![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 18 of 18 matches in All Departments
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.
Wanneer die dertienjarige Daniel by die hondeskuiling opdaag om vir
honde te lees en sy leesvertroue op te bou, kruis sy pad met Stoffel,
’n steekhaarfoksterriër. Stoffel ontsnap en Daniel sit hom agterna.
Albei beland in ’n stormwaterpyp in ’n verlate veld. Vasgekeer in ’n
ondergrondse tonnel lyk Stoffel se kanse skraal om vir Oupa Solly op te
spoor; selfs skraler as Daniel se droom om op te hou hakkel. Maar ou
honde kan mos nuwe trieks leer...
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit
weer "normaal" sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom
uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy
weer sy ouers sal sien nie, en die Gr 7-jaar waarna hy en Alvin so
uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding.
Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. 'n Diepsinnige, dog
ligte grootwordstorie.
Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool
se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser
bedank, stel AB vir Heloise voor aan sy ouma, beeldhouer Heike Leibig.
Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde
Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê.
Toeval? Die verhaal verweef temas van tuiskoms, aanvaarding, oorgawe,
en die kuns van die lewe en liefde.
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms wel, veral noudat sy in Gr 7 is en haar tannie Sylvie ver weg is in Amsterdam. Gelukkig was Fen nog altyd daar: Haar boetie wat sy self kon kies, wat van dag een af saam met haar op 'n donkie skool toe ry.
Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primere skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is 'n slimkop en hy en sy groepie "mede-geeks" by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoerskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook 'n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die "geeks" in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op 'n onopsigtelike en goed geintegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met MatriekIT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom begin Micha in graad 9 vir die eerste keer by Parkrand Hoërskool skoolgaan. Dylicia word gevra om ’n ogie oor Micha te hou. Sy’s die enigste meisie in die skool se Robotikagroep, wat vir die Grottobot Fest ’n robot bou en programmeer. Eers lyk dit asof die Vuilhonde en Micha koppe gaan stamp, maar Micha en Bees vorm ’n onwaarskynlike vriendskap, en gou lyk dit vir Dylicia asof die groep seuns, Micha inkluis, haar nie meer nodig het nie.
Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar 'n skadu van onsekerheid. Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis. 'n Boelie gryp sy foon en 'n bakleiery breek uit. In die gestoei breek Fen sy spanmaat, Jock, se neus. Fen én Jock word geskors. Hulle straf: twee weke se harde arbeid op Mtwana.
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle weggery. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes. Die boek daag ook geslags- en verhoudingstereotipes speels en slim uit. Nicci is ewe goed in ballet en bergfietsry, maar omdat sy 'n meisie is, verwag haar ouers en onderwysers dat sy vanselfsprekend ballet sal kies. Haar oë gaan ook oop oor die ou op wie sy verlief is, wat eintlik maar net 'n modelmooi meisie soek vir wie voorkoms en wat ander mense van haar dink, mees belangrik is. Sy vind in Donovan 'n ware vriend wat haar toelaat om haarself te wees.
In this omnibus Elle and her friends have incredible adventures ... The omnibus includes a new story! In Droomkans Elle is still wondering where on earth to get money to buy her dream dress for the matric dance, while some unexpected visitors pop up in the school hostel. To make matters worse, Mrs Bender, the principal, is determined that Elle should come up with a project to end her year as head girl of Gravitas on an unforgettable note. Will Elle get her dream chance to leave a lasting legacy? In Vreesloos Elle is rather scared. Her matric year is coming to an end. She wants everything to slow down, because she’s not sure if she’s ready for life outside of her beloved Gravitas. While other girls are making plans for their matric vacation, Elle just wants to forget about it. She wants to soak up every last moment. Like the matric farewell. In Roekeloos Elle is awaiting her matric results. She has just had a wonderful matric vacation, but now the realities of young adulthood is awaiting her. What choices will she have to make and what does her future look like? A brand-new book in the Elle series!
Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs? In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime. Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Christien Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.
To raise a typical toddler is no joke. So what do you do when your child happens to be ‘different’? What if he’s hyperactive and can’t pay attention? What if you suspect that she might be autistic? What can be done about low muscle tone and poor pencil grip? What if his language development is not on par, or he lisps or stutters? And what if she doesn’t have learning difficulties, but suffers from anxiety? In Help! My Child is Atypical a team of experts answer these and many other questions that parents struggle with daily. Is therapy really essential or is it just a money-making scheme? And where do you begin when you suspect something’s amiss? In 30 gripping case studies, parents and therapists relate their true stories of determination and hope. Psychologists, speech therapists, audiologists, occupational therapists, physiotherapists, play therapists and other medical practitioners share their knowledge, experience and secrets. Help! My Child is Atypical is a practical guide that equips you with the tools needed to make you and your child a champion team!
Die volgende drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ʼn omnibus. Hierdie titels is: Rocksusters, Duinebesies en Franse vlegsel.
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat
voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:
Maak gereed vir nog ’n Elle-avontuur propvol raaisels, romanse en rock! Elle kan nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie. Die regte Parys sal moet uithaal en wys, want Elle het ontdek: Die Musikanto is ’n splinternuwe, landswye skolefees. Buiten die klassieke musiek, is daar ’n toneelfees en ’n rockfest. Dis nie sommer nog 'n kunstefees nie, dis ’n happening – iets soos Woodstock of Oppikoppi. Maar eers moet die orkes geld insamel om in ’n ordentlike hotel te gaan bly, eerder as op ’n aaklige kampeerterrein met grillerige badkamers. Selfs al beteken dit Elle en haar vriendinne moet leer koekies bak en dit by die seunskool probeer smous.
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorle. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tent in die diepste bosse van Botswana nie. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. Zero selfoonontvangs. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop ’n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.
Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?
|
You may like...
Atkinson's Principles of Clinical…
Shiew-Mei Huang, Juan J. L. Lertora, …
Hardcover
R2,953
Discovery Miles 29 530
Paraneoplastic and Cancer…
Kenneth J. Scalapino, Charles R. Thomas, Jr.
Hardcover
R1,902
Discovery Miles 19 020
|