Hierdie is ’n omnibus bestaande uit drie van Marile Cloete se
vorige Romanzas Man van min woorde, Man met ’n missie en Man van sy
woord. Man van min woorde: Hy kan toor met honde en rekenaars, maar
as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde.
Francesca is vasbeslote om deur die swygsaamheid te breek. Sy
begeer een van die Duitse herdershonde wat hy teel, maar sy toets
vir eienaarskap dop sy soos ’n klip. En haar selfbeeld is hoeka
bitter broos na die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie
by die dag groter – as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie
goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed
genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, sy begeer die swygsame
Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde. Man met ’n
missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy
dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is ’n haastige man, geduld moet
hy nog aanleer. Dis gewoonlik hy wat vir meisies weghol, maar die
keer het hy sy moses teegekom. ’n Harder hardekwas as Mignon
Grobbelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip
’n bang meisie weg, ’n kind-vrou met heeltemal te veel seer en
bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar
beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite
werd. En hy moet, nee, sal leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie
Bezuidenhout is, kan leer om te wag. Man van sy woord: ’n Ouer en
ryper Lourens – maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede
– is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se
gradeplegtigheid word vir Bianca ’n nagmerrie. Alles het mos
verander en daar is nie meer vir hom ’n plek in haar lewe nie – of
bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat
Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die
jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk
tussen hulle en die honger na mekaar wat onveranderd gebly het ...
Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om
hulle liefde weer ’n kans gee?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!