0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (6)
  • R250 - R500 (6)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Natuur en Omgewing

Showing 1 - 19 of 19 matches in Natuur en Omgewing

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 2 - 4 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reëlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover): Ben-Erik Van Wyk, van Wyk, Ben-Erik | Smith, Gideon F, Gideon F.... Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover)
Ben-Erik Van Wyk, van Wyk, Ben-Erik | Smith, Gideon F, Gideon F. Smith
R470 R398 Discovery Miles 3 980 Save R72 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Harde band, meer as 400 volkleurfoto's

Ook beskikbaar in Engels - Guide to the Aloes of South Africa

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is 'n volkleur-handleiding en die hoë gehalte foto's maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer. Die inhoud weerspieël die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat:
Volledige beskrywings van al 155 spesies wat tans deur aalwynkenners erken word, met inligting oor kenmerke waarvolgens die plante geïdentifiseer kan word, blomtyd, habitat en geografiese verspreiding, bewaringstatus, oorsprong van die wetenskaplike name, en volksname, asook algemene riglyne vir die kweek van die plante, en inligting oor hul tradisionele gebruike.
Meer as 400 kleurfoto's wat die habitat en groeivorm aantoon, sowel as nabyfoto's van die blomme en blare.
Verspreidingskaarte van al die spesies, as 'n verdere hulpmiddel vir identifisering.
'n Gebruikersvriendelike klassifikasiestelsel wat die aalwyne in 12 groepe verdeel, hoofsaaklik aan die hand van hul groeivorms.
Inleidende hoofstukke wat die fokus plaas op aalwynagtige plante (wat met aalwyne verwar kan word); medisinale, kosmetiese en tonikumgebruike; bewaring; kweking en vermeerdering; tuinmaak en landskapontwerp met aalwyne; hibriede en kultivars, plae en siektes; en verwantskappe en genuskonsepte.
'n Geïllustreerde woordelys van plantkundige terme, indeks tot die wetenskaplike en volksname, asook 'n literatuurlys vir verdere leeswerk.

Die outeurs: Ben-Erik van Wyk is 'n professor in Plantkunde aan die Universiteit van Johannesburg en het 'n navorsingsbelangstelling in plantsistematiek en plantbenutting. Hy is die skrywer van internasionale wetenskaplike topverkopers soos Medicinal Plants of the World en Food Plants of the World.
Gideon F. Smith is Hoofdirekteur van Biosistematiek en Versamelings by die Suid- Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, professor in Plantwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, en 'n navorsingsgenoot aan die Universiteit van Coimbra in Portugal. Hy is die skrywer of medeskrywer van meer as 40 boeke oor onder meer aalwyne, sukkulente, tuinbou, tuine, Angola, taksonomie en indringerplante.

Plekname van Suider-Afrika (Afrikaans, Hardcover): Peter E. Raper, Lucie A. Moeller, Theodorus du Plessis Plekname van Suider-Afrika (Afrikaans, Hardcover)
Peter E. Raper, Lucie A. Moeller, Theodorus du Plessis
R510 Discovery Miles 5 100 Ships in 4 - 8 working days
Nerens Veilig - Twee Eeue van Suid-Afrikaanse Rampe (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Nerens Veilig - Twee Eeue van Suid-Afrikaanse Rampe (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman
R261 Discovery Miles 2 610 View more sellers Ships in 4 - 8 working days
Skuif - Die Evolusie Van Ons Wereld Vanaf Die Begin Van Lewe Tot In Die Toekoms (Afrikaans, Hardcover): Martin Ince Skuif - Die Evolusie Van Ons Wereld Vanaf Die Begin Van Lewe Tot In Die Toekoms (Afrikaans, Hardcover)
Martin Ince; Translated by Esta Grobler
R417 Discovery Miles 4 170 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Skuif handel oor die evolusie van ons wêreld vanaf die begin van lewe tot in die toekoms. Die boek gee ’n ongelooflike oorsig van elke tydperk in die aarde se tektoniese geskiedenis. Hierdie verstommende visuele voorstelling van die aarde se geologiese geskiedenis beskryf die verskuiwing van landmassas en die ontwikkeling van die kontinente soos ons dit vandag ken.

Met pragtige wêreldkaarte en illustrasies wat die oorsprong van lewe uitbeeld en die aarde se moontlike toekoms vorspel, is Skuif die ideale gids tot ons planeet se geskiedenis. Martin Ince beskryf op toeganklike wyse wat die impak van geologiese veranderinge op die lewe op aarde is.

Systap Onder Die Juk (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Systap Onder Die Juk (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R82 Discovery Miles 820 Ships in 4 - 8 working days

Met haar innemende en boeiende vertelstyl teken Dot Serfontein in Systap onder die juk verhale oor die lewens van ’n versameling merkwaardige mense op.

Die leser leer ken ’n groep Noord-Vrystaters wat aan dié wêreld sy sonderlinge geskiedenis en karakter verleen het. Dit is ’n distrik “lankal reeds bewoon deur verantwoordelike, stoere mense wat hulle deur niemand laat voorsê nie”, soos dit in die titelverhaal gestel word.

Van hierdie stoere mense is byvoorbeeld die unieke tant Hannie Wolmarans. Die staaltjies oor haar het vir die skryfster as kind so onwaarskynlik geklink dat hulle in dieselfde klas as sprokies geval het. Daar is byvoorbeeld ook oom Lood, wat selfs in die eienaardige Serfontein-familie, hom kon onderskei as ’n eienaardige mens. Die luimige aard van die vertellings word ook in hierdie bundel deurweef met waardering en deernis, veral vir haar ma Boeta en pa Oupats.

Gids tot Grasse van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Frits van Oudtshoorn Gids tot Grasse van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Frits van Oudtshoorn
R450 R381 Discovery Miles 3 810 Save R69 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Die grasfamilie, bekend as Poaceae, is waarskynlik die belangrikste plantfamilie op aarde. Grasse is die eerste voedselplante wat deur mense aangeplant is. Graangewasse, soos mielies, koring, rys en suikerriet (almal grasse), is steeds ons belangrikste bron van energie. Gras, in die vorm van voer, is ook die belangrikste bron van kos vir vee en die groot kuddes grasvreters in die natuur. Die akkurate identifikasie van grasse raak belangrik tydens veldbestuur aangesien grasse ten opsigte van hul weidingswaarde en ander ekologiese funksies verskil. Verder reageer verskillende onkruidgrasse anders op chemise onkruiddoders en moet daarom akkuraat geidentifiseer word. Hierdie boek, Gids tot Grasse van suider-Afrika, is die omvattendste volkleur identifikasiegids tot die algemene grasse in suider-Afrika en sluit onder meer die volgende kenmerke in: Beskrywings en illustrasies van die 320 belangrikste grasse in suider-Afrika; 'n Gebruikersvriendelike indentifikasiesleutel; Meer as 1 000 uitstekende kleurfoto's; Dertien kort en volledig geillustreerde inleidende hoofstukke oor grasse; Algemene grasname in verskeie inheemse tale; Simbole wat die leser in staat stel om inligting met 'n oogopslag te bekom.

Bosveld - Ekologie En Bestuur (Afrikaans, Paperback): P.T. Van Der Walt Bosveld - Ekologie En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
P.T. Van Der Walt
R275 R233 Discovery Miles 2 330 Save R42 (15%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

17 van ons land se voorste boskundiges skryf oor die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en grond, veld en plante, houtsoorte en ouderdomme van bome, oorlewing en veldgebruik in historiese tye, hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om ’n plaas hier te koop.

In die volksmond verwys ‘bos’ na ’n houtagtigheid wat in samestelling, digtheid en hoogte verskil. Dit is ’n plek waar die lewensiklusse van sowat 5 700 plantsoorte bydra tot die polsende ritme en dinamiek van soet-, suur-, gemengde of dorre bosveld. ’n Anderhalf miljoen besoekers put jaarliks enorme plesier uit hierdie kosbare bioskat, maar dit is besig om vinnig te verarm weens die druk van menslike aktiwiteite en wanbestuur. Die benutting daarvan moet dringend met meer sensitiwiteit en kundigheid benader word. Om hierdie ideaal groter momentum te gee, deel 17 van ons land se voorste boskundiges hul kennis op ’n maklik verstaanbare en kleurvolle wyse – wonderlike leesstof vir die bewaarder, boer, student en elke bosliefhebber.

Hierdie bondige kroniek vertel van die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en die grond, die veld en die plante, van houtsoorte en die ouderdomme van bome, van oorlewing en van veldgebruik in historiese tye, van hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om ’n plaas hier te koop.

Kinders se Slange van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Johan Marais Kinders se Slange van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Johan Marais
R190 R172 Discovery Miles 1 720 Save R18 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids.

Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks.

’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van slange ontsluit die betowerende wêreld van hierdie wydverspreide reptiele.

Ons Klein En Silwerige Planeet - Afrikaanse, Nederlandse En Vlaamse Gedigte Oor Die Omgewing (Afrikaans, Dutch, English,... Ons Klein En Silwerige Planeet - Afrikaanse, Nederlandse En Vlaamse Gedigte Oor Die Omgewing (Afrikaans, Dutch, English, Paperback)
Johann Lodewyk Marais, A.D. Zuiderent
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R324 Discovery Miles 3 240 Ships in 2 - 4 working days

Die mens se kommer oor die omgewing is een van die dominante temas van die laaste dekades van die 20ste eeu. In die Weste (en in Europa) het omgewingsbewustheid wyd posgevat en selfs 'n modeverskynsel geword. Ofskoon daar in bree verband nog nie genoeg begrip vir die mens se bydrae tot die krisis en sy reaksie op die globale veranderinge is nie, geniet hierdie kwessies toenemend aandag in die kunste. Ook in die letterkunde kan die "groen gesprek" as 'n belangrike groeipunt beskou word.

Sasol Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Bruce Cairncross Sasol Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Bruce Cairncross
R120 R108 Discovery Miles 1 080 Save R12 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend.

Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op dié wat die bekendste of algemeenste is. ’n Kort inleiding gee ’n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto’s van die gesteentes en minerale sowel as van die besondere terrein waarin hulle voorkom, vul die helder teks deurgaans aan en help met uitkenning in die veld.

Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale is ’n nuttige hulpmiddel vir die aspirant-geoloog, weetgierige amateur, of enigeen met ’n ontluikende belangstelling in Suider-Afrika se unieke geologiese erfenis.

Die Verhaal van Lewe & die Omgewing - n Afrika-perspektief (Afrikaans, Paperback): Jo van As Die Verhaal van Lewe & die Omgewing - n Afrika-perspektief (Afrikaans, Paperback)
Jo van As
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R290 R109 Discovery Miles 1 090 Save R181 (62%) Ships in 5 - 7 working days

Die verhaal van lewe & die omgewing – ’n Afrika-perspektief handel oor die brose wonder van lewe. Dit is ’n viering van die aarde se ryke, wonderlike verskeidenheid – die spesies, bevolkings, gemeenskappe en ekostelsels wat ons omring – en van die natuur se veerkragtigheid. Dit vertel van die drie hoofekostelsels: varswater, oseane en land, en al die lewe wat hulle in en om Afrika onderhou. Dit bespreek evolusie en die eindeloos vertakkende boom van lewe; hoe stelsels werk, hoe bevolkings toeneem en afneem, en hoe al die elemente van lewe op mekaar inwerk. En dit vertel die verhaal van die oorsprong van die mens in Afrika, en hoe ons tot moderne mense ontwikkel het. Die boek waarsku teen ons menslike invloed op die planeet en die vinnige klimaatsverandering wat dit aanhelp, asook teen massiewe oorbenutting en die uitputting van hulpbronne. Die boek gaan ook oor verantwoordelike beplanning en bestuur van ons omgewing en natuurlike hulpbronne om skade te herstel en volhoubaarheid te verseker. Dit is die verhaal van lewe en die omgewing in Afrika.

Onder die kaal lug - Briewe vir Ryan (Afrikaans, Paperback): Laura Agrusti Onder die kaal lug - Briewe vir Ryan (Afrikaans, Paperback)
Laura Agrusti
R780 Discovery Miles 7 800 Ships in 10 - 15 working days
Storieboom (Afrikaans, Staple bound): A.M.J. du Toit Storieboom (Afrikaans, Staple bound)
A.M.J. du Toit
R102 Discovery Miles 1 020 Ships in 6 - 10 working days

Die aktiwiteite help om vorms wat bymekaar pas en die wat nie pas nie te identifiseer. Dit ontwikkel die waarnemings- en koordinasievaardighede van die leerder.

Schetsen Van Afrika's Westcust. (Afrikaans, Paperback): Jan Simon Gerardus Gramberg Schetsen Van Afrika's Westcust. (Afrikaans, Paperback)
Jan Simon Gerardus Gramberg
R951 R831 Discovery Miles 8 310 Save R120 (13%) Ships in 10 - 15 working days

Title: Schetsen van Afrika's Westcust.Publisher: British Library, Historical Print EditionsThe British Library is the national library of the United Kingdom. It is one of the world's largest research libraries holding over 150 million items in all known languages and formats: books, journals, newspapers, sound recordings, patents, maps, stamps, prints and much more. Its collections include around 14 million books, along with substantial additional collections of manuscripts and historical items dating back as far as 300 BC.The GEOGRAPHY & TOPOGRAPHY collection includes books from the British Library digitised by Microsoft. Offering some insights into the study and mapping of the natural world, this collection includes texts on Babylon, the geographies of China, and the medieval Islamic world. Also included are regional geographies and volumes on environmental determinism, topographical analyses of England, China, ancient Jerusalem, and significant tracts of North America. ++++The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to insure edition identification: ++++ British Library Gramberg, Jan Simon Gerardus; 1861. 8 . 10096.dd.12.

A Descriptive Catalogue Of Recent Shells (Afrikaans, Paperback): Lewis Weston Dillwyn A Descriptive Catalogue Of Recent Shells (Afrikaans, Paperback)
Lewis Weston Dillwyn
R992 Discovery Miles 9 920 Ships in 10 - 15 working days
A Voyage of Discovery and Research in the Southern and Antarctic Regions, During the Years 1839 - 43, Volume 2 (Afrikaans,... A Voyage of Discovery and Research in the Southern and Antarctic Regions, During the Years 1839 - 43, Volume 2 (Afrikaans, Paperback)
James Clark Ross
R1,044 R907 Discovery Miles 9 070 Save R137 (13%) Ships in 10 - 15 working days
Augrabies Weelde - 'n Natuurhistoriese Gids Tot Die Augrabies-Waterval Nastional Park En Die Riemvasmaak Natuurgebied... Augrabies Weelde - 'n Natuurhistoriese Gids Tot Die Augrabies-Waterval Nastional Park En Die Riemvasmaak Natuurgebied (Afrikaans, Paperback)
Pieter van der Walt
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 2 - 4 working days
Tulbagh Onthou - 'n Herdenking Van Die Aardbewing Van Vyftig Jaar Gelede (Afrikaans, Paperback): Rosette Jordaan Tulbagh Onthou - 'n Herdenking Van Die Aardbewing Van Vyftig Jaar Gelede (Afrikaans, Paperback)
Rosette Jordaan
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R502 Discovery Miles 5 020 Ships in 2 - 4 working days

Vyftig jaar gelede, om drie minute oor tien op 29 September 1969, is die Noord-Boland getref deur ’n aardbewing van 6.3 op die Richterskaal.

Die middelpunt van die aardbewing was net buite Tulbagh, tuiste van sommige van die oudste kerke, Kaaps-Hollandse huise en wynplase in Suid-Afrika. Tien van die elf mense (meestal kinders) wat in die skudding gesterf het, is in en om die dorpie dood.

In hierdie boek – wat met die vyftigjarige herdenking van die aardbewing saamval – verwesenlik Rosette Jordaan, ’n boorling van Tulbagh, ’n lewensideaal om dié geskiedenis op te teken voordat dit uit die menseheugenis verdwyn. Die resultaat is ’n skatkis van verhale en vertellinge – aangrypend, amusant, onvergeetlik

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Risk Analytics and Management in Finance…
Tse Leung Lai, Haipeng Xing Hardcover R2,267 Discovery Miles 22 670
Systems Analysis for Water Technology
Willi Gujer Hardcover R4,349 Discovery Miles 43 490
Game Theory and International Relations…
Pierre Allan, Christian Schmidt Hardcover R3,502 Discovery Miles 35 020
Data-Driven Science and Engineering…
Steven L. Brunton, J. Nathan Kutz Hardcover R1,739 Discovery Miles 17 390
Ecological Modeling for Resource…
Virginia H Dale Hardcover R4,627 Discovery Miles 46 270
Superconformal Index on RP2 x S1 and 3D…
Akinori Tanaka Hardcover R3,020 Discovery Miles 30 200
A Course in Model Theory - An…
Bruno Poizat Hardcover R3,029 Discovery Miles 30 290
Operations Research: Introduction To…
Richard Johannes Boucherie, Henk Tijms, … Paperback R1,800 Discovery Miles 18 000
Uncertain Models and Robust Control
Alexander Weinmann Hardcover R2,724 Discovery Miles 27 240
Stability Analysis of Markovian Jump…
Yu Kang, Yun-Bo Zhao, … Hardcover R3,871 R3,581 Discovery Miles 35 810

 

Partners