Watter rol speel emosionele intelligensie in gesonde en effektiewe leierskap?
’n Gesonde span begin by ’n gesonde leier, en die kern van hierdie dinamika is emosionele volwassenheid – die eienskap waaroor alle werklike groot leiers beskik.
Leierskap en emosionele intelligensie kombineer Bybelse beginsels, die nuutste navorsing oor die brein en dekades se praktiese ondervinding om jou te wys hoe om jou leierskap en span na die volgende vlak te neem. Dit sal jou toerus om:
· emosionele volwassenheid in jouself en ander te kweek
· die vier gewoontes van besonderse leiers te ontwikkel
· ’n sterk groepsidentiteit te vestig en uit te bou
· verhoudings belangriker as probleme te hou
· produktiwiteit te verhoog deur vertroue, vreugde en betrokkenheid
Aan die einde van elke hoofstuk is daar ’n afdeling wat die wetenskap van die brein bespreek, asook besprekingsvrae, en in sommige hoofstukke oefeninge om die buitengewone gewoontes in te oefen. En agter in die boek is ʼn woordelys.
As jy jou organisasie na die volgende vlak wil neem, moet jy weet dit begin by jou. Leierskap en emosionele intelligensie sal jou toerus om vreugdevolle, emosioneel volwasse en verhoudingsgedrewe spanne te lei.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Rare Leadership.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!