0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (28)
  • R50 - R100 (133)
  • R100 - R250 (792)
  • R250 - R500 (109)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens

Sanri Steyn 7: Die Vampiere van Vlermuishoogte (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 7: Die Vampiere van Vlermuishoogte (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte – ’n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa ’n skaduwee soos ’n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?

Die Eensame Krokodil (Afrikaans, Paperback): Betty Misheiker Die Eensame Krokodil (Afrikaans, Paperback)
Betty Misheiker
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 2 - 4 working days

Ooo ...

Ek is ’n eensame krokodil.

Mense kyk vir my en gril.

Ek soek maters hoog en laag,

maar almal sê ek vreet te graag.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim.

Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies “Die lappop”, “Die eensame krokodil” en “Die dapper muis”.

Ek Leer van Kleure (Afrikaans, Paperback): Leon Rousseau, Johann Strauss Ek Leer van Kleure (Afrikaans, Paperback)
Leon Rousseau, Johann Strauss; Illustrated by Karen Ahlschlager
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks – 'n moet vir elke voorskoolse kind!

Karel Kraai se Kitaar (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Karel Kraai se Kitaar (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 2 - 4 working days

Mamma Kraai weet haar kuiken het 'n spesiale musiektalent. Hy kan fyn luister en allerhande geluide naboots. Hy sing dag en nag “Ha-ha-a-a-aa!" soos Hadeda, soos Jangroentjie "Tji-tji-tjoe!" en soos Duif "Koekeroekoe!". Dit laat al die voels se koppe draai. Hulle ken nie meer hulle eie geluide nie! Die hele bos is deurmekaar.

Mamma Kraai besluit hulle moet trek en 'n plek gaan soek waar niemand ooit weer oor haar Kareltjie se musiek sal kla nie.

Glam Divas Omnibus (Afrikaans, Paperback): Solet Scheeres Glam Divas Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Solet Scheeres
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie.

Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie.

Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus. Daar is 552 bladsye in hierdie monster van ‘n boek. Uitstekende waarde vir geld en die beste ding ooit tydens grendeltyd!

Met ’n sterk fokus op entrepreneurskap kan hierdie reeks jong meisies bemagtig en inspireer om hulle belangstellings en talente te verander in vaardighede wat hulle toekoms kan bou.

Die Poort 3: Helers (Afrikaans, Paperback): Nelia Engelbrecht Die Poort 3: Helers (Afrikaans, Paperback)
Nelia Engelbrecht
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

In die derde aflewering van Nelia Engelbrecht se fantasieverhaalreeks Die Poort val nog meer van die legkaartstukke vir die vier Nuweling-Bewakers in plek. Die boek skop opwindend af wanneer Kali-hulle terugreis in tyd en haar Hugenote-voorouers ontmoet. Terug op Bospoort kom die skoolvakansie nader, en Kali moet saam met Leonardo, Tara en Nomsa Italie toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal sy ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?

Umbilicus - An Autobiographical Novel (Paperback): Paula Gruben Umbilicus - An Autobiographical Novel (Paperback)
Paula Gruben
R362 Discovery Miles 3 620 Ships in 10 - 15 working days

Charlotte van Katwijk guards herself like a secret. Kids are cruel, and she knows if they find out she's adopted, she'll be a bully's easy target.

When they are fourteen, Charlotte's best friend's mom commits suicide. It triggers in Charlotte a sense of urgency to find her birth mother before it's too late, and the answers to her burning questions are taken to the grave. Seven years later, a tormented Charlotte comes face to face with her past. Will discovering more about her biological parents, and the circumstances surrounding her relinquishment, be enough to lay her demons to rest?

Umbilicus is a coming-of-age story set in Durban during the dying days of apartheid. The tumultuous zeitgeist of the era mirrors the inner turmoil of an angst-ridden adolescent as she grapples to form an identity and find her place in the world.

Thomas@skaduwee.net (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo [email protected] (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 2 - 4 working days

Thomas se hele wereld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister onderwereld van smokkelary – en sy lewe is in gevaar. Hierdie is die tiende titel in die uiters gewilde Thomas@-reeks. Die reeks fokus sterk op tegnologie, avontuur, vriendskap en tienerromanse – en seuns en meisies vind ewe sterk daarby aanklank. Twee seisoene van ’n TV-reeks gegrond op die boeke is onlangs op kykNET uitgesaai.

Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.

Sanri Steyn 3: Die Seun met die Superkat-Kragte (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 3: Die Seun met die Superkat-Kragte (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 2 - 4 working days

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op – hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het ’n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. ’n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

Gevaarlike Lopies (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Jaco Jacobs Gevaarlike Lopies (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Jaco Jacobs
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in 'n nagmerrie gaan ontaard... Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel!

Nova 5: Eindspel (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 5: Eindspel (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Lucas Niemand se hele lewe het verander een nag toe hy 'n vreemde ruimtetuig gesien het. Hy en sy vriende Duart, Ayanda, Olive en Brandon het reeds 'n reeks skrikwekkende avonture agter die rug. Lucas ken nou die Nova-weermagbasis se geheime. Hy weet wie die geheimsinnige Sterreloper is.

Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se Geheime Formule (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se Geheime Formule (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen; Illustrated by Johan Strauss
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie is die eerste boek in ’n splinternuwe reeks oor aspirantjoernalis Sanri Steyn en haar vriend Markus se avonture op Raaiselfontein. Die aweregse humor en lekker grillerige avonture sal seuns en meisies vasgenael hou!

Ek + jy (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp Ek + jy (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Nadat haar vorige ou haar verkul het, besluit Annabelle sy stel nie meer in ouens belang nie. Maar dan ontmoet sy ’n blouoog-hunk wat haar laat twyfel ... Moet sy dalk weer ’n ou ’n kans gee, of gaan sy weer seerkry?

Verlief (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Jaco Jacobs Verlief (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Jaco Jacobs
R98 Discovery Miles 980 Ships in 2 - 4 working days

Was jy al ooit verlief op iemand? Vlinders-op-die-mag-verlief. Halsoorkopdolverlief. So verlief dat jy in die geheim vir iemand ’n liedjie op jou kitaar geskryf het? So verlief dat jy aan niks anders kon dink nie? So verlief dat jy iets baie dom aangevang het? Dan sal die romantiese stories in hierdie bundel jou hart tjoklits laat klop! Verlief bevat 11 liefdesverhale deur bekende en gewilde jeugskrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Solet Scheers, Christine Neser en Nelia Engelbrecht.

Die Vierletterwoord (Afrikaans, Paperback): Nelia Engelbrecht Die Vierletterwoord (Afrikaans, Paperback)
Nelia Engelbrecht 1
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 2 - 4 working days

Clarissa Mentz is 'n gr. 11-leerder aan 'n dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oenskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer. Die verhaal speel af in 'n kontemporere Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans. Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10 tot 12 Addisionele Taal

Nova 4: Sterreloper (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 4: Sterreloper (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 2 - 4 working days

Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oe die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...

Rocksusters (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Rocksusters (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R248 Discovery Miles 2 480 Ships in 2 - 4 working days

Maak gereed vir nog ’n Elle-avontuur propvol raaisels, romanse en rock! Elle kan nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie. Die regte Parys sal moet uithaal en wys, want Elle het ontdek: Die Musikanto is ’n splinternuwe, landswye skolefees. Buiten die klassieke musiek, is daar ’n toneelfees en ’n rockfest. Dis nie sommer nog 'n kunstefees nie, dis ’n happening – iets soos Woodstock of Oppikoppi. Maar eers moet die orkes geld insamel om in ’n ordentlike hotel te gaan bly, eerder as op ’n aaklige kampeerterrein met grillerige badkamers. Selfs al beteken dit Elle en haar vriendinne moet leer koekies bak en dit by die seunskool probeer smous.

Nova 3: Bloedbroers (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova 3: Bloedbroers (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 2 - 4 working days

Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim...Dit keer sy hele wereld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, lee stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van Watsenaam (Afrikaans, Paperback): Henry Ferreira Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van Watsenaam (Afrikaans, Paperback)
Henry Ferreira
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 2 - 4 working days

Wie kom daar oor die vaal, verlate vlakte aangery? Dit is Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty. Na 'n lang dag is die twee baie honger en dors. In die dorpie Watsenaam is alles egter nie pluis nie. Vlugvoet die Vraatsige Seerower voer 'n skrikbewind onder die inwoners. Die sluwe skurk met sy nare kraai steel al die dorp se water. Maar as gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer nie verniet die dapperste cowboy in die Klein-Karoo nie...

Leah se meermin (Afrikaans, Paperback): Nanette van Rooyen Leah se meermin (Afrikaans, Paperback)
Nanette van Rooyen
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

In Leah-hulle se tuin woon 'n meermin. Soms sing sy saggies en soms fluister sy dat sy honger is. Maar wat op aarde eet 'n meermin? Malvalekkers? Spaghetti? Pizza? Leah vra haar ma, haar pa, haar broer, haar suster en haar juffrou by die skool. Maar niemand weet van watter soort kos 'n meermin hou nie. Leah is egter vasbeslote om self uit te vind ...

Stalmaats 10: Gevaar op Dagbreek (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats 10: Gevaar op Dagbreek (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 2 - 4 working days

Daar is 'n nuwe ruiter by die Dagbreek-ryskool. Anri, Megan en Karen is opgewonde om maats te maak met Sune. Maar hoekom tree sy partykeer so vreemd op? Hoe beter Anri die nuwe meisie leer ken, hoe meer is sy oortuig dat iets nie heeltemal pluis is nie ...

Kondensmelk (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Kondensmelk (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days

Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorle. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tent in die diepste bosse van Botswana nie. Sy mis haar twee beste vriende, Estelle en Chanelle, en die winkels en partytjies in die stad. Zero selfoonontvangs. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop ’n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.

Fuse (Paperback): Sally-Ann Partridge Fuse (Paperback)
Sally-Ann Partridge 1
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 2 - 4 working days

Kendall Mullins hates high school, almost as much as he hates the situation at home, but that all changes when Craig Baumgarten joins his class.

Craig makes life at Percy Fitzpatrick High almost bearable, until the bullies set their sights on the new best friends and Craig hatches a plan to fight back with devastating consequences. As Kendall is drawn in deeper he finds himself in a situation he can't escape and its up to his brother Justin to protect him.

The Mullins brothers flee the suburbs as they attempt to outrun the law and the wrath of their parents, but on the streets of Cape Town they find that life just got very real.

Vreesloos (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Vreesloos (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.

Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer.

Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles.

As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas.

En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of ’n verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Brothers Estranged - Heresy…
Adiel Schremer Hardcover R2,807 Discovery Miles 28 070
The Adventures of the Chevalier de La…
John S. C Abbott Hardcover R800 Discovery Miles 8 000
John Locke's Political Philosophy and…
Yechiel J. M. Leiter Hardcover R3,682 Discovery Miles 36 820
My Life as an Explorer
Sven Hedin Hardcover R970 Discovery Miles 9 700
The Heart of Long-Term Care
Rosalie A. Kane, Robert L. Kane, … Hardcover R1,596 Discovery Miles 15 960
228 Days Trapped in Paradise - The Diary…
Nikki Page Hardcover R1,300 R1,088 Discovery Miles 10 880
Towards Holistic Medicine
Bing Yuan Hardcover R4,633 Discovery Miles 46 330
DR System 3 Acrylic Ink - 663 Yellow…
R218 Discovery Miles 2 180
Smart Lotionmaking - The Simple Guide to…
Anne L. Watson Paperback R436 Discovery Miles 4 360
Black And White Bioscope - Making Movies…
Neil Parsons Hardcover R339 Discovery Miles 3 390

 

Partners