![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle …
Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.
What on Earth am I? is Lara Salomon's and Megan Bird's first children's book together, investigating complex topics, like identity, diversity, and existentialism, for kids. It is a wonderful picture book for children with more questions than answers about the world. The book follows a young child’s over-active imagination, which often leaves them confused as to what kind of creature they are. They try their very best to discover the answer by recalling the many creatures that they've read about in their storybooks and fairytales. I've been reading all these stories, and they've got me quite confused. Because they feature all these creatures, and I'm really not amused.
Jan Braai Junior is a book for the next generation of braaiers in South Africa. Filled with a collection of Jan Braai’s very best braai recipes, simplified with easy-to-follow, step-bystep guidance, Jan Braai Junior can be enjoyed by kids and the whole family. Jan Braai is the most interviewed person in the world on the topic of braai, and therefore a good judge of what people want to know about braaing. As a television presenter and head of the National Braai Day initiative, he has travelled extensively in southern Africa and the world, braaied often and with diverse people, in various beautiful places, using different techniques. This user-friendly book covers all the fundamental braai knowledge every South African should have, using basic equipment and budget-conscious ingredients. And, with Jan Braai’s tips and advice, Jan Braai Junior will set you on your way to braaing like a champion for the rest of your life!
Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood! Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.
Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie! Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8’s. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos ’n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om ’n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakke – wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek? Hoërskool is nie vir sissies nie!
Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar was verskeie herdrukke. Hierdie is die negende titel in die reeks. Jasper moet in die koshuis bly terwyl sy ouers oorsee reis. Dit voel of sy vlerke geknip is: Skielik moet hy op spesifieke tye eet, huiswerk doen en gaan slaap. Hy moet selfs sy eie bed opmaak. Die ergste van alles is dat hy – wat gewoond is aan sy eie buitekamer – nou ’n kamer met die skool se grootste boekwurm moet deel. Toe die Viermanskap uitgedaag word tot ’n fietsresies maar Jasper ’n verpligte debatvergadering moet bywoon, is dit een te veel vir hom. Hy begin planne beraam om skelm uit die koshuis te glip …
Uiteindelik kan Daniël en sy vriende vir ’n naweek na die plot gaan en ontspan – en sommer ook wegkom van Peet wat al weer op hulle spoor is. Maar Daniël se sussie, Chrissie, is siek met iets wat aansteeklik lyk en die dokter het gesê hulle mag nie naby haar kom nie. Daniël vind die perfekte oplossing: Hulle kan langs die rivier kamp! Terwyl hulle met binnebande in die rivier afdryf, sien hulle iets wat verdag lyk by oom Giel Larson se plek. Dalk is dit niks, maar sê nou die oom is werklik in die moeilikheid. Hulle rustige kampnaweek raak baie vinnig baie gevaarlik wanneer hulle gaan ondersoek instel … Kamp is nie vir sissies nie!
Have you ever met a cat whisperer? When you peruse the pages of this wonderful book of poems and sketches by Tony Ridgway, you will also have the honor of meeting a true life, self-proclaimed cat whisperer! And who are we to argue with that? You see, only a cat could tell us if Tony is indeed a cat whisperer! We have all heard about the dog whisperer, and we have heard about horse whisperers, so why not look upon Tony Ridgway as a guy who talks to cats? It seems we will just have to take his word for it that he is indeed a true life cat whisperer, as we go through each page of this delightful book, certain to please anyone who has ever loved a cat. And isn‛t that most of us? Reminiscent of the style of e.e. cummings, but with his very own voice, Tony Ridgway talks to the cat (or kitten) in all of us.
Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid – hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê? Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na ’n sorgelose naweek by die see, weg van hulle aartsvyande. Maar daar gaan iets vreemds aan by die rotsgrot in die baai langsaan, en hulle gaan stel ondersoek in op ’n mistige middag …
Nisa Qamar is 11 year old, and she loves ice cream and books. She has a new spring in her step for the new school year. She lives in Johannesburg with her mum, Zainab, her sister Aisha and twin brothers, Isa and Ali. Nisa loves her school more now that the mystery of the troublemaker has been solved. Everyone knows her as the brave young person who saved the Iqra Academy of Excellence from the Master of Jinniaville. There’s a new adventure around every corner, and just when she thinks it’s going to be a peaceful year, she catches her younger sister Aisha acting very strangely. Will Nisa ever figure her out? At a netball tournament, Nisa makes new friend, Jihan, who introduces her to the Rainbow Healers’ Society where she meets new friends. She enters into a whole new world of secret teachings and together, they find hope for the children of Jozi. Now if only she could figure out what’s up with her younger sister, Aisha...
Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie. Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie. Hoërskool is nie vir sissies nie!
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter? Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?
The powerful Oyo has a Shadow Chasers knife…and only the cleverest and the bravest can withstand the Flame of Truth to win it back from her. With the guidance of Zulaika, a helpful ghost, Nom, Zithembe and Rosy travel through the unknown terrors of the dream world to find Oyo and regain the knife. Flame of Truth is the third in the Shadow Chasers series, an Afrocentric fantasy adventure for pre-teens (9 to 12 year olds).
’Ie liewe is 'n dice game; ’ie dice rol soes hy rol en jy moet ’it ma’ vat, broe’. Jay en Alpha deel ’n wereld van armoede en bendes en het al twee sonder ’n pa grootgeword. Maar hulle paaie skei: Alpha bly die leier van die Lo$Boys, ’n klein bende in Manenberg, terwyl Jay ’n beurs kry om in Kaapstad te gaan studeer. Vir Jay is dit ’n nuwe begin, maar dan word dinge meteens kompleks wanneer sy pad met die van ’n weggooibaba kruis. Kort voor lank is die situasie nie slegs kompleks nie, maar ook gevaarlik. Waarheen gaan ’n student met ’n baba? Die welsyn en polisie vertrou hy nie, maar sy opsies is beperk. Sou hy dit in Manenberg kon waag? Terwyl ’n bendeoorlog dreig?
Ek en jy lyk dalk verskillend,
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem. Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …
Lake of Memories is the second book in the Shadow Chasers trilogy. It’s an African fantasy adventure ̶ one part family saga, one part hero's quest. Zithembe has to find his knife to rescue his mother from the evil Army of Shadows. The only way to find it is to go to the Lake of Memories in the dreamworld, where it guarded by the evil Mama Wati water spirits. Without a knife of his own, Zithembe can’t go to the dreamworld, so his friend Nom and his cousin Rosy have to take their lives in their hands to help him …. Deliciously creepy, fast, fun and a blast to read. Get this for the reluctant reader in your life right now!
An inspiring story, based on the author’s childhood in Soweto in the 1970s. In spite of the bleak surroundings in the township, Nokuthula’ s parents were able to maintain a joyful, celebratory home life. Sam van Riet’s lyrically gentle illustrations reflect the disconnect between the outside world, and the happiness within the four walls of the family house. This book is an ode to the value of hope, love and close-knit family relationships.
Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland! Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag... Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?
Vir 'n meedoenlose smokkelbende is die bome langs die Limpoporivier die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskopc en ’n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie. 'n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgelee boswereld is nie net vir die vriende aanloklik nie. Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink en optree. |
![]() ![]() You may like...
|