Die Dapper Drie se skubaduiklesse vorder uitstekend. Maar dan, een
aand, sien hulle iets aardig terwyl hulle die duiktoerusting bere .
. . Die swembad se water skuif weg en 'n opening verskyn op die
bodem. Twee duikers klim uit die tonnel onder die swembad. Die
Dapper Drie moet ondersoek instel. Maar waarheen sal die tonnel
hulle lei? Sal hulle staande bly teen Walg se volgende aanslag? En
sal hulle die Waterkroon in die hande kan kry? Die kroon van die
water is een van die titels in die KABV goedgekeurde
Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses
leesvlakke vir leerders in die Intermediere fase (graad 4 tot 6) en
bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en nie-fiksie leesstof
insluit. Boek 1 is ’n vervolgverhaal en sluit die volgende
leesboeke in: Die kaart van lank gelede – Vlak 1 (Graad 4); Die
geheim van die kroonsteen – Vlak 2 (Graad 4); Die kroon van die
aarde – Vlak 3 (Graad 5); Die kroon van die hemel – Vlak 4 (Graad
5); Die kroon van die water – Vlak 5 (Graad 6); Die kroon van die
mense – Vlak 6 (Graad 6).
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!