![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies het sommer baie pret waar hulle in die vleiland bymekaarkom. Kwax en Crox, die twee water-Flixies, speel toneel en maak asof hulle van die heel oudste lobvinvisse is wat hulle koppe uit die water steek. Hulle kruip in die modderwater rond en wonder hoe dit moet wees om op land te lewe. So leer die Flixies van al die probleme wat werweldiere moontlik mee te doen gekry het met die oorgang van water- na landlewe... Die Onderwysersgids sluit in:
Oupa Flex en Dux is aan die woord en vertel van reptiele, sort vir soort. Flex vertel hoe primitiewe werweldiere uiteindelik geskik genoeg was om landlewe baas te raak. Sekere afstammelinge van die amfibieë het die nodige eienskappe gehad wat juis dit moontlik gemaak het! Die Onderwysersgids sluit in:
Die drie vriende gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahe af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van 'n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook wil deel in die buit!
Die Flixies vertel van een van die belangrikste natuurlike hulpbronne, naamlik grond. Hulle gesels oor die waarde van grond vir plante, diere en mense, maar hulle is ook baie bekommerd... Al is die aarde so groot en al word dit met grond bedek, is daar eintlik maar bitter min grond waarin plante kan groei en wat bewerk kan word vir gewasse wat mense nodig het vir voedsel. Flex gebruik 'n bessie om hierdie kwessie aan die Flixies te verduidelik. Die Onderwysersgids sluit in:
‘Die Bonsmara se Hare’ volg die reis van 'n boer van droogte tot rykdom deur die oë van sy jong dogter. Te midde van 'n slegte droogte begin een van hulle bulle blonde, krullerige hare groei. In plaas daarvan om die bul na die veiling te neem, besef die boer dat hy 'n magiese produk kan maak wat hare laat groei! Die ongewone oorsprong van hierdie wonderlike produk is onbekend aan sy dankbare kliënte, wat rye staan om die wonder-sjampoe te koop. Die verhaal is in 'n speelse rym geskryf met illustrasies wat gebaseer is op die landskap van die Oos-Vrystaat.
Die Flixies maak kennis met ’n nuwe begrip – biodiversiteit – die verskeidenheid van alle vorme van lewe. Hoekom moet daar so baie soorte wees? Is al hierdie vorme van lewe nodig? Sou Ruimteskip Aarde nie net so goed gewerk het as daar net 'n paar soorte superdiere en superplante op Aarde geleef het nie? Dux vertel vir Blox dat daar eenhonderdmiljoen verskillende soorte plante en diere bestaan waaraan mense al name gegee het – en dan is daar nog plekke op Aarde waar daar heel waarskynlik soorte leef wat nog ontdek en beskryf moet word! Facto kan nie wag om meer hieroor uit te vind nie... Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixies kom by die see bymekaar omdat daar so baie verskillende soorte plante en diere langs die kuslyn is. Hulle hou ’n dinkskrum om die verskillende redes te bespreek waarom biodiversiteit so belangrik is en maak dan plakkate uit blare en skulpe om dit wat hulle geleer het met ander te deel. Die Onderwysersgids sluit in:
Kwax is die vleiland-spesialis, want dis die plek waar hy die graagste sy tyd deurbring. Hy vertel van 'n groot verskeidenheid plante wat in die klammigheid rondom en ook in die water van die vleilande groei. Die vleiland-bioom is baie klein, maar het ’n baie hoë biodiversiteit. Ongelukkig is omtrent al ons vleilande onder groot druk, veral daardie wat naby die kus geleë is. Facto het altyd gedink vleilande is sommer net modderpoele met plante, maar hy vind by die Flixies uit dat vleilande baie, baie belangrik vir mense en diere is! Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
Facto hoor by die Flixies van 'n smal strokie land naby die kus van Wes- en Suid-Kaapland waar die merkwaardigste bioom in die hele węreld voorkom. Dis ’n bioom wat so spesiaal en eiesoortig is dat dit as een van die sewe Plantkoninkryke van die węreld beskou word. Ouma Flox maak vir die Flixies spesiale reënboogsosaties om aan te peusel terwyl hulle aandagtig luister na die storie van die Kaapse Fynbostuin! Die Onderwysersgids sluit in:
Facto het die Flixies ontdek! Hy “luister in” na hulle gesprekke en so leer hy meer van ons aarde en die natuur. Lees in hierdie storie meer oor die Flixies, waar hulle woon en hoe Facto hulle ontdek het... Die Onderwysersgids sluit in:
Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik. Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe. Hulle bure help Om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste.
Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi. Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse. Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …” Die sukses van hierdie eiesoortige werk kan gemeet word aan die feit dat die boek vanaf 1961 drie-en-twintig keer herdruk is.
'n Klein briefie fladder deur die lug en beland tussen Facto se voete terwyl hy onder sy gunstelingboom vir die Flixies sit en wag. Dis ’n afskeidsbriefie – van die Flixies. Facto is verslae, maar hy is ook opgewonde oor al die nuwe feite wat hy by die Flixies geleer het en die kennis wat hy opgedoen het oor ons wonderlike planeet, Aarde. Facto kyk nou met nuwe oë na al die lewende goedjies rondom hom en hy besef dat elkeen 'n belangrike rol het om te speel op hierdie wonderplek wat ons Aarde noem. Die Onderwysersgids sluit in:
Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde. Die Onderwysersgids sluit in:
Ek en jy lyk dalk verskillend,
Hierdie omnibus-uitgawe is ’n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister! By die huis, of in die motor ... Storieman is daar! In hierdie uitgawe verskyn gunstelinge soos “Wikus te Goede”, “Die astrante snyertjie”, “Die standvastige bliksoldaatjie” en “Die keiser se nuwe klere.” Kom lag lekker saam met stories soos “Liewe Heksie en die Koekoekie” en “Spokie van Boosgelegen” en word betower deur sprokies soos “Elf wilde swane”, “Die tonteldoos” en “Die Groen Jonkvrou van die meer”.
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat ’n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos ’n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is ’n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hę nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?
A touching picture book about resilience, identity, and familial love.
Every morning when Ta’mkhulu helps Zinzo to shine his shoes, he reminds
him that he has big shoes to fill. Zinzo wants to make his dads proud,
even though they live far away in the city. His grandfather sets a
great example by being kind and caring to everyone in the village. But
when the children at school learn about Zinzo’s unconventional family
they are not kind to him at all. Can Zinzo show them that being
different is nothing to be afraid of? Big Shoes to Fill is a proudly
South African book that encourages acceptance, understanding and
kindness towards the LBGTQI+ community. This picture book is not only a
tribute to the unbreakable bonds of family but also a celebration of
the courage to stand tall in one’s own shoes. Also available in
isiXhosa, isiZulu and Afrikaans.
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor? Die Otters en die huis op die krans is die vierde aksie-belaaide boek in die Otter-reeks van die befaamde Cor Dirks. Ons weet teen hierdie tyd dat die seuns maar net nie kan help om in die moeilikheid te kom nie, maar sal hulle hulself hierdie keer weer daar uit kan kry?
Die geheimenisse van die kinderkamer is vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, verstaan alles daarvan. Wanneer die fluweelhasie in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding "Ręrigwaar" kan word as iemand hulle genoeg liefhet. En toe die kind op 'n dag baie siek raak en die hasie verlaat, vind hy uit wat dit beteken om Ręrigwaar te wees.
Ontmoet vir Krok en Dil. Dil hou van grappies vertel … maar hy hou nie van pizza met pynappel nie. Krok hou van kosmaak … maar hy hou nie daarvan as iemand vir hom lag nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats … en hulle sal jou laat skater van die lag! Die boek bevat drie skreeusnaakse strokies wat perfek is vir beginnerlesers: Krok die kok, Vandag gaan ek nie lag nie; en Krok in ’n rok.
While not much is known about the life and legacy of Anna de Koning, this children’s book aims to make her a household name and have her story taught at schools – of how an enslaved child arrived in the Cape Colony from Bengal and would remarkably become one of the wealthiest and most influential women of her time. Anna lived in a village surrounded by a thick rainforest filled with striped tigers that roared at night. Her mother had grown up in that village, and she would have too until strangers came and sold her family to the captain of a big ship with large white sails. When the ship finally arrived at the shores of the Cape of Good Hope, Anna’s life changed, and she was no longer free. Woman of Freedom brings to life the historically accurate journey of a young enslaved girl who became one of the wealthiest and most respected women in the early Cape Colony. Teaching children about one of South Africa’s matriarchs in an inspiring narrative true to the culture and history of our land. |
You may like...
Nonlinear Time Series Analysis with R
Ray Huffaker, Marco Bittelli, …
Hardcover
R2,989
Discovery Miles 29 890
|