikaans, Paperback): H.P. van Coller

Perspektief en profiel - 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis (Afrikaans, Paperback)

H.P. van Coller

 (sign in to rate)
Price R635
Sold by
Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
Discovery Miles 6 350 | Repayment Terms: R60 pm x 12*

Bookmark and Share

Expected to ship within 2 - 4 working days

Die Afrikaanse literatuur het 'n aangrypende lewe in Afrika oopgeskryf. Hierdie lewe kry sy beslag in 'n boeiende takelwerk verse, in 'n kennis van die aand en deur die oe van 'n siener in die suburbs. Kannas kom huis toe en Poppies loop die lange swerfjare deur. Nie slegs die belletrie (die arbeid van skeppende skrywers) is indrukwekkend nie, maar ook die getuienis van kundige lesers - die leesaktiwiteite van akademici wat sin moet maak van skeppende arbeid, wat die patrone moet ople en die teoretiese lense instel op die gedig, die toneelstuk, die essay, die drama of roman. Akademies gesproke is Perspektief en profiel 'n onontbeerlike handleiding. Dit is tans die belangrikste beskouing van ons skryfwerk in Afrikaans en die begeleidende literere gesprek. Dit bied insig in die oeuvres van die belangrikste skrywers (die "profiel" in die boektitel), maar is ook 'n bestekopname van verskuiwende teoretiese gesigspunte en aksente en 'n kartering van die gebied, vandaar die "perspektief". Dit toon by implikasie oortuigend aan hoedat die Afrikaanse letterkunde aansluit in suid-suid-verband met ander literature van die halfrond, en ondersoek die historiese en tydgenootlike noord-suid-bande en -spanninge. Ook verken dit die skryftegnieke en die produksie en resepsie van die Afrikaanse teks in Afrika. Dis 'n boek wat sensitief is vir die polities-kulturele omgewing wat steeds omvorm word deur die momentum geskep deur die koms van demokrasie in 1994. Eerder as om 'n literatuurgeskiedenis te probeer wees wat die finale woord wil spreek en ondubbelsinnig kanoniseer, word die literatuur hier as strydperk aangebied. Hierdie veelstemmige gesprek matig sigself as literatuurgeskiedenis nie objektiwiteit aan nie, maar huldig verskeidenheid en teenspraak. Perspektief en profiel toon aan dat die Afrikaanse letterkunde diep geent is in die kontinent Afrika. Dit boekstaaf die geestesprestasie van mense aan die suidpunt van 'n uitdagende kontinent. Dit is mense wat rekenskap gee van hul ontheemding en twyfel, maar ook van inburgering en liefde vir die land, van verwantskap met landgenote wat ander geskiedenisse en huistale het. Dis 'n literatuur van hierwees en aanhanklikheid aan plant en dier, landskap en leemte. Perspektief en profiel verskyn tydens die groot wending. Dis 'n tyd waarin die Boek soos geslagte dit sedert Gutenberg geken het weens die oorgang na digitaliteit onder beleg kom. Die tydsbesteding aan ernstig lees as aktiwiteit verskraal en hierdie boek is 'n tydige herinnering aan die tydsaamheid en denke wat in 'n literatuur opgesluit is. Die boek verdien 'n staanplek in elke Afrikaanssprekende gesin se boekrak of leplek in hul e-boek-biblioteek. Dit is onontbeerlik vir die student en die akademikus. As jy wil weet hoe jou voorgeslagte hul hierwees verwoord het en hoe jou tydgenote jou eie situasie stem gee, is hierdie boek jou toevlug. Deel 2 - Verkorte inhoud: 'n Oorsig van die Afrikaanse drama en teater van 1990 tot 2010 'n Perspektief op die Afrikaanse drama van 1906 tot 1966 Die vroueskrywer in die Afrikaanse letterkunde 'n Perspektief op die Afrikaanse literere tydskrifte 'n Perspektief op kinder- en jeugliteratuur

General

Imprint: Van Schaik Publishers
Country of origin: South Africa
Release date: March 2016
Editors: H.P. van Coller
Dimensions: 243 x 172 x 65mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 1076
ISBN-13: 978-0-627-03105-2
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Language & Literature > Literature: history & criticism > Literary theory
Books > Language & Literature > Literature: history & criticism > Literary studies > General
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Promotions
LSN: 0-627-03105-6
Barcode: 9780627031052

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

You might also like..

Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R146 Discovery Miles 1 460
Recognition - An Anthology Of South…
Paperback R420 R388 Discovery Miles 3 880
On Leopard Rock - A Life Of Adventures
Wilbur Smith Paperback  (1)
R299 R271 Discovery Miles 2 710
Race, Nation, Translation - South…
Zoe Wicomb Paperback R450 R415 Discovery Miles 4 150
A Manifesto For Social Change - How To…
Moeletsi Mbeki, Nobantu Mbeki Paperback  (4)
R230 R209 Discovery Miles 2 090
Sol Plaatje's Mhudi - History…
Sabata-Mpho Mokae, Brian Willan Paperback R330 R305 Discovery Miles 3 050
Die Singende Hand - Versamelde Gedigte…
Breyten Breytenbach Paperback R390 R348 Discovery Miles 3 480
Ties that bind - Race and the politics…
Shannon Walsh, Jon Soske Paperback R420 R388 Discovery Miles 3 880
On Writing - A Memoir Of The Craft
Stephen King Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Place - South African Literary Journeys
Justin Fox Paperback R360 R332 Discovery Miles 3 320
The Shakespeare Book
Dk Hardcover  (1)
R625 R566 Discovery Miles 5 660
Reading From The South - African Print…
Sarah Nuttall, Charne Lavery Paperback R350 R323 Discovery Miles 3 230

See more

Partners