![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Thriller
’n Plaaslike spioenasie wipplankrit.. Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro’s van Rossetenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil… Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor? Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer… Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook ’n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Scheider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?
Die geheim van ʼn goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg ... Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie. Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.
Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar. Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansiële sukses van sy lewe gemaak het. Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae. Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders? Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle geërf het.
Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.
South African scriptwriter Paul Waterson is sent to Kenya to research a documentary film about Swahili culture. It’s October 2001, and Paul has just been dumped. He spends time in Mombasa, Malindi and Lamu and falls in love with the place and the people. He becomes obsessed with finding the last remaining Mtepe dhow, which he hears is washed up on a beach in Somalia. Piracy is in its infancy but Paul finds it very difficult to find someone to take him into Somali waters. Eventually he talks a dhow captain into the journey, but the entire group is captured by Somali pirates. Navigating treacherous and adventurous waters, Whoever Fears The Sea is Justin Fox’s first novel.
Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.
Ex-mercenary Sonja Kurtz is out for revenge after her daughter Emma is assaulted by an abalone poacher while on a beachside holiday near Cape Town. When the poacher is murdered, Sonja is targeted by a violent local gangster and must flee the country. As Sonja leaves a trail of destruction in her wake – from the threatened wilderness of Zimbabwe to the treacherous beaches of northern Mozambique – a concerned Emma must find the courage to rescue her mother. But is Sonja a cold-blooded killer? Or is there a darker conspiracy taking place in southern Africa’s underworld – one that will change their lives forever?
Twee slagoffers, twee moordenaars en kinders wat met reëlmaat verdwyn. Speur-adjudant Jaap (Boel) Helberg ondersoek die saak. Een slagoffer is ’n invloedryke sakeman se vrou. Hy is ’n man met ’n diaboliese stokperdjie: veghonde. Die ander moordenaar hou van raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel hom waar hy haar lyk kan kry en stuur vir hom ’n video van hoe sy vermoor word. Daar is ’n reël; net hy mag by die ondersoek betrokke wees, anders ... En sy is die derde slagoffer. Die ander twee is in ’n verlate, skemer plek, in donker water wat nooit son sien nie, by ’n groot swart kruis wat met son kom en gaan. Helberg is geskok toe hy uitvind wat die ryk sakeman se stokperdjie is en wie sy vrou vermoor het. In die makabere klimaks waarop dit uitloop skiet die moordenaar hom. Helberg herwin sy bewussyn in die hospitaal en hoor dat sy vrou vermis word. Toe hy genoegsaam herstel het, soek hy na sy vrou. Hy kry haar in die plek waar die lyke van die twee vroue in die donker waterkuil is. Sy leef nog. Haar ontvoerder is die moordenaar van drie vroue; iemand wat Helberg nooit sou verdink nie.
In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe ’n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle ’n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur ’n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, ’n staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word – deels vir sy eie veiligheid, deels omdat ’n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir ’n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van ’n sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur ’n dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s’n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy ’n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk ’n Kubaanse dokter oor hom in ’n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy ’n fout gemaak …
“She said we need to send the tokoloshes out, to find where this death is coming from. To find the person, the place, so that we can all know.” Hierdie fiktiewe korporatiewe spanningsverhaal is gebaseer op verskeie werklike finansiële skandale. Die seks, geld en gierigheid van die korporatiewe wêreld staan teenoor die still veerkragtigheid van plattelandse mense van Afrika. Die einde sal jou asem wegslaan.
Permanent Removal is a beautifully written political thriller focusing on the nature of justice, truth, betrayal, socio-political and ethical quandaries, complicity and moral agency. The novel introduces readers to a cast of players whose destinies intertwine in a particularly gruesome murder. The novel is set in apartheid South Africa and the start of the Rainbow Nation. South African security forces set up a roadblock to intercept a car near the city of Port Elizabeth. Two of the four anti-apartheid activists in the car were secretly targeted for assassination. The police abducted the four and murdered them in cold blood. Their burnt bodies were found later near the Port Elizabeth suburb of Bluewater Bay. These murders are one of apartheid’s murkiest episodes. On the day of the funeral, President PW Botha declared a State of Emergency. It was the beginning of the end. Works such as Jacob Dlamini’s penetrating and discursive Askari and the recent publication on Eugene de Kock as state sanctioned perpetrator of various evils will be complemented in no small measure by this intriguing fictionalised exploration of political executions and culpability/loss during the apartheid heyday.
’n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van ’n jong joernalis – sonder haar arm. Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie ’n ryding nie nadat ’n inwoner – ’n aantreklike een daarby – met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het. Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van ’n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur ’n soortgelyke trok getref is. Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar? Terwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as ’n haaihokduik – sonder die hok.
’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei. “Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?” Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer. “Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?” ’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.” Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.
Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake? Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is. “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.” Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – te verbreek – kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister. Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil? Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.
After an absence of four years, Carl McGregor returns to Cape Town's northern suburbs. His plans are vague, but straightforward - to save his younger brother from the claws of The Zoo. This is how people refer to the other three inhabitants of the house: the sly Maxie Thorpe with her cosmetically enhanced face her son Leo, with his tendency towards violence her daughter Mandy, with her playful but troubled disposition.
As the head of Wits Mining, the last major mining company to do an empowerment deal, Max Sinclair has a mandate from the board and a clear directive: to sell a share of the company to a black consortium. Born and bred in the city that remains, at heart, a mining camp built on gold and the greed of men, Max is used to being a player in the high-stakes game of deals and political influence, and he keeps his cards close to his chest. There is no shortage of takers for the deal. A shareholding spells possible riches for some – like Sifiso Lesibe, geologist and newest member of the board – and increased influence for others, such as the Pradesh family. Support for the deal from government is crucial, particularly when it comes to mining and mineral rights. Politics, power and money are an irresistible combination. Mistrust is everywhere and nothing is as it seems. Former human rights lawyer Musa Madondo has seen the rise and fall of many a former comrade and he knows he is not immune to the tug of temptation. When Walter Berryman, a former client and friend, comes to Musa for professional advice, in fear of his life after having stumbled across evidence of large-scale industry collusion, he finds himself drawn into an underworld of intrigue and sophisticated espionage every bit as ruthless and deadly in the present day as it was during the country’s struggle for liberation. And in Johannesburg, as in politics, things change in an instant. Bare Ground is the third book authored by Peter Harris. In a Different Time (2008; winner of the Alan Paton Non Fiction award) was about the 1980s and an extraordinary treason trial. The second book, Birth (2011), was about the extreme challenges that South Africa encountered in getting to and conducting the 1994 election. This novel, located in the cauldron of Johannesburg, is about the society we have become.
Stela word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie. In die plek van ’n plaashuis vind Stela ’n stokou kasteel. Met ’n dwerg as butler, ’n preutse huishoudster wat aandring daarop om almal “Master” en “Juffrou” te noem, ’n Sjinese kok en ’n meester wat van bui verwissel soos die weer, kriewel haar ruggraat. Boonop hang die kasteel vol skilderye van die vorige mistress wat selfmoord gepleeg het. Stela word toenemend geteister deur nagmerries en die gevoel dat sy dopgehou word. Sy word gewaarsku teen spoke en vermoed iemand krap in haar kamer waar sy gereeld pouvere kry. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense? Plek van poue is ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt.
Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.
A corrupt cop, a gangbanger, and an ex-marine sitting on three million dollars in stolen cash find themselves entangled in this "cinematic cape town thriller" ("Bookpage"). Reluctant bank robber Jack Burn is on the run after a heist in the United States that left three million dollars missing and one cop dead. Hiding out in Cape Town, South Africa, he is desperate to build a new life for his pregnant wife and young son. But on a tranquil evening in their new suburban neighborhood, they are the victims of a random gangland break-in. Benny Mongrel, an ex-con night watchman, knows who went into Burn's house, and what the American did to them. Burn's actions soon trap them both in a cat-and-mouse game with Rudi "Gatsby" Barnard, a corrupt Afrikaner cop. Once Gatsby smells those missing American millions, the men are drawn into a web of murder and vengeance that builds to an unforgettable conclusion.
Van In is terug! Hierdie keer het hy net 'n skeenbeen en sy intuïsie om die donker raaisel mee op te los, maar hy moet gou speel. Dis nie net sy loopbaan wat op die spel is nie, 'n mooi jong meisie is deur sy toedoen in die booswigte se mag.
Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wereld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan na al die jare skielik in haar wakker maak en die liefde vir haar moordenaar-pa.
Johannesburg is becalmed. A wave of New Age belief and an apparent cure for crime have radically altered South Africa’s political landscape. Jay Rowan has been hired to black out the windows of random vacant rooms. He’s trying to keepout of trouble, but he’s a pawn in political aide Kenneth Lang’s project Dark Windows. A mystical charlatan has convinced Lang’s boss that she can affect the ultimate transformation with a supernatural visitation, the Arrival, and Lang needs to prepare for its coming. When Jay and his married girlfriend Beth realise that someone has died in every room, political and personal tensions come to a head and Jay, Beth and Lang must confront the past they’ve been trying to avoid. Dark Windows is a moody, intelligent literary thriller.
In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.
Late one afternoon on the steps of St George’s Cathedral in Cape Town, the leader of opposition forces in the Central African Republic (CAR) is gunned down. He survives, but his young daughter is killed. Private investigator Fish Pescado is called in, but his attempts to locate the hitmen come to nothing – hardly surprising, as the assassination attempt was organised by a faction in the South African Secret Service Agency (SSA) loyal to the South African president, who has mining interests in the CAR. Meanwhile Vicki Kahn, an agent in the SSA, is sent to Amsterdam to set up a sting operation to trap the president’s son who is involved in a human trafficking operation. When Fish, Vicki’s long-time love interest, learns that Vicki is in danger, he needs to take action.
Klara Francke het ’n donker geheim. Sy is vasgekeer in ’n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun. Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het vir ’n braai nooi, is daar onmiddellik ’n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega. Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare – en ontoelaatbare – gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los. Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer ’n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders ’n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke ... |
You may like...
|