0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (7)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Die Pro (Afrikaans, Paperback, Film-Uitgawe): Leon De Villiers Die Pro (Afrikaans, Paperback, Film-Uitgawe)
Leon De Villiers
R215 R192 Discovery Miles 1 920 Save R23 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sanlambeginnersprys (1997)

Scheepersprys vir jeuglektuur (1998)

M.E.R.-prys (1998)

’n Aangrypende verhaal oor vriendskap, verlies en die demone wat tieners moet takel in die proses van grootword, geskryf in die taal van vandag se tiener. Die hoofkarakter is ’n 16-jarige seun wat versot is op branderplankry, ’n karakter met wie tieners, en veral seuns, maklik sal kan identifiseer. Nou ook 'n rolprent met Ballade vir 'n Enkeling se gewilde Edwin van der Walt in die leidende rol in die rolverdeling van jong akteurs.

Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Lutz
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Herleef ou gunstelinge uit die maroelaboom

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek.

Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai.

Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het?

Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!

Hierdie heruitgawe van Leon de Villiers se oorsponklike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geïllustreer.

Tales From The Marula Tree (Paperback): Leon De Villiers Tales From The Marula Tree (Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Lutz
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Relive old favourites from the Marula tree.

Every evening at sunset the troop of baboons climb to the top of the big Marula tree. It is their favourite tree to sleep in.

They clamber around looking for a comfortable spot. It takes a while for everyone to settle down, but eventually even Aunt Mangy has found the perfect branch for her tired body. All is quiet.

The baboons are waiting for the evening star to appear. Who will be the first to see the star tonight? "There it is!" cries one of the little ones.

As soon as the star has appeared, a little voice begs: "Please tell us a story!" "Yes, a story, a story!" it echoes in the branches.

An omnibus with fifteen highly original and entertaining animal stories.

This re-release of Leon de Villiers' original animal stories was illustrated by talented artist Linki Lutz.

Erik En Die Kido-dinges (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition): Leon De Villiers Erik En Die Kido-dinges (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition)
Leon De Villiers
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so 'n bietjie na hulle! Gelukkig ontdek Erik dat daar ook 'n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan toe hy die De Kommers gaan omruil? Niemand anders as sy eie ouers nie - en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem!

Droomoog Diepgrawer (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): Leon De Villiers Droomoog Diepgrawer (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
Leon De Villiers
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lank, lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande onerdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond!

Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit.

Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die wrede Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ’n ware Diepgrawer, ’n erd wat nie opgee nie, ’n erd met ‘n plan.

Wetenskap Vyte (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Wetenskap Vyte (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Brand
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

’n Vyte-boek vir almal.

Wat is ‘n wetenskaap? ‘n Mens wat hou van vyte, word ‘n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens.

Wat is ’n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte.

Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte!

Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.

Toko (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Toko (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 2 - 4 working days

Sy naam is Toko. Dit beteken klei. Hy is pas deur sy stiefpa, hoofman Jeroba, aangewys om die jong leeus te gaan roep. Die jong leeus wat as volwaardige manne sal terugkeer, hulle hare afgeskeer. En saam met hulle hare bly alles wat hulle verkeerd gedoen het op die berg agter. Ook dit wat vannag daar bo in die berg gebeur. Tot more geld daar geen wette vir hulle nie. Hulle kan doen net wat hulle wil. Niemand sal ooit daaroor praat nie - net soos almal swyg oor die verskriklike ding wat die vorige jaar op die berg gebeur het.

Groete Van Die Hi Na (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Groete Van Die Hi Na (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 2 - 4 working days
Die Groot Koelte (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Die Groot Koelte (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is tyd om jou binne-leeu te ontdek.

Die wêreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas gereën. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt.

Sedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op 'n strand, met net 'n lafhartige leeu, 'n veglustige seemeeu en 'n trop lastige bobbejane as geselskap.

Maar op 'n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die wêreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, is hulle eers vasbeslote om Feliks op te vreet. Maar die ysbeer-kaptein is seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed. Sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is!

Wat volg is 'n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. En terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op 'n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die wêreld verander … as hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte.

Hierdie meesleurende fantasieverhaal is meesterverteller Leon de Villiers op sy allerbeste. Dit is 'n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop - en 'n onblusbare liefde vir die natuur.

Paris Sauve ! ! ! Ou La Debacle de la Commune (French, Paperback): Leon De Villiers, Georges De Targes Paris Sauve ! ! ! Ou La Debacle de la Commune (French, Paperback)
Leon De Villiers, Georges De Targes
R363 Discovery Miles 3 630 Ships in 18 - 22 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
Light Through The Bars - Understanding…
Babychan Arackathara Paperback R30 R28 Discovery Miles 280
Who Owns the Wildlife? - The Political…
James A. Tober Hardcover R2,577 Discovery Miles 25 770
Gender and Representation in Latin…
Leslie A. Schwindt-Bayer Hardcover R3,283 Discovery Miles 32 830
Zulu Bird Names And Bird Lore
Adrian Koopman Paperback R560 R511 Discovery Miles 5 110
Economic Institutions and Democratic…
Ole Norgaard Hardcover R3,735 Discovery Miles 37 350
Texas 1964
Duane Michals Hardcover R953 Discovery Miles 9 530
Camping Outdoor Folding Cutlery Set
R199 R139 Discovery Miles 1 390
Black America, Body Beautiful - How the…
Eric J. Bailey Hardcover R2,045 Discovery Miles 20 450
Alva Double Burner Canister Stove
R1,079 Discovery Miles 10 790

 

Partners