Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Thriller
In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.
Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn? Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil. Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei? Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is. Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur? En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm? Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.
When Rachel’s brother disappears under mysterious circumstances, she must come to terms with his apparent death, though there is no body. She travels to Joburg to support her sister-in-law, Maya, with the memorial – also to escape her stifling life as a wife and mother. Rachel is unsettled when Max, her ex-lover, arrives. Despite poet Sizwe’s efforts to steady her, Rachel reels from grief and longing. Then Rachel, Maya, Max and Sizwe are involved in a confrontation that will change them forever.
Helen se lewe is gemaklik en ongekompliseerd. Sy is tevrede met haar loopbaan, maak drie gelukkige tieners groot en woon in die mees gesogte huis in die straat. Toegegee, sy raak bietjie ontnugter deur haar huwelik met haar werkolis man, Werner. Maar sy glo sy sal dit kan regstel. Toe sy egter een aand by die huis kom, word haar lewe heeltemal onderstebo gekeer deur ’n onverwagse gebeurtenis. Ralf en Brian is twee jeugmisdadigers vir wie hierdie plan goed sou uitwerk: ’n Vinnige geldmaakskema deur ’n huisinbraak te pleeg. Die teikens wie hulle gekies het, is Helen en Werner. Terwyl Ralf wag hou, verdwyn Brian in Helen en Werner se huis, maar hy kom nooit weer daar uit nie. Dis die begin van Helen se nagmerrie. Sy sou dit nooit kon voorsien hoe erg dit sou raak en wat sy alles sou doen om haar gesin te beskerm nie.
Die gode in Afrika is stom. En lui. So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg. Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.
Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s 'n uitgebrande chirurg, 'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, 'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is 'n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf – of hy, en hulle, oorleef dalk nie. 'n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd. Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin 9de Augustus* landwyd draai.
Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.
“She said we need to send the tokoloshes out, to find where this death is coming from. To find the person, the place, so that we can all know.” Hierdie fiktiewe korporatiewe spanningsverhaal is gebaseer op verskeie werklike finansiële skandale. Die seks, geld en gierigheid van die korporatiewe wêreld staan teenoor die still veerkragtigheid van plattelandse mense van Afrika. Die einde sal jou asem wegslaan.
Permanent Removal is a beautifully written political thriller focusing on the nature of justice, truth, betrayal, socio-political and ethical quandaries, complicity and moral agency. The novel introduces readers to a cast of players whose destinies intertwine in a particularly gruesome murder. The novel is set in apartheid South Africa and the start of the Rainbow Nation. South African security forces set up a roadblock to intercept a car near the city of Port Elizabeth. Two of the four anti-apartheid activists in the car were secretly targeted for assassination. The police abducted the four and murdered them in cold blood. Their burnt bodies were found later near the Port Elizabeth suburb of Bluewater Bay. These murders are one of apartheid’s murkiest episodes. On the day of the funeral, President PW Botha declared a State of Emergency. It was the beginning of the end. Works such as Jacob Dlamini’s penetrating and discursive Askari and the recent publication on Eugene de Kock as state sanctioned perpetrator of various evils will be complemented in no small measure by this intriguing fictionalised exploration of political executions and culpability/loss during the apartheid heyday.
Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar. Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansiële sukses van sy lewe gemaak het. Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae. Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders? Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle geërf het.
Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen? Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie. Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae. Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak? Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.
’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.
Malachi is recruited by a powerful pharmaceutical company to work at their top-secret facility off the African coast. Frasier Pharmaceuticals are assured of his discretion, as his tongue was cut out in an attack by genocidaires. At their organ farming operation, they can offer him more than financial reward - Malachi will get a new tongue. He simply has to act as carer and jail-keeper to the hardened criminals who are used as subjects. But are the prisoner-donors all as bad as the company says?
After an absence of four years, Carl McGregor returns to Cape Town's northern suburbs. His plans are vague, but straightforward - to save his younger brother from the claws of The Zoo. This is how people refer to the other three inhabitants of the house: the sly Maxie Thorpe with her cosmetically enhanced face her son Leo, with his tendency towards violence her daughter Mandy, with her playful but troubled disposition.
’n Bom ontplof net voor Kersfees in Kopenhagen se besigste inkopiestraat. Die ekstremistiese terreurorganisasie wat verantwoordelikheid opeis, kondig in ’n videoboodskap aan dat dit die begin van ’n globale terreuraanslag is. Op dieselfde dag ontplof ‘n bom in ‘n moskee in Kaapstad. ’n Jong Nederlandstalige vrou word met ernstige brandwonde in die puin gevind en ’n Suid-Afrikaner word vir moontlike betrokkenheid gearresteer. Die voormalige diplomaat, Johan Castelyn, wat in Antwerpen woon en koverte inligtingswerk vir die Franse Geheimediens doen, word opdrag gegee om in Amsterdam en Kaapstad antwoorde te vind om verdere aanvalle te help voorkom. Johan is verras om te verneem dat van sy familie wat verregse bande het, ook by die aanval betrek word. Voor sy vertrek vra ‘n oud-kollega en nou ambassadeur in Washington DC, vir Johan om sy dogter se aktiwiteite en betrokkenheid by ’n ekstremistiese geestelike leier te ondersoek. Persoonlik sien hy uit na die besoek aan sy geboorteland met die vooruitsig om ’n vriendin van vroeër op te soek. Hoe gaan Johan en agente van verskeie veiligheidsdienste die dreigende vlamme blus voordat dit in ’n inferno verander? En wie gaan lewe en wie gaan sterwe?
Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin: Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig haar seun Leo met sy liefde vir geweld en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid. Niks gaan maklik en eenvoudig wees nie, besef Carl toe hy by die Tredoux se nuwe onheilighede ingeruk word. En dinge raak self snog erger toe die meisie op wie hy verlief is ook by die spel betrokke raak.
Dark traces is the English translation of Martin Steyn’s first suspense novel, Donker spoor. When a child is murdered, it always seems as if a light has been extinguished in a parent’s eyes. They find her decomposing body in the veld. A teenager. She was raped and tortured for days. She was hanged. She wasn’t the first. The South African Police Service’s Warrant Officer Jan Magson, estranged from his son and still grieving for his wife, is assigned to the case. He has to look the mothers and fathers in the eye. He has to answer their questions. And he can’t. Headlines question the police’s ability to protect the community from this evil. A newspaper prints a mother’s heart-wrenching letter to the killer. A father offers a substantial reward. And every time another lead reaches a dead end, Magson finds himself looking down at another dead girl. Winner of the 2015 ATKV Prize for Suspense Fiction, Martin Steyn’s Dark traces deals with two sides of homicide: sadistic murder and euthanasia: killing for pleasure and killing for love.
Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, le Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voels, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense om hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wel oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g’n snars nie. Dan is daar Nella Uys, ’n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min se. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar ’n hele klompie verrassings wag nog op hom ...
Dead In The Water is Irna van Zyl’s highly anticipated debut thriller. Set on the coast near Hermanus in the fictitious town of Grootbaai, shark-cagediving capital of the world, the novel features oddball detective Storm van der Merwe. Stocky, smart and unconventional, Storm was banished to Hermanus after demonstrating against the shooting of beached whales. She now keeps out of trouble in the seaside town by working on cold cases. But how can she keep a low profile when bodies, limbs and other evidence keep appearing on the sandy shores of Grootbaai? When the body of investigative journalist Jessica Stander washes up on the beach minus an arm, Storm realises that the situation at Grootbaai is even more dangerous than she suspected. In Irna van Zyl’s page-turning thriller, everyone’s a suspect and the stakes are deadly.
’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei. “Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?” Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer. “Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?” ’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.” Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.
Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wereld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan na al die jare skielik in haar wakker maak en die liefde vir haar moordenaar-pa.
Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.
South Africa has a rich and varied criminal community. The Italians with their mafia connections, the Chinese triads, the Nigerians, the Russians, Koreans, Indians . . . not to mention all the homegrown felons. Still grieving following the death of her dad, her guiding light and an honest cop if ever there was one, Ellie McKenna accepts a mission to infiltrate Cape Town’s dark criminal underbelly. She knows full well that in her line of work the brave often end up dead . . . blindsided by a faceless enemy. Wilna Adriaanse’s Blindside is the first of her novels to be translated into English, soon to be followed by its sequel, Endgame.
Reshma Patel and Ian Jack are back The first body was found in the Hartbeespoort Dam. An unidentified woman, presumably drowned, washed up on the banks of an exclusive golf estate. Next came the discovery of a grisly crime scene deep underground in Johannesburg, somehow connected to a second woman found dead in the Jukskei River where it ran through Alexandra. When the body of a third woman is pulled out of the Vaal River, south of Joburg, Captain Reshma Patel starts to wonder if a serial killer is at work – or if the mutilated corpses have anything to do with the spate of cash-in-transit heists she’s busy investigating. When a fourth woman goes missing Reshma and her partner, former police officer Ian Jack, have to figure out who is behind the killings – and to stop them, before they can strike again.
In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe ’n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle ’n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur ’n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, ’n staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word – deels vir sy eie veiligheid, deels omdat ’n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir ’n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van ’n sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur ’n dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s’n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy ’n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk ’n Kubaanse dokter oor hom in ’n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy ’n fout gemaak … |
You may like...
|