![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Thriller
Wanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy
dat dit vir haar ’n nuwe begin sal wees. En dat sy al haar geheime in
die verlede sal kan los.
Onheil op Onrus
Een van Deon Meyer se mees geliefde boeke is nou weer beskikbaar! “My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.” Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek. En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is
moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n
sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk?
Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n
Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek
ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?
Semels is ’n fiktiewe rillerstorie oor makabere onthullings deur Margaret Kruger se jongste seun uit die gevangenis wat haar ruk tot die grusame realiteit oor wat met die vermiste vrouens op Jakkalskrans gebeur het. Maar haar buurvrou, Juffrou Rosemary, het ook spoorloos verdwyn en niemand sou ooit kon raai wat met háár gebeur het nie. Wie sou dink dat daar soveel boosheid op Jakkalskrans verborge lê, asof hedendaagse plaasmoorde nie afgryslik genoeg is nie?
1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit
Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut
vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige
radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir
Siriese missiele.
Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy
grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank
nie ...
’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.
Twee gewese speurders word koelbloedig langs 'n plaasdam afgemaai. En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by 'n uitgedunde Paarlse speurspan wat al 'n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle 'n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is. Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak. Geraamtes uit die verlede, 'n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, 'n leier van 'n eens berugte tronkbende, en 'n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het? Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy 'n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie.
Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime
Journalist Alex Derksen’s new assignment in Tanzania should be easy, but he soon finds himself on the wrong side of the news. It starts when he meets Ranna, a beautiful photographer with something to hide. When an IT billionaire washes up onshore after seasonal flooding, he finds himself at the center of an investigation. Should he listen to his heart and help Ranna hide the bloody trail leading to her?
Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle
uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde
is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste
vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het
. . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante
plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die
vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .
Ami het geweet die dag gaan kom dat sy moet afskeid neem van Paul de
Jager, die afgetrede polisiegeneraal wat met mening teen alzheimers
baklei het.
Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.
Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n
oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin
ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens
Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.
Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar
die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se
eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere
wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het
hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk
terugbring.
In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s. Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord. 'n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.
When a patient describes an experience of mental torture and sexual mutilation by a gynecologist at the hospital where she works, psychologist Megan Wright decides to investigate.Determined to find out the truth and stop the abuse, but bound to silence by the ethics of confidentiality, Megan must enter the dark mind of a dangerously disturbed man. She uncovers horrifying details of abuse and damage, but can tell no one because of the ethics of confidentiality. Her investigation will lead her client and herself into the mind and hands of a dangerously disturbed man.
Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer
doodgeskiet.
Buig die boompie ...
Hell of a Country is a creative reimagining of a true crime story
from early-1970s South Africa. The novel tells the story of teenager
Lorraine van Niekerk who despises the fact that her boss and lover,
middle-aged André Bekker, won’t leave his wife Sunette and marry her
instead. When Lorraine’s life fatefully intersects that of Alfie
Geemooi, a recent amputee, she comes up with a hell of a plan. Is
murder an adequate price to pay for love?
Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer
is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het
sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n
blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci
kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die
diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke
teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.
Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras
om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in
die gesogte Straumann Huis kry.
Waarheen sal die donker spoor hom lei? |
You may like...
Nuclear and Radiochemistry
Jozsef Konya, Noemi M. Nagy
Paperback
Technologies for Supporting Reasoning…
John Yearwood, Andrew Stranieri
Hardcover
R4,642
Discovery Miles 46 420
Research Anthology on Strategies for…
Information R Management Association
Hardcover
R13,711
Discovery Miles 137 110
|