Thys Krige se dryfveer is die onopgeloste moord op sy pa. Die
enigste leidraad wat hy het is iemand wat hy daardie aand vlugtig
naby die toneel gesien het, en die woorde wat die man vir hom gese
het: "Kyk dieper as die bloed." Sy ondersoek na die moord op twee
sakemanne lei Krige na die onopgeloste moord op 'n model. Hy krap
'n misdaadsindikaat van korrupte sakemanne en senior
polisie-offisiere oop; mense wat hulself as bo die wet beskou;
mense wat nie skroom om wie in hul pad kom uit die weg te ruim nie.
In die proses kry Krige oproepe van 'n geheimsinnige persoon wat
nie alleen sy vordering met die ondersoek dophou nie, maar ook
duidelik baie van hom weet. In hul gesprekke se die man by
herhaling vir hom: "Kyk dieper as die bloed."
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!