As die enigste oorlewende erfgenaam
van kinderlose alleenloper Contessa
Gabriella di Bartolli, erf wynmaker
Gabriella Armitage die wynplaas en
herehuis in Umbrië, Italië. Die herehuis is
egter vervalle en die plaas produseer nie
meer wyn nie.
Gabriella besluit om die eiedom te
restoureer, behalwe vir die stuk grond
wat haar groottante aan die skatryk en
arrogante Conte Eduardo Antoneschi
van die buurlandgoed, Montebello,
verhuur het. Gabriella is verplig om die
kontrak te hernu, al word sy deur die
Antoneschi’s as ’n onwelkome inkommer
en vreemdeling beskou.
Ten spyte van vele probleme wat
opduik en die vonke laat spat, bly die
aantrekkingskrag tussen Gabriella en
Eduardo onmiskenbaar. Gaan twee
hardkoppige harte mekaar kan vind?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!