0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (23)
  • R50 - R100 (26)
  • R100 - R250 (151)
  • R250 - R500 (89)
  • R500+ (15)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Showing 1 - 25 of 304 matches in Christelike Publikasies

'n Lewe Naby God - 366 Oordenkings (Afrikaans, Hardcover): Nina Smit 'n Lewe Naby God - 366 Oordenkings (Afrikaans, Hardcover)
Nina Smit
R279 R195 Discovery Miles 1 950 Save R84 (30%) Ships in 4 - 8 working days

God se teenwoordigheid is iets wat jy doelbewus moet soek, maar te midde van ’n besige program en krisisse verloor ons so maklik perspektief.

Geliefde skrywer Nina Smit wil vroue met 366 oordenkings in ’n Lewe naby God deur praktiese riglyne help om nader aan God te kom sodat sy Teenwoordigheid vir hulle ’n werklikheid kan word. Belangrike temas wat uitstaan, is onder andere:

  • gefokusde tyd met die Woord
  • gebed as anker van jou geloofslewe
  • betroubaarheid van God se beloftes
  • dankbaarheid as uitvloeisel van geloof
  • hantering van seer en mislukking in jou verlede
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reëlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Het Ek My Geloof Verloor? (Afrikaans, Paperback): Pierre du Plessis Het Ek My Geloof Verloor? (Afrikaans, Paperback)
Pierre du Plessis
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy jou geloof verloor of het dit gegroei en verander? Is daar ander maniere om te dink oor waarheid, God, die Bybel en kerk as die tradisionele manier?

Vandag se mense wil nie in allerhande dogmatiese belydenisskrifte vir antwoorde krap nie en die kerk beïndruk hulle beslis nie. Dikwels stap mense weg van hulle jarelange geloof. Dit is nie ’n klein, maklike besluit nie.

Hierdie boek is nie veronderstel om vol antwoorde te wees nie, dit is ’n gids op jou geloofsreis. Dit wys dat daar ’n ander manier is om te dink oor geloof, God en godsdiens. Dit is ’n uitnodiging om vrae te vra en te twyfel, te stoei en teen God se bors te slaan. Want Hy is daar en Hy bestaan en Hy het jou oneindig lief.

Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback): Hannelie Groenewald Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback)
Hannelie Groenewald
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is die verhaal van ’n vrou wat haar familie in ’n terreuraanval verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, net sodat die mat onder haar uitgeruk kan word. Die boek sal die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof te bereken, na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof en die krag van vergifnis.

Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg, Marissa Coetzee Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg, Marissa Coetzee
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.

Uit Die Beek 2024 - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit Die Beek 2024 - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant.

Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos.

In 2024 voltooi ons die vier jaar lange reis deur die Bybel. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.

Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer. 

Pa's En Seuns - Bou 'n Sterk Pa-Seun Verhouding Wat Tot Eer Van God Is (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Pa's En Seuns - Bou 'n Sterk Pa-Seun Verhouding Wat Tot Eer Van God Is (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R129 R90 Discovery Miles 900 Save R39 (30%) In Stock

Wil jy graag ’n nouer band hê met jou seun? Wil jy die tipe verhouding hê wat God eer en vir jou en jou seun ’n seën sal wees, nou en vir die res van julle lewens?

In Pa’s en seuns moedig Angus Buchan pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Deur temas soos nederigheid, liefde, waardering, genade en respek inspireer Angus mans om die tipe pa te wees wat God hulle gemaak het om te wees.

Hy herinner elke pa dat dit nooit te vroeg of te laat is om daardie kosbare verhouding met jou seun te koester nie.

Vind God in die Gewone (Afrikaans, Paperback): Tom Smith Vind God in die Gewone (Afrikaans, Paperback)
Tom Smith
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Beleef jy God elke dag? God woon in die gewone, en ons kan onsself leer om Hom daarin raak te sien. Ons kan die lewe opnuut beleef gevul met sy teenwoordigheid. Tom Smith wys ons hoe ons daagliks meer bewus kan wees van God in ons lewe: In ons gaan slaap, wakker word, soeke, reis, werk, speel, eet, seerkry, rus en in die dood. Hy help ons om te sien dat ons verhouding met God nie daaroor gaan om meer goed in ’n alreeeds bedrywige lewe in te prop nie; dit gaan daaroor om God in alles te ontdek.

Geseend Is Die Wat Treur (Afrikaans, Paperback): Susan Jordaan Geseend Is Die Wat Treur (Afrikaans, Paperback)
Susan Jordaan
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hoewel verlies en dood universeel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hulle pyn.

In Geseënd is die wat treur beskryf geliefde outeurs hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Ons Christene se grootste troos bly egter dat daar lewe na die dood is: daar is 'n weersiens.

Agter in die boek is 'n lys van tekste wat jy in jou Bybel kan gaan naslaan vir verskeie situasies.

Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling): Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die... Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans!

Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22).

God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback): Este Geldenhuys Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback)
Este Geldenhuys
R335 R288 Discovery Miles 2 880 Save R47 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry. Een manier is om God se Name te bestudeer. Esté Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en die in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.  

Die Pad Na Ware Wysheid - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Lizette Murray Die Pad Na Ware Wysheid - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Lizette Murray
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Daar is geen towerformule om wysheid te bekom nie.

Dit vra ʼn leeftyd se dag-tot-dag-toewyding en soeke na die ware wysheid. Dit vra dat ons met ons oor op die grond sal leef, in afwagting op God se stem wat ons leer hoe om ware wysheid – die wysheid wat van Hom kom – te verkry.

In hierdie 366 dagstukkies neem bekende skrywer Lizette Murray ons hand en lei ons na Hom toe, die bron van Wysheid, en help ons om met wysheid te leef, in ons alledaagse bestaan.

Verlore Seun Vannie Gaatjie (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Verlore Seun Vannie Gaatjie (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw, 'n hooplose plek. 

Sy pa is vroeg dood en sy ma maak hom en sy sibbe alleen groot. Hulle oudste broer terroriseer die gesin en een aand skiet Ivor en sy vriend sy broer en hy sterf later in die hospitaal. 

Ivor gaan tronk toe en met sy uitkoms begin sy lewe van voor af. Vandag is hy 'n jeugpastoor met 'n passie vir Here wat sy storie gebruik om ander te inspireer. 

'n Storie van die verlore seun wat huis toe kom. 

Moed Vir Elke Dag - Maak Elke Dag Jou Beste Dag (Afrikaans, Hardcover): Joyce Meyer Moed Vir Elke Dag - Maak Elke Dag Jou Beste Dag (Afrikaans, Hardcover)
Joyce Meyer
R249 R205 Discovery Miles 2 050 Save R44 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Met die konstante eise en druk van die daaglikse lewe, kan dit moeilik wees om tot stilstand te kom en God te ervaar. Topverkoperskrywer Joyce Meyer se praktiese manier van onderrig in hierdie geestelike oordenkings vir 365 dae sal jou aanmoedig om tyd vir jouself te maak sodat jy Moed vir Elke Dag kan ontvang!

Ontvang elke dag nuwe genade en seëninge wanneer jy tyd saam met God spandeer: terwyl jy sy Woord lees, luister en bid om sy leiding. Wanneer jy dit doen, sal God jou versterk en jou in staat stel om die lewe met wysheid en vrede in jou gemoed te hanteer, in plaas daarvan om bloot die dag agter die rug te probeer kry.

God sal jou deur moeilike tye verkwik en bemagtig met geduld en hoopvolle verwagting op die goeie dinge wat Hy vir jou beplan.

Hierdie boek met dagstukke vir die hele jaar het ook 'n pragtige ontwerk en omslag, en is die ideale geskenk vir die vrou in jou lewe.

'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler 'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Aletté Winckler, influencer, voorkomskonsultant, vrou en ma neem jou met hierdie 366 dagstukkies nader aan God.

Sy daag jou reguit uit om die Here te vertrou in elke aspek van jou lewe: van ma-wees, jou gesin se finansies, die toekoms en negatiewe gedagtes tot jou selfbeeld, loopbaan en nog soveel meer. Ontdek saam met Aletté God se palet vol vreugde vir elke dag.

Met insette van vriendinne soos Marciel Hopkins, Anel Alexander, Christi Panagio, Donnalee Roberts-Botha en Chireze Hoogendyk.

Soldaat (Afrikaans, Paperback): Reynardt Hugo Soldaat (Afrikaans, Paperback)
Reynardt Hugo
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was van 2011 tot 2019 lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings is daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding.

Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis, en hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Reynardt se verhaal is boeiend. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.

Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Hennie Maartens Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Hennie Maartens
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Gebed vir elke geleentheid bevat 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul.

Somtyds wil ons graag ons harte na God wend maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gevoelens aan die Here oor te dra nie. In hierdie boek het Hennie Maartens 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel waarin die Here se kinders riglyne vir gebed kan vind om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing.

Hierdie is nie net die perfekte boek om ’n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos onderwysers, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroep-leiers en jeugleiers.

Die Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover, 2020-Vertaling): Die Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover, 2020-Vertaling)
R159 R125 Discovery Miles 1 250 Save R34 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Afrikaans 2020 vertaling, hoofletteruitgawe, mediumgrootte volledige Bybel met swart hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.

• 8.5-punt lettergrootte
• Grootte: 150 x 220mm

Die Aksie-Bybel - Helde En Skurke (Afrikaans, Paperback): Die Aksie-Bybel - Helde En Skurke (Afrikaans, Paperback)
bundle available
R229 R159 Discovery Miles 1 590 Save R70 (31%) Ships in 4 - 8 working days

Wat maak iemand ’n held? Of wat maak hom ’n skurk? Wanneer ons hulle stories lees, sien ons dikwels party mense is soms ’n held en soms ’n skurk. Die opwindende insigte en lewendige illustrasies in Die Aksie-Bybel: Helde en skurke help kinders tussen 8 en 12 jaar om meer as 75 Bybelkarakters ’n bietjie beter ken – die helde, maar ook die skurke. So sal hulle ook leer ons het elkeen so iets van albei in ons!

Lesers, oud en jonk, kan uitsien na die volgende:

  • Kleurvolle, moderne illustrasies.
  • Die grootste uitdagings (en foute!) van meer as 75 Bybelkarakters.
  • Historiese konteks, plekke van oorsprong, aanduidings oor waar historiese plekke vandag is, en waar die verhale in die Bybel is by elke karakter.
  • Ander fassinerende inligting, wonderbaarlike gebeure en prettige feite ook kos, klere en tradisies.

Die verrassende verhale en ongelooflike waarhede in hierdie uitstekende boek gee lewe aan die Bybel en sy karakters.

Die Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding, 2020 Vertaling): Die Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding, 2020 Vertaling)
R819 R639 Discovery Miles 6 390 Save R180 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Afrikaans 2020 Groot Druk Bruin Goud-Op-Snee Met Duimindeks (Kunsleer)

• Volledige Bybel
• Grootdruk
• Luukse Bruin Verwerkte Leerband
• Goud-op-snee,
• Duimindeks
• Merklint
• Voorwoord
• Kruisverwysings
• Voetnote
• Verantwoording
• Woordelys
• Kaarte
• 12.5-punt lettergrootte
• Grootte: 187 x 33 x 258mm

Die Bybel (Afrikaans, Hardcover, 2020-Vertaling): Die Bybel (Afrikaans, Hardcover, 2020-Vertaling)
R159 R125 Discovery Miles 1 250 Save R34 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Afrikaanse 2020-vertaling, mediumgrootte volledige Bybel met swart hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.

• 8.5-punt lettergrootte
• Grootte: 150 x 220mm

Die Ware en Unieke Jy - Vry van Vergelyking (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Die Ware en Unieke Jy - Vry van Vergelyking (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R249 R175 Discovery Miles 1 750 Save R74 (30%) In Stock

In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.

God het aan jou unieke talente gegee sodat jy sy doel vir jou lewe kan vervul. Miskien het jy nog nie jou unieke talente ontdek nie. Neem die eerste stap en vra God om dit wat jou spesiaal en uniek maak aan jou uit te wys. Elke mens verskil immers: vir sommiges het hy leierskapseienskappe gegee; vir ander die gawe om musiek te komponeer. Laat God dan toe om jou unieke talente te gebruik en jou van binne te omvorm om iets kragdadig te doen. Jy sal boonop rus vind in dié wete: God het jou lief net soos jy is.

2025 18-Maande Dagboek vir Vroue - Goedheid en Guns (Met Rits) (Afrikaans, Leather / fine binding): 2025 18-Maande Dagboek vir Vroue - Goedheid en Guns (Met Rits) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R299 R210 Discovery Miles 2 100 Save R89 (30%) In Stock

Die Dagbeplanner vir vroue 2025 is die ideale 18-maande-beplanner vir vroue. Elke maand het ’n maandbeplanner en plek om doelwitte en belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanner, wat strek van Augustus 2024 tot Januarie 2026, is verdeel in oggend- en middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere of klein items daarin kan toerits.

Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:

• Weekbeplanner van Augustus 2024 tot Januarie 2026 met ’n dubbelbladsy vir elke week
• Plek vir weeklikse gebedslysies, prioriteite en notas
• Plek vir persoonlike inligting en kontaknommers
• ’n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2025 en 2026
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
• Goedheid en Guns
• Psalm 23:6
• 244 tweekleur-bladsye

2025 18-Maande Dagboek vir Vroue - Ek Is Tot Alles in Staat (Met Rits) (Afrikaans, Leather / fine binding): 2025 18-Maande Dagboek vir Vroue - Ek Is Tot Alles in Staat (Met Rits) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R299 R210 Discovery Miles 2 100 Save R89 (30%) In Stock

Die Dagbeplanner vir vroue 2025 is die ideale 18-maande-beplanner vir vroue. Elke maand het ’n maandbeplanner en plek om doelwitte en belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanner, wat strek van Augustus 2024 tot Januarie 2026, is verdeel in oggend- en middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere of klein items daarin kan toerits.

Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:

• Weekbeplanner van Augustus 2024 tot Januarie 2026 met ’n dubbelbladsy vir elke week
• Plek vir weeklikse gebedslysies, prioriteite en notas
• Plek vir persoonlike inligting en kontaknommers
• ’n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2025 en 2026
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
• Ek Is Tot Alles in Staat Deur Christus
• Filippense 4:13
• 244 tweekleur-bladsye

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Blood
Daniel Pemberton, Various Artists CD R89 R50 Discovery Miles 500
Fernando Velázquez: Sexykiller (Original…
Fernando Velázquez CD R178 R56 Discovery Miles 560
Love & Mercy (The Life, Love and Genius…
Atticus Ross CD R50 Discovery Miles 500
Billy Elliot: The Musical - Original…
Martin Koch, Nick Gilpin, … CD  (1)
R130 R61 Discovery Miles 610
Cold Feet
Various Artists CD R42 Discovery Miles 420
Pinocchio (Rooney)
Original Tv Soundtrack CD R192 Discovery Miles 1 920
Jackboots On Whitehall
Guy Michelmore, Various Artists CD R213 R50 Discovery Miles 500
Alleluia!: The Devil's Carnival…
Various Artists CD R411 R328 Discovery Miles 3 280
Concussion
James Newton Howard, Various Artists, … CD R59 Discovery Miles 590
Now That's What I Call Mum
Various Artists CD R56 Discovery Miles 560

 

Partners