Hierdie verhaal van liefde en geweld speel af teen die agtergrond van dwelmgebruik en bendegeweld.
Kara de Lange het as 10-jarige die skietdood van haar broer aanskou en dié emosionele trauma lei tot sowel emosionele- as huweliksprobleme. Sy en haar man, Johan, besluit dat sy ’n paar dae by haar vriendin Jackie op Montagu gaan kuier om meer perspektief te kry.
Hier ontmoet sy vir Armand, ’n skrywer wat aanvanklike sukses behaal het, maar wie jare laas ’n boek uitgegee het. Die wederkerige aantrekkingskrag tussen Kara en Armand is egter gekompliseerd. Sy worstel nog met die emosionele nalatenskap van trauma terwyl hy daarenteen uiters gesteld is op sy privaatheid, leefstyl en behoefte aan ’n ongekompliseerde, geroetineerde lewe. Hy bewaar sy emosies dig binne hom.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!