Jou venster op die Lae Lande (Nederland en Belgie) en Europa!.
Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale
Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as
verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek
gebruik word. Dit sluit by die KABV-kurrikulum kwartaal 2, week 5
en 6 aan. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik op die
letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die
Nederlandssprekende deel van Belgie) te bied. Aan die einde van die
lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands praat. Die teks is
soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Jy sal leer van die
ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee
tale. Vrae en opdragte word ingesluit. Jy sal agterkom dat taalleer
nie vir dooie fossiele en bleeksiele is nie. Met jou nuwe kennis
van Nederlands sal jy skielik verstaan waar baie van die woorde en
uitdrukkings in Afrikaans vandaan kom en hoe Afrikaans uit
hoofsaaklik Nederlands ontwikkel het. Taalleer word ’n opwindende
ontdekkingstog!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!