Die verhaal van 'n slavin wat as die enigste oorlewende van 'n mislukte
ekspedisie in die hart van Afrika haar terugtrek in die hol stam van 'n
kremetartboom. In toenemende verlatenheid herleef sy haar vroeëre bestaan:
hoe sy as kind in haar tuisdorp gevange geneem en weggevoer is, haar lewe in 'n
hawestad aan die ooskus as dienares van verskillende meesters, haar reis saam
met haar laaste eienaar en beskermheer, haar lewe in die kremetartboom.
Hierdie belangrike Afrikaanse roman is reeds in verskeie ander tale gepubliseer,
o.m. in Engels deur J.M. Coetzee. Die Italiaanse vertaling word bekroon met die
Grinzane Cavour-prys in 1988 en in 1995 word die Franse vertaling verwerk vir
die verhoog en opgevoer in die Thèâtre de l'Ante in Parys.
"Solank Afrikaans bestaan, sal dié boek waarskynlik die essensie daarvan bly
verwarm." – Antjie Krog
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!