![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens
Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak! Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in: - Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom temas soos diere, my land, idiome en sport. - Woordsoekblokke - Spelspeletjies - Letterblokke - Kriptogramme en ander briljante breinboelies Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult - hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek.
Lea gaan skool toe is gebaseer op die suksesvolle Ben gaan skool toe
boek en Ben-reeks deur Zuléka Smit wat by dogtertjies aanklank sal
vind. Hierdie lieflike boeke word geïllustreer deur Johann Strauss en
Lea sal sommer dadelik in almal se harte inkruip. Hierdie is die eerste
boek in die nuwe Lea-reeks en fokus op Lea, wat net soos haar boetie
Ben, ook nou moet skool toe gaan.
n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).
Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...
How far would you go to impress the girl of your dreams? What would you do to save your beste friend’s life? Rudi and Steven make a funny video. The kind of dumb video you make to impress a girl. Before long they have loads of fans on YouTube. They even earn themselves a nickname – the Vidiots. But then they meet Marco. Marco has plans. Exciting plans. Dangerous plans. Plans to make the Vidiots’ stunts better and more spectacular. But then things go horribly wrong ...
Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook ‘n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat ‘n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.
Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit ’n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie. Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar? Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitchhulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie? Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas.
With our wetlands being eaten up by development, our tiny wildlife, which is crucial for a healthy eco-system, is constantly put under threat. Sam is the true story of Skilpadsvlei and a toad whose wetland dries up and disappears due to development. Wally comes to the rescue ...
A beautiful story of friendship and love Our wonderful, diverse, colourful country is filled with many deserving stories. A beautifully integral one is the story of friendship and love between children and their nannies. This story is about a little boy Sam and his wonderful, creative and inspiring nanny Nelly. Nelly shares ideas, local history, tradition and culture with Sam. She brings a bit of her world, words and heart into his. Sam in turn, does what all little boys do – he happily joins in the adventure. This particular story revolves around the idea of beletha – the Zulu word for carrying something on your back. By taking their dinosaurs for a picnic, Nelly teaches Sam the art of beletha and Sam comes to see that his little life is one worth carrying. This is a story of innocence, love and care that connects us across backgrounds.
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie – soos die een oor ouens en pizzas... Dan ontmoet hulle twee aantrelike boeties: Markus met die blonde hare en blou oe en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers… en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!
Nog vier koshuisavonture in een boek! Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus: Seesand, sonbrille en smokkelaars Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie - iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ... Spoke, speurders en straatkafees Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg? Skaduwees, skatte en skelmstreke Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos? Soene, sonroom en seestrome Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie. 'n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland ... Maar ten minste lê daar vir Lindie-hulle 'n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor. Mia speel in 'n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees - en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op 'n luukse boot in die son rondlê. Maar toe Mia per ongeluk met 'n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg. Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word ...?
Kwezi is the world's most powerful superhero, but does he have the will to discover his greatness? Kwezi is a young city dweller who discovers he has super human abilities. His journey starts off as a self-serving narcissist who only uses his abilities to further his social status. This is until he is tracked down by three individuals who exhibit similar evolutionary talents. It is not long until Kwezi is confronted with the truth about his powers and is faced with an important decision: to carry out his life serving no particular purpose, or joining his new companions on a journey to discover who he really is and what he is destined to be.
’n Seekaptein, ’n skattejag en spoke...
Learning to read is fun with Tippie the elephant!
Learning to read is fun with Tippie the elephant!
Learning to read is fun with Tippie the elephant!
Learning to read is fun with Tippie the elephant!
Two children visit the Museum of Military History in Johannesburg and are intrigued by a painting of a black serviceman at the top of the stairs. . . There were 354,000 South Africans who volunteered to serve in South Africa's defence force and nursing services in World War II. This book tells of one of these men, Job Maseko, whose heroic deed was almost forgotten for 50 years.
Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op 'n dag besluit hy om vir hom 'n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is 'n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag 'n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly? Pieksel is 'n pragtige storie oor 'n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk.
’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie titel is die tweede in die reeks en gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die konsep van thwala – die Zulu woord vir iets op jou kop dra. Deur ‘n vlak stroom te kruis vir ’n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir Sion die kuns van thwala. Sion leer dat daar meer as een manier is om jou kop te gebruik as jy gekonfronteer word met ‘n probleem. Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.
Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs mekaar neergele, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond aan die bors en die seuns is vergiftig. Terwyl die polisie probeer om die moordenaar vas te trek, beland ’n groepie niksvermoedende tieners in ’n gevaarlike web wat al stywer span..
Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 moderne sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Hierdie verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prins moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda verander. Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.
Meet Romario Valentine, an 11-year-old eco-warrior from Durban, South Africa. Through his tree planting, beach clean-ups, avian art and other conservation projects in Africa and other parts of the world, this young activist has become a dynamic campaigner for the future health of our planet. In Protect our Planet, Romario enthusiastically guides young nature lovers through key environmental topics – from recycling and reforestation to pollution solutions and climate change. Topics covered in this book overlap with the Foundation Phase curriculum, and include:
Includes step-by-step projects suitable for Foundation Phase learners, such as building a bug hotel, birdfeeder and water filter.
Singabukeka sehlukile mina nawe,
Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Maar waar sy vandaan kom, is dit ’n gróót droom. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. ’n Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome kan waar word … |
![]() ![]() You may like...
Under The Baobab Tree
Roslynne Toerien, Julie Smith-Belton
Hardcover
![]()
Skin We Are In - A Celebration Of The…
Sindiwe Magona, Nina G. Jablonski
Paperback
R159
Discovery Miles 1 590
Malikah - The Girl Who Loves Sport
Darryl Earl David, Boebie Hamza
Paperback
R205
Discovery Miles 2 050
The Little Book Of Safari Animal Sounds
Caz Buckingham, Andrea Pinnington
Board book
![]()
|