![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens
A troublemaker about to get kicked out of school. An eccentric
grandmother with a canary yellow Land Rover and a camera. A girl who
loves books. A sheep that turns into an internet sensation overnight. A
long dusty road. An unforgettable journey.
Isenguye is excited to start BIG school! But when she gets there, her teacher gives her a name that makes her feel small. Soon all her friends will learn to uncover the power in Isenguye’s name – and their own names too. What is the power in your name?
Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in Gr 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos 'n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar's 'n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir 'n sonkrag-oondjie TE goed werk en hulle 'n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied - met verrassende gevolge . . .
Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Sy het haar linkerhand verloor en haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke oupa en sy jong assistent, is Kylie se kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk. Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. 'n Reis terug na haarself, na heelword.
Alles wat op Aarde lewe, is ‘ruimteskip’ Aarde se bemanning en nie passasiers wat net kan saamry nie... Ons leer dat plante en diere en mense elkeen, hoe klein of hoe groot ookal, 'n spesifieke nis ('n plek en 'n werkie) het om die aarde meer leefbaar te maak vir alles wat moet lewe. Die Flixies leer ook die lewensiklus van vleiseters, planteters en ontbinders!
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat ’n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos ’n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is ’n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?
Once upon a time there was a girl who loved asking questions. Why?
Where? When? How? What? Who? When everyone grew sick and tired of all
her questions, the girl decided to search for the answers to all her
questions elsewhere – in books! And before long she started telling her
own stories …
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 7 gee Karel Kat vir almal ’n rit in sy spoggerige helikopter, Liewe Heksie moet ook ’n musiekinstrument leer speel en sy toor per ongeluk vir Griet om koning Rosekrans van die Gifappeltjies te red.
Brown girls are risk takers, move makers and planet shakers. We can be scientists, artists, engineers or any other kind of pioneer. Brown girls are brave, we follow the example of others. Women who came before us - our sisters and mothers. Empowering and inspiring, Wonderfully made is a book of positive affirmations for brown girls of all shades, sizes and shapes. This book teaches girls to not only embrace, but to truly celebrate their unique appearance and talents while encouraging them to dream big and to be creative. Build confidence and resilience from a young age with easy-to-follow rhyming text and bright inclusive illustrations that reflect proudly South African children.
Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin …
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!
Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart. **Film weergawe van boek in teaters 22 September 2017
Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting tussen Tim en Amber lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim haar ware skoonheid raaksien?
Malusi is a herd boy who tends to his grandfather’s sheep and goats among the mountains of the Transkei. High above, eagles fly while on the ground below, beetles crawl, termites scurry and dust flies as Malusi plays games of stick-fighting with his friend. But there’s danger too… Can Malusi save his lambs from the hungry baboon who’s stalking the flock? And who is the old man in the shiny car who stops to chat, and encourages the herd boy in his dream of being President? This beautiful picture book is about a boy who dares to dream of a big future. It is a story of empowerment, self-belief and leadership, and is inspired by the life of former president Nelson Mandela.
Mamello and her parents paint a pretty picture of household harmony for their community but their household is far from perfect. Mamello’s parents mistreat her.and don’t allow her to go to school. All Mamello desires is to go to school and one day study towards becoming a human rights lawyer. Mamello is a South African Cinderella story of a young woman’s courage and perseverance to achieve her dream.
Buskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels - manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daar's iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hy's glads te maer en skraal. Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit 'n dier sal skiet, is met 'n kamera. Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. Veral as jy drie boosaardige broers 'n paar lewenslesse wil leer!
The South African Alphabet is not your typical ‘ABC’ book for children. It has been splendidly illustrated by Alex Latimer with illustrations on subjects unique to South Africa.
My Word! tells the stories of Thérèse Hulme and the young people that she’s worked with during the last seventeen years. Thérèse has taught many learners in some of the most marginalized communities in the Western Cape how to write and how to find their voices. Her narrative approach will, in turn, inspire teachers to shape a writing culture in their classroom. To assist teachers, the book contains many questions meant to help teachers critically examine existing practices and beliefs. The book also has practical exercises for learners, questions for teachers to ponder and discussions meant to bring new insights to the CAPS goals. It is especially the stories, poems, drama texts and spoken word pieces by the young writers that will capture readers’ imagination.
Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. 'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.
‘Die Bonsmara se Hare’ volg die reis van 'n boer van droogte tot rykdom deur die oë van sy jong dogter. Te midde van 'n slegte droogte begin een van hulle bulle blonde, krullerige hare groei. In plaas daarvan om die bul na die veiling te neem, besef die boer dat hy 'n magiese produk kan maak wat hare laat groei! Die ongewone oorsprong van hierdie wonderlike produk is onbekend aan sy dankbare kliënte, wat rye staan om die wonder-sjampoe te koop. Die verhaal is in 'n speelse rym geskryf met illustrasies wat gebaseer is op die landskap van die Oos-Vrystaat.
Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.
Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet – die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad. Maar dan ontdek hulle iets skokkends . . . en dit word ’n saak van lewe of dood.
Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?
|
![]() ![]() You may like...
The Real Meal Revolution
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, …
Paperback
![]()
Dagboek Van 'n Dork 4 - Stories Van 'n…
Rachel Renee Russell
Paperback
|