0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (28)
  • R50 - R100 (133)
  • R100 - R250 (779)
  • R250 - R500 (120)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens

Wiskunde gee my maagpyn (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Jaco Jacobs Wiskunde gee my maagpyn (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) In Stock

Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie. Haar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, se nie eers “More, klas” soos die ander onderwysers nie. Hy se net: “Vandag maak ek Maalvleis van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!” Maar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!

Die Otters Skateiland van die Seychelles (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters Skateiland van die Seychelles (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Die drie vriende gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahe af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van 'n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook wil deel in die buit!

Speurhond Willem In Australië (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem In Australië (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 5 - 7 working days

Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Maar daar word berig dat Sherlock daarvan verdink word dat hy kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel. Adriaan en Willem se eerste avontuur doer onder is vol aksie. Boonop maak 'n paar ou bekendes hulle verskyning . . .   

Die Otters in die Okavango-Moeras (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters in die Okavango-Moeras (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak.

Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in ’n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer.

Die Otters en die Huis op die Krans (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters en die Huis op die Krans (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor? Die Otters en die huis op die krans is die vierde aksie-belaaide boek in die Otter-reeks van die befaamde Cor Dirks. Ons weet teen hierdie tyd dat die seuns maar net nie kan help om in die moeilikheid te kom nie, maar sal hulle hulself hierdie keer weer daar uit kan kry?

Speurder Sammi - Die Blou Steen (Afrikaans, Paperback): Crystal-Donna Roberts Speurder Sammi - Die Blou Steen (Afrikaans, Paperback)
Crystal-Donna Roberts
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, 'n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap. Sammi gaan haar vriendinne April en Lerato mis, maar die klein dorpie gaan 'n goeie change of scene vir haar wees.

Dit sal haar gedagtes afvat van Richfire Arts Academy, die kunsteskool waar sy so graag wil inkom. Maar die platteland is vol verrassings. En kansvatters.

Sal sy vir Dedda en Oumie kan help as die slymerige George sy flikkers kom gooi?

Die Otters se Veldskoolavonture (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters se Veldskoolavonture (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind.

Weggesteek in die digte bosveldwêreld is tekens van ’n ou beskawing. Die seuns kom op vreemde plekke af. Hulle ontdek ’n donker tonnel, ’n gevaarlike grot en ’n vervalle kasteel …

Maar wat soek twee gewapende mans in die grot? En is die ou kasteel regtig so verlate soos wat dit van ver af lyk?

Yiba Nesibindi Njengami (Ndebele, North, Paperback): Zulaikha Patel Yiba Nesibindi Njengami (Ndebele, North, Paperback)
Zulaikha Patel; Illustrated by Nicci Martin
R180 R150 Discovery Miles 1 500 Save R30 (17%) Ships in 5 - 10 working days
Mogwera Wa Dihla Ka Moka (Sotho, Northern, Paperback): Refiloe Moahloli Mogwera Wa Dihla Ka Moka (Sotho, Northern, Paperback)
Refiloe Moahloli; Illustrated by Nicci Martin
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Weerlig Oor Mtwana - Mieke: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Weerlig Oor Mtwana - Mieke: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R205 R192 Discovery Miles 1 920 Save R13 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar 'n skadu van onsekerheid.

Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis.

'n Boelie gryp sy foon en 'n bakleiery breek uit. In die gestoei breek Fen sy spanmaat, Jock, se neus. Fen én Jock word geskors. Hulle straf: twee weke se harde arbeid op Mtwana.

Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Net Aliens Eet Spinasie - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R175 R164 Discovery Miles 1 640 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie!

Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!

Vuurvreter - Branderjaer-Sage: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Joha van Dyk Vuurvreter - Branderjaer-Sage: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Joha van Dyk
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Malherbe Albertyn, oftewel Vuur, beplan om sy somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na die antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy bendebroers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag.

Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in 'n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Malherbe se suster se verdwyning?

'n Halwe Hond En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete 'n Halwe Hond En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 4 - 8 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Soccer Secrets (Paperback): Jayne Bauling Soccer Secrets (Paperback)
Jayne Bauling
R75 R70 Discovery Miles 700 Save R5 (7%) Ships in 5 - 10 working days
On land it's a struggle Grade 5 - Home Language/First Additional Language/Second Additional Language (Paperback): Danie... On land it's a struggle Grade 5 - Home Language/First Additional Language/Second Additional Language (Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Kwax is in a discussion with Mannie Marsh Frog who is telling him about his ancestral history. He tells Kwax that the ancient amphibian ancestors were big and clumsy and really struggled to move about and live on land. An interesting point regarding amphibians is that they have not yet developed eggs with shells. They therefore return to water to lay their eggs. When the eggs hatch, little tadpoles pop out!

Pina ya Zandi (Sotho, Southern, Paperback): Zandile Ndhlovu Pina ya Zandi (Sotho, Southern, Paperback)
Zandile Ndhlovu; Illustrated by Katlego Keokgale
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Die Otters se "Fietstoer" (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters se "Fietstoer" (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 8 working days

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saam met interessante trokdrywers ... Net ná Potgietersrus (deesdae bekend as Mokopane) haak hulle egter by een van die plase vas en word dit al gou duidelik dat hulle die Limpoporivier nie te siene sal kry nie ... Wanneer hulle agterkom dat die mense hier onwettig beeste oor die grens smokkel, maak hulle spore, maar kan hulle die bloeddorstige boer en sy spoorsnyer ontglip? En wat sal gebeur as hulle in ondergrondse tonnels vasgekeer word en wit geraamtes in die donker grotte ontdek?

What's Wrong With Glitter? (Paperback): Chanel Mansfield, Luther Galloway What's Wrong With Glitter? (Paperback)
Chanel Mansfield, Luther Galloway; Illustrated by Berenice Brand
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 8 working days

Uncle Kelly is a drag performer who lives with his nephew Eli. Eli is about to start school and he has a birthmark on his face that he is afraid he will be bullied about. Uncle Kelly helps Eli find his confidence and encourages him to love himself as he is.

Eli finds a creative way of owning his insecurity and with his new confidence makes friends and inspires other children to accept their peers, and to even express their own creativity.

A book that encourages love and acceptance and embraces otherness, What’s Wrong With Glitter is a rhyming book that is filled with bright illustrations.

Kies-Jou-Avontuur 3: Die Gevaarlikste Fliek Op Aarde (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Kies-Jou-Avontuur 3: Die Gevaarlikste Fliek Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen? 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!

Going Wild And Other Stories - A Home Language Short Story Anthology For The Intermediate Phase (Paperback): Helen Moffett Going Wild And Other Stories - A Home Language Short Story Anthology For The Intermediate Phase (Paperback)
Helen Moffett
R242 R227 Discovery Miles 2 270 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

This anthology highlights the theme of environmental care, and comprises new content written by some South Africa’s famed writers, and some fresh voices to captivate readers as they explore and master the use of English Home Language in Grades 4–6. Each story provides all the support materials written by Diane Awerbuck and reviewed by the English for Life author Lynne Southey needed to make for lively and interactive classroom experiences according to CAPS requirements.  

Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte - 'n Kortverhaalbundel (Graad 4-6) (Afrikaans, Paperback): Carin Krahtz Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte - 'n Kortverhaalbundel (Graad 4-6) (Afrikaans, Paperback)
Carin Krahtz
R231 R217 Discovery Miles 2 170 Save R14 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ingonyama En Ander Maats Met Leeueharte is ’n bundel propvol tematiese nuwerwetse verhale vir graadvier- tot graadseskinders van Afrikaans as eerste addisionele taal.

Dié bundel neem die riglyne van die KABV in ag en die Departement van Basiese Onderwys se strewe om laerskoolonderwys by die “Vierde Industriële Rewolusie” te betrek.

Elke verhaal bied:

  • ’n besprekingstema en ’n woordelys;
  • pre-leesvrae;
  • vertalings van woorde;
  • post-lees- kontekstuele vrae; en
  • verrykingsaktiwiteite.

Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht, Annelie Ferreira, Jaco Fouché, Troula Goosen, Henriëtte Linde-Loubser, Elrien Scheepers, Christina van Deventer, Annerle Barnard, De Wet Hugo, Carin Krahtz, Anzil Kulsen, Naomi Meyer, Christien Neser, Carina Stander, Marita van Aswegen, Elizbè Van der Colff, Derick van der Walt, Elizabeth Wasserman, Zelda Bezuidenhout, EKM Dido, Sidney Gilroy, Rouxnette Meiring, Chase Rhys, Cecilia Steyn, Fanie Viljoen, Sasha Richards

Iculo likaZandi (Zulu, Paperback): Zandile Ndhlovu Iculo likaZandi (Zulu, Paperback)
Zandile Ndhlovu; Illustrated by Katlego Keokgale
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days
Die Vinnigste Skoene In Die Hele Wêreld (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn, Johann Strauss Die Vinnigste Skoene In Die Hele Wêreld (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn, Johann Strauss
R185 R174 Discovery Miles 1 740 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superhero­tekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?

Donker Web - Onderwêreld Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Donker Web - Onderwêreld Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .

Die Gevaarlikste Speletjie Op Aarde (Afrikaans, Paperback): Hugo De Wet Die Gevaarlikste Speletjie Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
Hugo De Wet
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Mario is die skool se rekenaarspeletjiekampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . . 'n Kiesjoueieavontuurstorie propvol avontuur en naelbytaksie!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Paperback R250 R234 Discovery Miles 2 340
Malikah - The Girl Who Loves Sport
Darryl Earl David, Boebie Hamza Paperback R205 Discovery Miles 2 050
It's Jamela! The Complete Collection
Niki Daly Hardcover R200 R188 Discovery Miles 1 880
Children Of The Stone City
Beverley Naidoo Paperback R240 R214 Discovery Miles 2 140
Isikhumba Esikuso - Ihlombe…
Sindiwe Magona, Nina G. Jablonski Paperback R277 Discovery Miles 2 770
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Skin We Are In - A Celebration Of The…
Sindiwe Magona, Nina G. Jablonski Paperback R159 Discovery Miles 1 590
Pearl Of The Sea
Anthony Silverston Paperback R339 Discovery Miles 3 390
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R160 Discovery Miles 1 600
Vetplant Fairies
Ingrid De Kok, Antjie Krog Paperback R305 Discovery Miles 3 050

 

Partners