0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (56)
  • R250 - R500 (206)
  • R500+ (7)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Thriller

Zola (Paperback): Johan Jack Smith Zola (Paperback)
Johan Jack Smith
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

A cryptic killer is cruising the streets of Johannesburg. He’s picking up young women to torture and mutilate, and it’s down to Captain David Majola and Warrant Officer Jason Basson to follow the trail of blood and find him.

Majola, plagued by cocaine and lost love, feels the need to prove himself after his early promotion; his partner Basson, imprinted by the bad old days, wishes he’d walked out on the SAPS years ago. Tensions between the two rise as the bodies pile up, and while newspapers and politicians hurl accusations and the taxi bosses threaten a devastating strike, Majola and Basson must face the demons of a crazy city.

Zola (Afrikaans, Paperback): Johan Jack Smith Zola (Afrikaans, Paperback)
Johan Jack Smith 1
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Die hel is los in Johannesburg se strate. Iemand is besig om jong meisies wreed af te maai en die bloedspoor wat hy agterlaat, sê: “Reeksmoorde”. Die stapel slagoffers raak kaptein David Majola en adjudant Jason Basson se gemors.

Kaptein Majola: ’n man deurmekaar met wit lyne en opgerolde geldnote wie se ma en suster steeds in die township sit en krepeer. Adjudant Basson: die tipe polisieman wat veel eerder die Mag jare gelede vaarwel moes roep.

Terwyl koerante en politici blaf en die taxibase met ’n verwoestende staking dreig, moet Majola en Basson duiwels in ’n malse stad trotseer.

Die Man van Quatro - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Calvyn van Niekerk Die Man van Quatro - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Calvyn van Niekerk
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer ʼn dossier uit ʼn polisiekantoor verdwyn, word ʼn jong vrouekonstabel, Lisa Olckers, van diefstal beskuldig en geskors. Ná ’n grusame aanval op haar ouers se plaas, besef haar broer, Thinus Olckers, dit was meer as net ʼn gewone rooftog. Hy besluit om reg in eie hande te neem en die aanvallers op te spoor.

Maar Thinus Olckers is nie die enigste man uit op wraak nie: die geheimsinnige Patel, ’n oorlewende van ʼn martelkamp in Angola, soek die bloed van Vusi Radebe, destyds ʼn wag in die kamp. Vusi is nou ʼn generaal in die Suid-Afrikaanse Weermag en Patel ’n skatryk goudsmokkelaar. Dit blyk dat die vermiste dossier in opdrag van Patel gesteel is en Thinus Olckers krap nou waar dit nie jeuk nie.

Kaptein Dirk Bremer, ’n stroomop alleenloper, is op die spoor van sowel die plaasaanvallers as Thinus, nou ʼn gevaarlike vigilante. Daar is ʼn gruweldaad op Bremer se werf gepleeg en hy is ewe onverbiddelik as Thinus en Patel.

Karaktermoord (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Karaktermoord (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op.

’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.

Aankoms en Vertrek - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Pat Stamatelos Aankoms en Vertrek - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Pat Stamatelos
R180 Discovery Miles 1 800 Ships in 4 - 6 working days

Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog ’n liefdesteleurstelling deur haar eerste liefde, Adam. Hulle het ’n aan-en-af-verhouding sedert hulle jong dae, maar Adam verneuk haar gereeld en kom nie tot trou nie. In London trou sy met ’n Fransman, maar word ook deur hom in die steek gelaat.

Terwyl sy oorsee is, word haar ouers wreed in hul huis in Johannesburg tydens ’n rooftog vermoor. Haar broer, Zak, daag woedend by haar huis op en dring daarop aan dat sy terugkom Suid-Afrika toe. Hy verwyt haar ook dat sy nie by die begrafnis was nie, min wetend wat haar omstandighede daardie tyd was.

Sewe maande later is Bailey terug in Suid-Afrika, maar iewers is daar ’n slang in die gras. Hoekom het haar pa nie die kluis tydens die rooftog vir die rowers oopgemaak nie? Wat is in die toegesluite kluis? En gaan Adam weer amok in haar lewe kom maak?

Doodsake op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Doodsake op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Inspekteur Conrad Dorfling is terug!

Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ’n lyk is.

Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:

- Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.

- Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.

- Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …

Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ’n geraamte is, ’n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie.

En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ’n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...

Alet het per ongeluk ’n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad.

Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei.

Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ’n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

A Gap In The Hedge (Paperback): Johan Vlok Louw A Gap In The Hedge (Paperback)
Johan Vlok Louw 1
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

When Karl wakes up in a dilapidated house on the outskirts of a South African mining town, he does not know who or where he is, but it’s clear that the townsfolk know him.

Next door lives a ten-year-old boy, Henry. Henry’s father is a violent drug-dealer, his mother helpless in protecting them against him. A gap in the hedge between the two houses allows Henry to slip into Karl’s yard, and Karl and Henry strike up a gentle friendship as glimpses of Karl’s troubled past and his time in the army emerge.

When a drug deal goes wrong, Henry’s mother is killed. His father unceremoniously dumps her body in a disused mineshaft, but a murder investigation ensues after the body is discovered. All is not as it seems, however, and in a powerful climax the real connection between Henry and Karl is revealed.

Kamikaze (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kamikaze (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R513 Discovery Miles 5 130 Ships in 18 - 22 working days

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wat hy nóú alles oor die SAPD lees . . . Hy't juis 'n ander werksaanbod. En dan kom hy teen die grieseligste booswig nóg te staan, en moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie, wapenhandelkorrupsie en 'n moordenaar uit jou nagmerries . . .

Sacrificed (SA Uitgawe) (Paperback): Chanette Paul Sacrificed (SA Uitgawe) (Paperback)
Chanette Paul
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Sacrificed is the English translation of Offerlam. The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead. Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life. In Belgium, where she tries to trace her and her daughter’s family origins, it becomes clear that that country’s colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did. The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father’s premature death re-enters his bland existence. In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkisi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission. When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.

Rooi Haring (Afrikaans, Paperback): Schalk Schoombie Rooi Haring (Afrikaans, Paperback)
Schalk Schoombie 1
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

“Ek is die sondebok. Ek het dit gedoen.” So begin Rooi haring, ’n skreeusnaakse speurverhaal wat afspeel in die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf. Hartman Swiegers, restaurantier en topsjef, word tydens die openingsaand van sy restaurant Tydloos vermoor. Sy bevrore liggaam word in ’n yskas gevind, met twee opgerolde harings as enigste leidraad. Watter van die uitsoekgaste is verantwoordelik? Of is die moordenaar dalk een van die kombuispersoneel? ’n Humoristiese whodunnit met verskeie kinkels.

Unpresidented (Paperback): Paige Nick Unpresidented (Paperback)
Paige Nick 7
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

In the irreverent tradition of her best-selling Death by Carbs, Paige Nick rounds up a fresh herd of sacred cows in another hilarious local satire. But this time it’s Number One who gets the treatment.

When ex-president J Muza is released from prison on medical parole for an ingrown toenail, his expectations of a triumphant return to power and admiration are cruelly dashed. His once lavish Homestead is a rotting shell, his remaining wives have ganged up on him, the Guptas have blocked his number, and not even Robert Mugabe will take his calls any more. And he just can’t seem to get his plans for world domination off the ground. Muza is banking on his memoirs full of fake news to pep up his profile, but his ghostwriter, a disgraced journalist, has problems and a tight deadline of his own. What Muza’s not banking on is a fat bill for outstanding rates on The Homestead, and a 30-day deadline to pay back the money, before the bailiffs arrive to evict him.

Is Muza a mastermind, or simply a puppet who fell into the wrong hands? Who is really playing who? What are his remaining wives up to, and will they stay or will they go? And how will he ever pay back the money? Can the ghostwriter make his deadline before he winds up dead? Or are both men destined to be homeless and loathed forever?

Dark Traces (Paperback): Martin Steyn Dark Traces (Paperback)
Martin Steyn
R222 Discovery Miles 2 220 Ships in 4 - 6 working days

Dark traces is the English translation of Martin Steyn’s first suspense novel, Donker spoor. When a child is murdered, it always seems as if a light has been extinguished in a parent’s eyes. They find her decomposing body in the veld. A teenager. She was raped and tortured for days. She was hanged. She wasn’t the first. The South African Police Service’s Warrant Officer Jan Magson, estranged from his son and still grieving for his wife, is assigned to the case. He has to look the mothers and fathers in the eye. He has to answer their questions. And he can’t. Headlines question the police’s ability to protect the community from this evil. A newspaper prints a mother’s heart-wrenching letter to the killer. A father offers a substantial reward. And every time another lead reaches a dead end, Magson finds himself looking down at another dead girl. Winner of the 2015 ATKV Prize for Suspense Fiction, Martin Steyn’s Dark traces deals with two sides of homicide: sadistic murder and euthanasia: killing for pleasure and killing for love.

Pirana (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Pirana (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R542 Discovery Miles 5 420 Ships in 18 - 22 working days

Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het? Van die Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers; tussen 'n verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige visdam en die glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind - of Rooi se vrou is visvoer.

Doodsroeper (Afrikaans, Paperback): Rika Cloete Doodsroeper (Afrikaans, Paperback)
Rika Cloete
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, le Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voels, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense om hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wel oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g’n snars nie. Dan is daar Nella Uys, ’n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min se. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar ’n hele klompie verrassings wag nog op hom ...

Amatola (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Amatola (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

In die afgeleë Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ’n groep argeoloë onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ’n reeks rotstekeninge: ’n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle dié kunswerk na ’n uitmergelende soektog vind.

Hulle blydskap is egter van korte duur: ’n gevaarlike groep drosters oorrompel hulle en neem hulle gevange. Onder angswekkende omstandighede deel ekspedisie- en bendelede dieselfde kampeerplek terwyl die bendekaptein wag op verslag deur twee verspieders wat hy na die buitewêreld stuur om ’n losprys te eis.

Amatola is Piet van Rooyen op sy beste.

Dead In The Water (Paperback): Irna van Zyl Dead In The Water (Paperback)
Irna van Zyl
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Dead In The Water is Irna van Zyl’s highly anticipated debut thriller. Set on the coast near Hermanus in the fictitious town of Grootbaai, shark-cagediving capital of the world, the novel features oddball detective Storm van der Merwe.

Stocky, smart and unconventional, Storm was banished to Hermanus after demonstrating against the shooting of beached whales. She now keeps out of trouble in the seaside town by working on cold cases. But how can she keep a low profile when bodies, limbs and other evidence keep appearing on the sandy shores of Grootbaai?

When the body of investigative journalist Jessica Stander washes up on the beach minus an arm, Storm realises that the situation at Grootbaai is even more dangerous than she suspected.

In Irna van Zyl’s page-turning thriller, everyone’s a suspect and the stakes are deadly.

Tussen Die Klippe (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Tussen Die Klippe (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 4 - 6 working days

Dis die jaar 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van ‘sonde’. Sy word gedaag voor die Hof van Landdroste en Heemrade omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome, waar die verrigtinge kort-kort onderbreek word deur die lawaai van bobbejane, voels en vlakvarke, word haar skuld getuie vir getuie duideliker. Hulle ken haar so. Dominee Johannes word deur die weledele Sinodale Kommissie uit die Kolonie gestuur om die “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te ondersoek. Susanna is een vroegoggend hof toe gesleep, “soos wat 'n mens 'n uitgediende velsak agter jou aansleep”. Haar lang, donker rok gekreukel, stowwerig en op die een skouer geskeur. Nogtans, soos destyds met die kerkraadsvergadering, is “haar groot, geel-bruin oe, ryp soos twee mispels, geamuseerd eerder as bang, spottend, neerbuigend selfs”. Johannes is op soek na die waarheid van die Bybelse liefde. Hoe meer verdoemend die getuienis teen haar raak, hoe meer begin hy wonder of die liefde wat hy verkondig, meer is as die liefde tussen God en mens?

Judaskus (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Judaskus (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R542 Discovery Miles 5 420 Ships in 18 - 22 working days

Beendere word gevind op 'n stortingsterrein, en skielik moet speurder Kassie Kasselman nuut dink oor ou moordsake. Gou begin die moorde vinnig opmekaar kom, en tussendeur die nuwe buurvrou wat Kassie se kop aan't swymel het, én sy enorme posseël-meevaller weens nog 'n moord, moet hy uitwerk waarom 'n geheimsinnige bende skynbaar besig is om sigself uit te roei. Elke warm leidraad lewer 'n koue lyk op, en Kassie kan nie voorbly nie . . .

Icarus (Paperback): Deon Meyer Icarus (Paperback)
Deon Meyer 3
R383 Discovery Miles 3 830 Ships in 4 - 6 working days

After 602 days dry, Captain Benny Griessel of the South African police services can't take any more tragedy. So when Benny is called in to investigate a multiple homicide, it pushes him close to breaking point - a former friend and detective colleague has shot his wife and two daughters, then killed himself. Benny wants out - out of his job, his home and his relationship with his singer girlfriend, Alexa.

He moves into a hotel and starts drinking. Again. But Benny's unique talent is urgently required to help investigate another crime - the high profile murder of Ernst Richter, MD of a new tech startup, Alibi, whose body is discovered buried in the sand dunes north of Cape Town. Alibi is a service that creates false appointments, documents and phone calls to enable people to cheat on their partners. It has made Richter one of the most notorious people in South Africa.

Can Benny pull together the strands of his life in time to catch the killer?

Komplot (Afrikaans, Paperback): Andre Kruger Komplot (Afrikaans, Paperback)
Andre Kruger
R315 Discovery Miles 3 150 Ships in 4 - 6 working days

Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor.

Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugtering van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in.

’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf . . .

Kopskoot (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kopskoot (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R542 Discovery Miles 5 420 Ships in 18 - 22 working days

Dit lyk asof kaptein Kassie Kasselman met 'n reeksmoordenaar te kampe het toe Kaapstad se ses en vyftigjarige mans kopskote begin kry. Maar Kassie is nie oortuig die moorde dui nie op iets anders nie . . .

Slim Leuens (Afrikaans, Paperback): Lien Roux-de Jager Slim Leuens (Afrikaans, Paperback)
Lien Roux-de Jager
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Die briljante poligrafis Kalli Krynauw is deel van Special Intelligence Services se span. Hulle is op die spoor van ’n reeksmoordenaar wat tot die uiterste gaan om sy slagoffers te skend voor hy hulle om die lewe bring. Kalli het goeie rede om te vermoed die reeksmoordenaar is deel van SIS se ondersoekspan want hy stuur selfs e-posse om hulle in kennis te stel dat hy op die hoogte van elke beweging van SIS is. Maar wie in die span kan dit wees? Daar is ten minste drie moontlikhede.

En, net so erg, die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om Kalli dood te maak, bevind hom glad nie meer permanent in ’n Kaapse inrigting soos sy destyds ingelig is nie. Trouens, hy woon nou in ’n nabygeleë buurt.

Intussen word dit tyd vir Kalli en haar Brink se troue wat nou al hoe lank uitgestel word. Op wat hulle troudag sou wees, het hulle egter allesbehalwe ’n huwelik om te vier ...

Slagyster (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Slagyster (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R533 Discovery Miles 5 330 Ships in 18 - 22 working days

Daar's 'n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . . Van Nigeriese rebellegroepe, dwelmsluikhandel uit Kaapstad wat raak aan die Taliban, en polisiemolle met duister geskiedenisse moet Kassie - posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n ernstige waarskuwing op sy diensrekord - sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad? Slagyster is 'n debuut-spanningsverhaal deur 'n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.

Moord In Die Beloofde Land (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Moord In Die Beloofde Land (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry.

Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg.

’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.

Skaduwee (Afrikaans, Hardcover): Carel van der Merwe Skaduwee (Afrikaans, Hardcover)
Carel van der Merwe
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Paul du Toit het hom in die Verenigde Koninkryk kom vestig nadat hy Suid-Afrika tien jaar tevore onder 'n wolk verlaat het. Nou is hy geskei en middeljarig, verstrengel in 'n vervelige werk en 'n sukkelende verhouding.

Hy aanvaar dus geredelik 'n maklike – of so dink hy – opdrag van 'n ryk Londense finansier wat hom na Suid-Afrika terugneem. Maar die land het verander, en die terrein is verraderlik.

Skielik moet Paul nie net met die skaduwees van sy eie lewe veg nie, maar ook met die versteekte magte wat Suid-Afrika beheer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Rotating Machinery and Signal Processing…
Ahmed Felkaoui, Fakher Chaari, … Hardcover R4,327 Discovery Miles 43 270
Focus On Golf - Creating The Golfer's…
Edward A. Tischler Hardcover R819 Discovery Miles 8 190
Structural Vibration - A Uniform…
Guoyong Jin, Tiangui Ye, … Hardcover R4,233 R1,976 Discovery Miles 19 760
Paul Runyans Book for Senior Golfers
Paul Runyan Hardcover R758 Discovery Miles 7 580
The Story of The Masters - Drama, Joy…
David Barrett Paperback R519 Discovery Miles 5 190
Scratch Golfer 2.0 - How I Cut 50 Shots…
Howexpert, Michael Leonard Hardcover R719 Discovery Miles 7 190
Papago Park
William Godfrey Hardcover R717 Discovery Miles 7 170
Contact Force Models for Multibody…
Paulo Flores, Hamid M. Lankarani Hardcover R3,533 R3,273 Discovery Miles 32 730
Vibration of Mindlin Plates…
K.M. Liew, Y. Xiang, … Hardcover R3,317 Discovery Miles 33 170
Multibody Mechatronic Systems…
Marco Ceccarelli, Eusebio Eduardo Hernandez Martinez Hardcover R4,119 Discovery Miles 41 190

 

Partners