0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (31)
  • R50 - R100 (110)
  • R100 - R250 (664)
  • R250 - R500 (112)
  • R500+ (7)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens

Good Night, South Africa (Hardcover): Jennifer Lindridge Good Night, South Africa (Hardcover)
Jennifer Lindridge
R180 R140 Discovery Miles 1 400 Save R40 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Goodnight, South Africa is a lyrical bedtime love letter to South Africa.

Using rhythm and enchanting imagery, the book weaves together the country’s magnificent landscapes, wildlife, and cities into a magical nighttime symphony that will captivate readers.

A perfect bedtime story that celebrates the unique beauty and diversity of South Africa. It also reminds us that under the same starlit sky, we’re all connected in this extraordinary land.

Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Felina Kat, Geheime Agent (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur!

Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . . Sy is ’n GEHEIME AGENT.

Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help.

Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?

Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Spikkelsterre op Mtwana - Mieke: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.

Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jaco Jacobs Perfek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jaco Jacobs
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag …

Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan …

Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Jorsie Die Worsie 2: Die Putponie-Penarie (Afrikaans, Paperback): Helene Booyens Jorsie Die Worsie 2: Die Putponie-Penarie (Afrikaans, Paperback)
Helene Booyens; Illustrated by Helene Booyens
R251 Discovery Miles 2 510 Ships in 5 - 7 working days

Jorsie die worsie is terug vir nog 'n avontuur in boek twee van die reeks!

In hierdie opwindende vervolg kom Jorsie te staan teen 'n nuwe uitdaging die onder die aarde, waar die dapper putponies ondergronds werk om goud na die oppervlakte te vervoer. Maar wanneer 'n reeks onvoorsiene voorvalle lei tot 'n katastrofiese instorting van 'n mynskag, word een van die ponies diep ondergrond vasgekeer.

Sal Jorsie en sy maats betyds slaag in hul brawe reddingsmissie, of gaan hulle uit tyd uit hardloop?

Sluit aan by Jorsie op hierdie opwindende reis vol moed, vriendskap, en die onwrikbare vasberadenheid om nooit op te gee nie.

Die Feetjiepolisiediens (Afrikaans, Paperback): Leon-Ben Lamprecht Die Feetjiepolisiediens (Afrikaans, Paperback)
Leon-Ben Lamprecht; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat 'n oog oor hulle hou!

Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg . . . te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.

Die Weerligvoel (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Weerligvoel (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R230 R179 Discovery Miles 1 790 Save R51 (22%) Ships in 5 - 10 working days

“Pundu is een van die laastes van sy soort,” sê Khaia. “En, Timo, jy is dalk ons enigste hoop om hulle te red.”

Timo het ’n vreemde talent. Van kleins af al kan hy met diere praat. Wel, soort van.

Toe hy en sy troetelrot, Lucky, op ’n dag die koerant haal, is dit die begin van ’n wilde avontuur – die soort avontuur waarvan hy nog altyd net in boeke gelees het.

Waarom is ’n wêreldbekende multimiljoenêr skielik op Timo se spoor? En watter asemrowende geheim steek sy op haar private eiland weg?

Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie se Groot Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales.

Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en ​Liewe Heksie en die rekenaar ​(2001).

Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!

My Coily Crowny Hair (Paperback): Zulaikha Patel My Coily Crowny Hair (Paperback)
Zulaikha Patel
R160 Discovery Miles 1 600 In Stock

Inspired by Mama, Gogo, and the African queen, Lisakhanya is proud of her natural hair that grows up towards the sun like a summer sunflower. She calls it her COILY, CROWNY HAIR.Just like Lisakhanya, you too can love and be proud of your beautiful hair. You can TIE IT UP, TWIST IT RIGHT, BRAID IT DOWN, AND WEAR IT LIKE A CROWN.

Thando Goes to the Sea (Paperback): Thandi Xaba, Vian Oelofsen Thando Goes to the Sea (Paperback)
Thandi Xaba, Vian Oelofsen
R135 R100 Discovery Miles 1 000 Save R35 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Thando has big eyes and a curious mind. Today Thando and his mother go scuba diving in the sea. Through his goggles, Thando sees a colorful cast of sea creatures. Like the friendly starfish, the playful spinner dolphins that leap and twirl through the water, and the shy
seahorse. But they have to watch out for Miss Crabby Crab, with her sharp claws that snap, snap, snap! A vibrant ocean adventure that celebrates the magical creatures that call it home.

Staan Op Vir Die Six (Afrikaans, Paperback): Celeste Slabber-Loriston Staan Op Vir Die Six (Afrikaans, Paperback)
Celeste Slabber-Loriston
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Pre-order

‘n Bende-oorlog ontstaan oor die Six, waar Astrid se broer Poema en sy Strikers regeer. Rolo en die Havanaboys beheer al die ander buurte, maar Poema weier om die Six af te gee.

Astrid begin ‘n veldtog aanlyn, #bendesmustfall, en dit maak dat Rolo haar raaksien, want haar veldtog is besig om mense teen die bendes te laat draai. Wanneer Rolo sy broer Mervin dwing om met Astrid vriende te maak, begin dit ‘n onkeerbare golf van geweld en verraad in die Six.

Waar bendes baklei, wen niemand nie.

Spreuke Vir Kleingoed (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Spreuke Vir Kleingoed (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Zinelda McDonald
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Lewensgeluk begin by liefde vir die Here – Spreuke 1:7

Geliefde kinderboekskrywer Wendy Maartens span saam met bekroonde illustreerder Zinelda McDondald om die mees gepaste tekste uit die boek Spreuke in kinders se taal lewend te maak.

Aangevul deur 'n leestukkie, iets om te doen en 'n gebed sal hierdie boek jou kind help om die kuns van die lewe aan te leer en ’n gedissiplineerde lewenstyl te handhaaf.

Spreuke vir kleingoed is 'n aanwins op enige kind se boekrak en sal 'n lewenslange liefde vir God se woord by jou kind kweek.

The Lightning Bird (Paperback): Jaco Jacobs The Lightning Bird (Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R230 R209 Discovery Miles 2 090 Save R21 (9%) Ships in 5 - 10 working days

‘Pundu is one of the last of his kind,’ said Kayah. ‘And you, Timo, are probably our only chance to save them.’

Timo has a strange talent. Since he was little, he has been able to talk to animals. Well, sort of. When he and his pet rat, Lucky, make news headlines, it is the start of a wild adventure – the kind of adventure that Timo has only read about in books. Why is a world-famous billionaire suddenly after him? And what breathtaking secret is she hiding on her private island?

Available in Afrikaans and English with black and white illustrations throughout.

Vreesvanger (Afrikaans, Paperback): Brigette Labuschagne Vreesvanger (Afrikaans, Paperback)
Brigette Labuschagne; Illustrated by Stephen Wallace
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Pre-order

Wie sal JY bel as jou grootste vrese waar word?

Henri dink dit spook in Skilliepark. Ligte flikker, goed verdwyn, en vreemde geluide hou hom snags wakker. Maar wanneer sy eienaardige buurman oom Charl en die snipperige Amelia hom die waarheid vertel, ontdek Henri iets veel ergers as spoke...

Dit is Vrese – werklike vrese wat uit mense se gedagtes ontsnap en moles maak in die regte wêreld. Boonop is Henri blykbaar een van die min mense wat Vrese kan sien – en kan help om hulle te vang.

Maar om ‘n Vreesvanger te word is nie so maklik nie.

Bobbob Die Robo-Meerkat En Die Rebelse Rugbybal (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine, Helene de Clercq Bobbob Die Robo-Meerkat En Die Rebelse Rugbybal (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine, Helene de Clercq; Illustrated by Bernard de Jager
R185 R139 Discovery Miles 1 390 Save R46 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Bobbob se ruimteskip reg bokant Suid-Afrika neerstort, beland hy in die Kalahari. Tydens die atmosferiese impak het 9 Ploemplafstene van sy ruimteskip afgebreek, met 'n steen wat in elk van die provinsies beland het. Bobbob kan slegs terugkeer na planeet
Ploemplaf indien hy al nege stene opgespoor het. Hy span sy tegnologie in om die vorm van 'n meerkat aan te neem om by die onbekende Suid-Afrikaanse omgewing in te pas. En so begin Bobbob die robo-meerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .

In Boek 2 wil Dumi desperaat die bulletjierugbyspan haal. Hy is vinnig, maar kan nie goed vang nie. In Pretoria oefen hy en De Wet onder die jakarandas, tot hulle die tweede Ploemplafsteen ontdek en Bobbob ontmoet! Hulle beland in ’n Gauteng-avontuur van Gold Reef City tot Loftus. Sal Bobbob hulle kan help om die span te haal?

Bobbob Die Robo-Meerkat En Die Kalahari-Kloutjie (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine, Helene de Clercq Bobbob Die Robo-Meerkat En Die Kalahari-Kloutjie (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine, Helene de Clercq; Illustrated by Bernard de Jager
R185 R139 Discovery Miles 1 390 Save R46 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie is die eerste titel in ’n reeks grafiese kinderverhale. Die hoofkarakter, Bobbob, is ’n robot van die planeet Ploemplaf. Wanneer sy ruimteskip reg bokant Suid-Afrika neerstort, beland hy in die Kalahari. Tydens die atmosferiese impak het 9 Ploemplafstene van sy ruimteskip afgebreek, met 'n steen wat in elk van die provinsies beland het. Bobbob kan slegs terugkeer na planeet Ploemplaf indien hy al nege stene opgespoor het. Buite sy tuig skandeer Bobbob die omliggende area en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan te neem om by die onbekende Suid-Afrikaanse omgewing in te pas. En so begin Bobbob die robomeerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .

Haas Das se Nuuskas: Episode 4 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das se Nuuskas: Episode 4 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Thando and the Magic Window (Paperback): Thandi Xaba, Vian Oelofsen Thando and the Magic Window (Paperback)
Thandi Xaba, Vian Oelofsen
R135 R100 Discovery Miles 1 000 Save R35 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Thando has big eyes and a curious mind. Through his magic bedroom window, ordinary views become extraordinary adventures.

Thando explores bustling city streets, lush forests, starry night skies, and underwater ocean adventures complete with sharks and octopuses – his imagination can take him anywhere! The beautiful illustrations offer lots of details to discover in this perfect bedtime book. A lovely story that celebrates the boundless power of a child's imagination.

Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Stophorlosie - 7 Sport Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Gwendolene Van Der Merwe
R120 R109 Discovery Miles 1 090 Save R11 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees?

Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!

The Nocturnal Nine (Hardcover): Roslynne Toerien The Nocturnal Nine (Hardcover)
Roslynne Toerien
R220 R169 Discovery Miles 1 690 Save R51 (23%) Ships in 5 - 10 working days

Embark on a moonlit adventure with ‘The Nocturnal Nine’ and discover the wonders of the night!

Tonight was an adventure of a different kind, the details and time of departure we were yet to find. We were told to dress warmly and come well-prepared, with our hats and jackets on and binoculars to be shared. A nighttime adventure was about to begin as the colours started to change and dusk set in. ‘The Nocturnal Nine’ are not your usual crew, in actual fact there are very few. The midnight gang, not afraid of the dark for evening is when they find their spark. Join our adventure as we drive through the game park, looking for these creatures, from the owl to the aardvark.

Rillers: Omnibus 1 (2 Stories in 1) (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Francois Bloemhof Rillers: Omnibus 1 (2 Stories in 1) (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Francois Bloemhof
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Ontdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde spanningskrywers is met hierdie lekker omnibus wat twee van sy gewildste verhale bevat. In Die speletjie laai Wouter 'n dodelike rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .

Tom en die Monster in die Tuin (Paperback): Jaco Jacobs Tom en die Monster in die Tuin (Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alistair Ackermann
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer.

Dit is naweek.

Tom en Clint gaan in die tuin kamp!

Hulle gaan in ’n tent slaap en wors braai. Maar kort voor lank is daar ’n probleem … ’n MONSTER van ’n probleem!

The Witching Kitchen (Paperback): Martinus van Tee The Witching Kitchen (Paperback)
Martinus van Tee
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Step into a whimsical world of culinary magic with  "The Witching Kitchen"  by Martinus van Tee.
 
When the moon is full and the planets align, a peculiar chill in the spine signals the perfect time for a fabulous stew. Join a quirky grandmother and her curious granddaughter in the kitchen as they prepare an extraordinary dish passed down through generations.
 
From a cauldron carved from a meteorite to ingredients like a green dragon's breath and a dodo's plume, this enchanting recipe is anything but ordinary. With a dash of humour and a sprinkle of the bizarre, "The Witching Kitchen"  is a delightful tale that will leave readers of all ages bubbling with laughter. And just when you think the magical feast is ready, there's a twist that will have everyone ordering Chinese!
 
Perfect for fans of whimsical stories and magical adventures, this picture book is a recipe for fun.

Tom en die Aaklige Toebroodjie (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Tom en die Aaklige Toebroodjie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alistair Ackermann
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer. Jig! Tom verstaan nie wat aangaan nie. Hoekom kry hy skielik elke dag aaklige toebroodjies vir skool? Sy ma weet mos hy hou nie van tuna nie! Het die tweeling dalk iets daarmee te doen …?

Die gewildste alien in die ruimte (Paperback): Cecilia Steyn Die gewildste alien in die ruimte (Paperback)
Cecilia Steyn; Illustrated by Johann Strauss
R195 R145 Discovery Miles 1 450 Save R50 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Superhelde gaan nie met vakansie nie. Maar wanneer Wynand se ma hom verras met ’n wegbreek na ’n tropiese eiland, is hy superopgewonde! Min weet hy watter avontuur daar op hulle wag – selfs al is sy aartsvyand Natalie ook weer daar om sy pret te bederf.

Toe Wynand ’n gestrande ruimteskip op die eiland ontdek, ontmoet hy vir Fudge – ’n oulike alien met vreemde tentakels, ’n liefde vir melktert en ’n groot probleem . . . Fudge word deur Zorgon die Verskriklike gejag, en hy het hulp nodig om sy ruimteskip te herstel.
Maar wanneer Natalie probeer om Fudge 'n internetsensasie te maak, stel sy per ongeluk almal in gevaar. Met Zorgon op hulle spoor, gaan dit al Wynand se moed, sy ma se geheime vaardighede as superheldin, Natalie se vuiste en Ouma Magriet se vindingrykheid verg om hulle nuwe alien-vriend te red. Kan hulle saamwerk om Zorgon te verslaan en Fudge te help om sy pad huis toe te vind?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Industrial Tomography - Systems and…
M. Wang Paperback R7,147 Discovery Miles 71 470
Novel Optical Technologies for…
Qian Liu, Xuanming Duan, … Hardcover R3,833 R3,073 Discovery Miles 30 730
Semiconductor Lasers - Fundamentals and…
Alexei Baranov, Eric Tournie Hardcover R5,658 Discovery Miles 56 580
Machine Learning for Future Fiber-Optic…
Alan Pak Tao Lau, Faisal Nadeem Khan Paperback R2,739 Discovery Miles 27 390
Ultrafast Dynamics Driven by Intense…
Markus Kitzler, Stefanie Grafe Hardcover R4,865 Discovery Miles 48 650
Electromagnetic and Optical Pulse…
Kurt E. Oughstun Hardcover R4,768 Discovery Miles 47 680
High Speed VCSELs for Optical…
Alex Mutig Hardcover R3,063 Discovery Miles 30 630
Fundamentals of Femtosecond Optics
S. A. Kozlov, V.V. Samartsev Hardcover R3,118 Discovery Miles 31 180
Reliability of Semiconductor Lasers and…
Robert Herrick, Osamu Ueda Paperback R3,568 Discovery Miles 35 680
Metal-Organic Frameworks for Photonics…
Banglin Chen, Guodong Qian Hardcover R6,288 Discovery Miles 62 880

 

Partners