0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (51)
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (11)
  • R250 - R500 (1)
  • R500+ (2)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Mid-Year Book Sale > Afrikaans

Na Die Wette Van Afskeid & Herfs - 'n Keuse Uit Die Gedigte Van Eddy Van Vliet (Afrikaans, Paperback): Eddy van Vliet Na Die Wette Van Afskeid & Herfs - 'n Keuse Uit Die Gedigte Van Eddy Van Vliet (Afrikaans, Paperback)
Eddy van Vliet; Translated by Daniel Hugo
R258 R49 Discovery Miles 490 Save R209 (81%) In Stock

Die Vlaamse digter Eddy van Vliet is een van die kragtigste stemme in die Nederlandse digkuns van ná die Tweede Wêreldoorlog.

Sy gedigte word gekenmerk deur universele temas soos die liefde en dood. Die digter bou met beeldende taalgebruik 'n brose binneplaas in 'n bedreigende wêreld, 'n tydelike verblyf tot en met die onafwendbare verval.

Sy bundels De binnenplaats (1987) en De toekomstige dief (1991) is hoogtepunte in sy oeuvre. Saam vorm hulle 'n tweeluik van opbou en afbreek, van orde en chaos, van herinner en vergeet.

Hier Verlaat Ek Jou (Afrikaans, Paperback): Miriam Telanie Hier Verlaat Ek Jou (Afrikaans, Paperback)
Miriam Telanie
R325 R49 Discovery Miles 490 Save R276 (85%) In Stock

Senobia Arendse, ’n taalversorger van Prins Albert, se toekoms lê en wink waar sy vroegoggend in Bellville op haar nuwe woonstelmaat wag. Palesa word vergesel deur drie dashing jongmanne. En dis veral die selfversekerde DJ, Ayanda Ngubane, met sy breë glimlag, wat haar beïndruk. Maar net wanneer Senobia begin dink haar nuwe lewe is maanskyn en rose, stap die verlede saam met Palesa by die voordeur in. Mondeo Hendricks, haar eerste liefde, is terug asof dit nog altyd in die sterre voorspel is.  

Roxy (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Roxy (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R371 R49 Discovery Miles 490 Save R322 (87%) In Stock

Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie. Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose, skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.

Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die enigste sekerheid in Roxy se nuwe wêreld blyk Ouma Lot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .

Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Veronique Jephtas Soe Rond Ommie Bos - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Veronique Jephtas
R258 R49 Discovery Miles 490 Save R209 (81%) In Stock

Veronique Jephtas verteenwoordig die kraakvars stem van ’n nuwe generasie Afrikaanssprekendes – die born frees, gebore ná 1994 – wat grootgeword het in ’n land met meer geleenthede vir almal maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer.

In Soe rond ommie bos skryf Jephtas protesposie en verbeel ’n gemeenskap wat vry is van gesprekke wat rondom die bos loop.

Spoekie (Afrikaans, Paperback): Jason Reynolds Spoekie (Afrikaans, Paperback)
Jason Reynolds
R255 R49 Discovery Miles 490 Save R206 (81%) In Stock

Hardloop. Dis al wat Spoekie ken. Van die aand dat Spoekie se pa hom en sy ma met 'n geweer in die straat afgejaag het, hardloop hy vir al die verkeerde redes. Vasgevang in 'n omgewing vol geweld en misdaad, sien Spoekie geen uitkomkans nie. Al wat hy doen is moeilikheid maak - en daarvan weghardloop. Tot die dag wat hy vir Coach ontmoet - Coach wat al Olimpiese medaljes gewen het en die natuurlike talent in Spoekie dadelik raaksien. Spoekie kan die beste atleet in die stad word. Maar gaan sy verlede hom inhaal, of gaan hy uiteindelik leer jy kan nie vir jouself weghardloop nie?

Hierdie boek deur die veelbekroonde Jason Reynolds is meesterlik deur André Trantraal in Kaapse Afrikaans vertaal vir 'n voorheen onontginde mark. Lesers sal hulself met hierdie karakters en konteks kan vereenselwig soos nog nooit tevore nie. Maar dis uiteindelik Spoekie self wat inderdaad by die leser bly spook - 'n karakter met so 'n komplekse en outentieke reis dat die leser vasgebind bly aan die verhaal lank nadat die boek klaar is.

Mpumi's Magic Beads (Afrikaans, Paperback): Lebohang Masango Mpumi's Magic Beads (Afrikaans, Paperback)
Lebohang Masango
R174 R49 Discovery Miles 490 Save R125 (72%) In Stock

The beads jingle and jangle and sparkle. The girls giggle with glee! Mpumi and her friends discover magic in her hair and what begins as an ordinary school day in Joburg is suddenly full of adventure everywhere! Mpumi's Magic Beads is a delightful story about friendship, self-esteem, discovery and beautiful hair in the big city of Joburg. It follows the sudden adventures of Mpumi, Asante and Tshiamo as they see the world around them from new heights and realise all of the fun waiting to be discovered outside of their classroom. This story is a great read for the whole family, especially children aged between 5 - 10 years old.

Vuma Afrikaans Huistaal Vlak 8 Boek 6 Leesboek: Lisa volg Instruksies: Vlak 8: Boek 6: Graad 2 (Afrikaans, Paperback): A.... Vuma Afrikaans Huistaal Vlak 8 Boek 6 Leesboek: Lisa volg Instruksies: Vlak 8: Boek 6: Graad 2 (Afrikaans, Paperback)
A. Diedericks
R69 R49 Discovery Miles 490 Save R20 (29%) In Stock

Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal.

Perdekrag: Grade 12 (Afrikaans, Paperback): C. Du Toit Perdekrag: Grade 12 (Afrikaans, Paperback)
C. Du Toit
R80 R49 Discovery Miles 490 Save R31 (39%) In Stock

Mense het dikwels probleme. Sommige probleme kan ons self oplos; vir ander het ons hulp nodig. In Perdekrag het Wilma, Binki en Lucky elkeen hulle eie probleme. Wilma, die eienaar van 'n perdryskool, het jare gelede die dood van 'n perd veroorsaak. Binki, 17, voel skuldig en skaam oor iets wat lank gelede gebeur het en is bitter teenoor haar ma. Lucky, ook 'n tiener, is vir 'n wrede daad met gemeenskapsdiens gestraf. Elkeen het die hulp van die ander nodig om bo hulle probleme uit te styg. Perdekrag is 'n drama oor skuld, aanvaarding en vergifnis: skuld teenoor weerlose diere, teenoor die gemeenskap, teenoor 'n medemens en teenoor jouself. Perdekrag handel ook oor mense wat mekaar se diepste gevoelens leer ken en mekaar aanvaar en vergewe - en vergifnis kry waar hulle dit die minste verwag. Ten slotte stel die drama die vraag teen die agtergrond van die spesiale en noue verbintenis tussen mense en hulle diere: is sagmoedigheid 'n swakheid of 'n krag? Hierdie uitgawe van Perdekrag bied omvattende studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Tweede Addisionele Taal, maar ook vir enige belangstellende leser en student van die dramakuns. Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

Alles-in-een: Diere op die plaas: Grootboek 12: Graad 12 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix... Alles-in-een: Diere op die plaas: Grootboek 12: Graad 12 - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers
R348 R49 Discovery Miles 490 Save R299 (86%) In Stock

Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium, ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met hulpbronne vir die onderwyser.

Die Estoppelleerstuk in die Suid-Afrikaanse Reg (Afrikaans, Paperback, 3de uitgawe): Jean Sonnekus Die Estoppelleerstuk in die Suid-Afrikaanse Reg (Afrikaans, Paperback, 3de uitgawe)
Jean Sonnekus
R1,269 R49 Discovery Miles 490 Save R1,220 (96%) In Stock

Sedert die vorige uitgawe in 2000 verskyn het, het heelwat baanbrekende nuwe uitsprake in sowel die gerapporteerde as ongerapporteerde hofverslae hier en elders verskyn waarby estoppel te berde gekom het. Dit moet noodwendig by die huidige uitgawe oorweeg en bespreek word om die klaarblyklike regs­ontwikkeling te identifiseer.

Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R369 R49 Discovery Miles 490 Save R320 (87%) In Stock

Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van "Mandela-rylaan se stories" kyk – ons eie TV-sepie en wat spesiaal vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal, verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister; taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen; deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!

Kollig Op Lewensvaardighede Graad 4 Onderwysersgids en Gratis Plakaat Pak: Graad 4: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback): M.... Kollig Op Lewensvaardighede Graad 4 Onderwysersgids en Gratis Plakaat Pak: Graad 4: Onderwysersgids (Afrikaans, Paperback)
M. Carstens, T. Coetzee, J. Glover, P. Vercueil, A. Wolmarans, …
R348 R49 Discovery Miles 490 Save R299 (86%) In Stock

Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.

Verken besigheidstudies: Gr 10: Handboek (Afrikaans, Paperback): Verken besigheidstudies: Gr 10: Handboek (Afrikaans, Paperback)
R328 R49 Discovery Miles 490 Save R279 (85%) In Stock
Innie skylte van die Jirre (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Innie skylte van die Jirre (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R290 R49 Discovery Miles 490 Save R241 (83%) In Stock

Die bekende skrywer en akademikus, en direkteur van die ATKV-skryfskool aan die PUK, Hans du Plessis, ploeg sy liefde vir kennis van en jare lange navorsing oor die Afrikaans van die Griekwas kreatief terug in hierdie unieke bundel Bybelse Griekwagedigte.

Maansiek (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Maansiek (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R49 Discovery Miles 490 In Stock

Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike.

As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is.

Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.

Teddie is weg! (Afrikaans, Staple bound): R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie Teddie is weg! (Afrikaans, Staple bound)
R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie
R108 R49 Discovery Miles 490 Save R59 (55%) In Stock

Die boeke in Fase 1 het geen teks nie en die leerders moet hul eie stories skep. Fase 1 konsentreer op die ontwikkeling van basiese geletterdheidsvaardighede en hulpbronne is ontwikkel om kinders aan te moedig om oor hulself en hul ervarings te gesels, luistervaardighede te ontwikkel en die eerste boekhanteringsvaardighede te ontdek.

Arme mamma! (Afrikaans, Staple bound): R. Hunt, D. Parkins, A. Stimie Arme mamma! (Afrikaans, Staple bound)
R. Hunt, D. Parkins, A. Stimie
R139 R49 Discovery Miles 490 Save R90 (65%) In Stock

Hierdie titel bevat skakels tussen die stories en ontwikkel leesstamina. In die eerste stel stories ontdek die hoofkarakters 'n geheime kamer. Die tweede stel stories fokus op Wim en Wilma en hul gesin.

Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback): Beryl Botman Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback)
Beryl Botman
R254 R49 Discovery Miles 490 Save R205 (81%) In Stock

Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek.

Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee.

Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld.

Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.

Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
R317 R149 Discovery Miles 1 490 Save R168 (53%) In Stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kultusse In Suid-Afrika
Jana Marx Paperback R279 R149 Discovery Miles 1 490
Betereinder - Wees Die Verskil
Schalk W. van Heerden Paperback  (1)
R280 R160 Discovery Miles 1 600
Vet Vark Se Boek
Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd Paperback R113 R65 Discovery Miles 650
My Laaste Dieet - Memoires Van 'n…
Joan Strydom Paperback R323 R49 Discovery Miles 490
Misfit - Stories Vannie Anne Kant
Chase Rhys Paperback R302 R49 Discovery Miles 490
Leo
Deon Meyer Paperback  (3)
R365 R199 Discovery Miles 1 990
Jan Smuts 1870-1950 - 'n Fotobiografie
Anton Joubert Paperback R473 R312 Discovery Miles 3 120
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek…
Louisa Holst Paperback R350 R235 Discovery Miles 2 350
Man In Die Maan
Etienne Fourie Paperback R366 R49 Discovery Miles 490
Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters…
Helene De Kock Paperback R293 R149 Discovery Miles 1 490

 

Partners