0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R100 - R250 (34)
  • R250 - R500 (37)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Heritage Month > Afrikaans

Showing 1 - 25 of 72 matches in Afrikaans

Hoe Ek Dit Onthou (Afrikaans, Paperback): Francois Van Coke, Annie Klopper Hoe Ek Dit Onthou (Afrikaans, Paperback)
Francois Van Coke, Annie Klopper
R300 R219 Discovery Miles 2 190 Save R81 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Francois van Coke span met die skryf van hierdie biografie saam met Annie Klopper om in sy eie stem die gebeure te vertel wat hom as mens en musikant gevorm het. Sy perspektief word gebied op als van Fokofpolisiekar tot Van Coke Kartel, die sukses van “Toe vind ek jou” en sy rol as afrigter op The Voice. Minder bekende en onbekende verhale word ook vertel oor wilde partytjies, vuisgevegte, dwelms, nagte in tronkselle, liefde, soberheid en pa-wees. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou.

Bloedbroers - Na die slagveld van Smokeshell en terug (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Bloedbroers - Na die slagveld van Smokeshell en terug (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R290 R195 Discovery Miles 1 950 Save R95 (33%) In Stock

“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco Caforio, ouddienspligtige

Op 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.

Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei.

In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met ’n 14,5 mmmasjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef. Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en ’n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in ’n Ratel wat deur ’n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.

In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.

Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R590 R425 Discovery Miles 4 250 Save R165 (28%) In Stock

Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.

Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.

Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.

Ook beskikbaar in Engels, as 'Atmosfire'.

Gangster - Ware Verhale Van Albei Kante Van Die Strydlyn (Afrikaans, Paperback): Carla van der Spuy Gangster - Ware Verhale Van Albei Kante Van Die Strydlyn (Afrikaans, Paperback)
Carla van der Spuy
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

'n Intieme blik op bendegeweld – van dié wat die geweld gepleeg het sowel as dié wat onskuldig is. Carla van der Spuy praat met mense van ’n gangster wat “nie genoeg vingers en tone het” om te sê hoeveel mense hy gedood het nie tot ’n ma wie se kind sonder waarskuwing aangeval was. Sy laat toe dat mense in hul eie woorde ’n beeld skep van die hoop en wanhoop, onsekerheid en vasberadenheid wat deel is van lewe tussen gangsters.

Met hierdie boek is daar insig tot hoe die gangs ledes kry, sowel as hoe mense probeer om weg te breek daarvan. Daar is insig vanaf ’n polisielid en van die groep wat ’n veel beter rehabilitasiesyfer het as die tronk – want daar is steeds hoop. Hier lê ’n gemeenskap sy hart bloot.

Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die oorlewingstog van 'n dapper vrou.

“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”

In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.

Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.

1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons Krag (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons Krag (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R360 R309 Discovery Miles 3 090 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank 'n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte.

In hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self 'n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar.

Propvol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat dié ervarings eerstehands beleef het.

Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se Berugste Familiemoorde (Afrikaans, Paperback): Charne Kemp Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se Berugste Familiemoorde (Afrikaans, Paperback)
Charne Kemp
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die motiewe agter gesinsmoorde is dikwels vreemder as fiksie. Tergende vrae kan deur psigiaters beantwoord word ... of dalk nie. Deur na verskeie gevalle van gesinsmoord te kyk gooi hierdie boek ’n bietjie lig in 'n baie donker plek. Met onder meer die stories van die Lotters wat gebreinspoel was tot moord op hul ouers en die Van Breda bylmoorde.

Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van Toe En Nou (Afrikaans, Paperback): Pieter-Dirk Uys Weerklink Van 'n Wanklank - Memoires Van Toe En Nou (Afrikaans, Paperback)
Pieter-Dirk Uys
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 4 - 8 working days

Met meer as 7 000 verhoogoptredes op sy kapstok is Pieter-Dirk Uys volksbesit. In Weerklink van ’n wanklank, sy skreeusnaakse, roerende memoires, tree die mens agter die ikoon te voorskyn.

Ons leer ken sy moeilike, musikaal-gedrewe pa, sy briljante, geheimsinnige ma, sy suster, die pianis-wonderkind, en Sannie Abader, “Pietertjie” se Kaapse Vlakte-ma.

Dan is daar sy Paarlse ouma wat hom neem om by die Verwoerds te gaan kuier, sy ander Oma en haar onverbeterlike strudel, sy vriendskap met Sophia Loren, die geboorte van Evita Bezuidenhout, en die vreugdes en hartseer van ’n merkwaardige lewe.

Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback): Hendrik Marais Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Marais
R380 R270 Discovery Miles 2 700 Save R110 (29%) In Stock

Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wou bied.

Keto Lifestyle: Maklik is presies dit: ’n Gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet en periodieke vas – met maaltydplanne wat eenvoudig is om te volg – wat sinvol asook begroting- en beurtkragvriendelik is, en met al die truuks om tyd te bespaar. Jy sal mal wees oor die geurige resepte en selfs maniere vind om jou vriende te onthaal met spyskaarte wat by hierdie leefstyl inpas. Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, en raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf.

Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg
R250 R185 Discovery Miles 1 850 Save R65 (26%) In Stock

Hykie Berg, bekende akteur, topverkoperskrywer en entrepreneur, gee praktiese riglyne oor hoe jy suksesvol kan leef. Hykie inspireer jou en gee raad oor hoe ook jy jou drome kan waarmaak: Bou selfdissipline; tree doelbewus; raak ontslae van verskonings; los die slagoffermentaliteit; vind uit wat jou dryf; ontleed jou verskonings en besef watter denkpatrone nie geldig is nie. Jy hoef nie bloot ’n gemiddelde lewe te leef nie. Jy kan ’n uitstekende lewe leef. Dìt is wat God vir jou wil hê.

Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback): Piet Marais, Frik Oosthuizen Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback)
Piet Marais, Frik Oosthuizen
R350 R189 Discovery Miles 1 890 Save R161 (46%) In Stock

Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur – maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en ’n uithaler sjokalade-toringkoek! Met ’n verskeidenheid brode, om die laaste lekseltjie sous op te skraap – dus mos nou lekker!

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
R290 R160 Discovery Miles 1 600 Save R130 (45%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

Resepte (Afrikaans, Paperback): Suzellediy Suzellediy Resepte (Afrikaans, Paperback)
Suzellediy Suzellediy 2
R295 R231 Discovery Miles 2 310 Save R64 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal!

Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees. Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou.

Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!

Is dit jý? - Avonture voor en agter die skerms (Afrikaans, Paperback): Ian Roberts Is dit jý? - Avonture voor en agter die skerms (Afrikaans, Paperback)
Ian Roberts
R330 R220 Discovery Miles 2 200 Save R110 (33%) In Stock

As ’n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy eendag ’n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van
Arende of as Boet van die gewilde Castrol-advertensies.

Ian se loopbaan strek van Langstraat in Kaapstad tot Los Angeles en van Shakespeare-produksies in die teater tot die Oscarwenner Tsotsi. In sy outobiografie verklap hierdie briljante storieverteller met ’n stoute sin vir humour meer oor wat alles agter die skerms op televisie- en rolprentstelle gebeur.

Hy beskryf ook die hoogbloei van Afrikaanse televisie- en rolprentvervaardiging toe hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk het. Sy lewensverhaal is ’n meesterklas in die kuns van toneelspel.

So outentiek, vreesloos en onkonvensioneel soos wat talle van sy karakters was, só is Ian ook in die regte lewe. Hy trap sy eie paadjie en was nog nooit ’n tropbok nie. Hy deel sy lewensverhaal met soveel humor, patos en insig dat dit nie anders kan as om die leser te ontroer nie.

Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht 1
R299 R257 Discovery Miles 2 570 Save R42 (14%) Ships in 4 - 8 working days

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos."

Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.

Landbou Boerekos: Die Beste Gebak (Afrikaans, Paperback): Arina du Plessis Landbou Boerekos: Die Beste Gebak (Afrikaans, Paperback)
Arina du Plessis
R390 R335 Discovery Miles 3 350 Save R55 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Bakresepte uit die gewildste kostydskrif, Landbou Boerekos. As jy al ooit jou ouma se verlore gemmerkoekie- of skonresep gesoek het, dan het jy dit gevind! Dié boek bevat alles – groot laagkoeke, stroopkoeke, kaaskoeke, soutterte, kleinkoekies, beskuit, kolwyntjies, soet en soutbrode, warm poedings en Kersfeesgebak. Beslis 'n móét vir elke bakster, tuisteskepper én werkende ma.

'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster 'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster
R300 R219 Discovery Miles 2 190 Save R81 (27%) In Stock

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.

Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruïneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waar sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het, vir Esli beskore.

Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Post-traumatiese stres, ’n vreemde omgewing en nuwe verhoudings bring onverwagse uitdagings. Ook baie vrae, soos: Hoe kan ’n mens gelukkig wees, maar steeds huil? Die ongekende blootstelling wat tydens boekbekendstellings, praatjies en mediaonderhoude volg op die sukses van So lyk ’n vrou, maak dinge ook nie makliker nie. Esli kan haar nie volledig losmaak van die verlede nie, want almal stel moeilike vrae. Terselfdertyd moet sy ander slagoffers van narsisme moed inpraat.

In ’n Vrou staan op deel die skrywer haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording. Want om ’n oorwinnaar te wees, verg ook moed, deursettingsvermoë en ’n sekure instink vir oplossings wat wérk.

Heks (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Heks (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) In Stock

Die verteller in Heks vind haar toevlug in sprokies en mites. Terwyl die wêreld die oorlog in Oekraïne op TV-skerms gadeslaan, verdiep sy haar in die mitologie van dié land – ook as skans teen die toenemende vyandelikheid in haar huwelik.

’n Ongeoorloofde verhouding maak ’n besieldheid in haar wakker. Sy beroep haar op dié nuwe krag toe sy van ongerymdhede bewus word by die kosmetiekmaatskappy vir wie sy bemarkingskopie skryf.

Dis tyd om beheer van haar eie verhaal neem.

Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
R350 R273 Discovery Miles 2 730 Save R77 (22%) In Stock

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en teëspoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywêreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Wêreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) In Stock

Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring!

Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R330 R245 Discovery Miles 2 450 Save R85 (26%) In Stock

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word.

Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net ’n paar te noem.

Alles word in die lugbraaier gaargemaak.

Doolhof (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Doolhof (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Omstrede en skatryk oud-politikus Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi het nie minder nie as ses verdagtes.

’n Britse ondersoeker is op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ’n platsakman steier telkens terug van die samelewing se dwarsklappe. Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle.

Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit ̶ en met die perfekte moord wegkom?

Gebooie (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Gebooie (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) Ships in 4 - 8 working days

’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.

En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan.

Die moordtonele is smetloos, met slegs bisarre boodskappe by die lyke. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas.

Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die duister rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?

Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R360 R275 Discovery Miles 2 750 Save R85 (24%) In Stock

Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal.

Rooisand speel af in Namaland – van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie – vanaf 1904 tot 1922. Dit is ’n epiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die Visrivier.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Breekpunt
Marie Lotz Paperback R340 R249 Discovery Miles 2 490
Onder Water
Henda Olivier Paperback R340 R249 Discovery Miles 2 490
Droomjagter
Leon van Nierop Paperback R340 R249 Discovery Miles 2 490
Lekkergoed vir die Lewe
Susan Coetzer Paperback R290 R215 Discovery Miles 2 150
Vuurvoel
Elmarie Viljoen-Massyn Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750
Help, Help - Stories
Nataniel Paperback R290 R249 Discovery Miles 2 490
Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te…
PJ Botha, Geo Botha Paperback R280 R173 Discovery Miles 1 730
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Die Geskenk - Liefde, Selfdood en Dieper…
Riette Rust Paperback R330 R240 Discovery Miles 2 400
Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland Paperback R390 R335 Discovery Miles 3 350

 

Partners