0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (17)
  • R50 - R100 (47)
  • R100 - R250 (208)
  • R250 - R500 (169)
  • R500+ (26)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Showing 1 - 25 of 467 matches in Gesondheid, Huis en Gesin

Ongeskonde (Afrikaans, Paperback): Alwyn Uys Ongeskonde (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Uys
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Die kranige sportman Alwyn Uys word in die fleur van sy lewe verlam. Ten spyte van dié verlies en ander terugslae bly Alwyn se gees ontembaar.

Hy besluit om sy lewe ten volle te leef: Hy word onder andere die eerste parapleeg ooit wat van Robbeneiland na Bloubergstrand swem. Ongeskonde is Alwyn se openhartige vertelling van sy worsteling en hoe hy met genade van Bo besluit het om uit te styg bo sy beperkinge.

Sy eerlike verhaal sal jou inspireer om jou eie uitdagings aan te pak en te oorkom.

Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inč Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het.

Inč se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie.

Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos.

Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inč se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing 2
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R441 Discovery Miles 4 410 Ships in 4 - 6 working days

Huiskos is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis, wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek.

Huiskos vertel – in sy eie woorde – die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het en by mense op vele reise deur Suid-Afrika.

Huiskos bevat meer as 80 resepte, van ontbyt tot hoofgeregte, van bykosse tot vleisgeregte, van koeke, koekies en beskuit tot nageregte (soos trifle, roomys en selfs basaarpoeding). Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel. Dis alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy van Pretoria tot in Pofadder kan kry.

Huiskos is nes jy Herman se kombuis ken: kos wat almal kan saamkook.

So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Bart, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.

Maar hoekom val Bart se broer uit ’n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bart se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bart, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?

In So Lyk ’n Vrou vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ’n leeftyd van mishandeling, in ’n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ’n stukkende vrou wat net wil hę die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.

Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.”

Daar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek.

Susan Coetzer, bekende skrywer en motiveringsspreker help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.

Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback): Nic van Wyk Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback)
Nic van Wyk
R495 R442 Discovery Miles 4 420 Save R53 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinęre mondigwording.

Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk.

Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.

Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer, Kath... Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer, Kath Megaw, David Segal
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare węreldwyd verkoop is, is ’n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes.

Sukkel jy dalk reeds met insulienweerstandigheid, metaboliese sindroom of prediabetes?

Slaan diabetes betyds hok met die leefstylwenke en maklike resepte in hierdie boek.

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Toe sę sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

Rooiletterkind (Afrikaans, Paperback): Sandy Schoeman Rooiletterkind (Afrikaans, Paperback)
Sandy Schoeman
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

My reis, eers as pleegma en later as aanneemma, was nie een waarop iemand my kon voorberei nie. Rooiletterkind is my poging om hierdie reis so eerlik as moontlik te ondersoek, vanaf die vertrekpunt een oggend voor ’n kerkdiens tot by ’n handgemaakte Moedersdagkaartjie meer as vyf jaar later.

Wat maak jy met ’n kind wat aanhou om teen jou liefde te baklei? Hoe help jy haar deur die slaggate van die lewe as jyself nooit daardeur is nie?

Dit is maar net twee van die vele vrae wat ek myself onophoudelik moes vra terwyl ek verbete vasklou aan ’n rooiletterdatum, ’n halsstarrige kind en ’n hart wat gereeld uit my borskas geruk word.

Saam met ons eie verhaal was daar egter ook ander stories wat vertel moes word — stories van ons kind se herkoms, van gebrokenheid en straatmense en kriminele en ’n drughuis sonder reëls of taboes.

Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar 17
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.

Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback): Schalk W. van Heerden Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback)
Schalk W. van Heerden 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) View more sellers In Stock

Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika.

Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word.

Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.

My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

Sing, Mamma, Sing (Afrikaans, Paperback): Theresa Papenfus Sing, Mamma, Sing (Afrikaans, Paperback)
Theresa Papenfus
R396 Discovery Miles 3 960 Ships in 6 - 10 working days

Sy sal notas maak oor haar kinders, besluit 'n vrou voor haar jongste se geboorte. “Voor ek vergeet. Voor hulle groot is, weg, in 'n oogwink.” Sy lę oomblikke vas: die vrae sonder antwoorde, gebedjies, 'n eerste wisseltand, sywurms, huisvergaderings, die huiskat wat kleintjies kry en drome van eendag.

Sing, Mamma, Sing is haar opgaaf van die frustrasie, weekheid, verwondering, trots en benoudheid wat elke ma ken. Dis haar kennismaking met ouers se grootste vrees en verlies wanneer die jongste op byna agt en dertig sterf.

Die boek sluit aan by die genre van die moeder-memoir en die subgenre van verlies.

Pa's En Seuns - Bou 'n Sterk Pa-Seun Verhouding Wat Tot Eer Van God Is (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Pa's En Seuns - Bou 'n Sterk Pa-Seun Verhouding Wat Tot Eer Van God Is (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy graag ’n nouer band hę met jou seun? Wil jy die tipe verhouding hę wat God eer en vir jou en jou seun ’n seën sal wees, nou en vir die res van julle lewens?

In Pa’s en seuns moedig Angus Buchan pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Deur temas soos nederigheid, liefde, waardering, genade en respek inspireer Angus mans om die tipe pa te wees wat God hulle gemaak het om te wees.

Hy herinner elke pa dat dit nooit te vroeg of te laat is om daardie kosbare verhouding met jou seun te koester nie.

Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Verken die węreld van lugbraaiers met celeb-sjef Herman Lensing en ontdek hoekom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriend is.

Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback): Najma Abrahams, Azba Fanie Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback)
Najma Abrahams, Azba Fanie
R375 R199 Discovery Miles 1 990 Save R176 (47%) In Stock

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos – niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.

Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sę die twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit ’n ander węreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit word, is ’n tydlose treffer.

En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks, skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer. Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom. (Só sę Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries, strawberry jam en cream.)

Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae op Instagram en TikTok.

Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie kombuise opdis.

'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster 'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster
R320 R165 Discovery Miles 1 650 Save R155 (48%) In Stock

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.

Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruďneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waar sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het, vir Esli beskore.

Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Post-traumatiese stres, ’n vreemde omgewing en nuwe verhoudings bring onverwagse uitdagings. Ook baie vrae, soos: Hoe kan ’n mens gelukkig wees, maar steeds huil? Die ongekende blootstelling wat tydens boekbekendstellings, praatjies en mediaonderhoude volg op die sukses van So lyk ’n vrou, maak dinge ook nie makliker nie. Esli kan haar nie volledig losmaak van die verlede nie, want almal stel moeilike vrae. Terselfdertyd moet sy ander slagoffers van narsisme moed inpraat.

In ’n Vrou staan op deel die skrywer haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording. Want om ’n oorwinnaar te wees, verg ook moed, deursettingsvermoë en ’n sekure instink vir oplossings wat wérk.

Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R420 R375 Discovery Miles 3 750 Save R45 (11%) In Stock

Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.

In Herman se tafel bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op ’n tema waarby al die gange – voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer – pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. Daar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en ’n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beďndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees – van bande versterk en van vriendskappe smee – en ’n simbool van alles wat mooi en goed is. Met hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot – dog moeiteloos – te kook.

Kies Die Lewe - Leer Dans In Depressie (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Kies Die Lewe - Leer Dans In Depressie (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ivor Swartz is ’n depressiekenner. Hy leef al jare daarmee saam, hy aanvaar dit, hy hanteer dit. Hy kies die lewe.

In hierdie boek kyk Ivor na sy eie depressie, sy eie hulpkrete en pleit dat ons geen mens oordeel vir die keuses wat hulle in hulle donkerste oomblikke gemaak het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en hoe ons kan help, en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het. Ivor gee ook spesiale aandag aan depressie onder mans en vra hoe kan gewone mense, geliefdes en die kerk depressielyers ondersteun.

In hierdie intense persoonlike, maar toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, hy vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons met die regte gesindhede hulle sal ondersteun.

Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback):... Werk Soos 'n Miljarder - Van Werknemer Tot Suksesvolle Entrepreneur: 'n Storie Van Sakesukses (Afrikaans, Paperback)
Daniel Strauss
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Werk soos ’n miljardęr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer, wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig.

Een van dié uitdagings is hoe om, sonder enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander op ’n dag toe hy voor ’n groot besluit te staan kom.

Die boek is propvol waardevolle wenke oor hoe om rykdom te skep, jouself beter te leer ken en hoe om volhoubare besigheidsisteme te bou.

20 Hekeltegnieke - Met Kreatiewe Projekte En Moderne Patrone (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 20 Hekeltegnieke - Met Kreatiewe Projekte En Moderne Patrone (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R250 R204 Discovery Miles 2 040 Save R46 (18%) Ships in 7 - 11 working days

20 Hekeltegnieke bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld.

Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is.

20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.

50 Tydlose Breipatrone - Alles Van Komberse Tot Bykomstighede (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 50 Tydlose Breipatrone - Alles Van Komberse Tot Bykomstighede (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Brei saam met Vrouekeur.

Die 50 breipatrone beloof om elkeen se brei-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te brei. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan brei. Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke
wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te brei.

Die Siener - Deur Die Oe Van Gerald Burger (Afrikaans, Paperback): Yolanda Barnard-Lemmer Die Siener - Deur Die Oe Van Gerald Burger (Afrikaans, Paperback)
Yolanda Barnard-Lemmer 2
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Gerald Burger is een van die land se bekendste sieners. Gedurende 2019 het hy die hoofkarakter in sy eie reeks, Die Siener, wat op kykNET uitgesaai is, geword.

Die reeks het op die stasie se top 10-programme geboer. Dit is nou nog op Showmax beskikbaar. Die Siener: deur die oe van Gerald Burger bied 'n in-diepte blik op die lewe van 'n heldersiende.

'n Individu wat geseen is met die gawe om met die bonatuurlike te kommunikeer, om onwelkome gaste te help om na die "anderkant" oor te gaan.

Dink Jouself Gelukkig (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Pieter van Jaarsveld Dink Jouself Gelukkig (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Pieter van Jaarsveld
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gelukkige mense leef langer en is meer suksesvol in alles wat hulle aanpak. Die wonderlike is dat geluk nie daar buite is nie, maar binne-in jou! Dit is ʼn ingesteldheid: Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler, Alette Winckler Kom Ons Praat Oor Die Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler, Alette Winckler 2
R250 R49 Discovery Miles 490 Save R201 (80%) View more sellers In Stock

Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees.

Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies.

Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Glass Tower
Sarah Isaacs Paperback R280 R259 Discovery Miles 2 590
Buy Right - Consumer Guide For South…
SANCU Paperback R16 Discovery Miles 160
Dead To Me
Lesley Pearse Paperback  (2)
R275 R147 Discovery Miles 1 470
Still Life
Sarah Winman Paperback R364 Discovery Miles 3 640
The Villager - How Africans Consume…
Feyi Olubodun Paperback R250 R223 Discovery Miles 2 230
Booth
Karen Joy Fowler Paperback R463 R260 Discovery Miles 2 600
Learned By Heart
Emma Donoghue Paperback R385 R349 Discovery Miles 3 490
Om Weer Te Dans
Frenette van Wyk Paperback R300 R240 Discovery Miles 2 400
Vengeance
Wilbur Smith, Tom Harper Hardcover R399 R340 Discovery Miles 3 400
What To Make Of A Life - Cliffs, Fog…
Jim Collins Hardcover R690 R529 Discovery Miles 5 290

 

Partners