![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings Showing 1 - 25 of 93 matches in Nuwe Vrystellings
Wanneer 'n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in 'n hotelkamer in Kaapstad aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie laat hulle koppe draai. Wat doen 'n gesiene persoon, wat 'n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit? Die nuwe en omgesukkelde tydelike bevelvoerder van die Spookeenheid laat Kassie-hulle boonop ligtrap. Hy soek resultate—en eintlik wou hy dit al gister gehad het. 'n New Yorkse beleggingsbestuurder, 'n Angolese skurk met verskeie geldmaakplanne, en 'n hoogaangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op een of ander manier met die vermoorde man verbind. Maar wat presies het hulle met sy raaiselagtige transaksies te doen? Kassie en Rooi moet nie net 'n moord oplos nie, maar ook 'n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot—een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.
Speuradjudant Storm van der Merwe en kollega Shirien Niemandt is
vroegoggend eerste op die toneel, in ’n eenslaapkamerhuis in Zwelihle
digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe
na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag
nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn?
Tussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde. Getoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Bekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwongedie skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar sy die professor se broerskinders, Richard en David, bevriend. Maar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie. Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die herehuis in Oxford? Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?
Voor Max du Preez as joernalis bekend – en omstrede – geword het, was hy ʼn doodgewone kaalvoet Boerseun van die Vrystaat, die kleinseun van Boereoorlog-krygers en lid van die Kinderkrans. As verslaggewer by Beeld leer ken hy die binnekamers van Afrikanermag en meng met groot kokkedore soos John Vorster en Vlok. Hy doen ook verslag uit Soweto. Op ’n dag begin klippe spat. Skielik hoor hy skote. Die datum is 16 Junie 1976 . . . Du Preez ondersoek in dié rou relaas die laaste 50 jaar. Hoe kon kerkmense, sy eie pa inkluis, apartheid steun, hoe het dit verander, en wat gaan vandag aan met Afrisol? Die boek is heerlik leesbaar, onthutsend, krities – ook teenoor homself – en vol staaltjies; van PW se mauser, Lang Hendrik se uitbarsting, en ontbyt met Kaunda tot die (swak) sing van Sarie Marais vir Sankara. Dan was daar ook die keer toe ’n informant Max met ’n RPG dwing om peermampoer af te sluk.
Gerridene Berg, motiveringspreker, entrepeneur en gelowige vrou, glo
baie vroue is vasgevang in die leuen dat hulle nie goed genoeg is nie.
Sy wil hulle help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning.
Gerridene vertel haar eie storie aan die hand van die volgende kwessies:
Wanneer ’n storm die dorp tref, probeer Jorsie elke dier help – van bang windhonde tot ’n poedel wat in ’n boom beland! Dis ’n warrelwind van weerlig, reën en redding waarin ons polisieworsie wys wat ware dapperheid beteken.
Juanita Goosen erf haar ouers se gastehuis in ’n kusdorpie en vind vrede in eenvoud. Viljoen Kleynhans, ryk en gerekend, ervaar die wreedste verraad en vlug blindelings. Hy laat alles agter en kom uiteindelik by Juanita se gastehuis uit. In haar wêreld vind hy betowering wat geld nie kan koop nie, terwyl sy ’n hunkering na meer as oorlewing ontdek. Twee vreemdelinge, een dorpie, en ’n passie wat hulle uitdaag om reëls te breek. Soms is die lewe wat jy nooit beplan het nie die moeite werd.
Max se lewe is verby. Sy sal moet trek. ’n Ander identiteit kry. Sy het sosiale selfmoord gepleeg. Haar en haar beste vriendin, Bibi, se gunstelingspeletjie Fast Forward verander in ’n ramp nadat sy per ongeluk ’n spottende boodskap op die graad 10-groep stuur – waar almal dit kan lees. Sy word summier van die groep afgeskop, en hulle word al twee uitgesluit van die graad se beplande “Halfpadklaar”-vieringe. Max en Bibi, saam met die nuwe ou Jonatan, vorm ’n onwaarskynlike driemanskap en beplan eerder hul eie feesvieringe op Jonatan se oom se kleinhoewe. Hulle organiseer ’n fliekaand wat ook ’n fondsinsameling word om Max se ouma se kamermaat te help. Maar die aand is vol uitdagings en verrassings wat dreig om hulle planne omver te gooi. Saam besef hulle dat die lewe nie noodwendig beter is as deel van die in-groep nie. Die Tusseninners, 'n skreeusnaakse en geloofwaardige nuwe grootwordverhaal uit Zelda Bezuidenhout se pen, is vir almal wat nie inpas op hoërskool nie en maar net in die spasies tussen-in oorleef.
Zivah werk op Ezra se plaas in Galilea waar sy geurige olies leer meng en parfuum maak. Sy dra swaar aan ’n verlore liefde en is ’n gevangene van ’n donker geheim uit haar verlede, maar hoop dat haar stukkende emosies heel sal word terwyl sy haar passie uitleef. Barabbas met sy charismatiese persoonlikheid, onwrikbare avonturiersgees en vreeslose najaag van sy ideaal om die Jode van Romeinse heerskappy te bevry, vergestalt vir haar die vryheid en geluk waarna sy verlang. Maar sy obsessie om die Jode van Romeinse onderdrukking te bevry dryf hom al dieper die verderf in en verder van Zivah af weg. Ezra ontferm hom al hoe meer oor Zivah, maar sy is vasgevang in haar pyn en hoop vir ’n tweede kans met Barabbas toe Pontius Pilatus hom vrylaat in plaas van die misterieuse Messias-man wie sy ontmoet het ... Maar dit verander steeds nie Barabbas se verterende haat, wraaksug en begeerte om vir sy mense ’n held te wees nie. In ’n wêreld verskeur deur bloedvergieting, verlies en onvervulde hoop soek Zivah en Barabbas elkeen na heling, liefde en ’n tweede kans. Hul paaie kruis telkens in liefde en pyn, maar net God se belofte van herstel – om weer te dans – kan hulle ware vryheid bring. Sal Sy liefde genoeg wees om twee gebroke siele te heel en hul verledes in hoop te omskep?
Ná die wêreld se mees beskaafde egskeiding, bevind ’n ontnugterde Juna
Ferreira haar in ’n klein dorpie sonder ’n plan vir haar toekoms.
Samesyn is ’n uitnodiging om hartlik te leef en gesellig te wees; om weer opnuut die mooi in die alledaagse raak te sien, om mense by jou tafel te ontvang met ’n oop hart. Dit is nie net ’n resepteboek nie, maar ’n viering van tuiskoms en warmte – ’n versameling eenvoudige geheime wat ’n huis in ’n tuiste omskep. Van oggendlig op die stoep en middagmaal onder bome, tot vuurwarm kuiers voor die kaggel en sielskos teen sonsonder in die Karoo – hierdie bladsye dra die ritme van saamwees: die rustige kom sit, die luister, die deel. Tussen die resepte leef vyf hartsafdelings – Huislikheid, Tafelstories, Blommekuns, Gasvryheid en Feesviering – wat jou aanmoedig om jou huis met sorg te vorm, jou tafel met bewustheid te dek, jou hart opreg te gee en jou dae met herinnering te vul. Hier word die alledaagse weer besonders, en die kleinste gebaar die hartklop van liefde. Vir diegene wat Trouvrou liefgehad het, is hierdie boek die voortgaande verhaal – ’n verdieping van hart, tafel en huis. Hier word brood gebreek en stories tydsaam gedeel; stilte en lag word ewe welkom geheet. Mag hierdie boek ’n warm lig laat brand in jou kombuis, jou eetkamer en jou binnekamer; mag die herinneringe jou hart verwarm en mag dit gewone dae laat ontvou met beloftes vol mooi. Want waar brood gedeel word, word ons weer gevind en saamgebind – in samesyn. Met sy 312 volkleurbladsye in ’n ruim 28 cm x 21 cm sagtebandformaat, bevat Samesyn 109 resepte en meer as 150 pragtige volkleurfoto’s wat elke bladsy tot lewe bring. Die boek is verdeel in vyf deurdagte hoofstukke wat jou stap vir stap begelei in die basiese beginsels van tafeldek, blommerangskikking, gasvryheid, feesviering en die kuns om ’n huis mooi en huislik te maak. Interaktiewe QR-kodes neem jou verder as die bladsye en lei jou na video’s wat inspirasie en praktiese leiding bied.
Ná ‘n geheimsinnige operasie in Simonstad word ‘n Suid-Afrikaanse akademikus in België opdrag gegee om betrokke te raak by ‘n joernalis uit Belarus. Sy is mooi, briljant, en waarskynlik ‘n spioen. By die Europese Parlement kruis Lex de Lange se pad ook met dié van Alina, ‘n tolk uit Oekraïne. Hulle raak verstrengel in ‘n dodelike spel van geheime, verraad en begeerte. Met oorlogswolke wat saampak en toenemende konflik tussen Rusland en NAVO, is die wêreldorde op ‘n mespunt gebalanseer. Moeilike keuses oor lojaliteit, liefde en die lewe moet gemaak word. Voor dit te laat is.
Die Calitze het alles op Maanschijnbaai kom verander. Almal weet teen dié tyd hulle is slette, maar nou is daar selfs sprake dat hulle kan toor. Kyk maar hoe het Sue die arme Zach betower. En Jo vir Saul. Maar die ergste is die geliefde dominee Gideon wat handomkeer ’n ander mens geword het. Het dit iets te doen met Nan se kragte? Of dalk met Jeannie se betrokkenheid by daardie sekte? Hoekom anders het die oulike Ieg op die vlug geslaan? En nou wil Jeannie ’n restaurant oopmaak en toorkos bedien.
Vir agt jaar het die sogenaamde Stasiemoordenaar die Kaapse Vlakte in
sy greep gehou – van 1986 tot 1994 verdwyn 22 jong seuns spoorloos en
die gemeenskap leef in vrees. Sommige van die seuns se liggame word
later gevind, begrawe in vlak grafte in bosse en
Spienekelientjies is ‘n verseboek wat deur Antjie Krog saamgestel is. Lees en leer ou bekende versies soos “Trippe trappe tone” asook ‘n paar oorspronklike versies uit die pen van die Antjie Krog. ‘n Pragtige bundel wat sorgvuldig saamgestel is om jong kinders aan die taalmusiek van versies bloot te stel. ‘n Moet-hê versameling vir elke huis!
Katarien Roos, ’n rotsingenieur, keer terug na Suid-Afrika nadat haar ouma ’n beroerte kry. Na ’n verwoestende ervaring is haar werk die enigste plek waar sy suksesvol voel. Op pad Rustenburg toe kry haar motor ’n pap wiel. Armandt du Toit, beesboer en uitvoerende beampte van Mabewhu Platinummyn, help haar. Hy sien haar vrees en probeer deur haar emosionele skanse breek om haar hart te bereik. Sal sy hom kan vertrou en haar ware self aan hom wys?
Wanneer ’n skelm katjie Jorsie se kombers steel, begin ’n lawwe avontuur wat hom na die kattebasaar lei – ’n wêreld vol kattekwaad en komedie! Met sy speurhond-snuffels en groot hart leer Jorsie dat selfs die stoutste kat dalk net ’n bietjie omgee nodig het.
Sofie Olivier hou van haar werk as sekuriteitsbeampte en het nie tyd vir romanse nie. Toe sy saam met kolonel Jordaan Wessels van die polisie moet werk, vryf hy haar dadelik verkeerd op. Hy is arrogant, ’n beheervraat en skynbaar ’n rokjagter. Trou is nie deel van Jordaan se toekomsplanne nie, maar Sofie se groen oë vang hom elke keer. Toe hy en Sofie in ’n veilige woonstel moet bly en voorgee hulle is verloof, verander sake. Is dit net die vreemde omstandighede, of iets meer?
Barto haat Dinsdae. Niks opwindends gebeur ooit op ’n Dinsdag nie. Elke Dinsdag ná skool laai ouma Elsa hom op. Dan gaan hulle biblioteek toe. Dinsdae kuier Ouma en haar vriendinne in die biblioteek se tuin. Hulle drink tee en gesels oor boeke. “Gaan soek vir jou ’n boek, Barto,” sê Ouma elke Dinsdag. Maar Barto het nooit lus nie. Die enigste ander kind wat elke keer daar is, is die geheimsinnige Boekmeisie. Die Boekmeisie het nog nooit ’n woord met hom gepraat nie. Hy weet nie eens wat haar regte naam is nie. Maar toe Barto een middag ’n bal skop, is dit die begin van ’n holderstebolder avontuur … vol betowerende wesens, raaisels en asemrowende aksie. In hierdie heerlik aweregse, snaakse storie vol trolle, drake, kabouters en ander towerwesens skep Jaco Jacobs ’n moderne sprokie wat hulde bring aan die wonder van boeke en die verbeelding – gepaste temas vir hierdie uitsonderlike skrywer
Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V. Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak. Die Maanschijnbaaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan 'n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgelê is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho. Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die “Calitz-slette” nie toe nie.
Twintig jaar gelede moes Ada haar geboortegrond, Bloukoeniekraal, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lê. Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van ’n verlede wat steeds hier rondspook?
Die Keerpunt is die ontroende verhaal van Dawie, n jong man wat die liefde en vertroeteling van sy ouers prysgee ter wille van sy selfbehoud en emosionele welstand. En van Rabia, n jong vrou wat haar eie persoonlikeheid uit ontkunde en weerloosheid inboet ter wille van haar respek vir ouergesag en haar geloof in Allah. Eweneens is dit die tragiese verhaal van pa's wat nie besef dat hulle hul kinders en, almal onder hulle hoofskap, van hulle vervreem nie, hetsy met goedbedoelde liefde of goedbedoelde onverbiddelikheid van ouers wat hul gesagsposisie teen kinders misbruik en hulle gevolglik met lewenslange emosionele letsels laat. Die leser kry ook n blik op die vreedsame leefwyse van Moesliems in die Kaap.
Peter Truman is ’n geliefde gesinsman en leidende figuur in die Kaapse regsgemeenskap, ’n man alom geloof en bewonder. Nou moet hy binne enkele dae getuig in die geregtelike ondersoek na die geheimsinnige dood van sy gesin se au pair. Die verhaal van ’n Saak van Liefde of Dood word deur twee lense vertel, een in die hede en die ander terugskouend. Dit peil die kragtige, duister demone uit Peter se verlede wat hy gedwing word om in die gesig te staar onderweg na sy grootste persoonlike oorwinning.
Ná ’n onaangename insident by die werk, bedank Ané. Op ’n toeoogafspraak ontmoet sy vir Reinhard. Toe hy hoor sy is werkloos, bied hy haar ’n navorsingspos aan wat sy aanvaar omdat sy empatie en begrip haar oorrompel. Ondanks hul verskille, voel sy aangetrokke tot hom. Hy glo egter sy beperkings staan in die pad van ’n ernstige verhouding. Nie eens ’n tandemfietsrit, ’n besoek aan sy geboorteplaas of ’n romantiese aand kan hom oortuig nie. Sal ’n lewensgevaarlike insident sy skanse platvee?
In ’n hiernamaals waar die goeies beloon word en skuldiges moet boete
doen, glo hy nie. Almal wat aandadig was, moet in hierdie lewe gestraf
word. Dit gaan haar nie terugbring nie, of hom vryspreek nie, maar dit
is ten minste iets. |
You may like...
Van Gogh: Starry Night over the Rhone…
Flame Tree Studio
Notebook / blank book
|