Die 25-jarige Lammie de Villiers van die Pretoria-kommando het op Spioenkop gesterf. Die leerstewels wat hy gedra het – en ook generaal Christiaan de Wet se saal, ’n rare velduniform van die ZAR Staatartillerie, en die kerse wat die Boervrou Kotie Steenkamp by haar gehad het toe sy in die veld geleef het, is van die objekte in hierdie boek.
Die volle drama van die Anglo-Boereoorlog word werklik en persoonlik in hierdie versameling ikoniese objekte uit die Oorlogsmuseum se versameling. Die boek volg grootliks die kronologiese verloop van die oorlog, maar lig ook sekere temas uit, waaronder Boere- en Britse wapens, mediese sorg en die vernaamste rolspelers in die konflik.
Die 100 ikoniese items word aangevul deur aangrypende historiese foto’s. ’n Verdere 200 bykomende objekte is ingesluit om die storie te help vertel van ’n oorlog wat ’n onuitwisbare merk op die Suid-Afrikaanse landskap gelaat het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!