0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (37)
  • R100 - R250 (50)
  • R250 - R500 (29)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings

Showing 1 - 25 of 116 matches in Nuwe Vrystellings

Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R395 R345 Discovery Miles 3 450 Save R50 (13%) Ships in 4 - 8 working days

’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.

Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese Roman (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese Roman (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R360 R299 Discovery Miles 2 990 Save R61 (17%) Ships in 5 - 10 working days

Ek het die land leer ken, my lewe bedryf nie beter of slegter as ander nie. Die oes was nie ryker of skraler as dié van ander nie, maar dit was vol goeie are. Tog het ek geweet dat ek kom doodgaan langs die Valschrivier. Ek het dit kom soek soos die olifante.
 
Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar – dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met die van haar dogter.
 
In Binnerym van bloed  breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verrykende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oud word bloot te lê.
 
Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering tussen twee hoogs bekwame skrywers. Pragtig en indringend geskryf, delf Die binnerym van bloed in kulturele erfgoed, die land se Anglo-Boereoorlogverlede, kwessies van grondbesit en ras, ook romantiese verhoudings oor rasgrense heen.
 
Hierdie verhaal oor die verhouding tussen ’n ma en ’n dogter is Krog se mees persoonlike, ook haar mees universele.

Die Dood Van Rachel April (Afrikaans, Paperback): P.P. Fourie Die Dood Van Rachel April (Afrikaans, Paperback)
P.P. Fourie
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 4 - 8 working days

Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het.

Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets ontdek het. Maar wat kan dit wees?

Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodse gevaar.

Die Ooggetuie (Afrikaans, Paperback): Wilna Roux Die Ooggetuie (Afrikaans, Paperback)
Wilna Roux
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 4 - 8 working days

Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.  Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat die aangeklaagde skuldig is aan moord.

Dié pakkende hofdrama speel af in die Boland – die eerste in die nuwe reeks met die regsgeleerde Julia Blomerus in die hoofrol.

Woestynblom (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Woestynblom (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n silwerskerm gaan raaksien nie, want sy is ietwat sag om die kante en haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Sy besluit die tyd het aangebreek vir opwinding en avontuur, want sy wil nie meer stry teen die knaende begeerte in haar om skaamteloos aan die ontvangkant van ’n man se hartstogtelike liefde te wees nie.

Sy vlug uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom en asem te skep in die oop ruimtes waar niemand vir haar voorskryf wat om te doen nie. Isabella soek ’n man wat haar voete onder haar gaan uitslaan en sy is vasbeslote om hom te kry. Iemand wat haar gaan liefhê vir wie sy in al haar volrondheid is. Tydens haar soektog ontmoet sy ’n hele paar mans wat nou nie almal eintlik as goeie mans met suiwer intensies beskou kan word nie. En wie is die geheimsinnige man wat oral onverwags opduik en pal op haar spoor bly?

Maar toe gebeur die ondenkbare tydens ’n gesinskrisis wat opduik. Al die geraamtes wat uit die kas begin tuimel dwing Isabella om tot stilstand te kom en die waarheid in die oë te staar. Sommige antwoorde kan ’n vrou net op haar knieë by die Here kry. Hulle sê die waarheid maak vry en die liefde bedek ’n menigte van sondes. Miskien sal die kronkelpaaie van Isabella se lewe haar ook na liefde en vryheid lei sodat selfs ’n verlore woestynblom soos sy kan blom.

Bloed van 'n vlinder (Afrikaans, Paperback): Marieta Carrick Bloed van 'n vlinder (Afrikaans, Paperback)
Marieta Carrick 1
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy dat dit vir haar ’n nuwe begin sal wees. En dat sy al haar geheime in die verlede sal kan los.

Maar dan word ’n verpleegsters vermoor – haar lyk in ’n oënskynlike uitbeelding van skoonheid gerangskik.

Skielik voel dit weer asof die onheil Libby agtervolg waar ook al sy gaan. En asof haar verstand met haar begin parte speel.

Loop die moordenaar in die hospitaal rond? En wie stuur dreigende briewe aan Libby oor haar verlede?

Donkermaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Donkermaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R315 Discovery Miles 3 150 Save R45 (13%) Ships in 4 - 8 working days

1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.

Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toenemende agterdog van die Lugmag-liaison, kolonel Leon Rutger...

Donker Vuur (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Donker Vuur (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank nie ...

Daar is landswyd onrus en die regering dreig om vryheid van geloof in te perk. Op ’n dag klop die plaaslike mafia aan die kerk se deur op soek na betaling in ruil vir “beskerming”. Wanneer priester Arkadi weier om afgepers te word, plaas hy sy lewe op die spel.

Intussen is die skone Olja uitgelewer aan ongure karakters op Kiëf se koue, ongenaakbare strate. Wanneer André tydens ’n aanval tot Olja se redding kom, bevind hy hom nie net midde-in ’n liefdesdriehoek nie, maar ook verstrengel in ’n oorlog tussen die kerk en die misdaadsindikaat.

Donker vuur, Pieter Stoffberg se vierde roman, neem die leser op ’n ysingwekkende tuimeltrein na ’n tyd van misdadigers en heiliges, antieke boekrolle en vreesaanjaende, moderne wapens.

Die Boekengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Die Boekengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R300 R255 Discovery Miles 2 550 Save R45 (15%) Ships in 7 - 11 working days

Mara is uiteindelik vry van haar toksiese huwelik en trek terug Stellenbosch toe waar sy destyds gestudeer het. Sy koop ’n boekwinkel en begin stadig weer die toue van ou vriendskappe en haar lewe optel. Kort voor lank is sy betrokke by die lief en leed van haar vriende en kollegas wat soos familie vir haar raak.

Maar alles is nie idillies nie. Mara sukkel om haarself en haar geloof weer te vind ná alles wat in haar huwelik gebeur het. En sy maak boonop onverwagse vyande … Soos boeke wat een vir een van ’n lendelam boekrak aftuimel begin Mara en die mense om haar se omstandighede hulle inhaal.

En dan is daar Bart, die professor met die goeie siel en sagte oë wat in haar hart en boekwinkel kom rondkrap. Miskien kan hy vir Mara wys daar is meer vir haar bestem hier en by hom as wat sy in haar verlede agtergelaat het.

Nagdier (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Nagdier (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer doodgeskiet.

’n Paar dae later word ’n egpaar in hul naweekhuis in die bos vermoor.

Die vroulike slagoffer is op ’n veel gruweliker wyse om die lewe gebring, maar die modus operandi van al drie moorde toon duidelike ooreenkomste.

Waarom het Terese Ebersohn se moordenaar haar met soveel passie gehaat? En hoe hou die drie moorde verband met die ontvoering van ’n bejaarde man kort daarna?

Voor hy hom kom kry, bevind majoor Alek Strauss hom in die middel van ’n klein oorlog waarin die raaisels van die hede slegs deur die verlede opgelos kan word.

Uit die Beek 2026 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Uit die Beek 2026 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R270 R235 Discovery Miles 2 350 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Uit die Beek is net oor 'n 100 jaar oud. In hierdie uitgawe begin ons ons reis by Genesis. Ons lees in die Ou Testament ook uit Eksodus, Rut, 1 Samuel, 2 Samuel, Ester, Psalms, Spreuke, Prediker en Jesaja. In die Nuwe Testament lees ons uit Markus, 1 Korintiërs, Filippense, 1 Tessalonisense, 2 Tessalonisense, 1 Timoteus en 2 Timoteus. Soos gewoonlik word die belangrikste seisoene van die kerkjaar in ag geneem. Mag jy, liewe leser, vanjaar opnuut hoor dat jy aan Jesus Christus behoort.

Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ?n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ?n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.

Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Die moord op Deveney Nel (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R280 R245 Discovery Miles 2 450 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.

Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 4 - 8 working days

Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel.

Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .  

Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.

Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback): Rudi Steenkamp Kinders se Spinnekoppe van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Rudi Steenkamp
R190 R165 Discovery Miles 1 650 Save R25 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon, wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. Ontmoet ’n spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip, nog een wat as ’n mier vermon is . . . en meer as vyftig ander – van die welbekende Langbeenspinnekop tot die pragtige Blomkrapspinnekop, stekelrige Krimpvarkiespinnekop en goedgekamoufleerde Basspinnekop.

Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Gwendolene Van Der Merwe
R100 R85 Discovery Miles 850 Save R15 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees?

Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!

Kiekeboe Leeu (0-3) (Afrikaans, Board book): Camilla Reid Kiekeboe Leeu (0-3) (Afrikaans, Board book)
Camilla Reid; Illustrated by Ingela P. Arrhenius; Translated by Annlerie van Rooyen
R240 R190 Discovery Miles 1 900 Save R50 (21%) Ships in 5 - 10 working days

’n Nuwe titel in die gewilde reeks met verskeie skuifblaaie en 'n magdom safari-diere! Maklik om te gebruik kiekieboe skuifblaaie, 'n snaakse rymteks en verrassingsspieel-einde kombineer in hierdie stylvolle en interaktiewe bordboek vir babas en kleuters! Met 'n totaal van 10 gladde meganismes om op elke bladsy vir stoot, trek of draai, is hierdie pragtige boek propvol pret! Om gesigte te herken en kiekieboe te speel is van die eerste speletjies wat babas speel. Dit is hoekom die heel jongste kinders van hierdie oulike safari-tema boek sal hou - en dit weer en weer sal wil lees.

Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 2: Die Verbysterende Bestie-Blapse van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R230 R195 Discovery Miles 1 950 Save R35 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?

Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback): Katie Kirby Lottie Brooks 1: Die Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks (Afrikaans, Paperback)
Katie Kirby; Translated by Zelda Bezuidenhout
R230 R195 Discovery Miles 1 950 Save R35 (15%) Ships in 5 - 10 working days

Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

Kiekeboe Dieretuin (0-3) (Afrikaans, Board book): Camilla Reid Kiekeboe Dieretuin (0-3) (Afrikaans, Board book)
Camilla Reid; Illustrated by Ingela P. Arrhenius; Translated by Annlerie van Rooyen
R240 R190 Discovery Miles 1 900 Save R50 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Neem 'n reis na die dieretuin in hierdie nuwe dieretema-titel in die gewilde reeks met verskeie skuifblaaie en 'n spieel! Maklik om te gebruik kiekieboe skuifblaaie, 'n snaakse rymteks en verrassingsspieel-einde kombineer in hierdie stylvolle en interaktiewe bordboek vir babas en kleuters! Met 'n totaal van 10 gladde meganismes om op elke bladsy vir stoot, trek of draai, is hierdie pragtige boek propvol pret! Om gesigte te herken en kiekieboe te speel is van die eerste speletjies wat babas speel. Dit is hoekom die heel jongste kinders van hierdie oulike safari-tema boek sal hou - en dit weer en weer sal wil lees.

Kiekeboe Kuiken (0-3) (Afrikaans, Board book): Camilla Reid Kiekeboe Kuiken (0-3) (Afrikaans, Board book)
Camilla Reid; Illustrated by Ingela P. Arrhenius; Translated by Annlerie van Rooyen
R240 R190 Discovery Miles 1 900 Save R50 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Maklik om te gebruik kiekieboe skuifblaaie, oulike gesigte en 'n verrassingsspieel-einde kombineer in hierdie stylvolle en interaktiewe bordboek vir babas en kleuters! Met 'n totaal van 10 gladde meganismes om op elke bladsy vir stoot, trek of draai. Om gesigte te herken en kiekieboe te speel is van die eerste speletjies wat babas speel en dit is hoekom die heel jongste kinders van hierdie oulike boek sal hou - en dit weer en weer sal wil lees!

Kiekeboe Hond (0-3) (Afrikaans, Board book): Camilla Reid Kiekeboe Hond (0-3) (Afrikaans, Board book)
Camilla Reid; Illustrated by Ingela P. Arrhenius; Translated by Annlerie van Rooyen
R240 R190 Discovery Miles 1 900 Save R50 (21%) Ships in 5 - 10 working days

'n Nuwe hondetema-titel indie gewilde reeks met verskeie skuifblaaie en 'n spieel! Maklik om te gebruik kiekieboe skuifblaaie, oulike gesigte en 'n verrassingsspieel-einde kombineer in hierdie stylvolle en interaktiewe bordboek vir babas en kleuters! Met 'n totaal van 10 gladde meganismes om op elke bladsy vir stoot, trek of draai. Om gesigte te herken en kiekieboe te speel is van die eerste speletjies wat babas speel. Dit is hoekom die heel jongste kinders daarvan sal hou om al die vriendelike honde en oulike hondjies in hierdie boek te vind - en dit weer en weer sal wil lees.

Vloei/Stof (Afrikaans, Paperback): Gilbert Gibson Vloei/Stof (Afrikaans, Paperback)
Gilbert Gibson
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 8 working days

In vloei/stof ontgin Gilbert Gibson temas soos die liefde/verhoudings, kinderherinneringe, geskiedkundige gegewens, geweld/oorlog, die belewenis van landskap, en die verloop van tyd/die dood op vernuftige wyse.

Soos in sy vorige bundels, bewys hy dat hy ’n meester is van die hermetiese digkuns – gedigte wat deur ’n spel met taal en vorm vervreemding teweegbring. Die leser word uitgedaag om die betekenis van die gedigte te ontsluit.

Die digter en literêre kritikus Louis Esterhuizen beskryf die bundel as volg: “Inderdaad digverweefde gedigte wat net soveel verhul as wat dit probeer onthul; verbrokkelde verse wat voortstu met verskuiwende betekenisvlakke en versplinterde (wan)begrip waartydens die leser genoodsaak word om ’n aktiewe rol te speel in die (re-)konstruksie van die teks.”

Vind Vreugde in die Here Afrikaans Four-Piece Glass Magnetic Set (Afrikaans): Vind Vreugde in die Here Afrikaans Four-Piece Glass Magnetic Set (Afrikaans)
R89 R75 Discovery Miles 750 Save R14 (16%) Ships in 4 - 8 working days

With a selection of 4 designs, inspirational sayings, and Scripture to choose from, your metal surfaces will bloom with beauty with the Vind Vreugde in die Here Afrikaans Four-Piece Glass Magnetic Set.

The set contains 4 glass dome magnets, packaged as a set.

• Glass Magnet Set
• Vind Vreugde in die Here
• Psalm 37:4
• Vind Vreugde In Die Here Reeks
• Set of 4 Glass Magnets
• Magnet Size: 44 x 44 x 13mm
• Packaged in an acetate box with hanging tab
• Packaging Size: 141 x 115 x 16mm
• Afrikaans Product

Bid die Name van Jesus (Afrikaans, Cards): Bid die Name van Jesus (Afrikaans, Cards)
R89 R75 Discovery Miles 750 Save R14 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is maklik om ons geestelike fokus te verloor te midde van die gejaagdheid van die lewe. Vir sulke tye het ons ’n nuwe verstaan nodig van wie Jesus is en moet ons stil word by Hom.

Bid die Name van Jesus Kaartjies help jou om teen jou eie pas die Name van Jesus te bid met die kort en kragtige gebede en bypassende teksverse. Terwyl jy nadink oor die 51 eienskappe van Jesus, sal jou fokus en hoop vernuwe word.

• Boksie met 51 volkleur-kaartjies, aan beide kante gedruk.
• Elke kaartjie het ’n Naam van Jesus met ’n bypassende vers aan die een kant en ’n gebed aan die ander kant.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander inkleur-produkte en kaartjies.
•Ook beskikbaar in Engels onder die titel Praying the Names of Jesus (Box of Blessings).

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Killing Karoline - A Memoir
Sara-Jayne King Paperback  (1)
R330 Discovery Miles 3 300
Thermal Energy Systems - Design…
Ashwani Kumar, Chandan Swaroop Meena, … Hardcover R4,176 Discovery Miles 41 760
Behind Prison Walls - Unlocking a Safer…
Edwin Cameron, Rebecca Gore, … Paperback R350 R310 Discovery Miles 3 100
Protein Folding in Silico - Protein…
Irena Roterman-Konieczna Hardcover R4,096 Discovery Miles 40 960
Livestock Production and Management…
Sunil Kumar Hardcover R3,733 Discovery Miles 37 330
Ezekiel - A Commentary in the Wesleyan…
Brad E Kelle Paperback R898 R781 Discovery Miles 7 810
Biomaterials, Artificial Organs and…
L. Hench, J.Jones Paperback R1,766 Discovery Miles 17 660
Sabotage - Eskom Under Siege
Kyle Cowan Paperback  (2)
R340 R314 Discovery Miles 3 140
Juta's Complete Textbook Of Medical…
J.D. Mokoena, M. Chauke, … Paperback  (2)
R1,450 R1,240 Discovery Miles 12 400
The Rise And Fall Of The ANC Youth…
Rebone Tau Paperback R230 R213 Discovery Miles 2 130

 

Partners