0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R0 - R50 (2)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (13)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 20 of 20 matches in All Departments

Gode Van Papier (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Gode Van Papier (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R52 Discovery Miles 520 Ships in 4 - 6 working days

In Gode van Papier poog die digter om gestalte te gee aan die moderne mens se gode: gode (ook buite die tradisionele sin van die woord) met voete van klei wat op hul plek gesit en gehou word.

Hoewel die woord "gode" dikwels in die bundel gebruik word, dui dit baie keer nie op gode in die tradisionele sin van die woord nie.

Allerlei dinge, tot die gedigte self, word gode in hierdie bundel.

Preaching as a Language of Hope (Paperback): Cas Vos, Lucy Hogan Preaching as a Language of Hope (Paperback)
Cas Vos, Lucy Hogan; Edited by U. de V. Pienaar; Johan Hogan
R108 Discovery Miles 1 080 Ships in 6 - 10 working days

Preaching as a language of hope is a result of the 7th Congress of the Societas Homiletica that took place at the University of Pretoria in August 2006. Each speaker at the Congress contributed a chapter to the book, resulting in a compilation of work from respected theologians from across the world. Each chapter looks at a specific aspect within the context of preaching hope, thereby examining the apparent hopelessness of humankind, making it clear that the suffering of Jesus brings hope to people who are suffering themselves.

Liefde is Die Grootste (Afrikaans, Paperback): Cas Vos, Dirk Human Liefde is Die Grootste (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos, Dirk Human
R36 Discovery Miles 360 View more sellers Ships in 6 - 10 working days
Il Paradiso - by Dante Alighieri (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Il Paradiso - by Dante Alighieri (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri (1265-1321) se driedelige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit.

Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan en hy vertaal al die Latynse himnes op ’n indrukwekkende wyse.

Die leser word uitgenooi om die reis na die Paradiso onder die klank van sange en lieflike beelde te onderneem. ‘n Youtube-opname deur Hennie Maas van beeld en klank vergesel die bundel. Die uitmuntende akteur Dawid Minnaar lees dele uit die vertaling voor. Die opname laat die leser van Il Paradiso die tersines visueel en klankryk ervaar.

In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback): Cas Vos In 'n Oomblik (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R175 R162 Discovery Miles 1 620 Save R13 (7%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

In 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poetika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke. Die digbundel verteenwoordig 'n voortsetting van die aspekte van Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poetiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine. Die intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n langdurige ongeluk en operasie poeties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel. Die tematiese nuutheid en aktualiteit van die bundel blyk uit die digterlike uitbeelding van die menseslagting op 13 November 2015 in Parys en vlugtelinge uit Sirie se bootreise na 'n heenkome. In die bundel kom daar diep emosies na die oppervlakte. Alles gebeur in 'n oomblik. Op die lewensreis word verskillende emosies ervaar: lig en donker, liefde en ongeluk, geboorte en die na-lewe. Die tema van verganklikheid en ouer-word is sentraal in die bundel. Die lewensreis is ook 'n taalreis. Daarom word die taalgesprek, in 'n boeiende saampraat met Konstantinos Kavafis, poeties uitgedruk. Op die leefreis is daar ook verlies. Hier kom Cas Vos se vertalings van Konstantinos Kavafis en Georgos Seferis se Griekse gedigte aan die bod. Die reis eindig egter nie in wanhoop nie, maar met uit-sig.

Ligloop Op Jou Lewenspad - 366 Dagstukke (Paperback): Cas Vos Ligloop Op Jou Lewenspad - 366 Dagstukke (Paperback)
Cas Vos
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Daar is Lig in die węreld. Lééf daarom met God.

In ’n uitdagende węreld is God se lig noodsaaklik. Cas Vos, afgetrede professor en skrywer lei jou in heerlike toeganklike taal met besondere insigte in die Bybel en deeglike uitleg daarvan. Hy verhelder Skrifgedeeltes in Job, Jona, Prediker, die Psalms en ook die gelykenisse van Jesus. Hy betrek baie gedigte en vertalings van liedere wat vertroos en versterk.

Die 366 dagstukke sal jou lei om lig te loop op jou lewenspad.

Voor-Bode (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Voor-Bode (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R72 Discovery Miles 720 Ships in 4 - 6 working days

Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op ’n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Die tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar “duister soos ’n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.” Alhoewel die nag, donkerte, pyn en ellende die grondstof van baie gedigte is, word hierdie gegewe as die vertrekpunt na iets anders gesien, soos Plato se grot in die gedig “In die begin …”. Hier, “waar misteries teen die wand flikker”, het die spreker reeds “voorspooksels” gekry van sy taak. Uit hierdie donker maar veilige ruimte word die mens van sy geboorte af met al sy erflike belastheid gestoot om met sy woorde die węreld te verken, sy ervarings op te teken en ’n boodskap oor te dra. Saam met ander bodes, soos engele, heiliges, skeppers en geliefdes verken die bundel oorloë, rampe en pyn, maar ook liefde, medemenslikheid en skoonheid. Ten slotte bely die digter dat al sy vermoëns net “ten dele” is, maar dat hy wel verskans is teen die pyn van ’n geknakte liggaam “tot die volheid my / onverhoeds verras.” Die bundel bevat ’n aantal knap vertalings uit die werk van die Griekse digters Konstantinos Kavafis en Giorgios Seferis, wat in aansluiting met die temas van die digter se eie werk deur die bundel versprei is.

God In ?n Kantelende Węreld (Afrikaans, Paperback): Cas Vos God In ?n Kantelende Węreld (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R135 Discovery Miles 1 350 Ships in 4 - 6 working days

Die bundel bevat artikels oor geloof en kerk in veranderende kontekste. Bydraes is deur teoloë van die Universiteit van Suid-Afrika en die Protestantse Teologiese Universiteit in Nederland gelewer en is die resultaat van samewerking tussen die twee universiteite op die gebied van praktiese en sistematiese teologie.

Die fokus is op die verantwoordelikheid van die kerk teenoor armes, die aard en wese van die kerk, die Christelik Godsbegrip en die wyse waarop oor God in die prediking gedink en gepraat word. Van die boeiende bydraes is ’n vergelyking tussen armoede in Suid-Afrika en Nederland, verhale oor die wyse waarop regstellende aksie en werkloosheid Suid-Afrikaners se geloofsbelewenis raak en besinning oor die proses van kerkvereniging in die NG Kerk-familie.

Daar is ook hoofstukke oor prediking en liturgie as uitdrukking van nadenke oor God en maniere waarop tot God gepraat word. Die wye verskeidenheid invalshoeke en onderwerpe maak van hierdie boek ’n interessante leeservaring vir sowel gewone lidmate as predikante en akademici.

Weerloos Lewe (Afrikaans, Hardcover): Cas Vos Weerloos Lewe (Afrikaans, Hardcover)
Cas Vos
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R206 Discovery Miles 2 060 Ships in 4 - 6 working days

Cas Vos het hom met sy vorige bundels reeds gevestig as digter van liefdespoesie. In hierdie is dit nie bloot die tema van die liefde wat opval nie, maar ook die liefdevolle hantering van ’n wye register onderwerpe. Opvallend is die groot aantal gedigte oor kuns en kunstenaarsfigure soos Vincent van Gogh en die Suid-Afrikaanse skilder Marlene Dumas, die komponis J.S. Bach en die beeldhouer Michelangelo. Ook eietydse ikone soos Edith Piaf, Kate Moss en Katie Melua word met deernis aan die leser voorgestel.

Duskant Die Donker / Before It Darkens - Gedigte / Poems (Afrikaans, Hardcover): Cas Vos Duskant Die Donker / Before It Darkens - Gedigte / Poems (Afrikaans, Hardcover)
Cas Vos; Translated by Leon De Kock
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 4 - 6 working days

The poet Cas Vos has already established a reputation with his previous collections of love poetry. In Intimately absent he touched on the themes of love and loss. In this collection, of his poems are fed from ancient times, the religious as well as the mythological, but also at the same time reaching out to the modern era. The poet searches for new links, connecting with other times, other texts and other art forms. The poem is palimpsest where other times and texts are constantly evident, where nothing is final. He involves artists, artworks, ancient history, the mythology, eroticism and music. Opposite the powers of silence and death, he poses that of sound, language and music. The poems in Duskant die donker/Before it darkens are accessible and should be appreciated by a variety of readers.

Enkeldiep (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Enkeldiep (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R36 Discovery Miles 360 View more sellers Ships in 6 - 10 working days
Intimately Absent (Hardcover): Cas Vos Intimately Absent (Hardcover)
Cas Vos; Translated by Leon De Kock
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 4 - 6 working days

The poet Cas Vos has already established a reputation with his previous collections of love poetry. In Intimately Absent he once again touches on the themes of love and loss.

In this remarkable collection, beautifully translated by Leon de Kock, he depicts the gripping tale of the doomed medieval lovers, the philosopher Peter Abelard and the nun Heloise, by way of a dialogue. The poems are based on the actual letters they wrote each other after they were so cruelly separated. In this dialogue the poet succeeds in making their longing for each other very real.

The series is concluded with poems that give voice to their child, Astralabe. In these he tells of his yearning for the parents he never knew. In the last section the sombre shadow of death comes to the fore, but even here love tempers all.

Intieme Afwesige - Gedigte (Afrikaans, Hardcover): Cas Vos Intieme Afwesige - Gedigte (Afrikaans, Hardcover)
Cas Vos
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 4 - 6 working days

Cas Vos het hom met sy vorige bundels reeds gevestig as digter van liefdespoësie. In Intieme Afwesige, sy vyfde bundel, is dit nie net die tema van die liefde wat die leser opval nie, maar ook die liefdevolle hantering van ’n wye register onderwerpe.

Opvallend is die groot aantal gedigte oor kuns en kunstenaarsfigure soos Vincent van Gogh en die Suid-Afrikaanse skilder Marlene Dumas, die komponis J.S. Bach en die beeldhouer Michelangelo. Ook eietydse ikone soos Edith Piaf, Kate Moss en Katie Melua word met deernis aan die leser voorgestel. Reeds in die derde afdeling kom ’n aantal liefdesgdigte voor, maar dit is veral die vierde afdeling wat ’n kragtoer in die kleine is.

Hierin word die aangrypende verhaal van die gedoemde Middeleeuse minnaars, die filosoof Pierre Abélard en die non Héloďse by wyse van ’n tweegesprek uitgebeeld. Die gedigte is gebaseer op die werklike briewe wat hulle aan mekaar geskryf het nadat hulle paaie onvermydelik moes skei. Die digter slaag daarin om in dié gesprek die gemis en verlange op byna tasbare wyse uit te beeld. Die reeks word afgesluit met gedigte wat in die mond van hulle kind, Astralabe gelę word en waarin sy verlange na die ouers wat hy nie geken het nie, uitgespreek word.

Die Afdruk Van Ons Hande (Afrikaans, Hardcover): Cas Vos Die Afdruk Van Ons Hande (Afrikaans, Hardcover)
Cas Vos
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R206 Discovery Miles 2 060 Ships in 4 - 6 working days

Anders as in Cas Vos se vorige bundels poesie (Vuurtong, Gode van papier en Enkeldiep) verskyn die gode in Die afdruk van ons hande in vreemde gestaltes. Een van die stemme wat saampraat is die van stilte, 'n stem uit die niet wat terugkeer na die niet. Deur die verse loop 'n sterk sensualiteit en 'n boeiende aktualiteit, ook betreffende die Afrika-werklikheid. 'n Hoogtepunt in die bundel is die reeks "Uruk-fragmente", 'n digterlike herskepping van die klassieke Gilgamesj-epos, wat beskou word as een van die belangrikste oertekste in die wereldletterkunde. In Vos se omdigting daarvan word die liriese aspekte voortdurend deur die epiese gebalanseer. Vos se vars en verrassende beelding gaan gepaard met sensitiwiteit vir klank en sy liefdesverse is uitsonderlik.

Hoe Kan Ek Jou Laat Los? - God Se Liefde Vir Wegloopmense in Hosea (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Hoe Kan Ek Jou Laat Los? - God Se Liefde Vir Wegloopmense in Hosea (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R140 Discovery Miles 1 400 Ships in 4 - 6 working days

Hosea is 'n vreemde kerel in die Bybel. Eintlik is dit meer sy huwelik wat so vreemd is. God verwag van hom om met 'n prostituut te trou en keer op keer na haar toe terug te gaan. So word Hosea en sy vrou en kinders beeld van God se verhouding met sy bruid – ons. Ons beur die heeltyd weg en God trek ons nader na Hom toe.

Vlug Van Die Gees (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Vlug Van Die Gees (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

In die begin was daar net duisternis, ’n atoom, ’n saad, ’n onderbewyssyn. Hieruit word gedigte geskep wat na die sin van hierdie lewe vra. ’n Lewe omring deur ’n gebrek aan liefde en deernis, bedreig deur armoede, onreg, korrupsie, hooploosheid, siekte wat genees en siekte wat tot die dood lei.

Cas Vos se eie unieke idiolek kom na vore in hierdie ryk geskakeerde bundel. Spanning, metafore, ironieë, paradokse, en die kroon van alles, die liefde, wat die oerchaos oorwin, weef die bundel tot ’n hegte eenheid.

Fragmente uit die Odusseia van Homeros (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Fragmente uit die Odusseia van Homeros (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 4 - 6 working days

Vertel my Muse, van die gevierde Odusseus voor roosvinger Daeraad die see rooiwyn kleur. Hy het die heilige stad Troje tot ruine uitgewis, daarna het hy kruis en dwars oor die woeste see gevaar. Odusseus het tale stede gesien en hy is met wysheid beloon. Hy het ontberings gelei om sy kamerade en sy hart veilig aan wal te kry en daar in Ithaka vir die gode lofsange te sing. Maar dood het op sy kamerade gewag to hulle Huperion, die songod, se koeie wou slag. Mag die son vir hon ‘n tapyt van suiwer god oopsprei. O heilige, dogter van Zeus, begin erens met hierdie verhaal en vertel dit meesleurend aan ons. (Cas Vos)

Fábulas de Esopo: Samara Batista Fábulas de Esopo
Samara Batista; R B CĂ´vo
R194 Discovery Miles 1 940 Ships in 18 - 22 working days
Inferno (Afrikaans, Paperback): Dante Alighieri Inferno (Afrikaans, Paperback)
Dante Alighieri; Translated by Cas Vos
R260 R240 Discovery Miles 2 400 Save R20 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Cas Vos is ‘n bekende op die gebied van digkuns. Sy vorige werke sluit in: Die goddelike komedie (2017) en Il Paradiso (2018).

In albei het hy homself bewys as meestervertaler van die węreld se meesterstukke. Sy nuutste bundel, Inferno, is die eerste rymende versvertaling van die meester Dante Alighieri in Afrikaans.

Hierdie bundel is ‘n prestasie wat in die voorsienbare toekoms onherhaalbaar is en lank ‘n standaardwerk sal wees.

Vaste Rots Op Wie Ek Bou (Afrikaans, Paperback): Cas Vos, Dirk Human Vaste Rots Op Wie Ek Bou (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos, Dirk Human
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R319 Discovery Miles 3 190 Ships in 4 - 6 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Angelic Wisdom Concerning the Divine…
Emanuel Swedenborg Paperback R535 Discovery Miles 5 350
Chromatography; Or, a Treatise on…
George Field Paperback R607 Discovery Miles 6 070
Kubernetes Management Design Patterns…
Deepak Vohra Paperback R2,533 Discovery Miles 25 330
The Lives of the Most Eminent British…
Allan Cunningham Paperback R535 Discovery Miles 5 350
Windows 7 Step by Step
Joan Lambert, Joyce Cox, … Paperback  (1)
R663 R552 Discovery Miles 5 520
State Space Systems with Time-Delays…
Ya Gu, Chuanjiang Li Paperback R2,761 Discovery Miles 27 610
Combined Cycle Systems for Near-Zero…
Ashok D Rao Hardcover R4,213 Discovery Miles 42 130
No Code Required - Giving Users Tools to…
Allen Cypher, Mira Dontcheva, … Paperback R1,151 Discovery Miles 11 510
The Perfect Father - The True Story of…
John Glatt Paperback R252 R236 Discovery Miles 2 360
The Literature and Romance of Northern…
William Howitt Paperback R641 Discovery Miles 6 410

 

Partners