Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie
vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons
polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval,
die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare
Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én
die gevestigde inwoners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek.
So het ons geglo, of so is aan ons vertel. Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou. En dit maak my gevaarlik.
Wanneer ’n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy
deur ’n verwoeste landskap vlug. In ’n wêreld waar ’n skynson lig verskaf,
raak hy ’n pion in ’n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning
van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon
hom nie hierop voorberei nie.
In ’n land sonder voëls is ’n verdoemende ondersoek na die impak van
’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons
mense maak.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!