0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Heks (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Heks (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verteller in Heks vind haar toevlug in sprokies en mites. Terwyl die wêreld die oorlog in Oekraïne op TV-skerms gadeslaan, verdiep sy haar in die mitologie van dié land – ook as skans teen die toenemende vyandelikheid in haar huwelik.

’n Ongeoorloofde verhouding maak ’n besieldheid in haar wakker. Sy beroep haar op dié nuwe krag toe sy van ongerymdhede bewus word by die kosmetiekmaatskappy vir wie sy bemarkingskopie skryf.

Dis tyd om beheer van haar eie verhaal neem.

Buit (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Buit (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach 1
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Markus Gerlach en sy kameraad Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word. Vir Phoebe Maritz, ’n kleindorpse joernalis, is dit ’n kans om eindelik ’n storie van internasionale belang na te jaag en sy sit die twee met die hulp van ’n veiligheidskontrakteur, Paul Fryer, agterna.

Sy hoop om ’n eksklusiewe onderhoud met Markus los te slaan en die waarheid te ontbloot. Maar Cabo Delgado, waar Markus wegkruip, word deur verwoestende terreur geteister en niemand is daar veilig nie.

Gou bevind Phoebe haar in die middel van ’n plofbare botsing tussen gevreesde insurgente, kastige filantrope, private militêre kontrakteurs, agente van internasionale olie-en-gasmaatskappye en – erger nog – ’n bloeddorstige reeksmoordenaar.

Blinde Gode - Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Blinde Gode - Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word?

Aella O’Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers ’n week en sy moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek.

Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van ’n afgevaardigde van ’n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie in die strafregstelsel – op die presiese tydstip wat ’n plaaslike landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel.

Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig. Leblanc is ’n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om uit te vind wat van die geld word wat Europa vir renoster bewaring skenk.

Terselfdertyd word twee renoster stropers koelbloedig voor kolonel Alexander MacLachlan op die verre noordelike grens van die provinsie doodgeskiet. Hy arresteer die moordenaar op die toneel. Sy saak word beduiwel toe die moordenaar homself om die lewe bring.

Hoe hou die moord op ’n landdros en die teregstelling van twee renoster stropers met mekaar verband? Die ondersoek lei O’Malley en MacLachlan na mekaar, met skokkende gevolge.

Die ondersoek is egter ook ’n helingsproses vir O’Malley. Deur die harde werklikheid van ’n moordondersoek leer sy dat die dooies die dooies moet begrawe en dat hoop nooit ydel kan wees nie.

Dowe Gode - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Dowe Gode - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?

Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in ’n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.

Aella O’Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit ’n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot ’n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy ’n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal ’n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.

Wat is die motief? Is dit net nog ’n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?

Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur ’n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.

Die roman bied ’n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is ’n kenner se hand aan die werk. Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in ’n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.

Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?

Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe ’n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.

Stom Gode - Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Stom Gode - Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R349 Discovery Miles 3 490 Ships in 4 - 6 working days

Die gode in Afrika is stom. En lui.

So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg.

Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.

Heiliger (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Heiliger (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe ’n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle ’n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur ’n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, ’n staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word – deels vir sy eie veiligheid, deels omdat ’n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir ’n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van ’n sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur ’n dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s’n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy ’n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk ’n Kubaanse dokter oor hom in ’n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy ’n fout gemaak …

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sediment Fluxes in Coastal Areas
Mohamed Maanan, Marc-Robin Hardcover R2,670 Discovery Miles 26 700
Abnormal Psychology - An Integrative…
V. Durand, David Barlow, … Paperback  (1)
R930 Discovery Miles 9 300
Freestyle Cooking With Chef Ollie
Oliver Swart Hardcover R470 R419 Discovery Miles 4 190
A Tango With Death - Tolletjie Botha And…
Giancarlo Coccia Paperback R566 Discovery Miles 5 660
Disciple - Walking With God
Rorisang Thandekiso, Nkhensani Manabe Paperback  (1)
R280 R250 Discovery Miles 2 500
Rebels And Rage - Reflecting On…
Adam Habib Paperback R548 Discovery Miles 5 480
100 Mandela Moments
Kate Sidley Paperback R260 R232 Discovery Miles 2 320
Being There - Backstories From The…
Tony Leon Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Fabulously 40 And Beyond - Women Coming…
Margie Orford, Karin Schimke Paperback R250 R234 Discovery Miles 2 340
Hiking Beyond Cape Town - 40 Inspiring…
Nina du Plessis, Willie Olivier Paperback R350 R323 Discovery Miles 3 230

 

Partners