0
Your cart

Your cart is empty

Books > Fiction > Genre fiction > Romance

Buy Now

Huis Van Die Wind (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R106
Discovery Miles 1 060
You Save: R300 (74%)

Huis Van Die Wind (Afrikaans, Paperback)

Sophia Kapp

 (sign in to rate)
List price R406 Loot Price R106 Discovery Miles 1 060 You Save R300 (74%)

Bookmark and Share

In stock. We should be able to ship in 1 working day.

Lank staan Juan-Carlos na die slapende kind en afkyk, dan krul sy hande vasberade om die bababedjie se reling en hy trek sy asem diep in. Hy sal hierdie ding wen. Hy sál! Hierdie onkeerbare, onsinnige bruising wat elke keer in hom opstoot wanneer hy die vroumens sien, gaan hy uitroei, wortel en tak. Sy is heeltemal buite sy bereik, verdomp! Kyk net hoe het sy vandag gelyk – die ene klas en styl en duur elegansie, met daardie somerblou oë en die vel so glad en wit soos albaster. 'n Regte, egte English rose, kompleet met erfgrond en 'n geslagsregister wat sy stellig kan terugtrek tot by Hendrik die Seevaarder. Wie is hy? Isabella D'Oliveira se weggooikind wat tussen kratte tamaties en streepsakke mieliemeel grootgeword het. En sy's boonop 'n ander man se vrou. Al wat moet gebeur, is dat sy onnosel hart moet aanvaar wat sy kop lankal weet: dat Rosalie Harrington-Jones net so pragtig en koud en onbereikbaar is as die bliksemse Aandster en dat sy is waar sy veronderstel is om te wees: aan die sy van 'n Engelsman met 'n lang bolip en 'n Jaguar. Laat hy wat Juan-Carlos is liewer sy emosionele energie reserveer vir die gesin wat wel aan hom toevertrou is."

Die afgrond tussen hulle is so onoorbrugbaar as die Drakensberg se donkerblou klowe: sy is Boere-adel, een van die stoere Jordaans; hy is die Portugese kafeebaas se seun. Haar loopbaan het haar buiteland toe geneem, sy hart lê hier in Afrika. Daar is Henriëtte Jordaan se onversetlike vooroordeel teenoor KwaMoyeni se mense; die sjef, Thandi, wat na haar kyk met haat en afkeer in haar donker oë; en die klein seuntjie, Danny, wat teen Juan-Carlos se bors aanleun en duidelik die man se hart in sy klein handjie hou.

Toe Rosalie egter teen wil en dank vir Juan-Carlos D'Oliveira op KwaMoyeni moet gaan werk, kom sy stelselmatig tot die besef dat dít wat die gemeenskap – en veral Henriëtte Jordaan – al die jare heen oor hom loop en skinder het, nie die volle waarheid is nie. Dis 'n fyn siel wat in daardie groot lyf woon, iemand met oneindige begrip en deernis vir mense, iemand wat haar weerstand dag na dag wegkalwe en haar weerloos voor die omvang van haar eie liefde laat. Maar dis eers toe sy die donker, wrede geheim ontdek wat op KwaMoyeni gehuisves word, dat sy besef: daar is 'n prys om te betaal, en sy is eintlik daarheen gebring om die rekening te vereffen.

Gaan al die verskille, die misverstand, die manipulasie en die bagasie van die verlede hulle uitmekaar dryf, of kan liefde, vergifnis en aanvaarding die heling bring wat hulle al twee so nodig het?

General

Imprint: LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Country of origin: South Africa
Release date: February 2013
Authors: Sophia Kapp
Dimensions: 198 x 128 x 26mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 436
ISBN-13: 978-0-7993-5205-4
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Fiction > General & literary fiction > Modern fiction
Books > Fiction > Genre fiction > Romance > General
Books > Afrikaans > Fiksie
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Books > Fiction > Shipping In 24hrs
Promotions > Winter Sale > Books > Fiction > Modern Fiction
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Drama
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
LSN: 0-7993-5205-5
Barcode: 9780799352054

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

You might also like..

Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R350 R255 Discovery Miles 2 550
Children Of Sugarcane
Joanne Joseph Paperback  (3)
R320 R256 Discovery Miles 2 560
Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal
Barend Vos Paperback  (1)
R260 R224 Discovery Miles 2 240
Love At First Flight
Jo Watson Paperback R482 R397 Discovery Miles 3 970
The Recovery Agent
Janet Evanovich Paperback R411 R337 Discovery Miles 3 370
Book Lovers
Emily Henry Paperback  (4)
R215 R172 Discovery Miles 1 720
A Distant Shore
Karen Kingsbury Hardcover R605 Discovery Miles 6 050
Circus Of Wonders
Elizabeth Macneal Paperback R330 R261 Discovery Miles 2 610
Behind Closed Doors
Catherine Alliott Paperback R320 R253 Discovery Miles 2 530
Icebreaker
Hannah Grace Paperback R280 R185 Discovery Miles 1 850
Flappy Entertains
Santa Montefiore Paperback  (1)
R397 Discovery Miles 3 970
Never Too Late
Danielle Steel Paperback R365 R275 Discovery Miles 2 750

See more

Partners