![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 39 matches in All Departments
Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen.
For the first time in twenty-five years, a group of friends gathers to celebrate Adriaan’s seventieth birthday. One by one, the guests arrive at Adriaan and Yvette’s beach house on the West Coast. Some bring their children and the exuberant laughter of their grandchildren with them. In the years since they last saw each other, some have had to say goodbye to life partners and dreams; others have found new love and meaning. And then there’s Yvette, who can’t yet bring herself to tell everyone about her journey. Still Breathing is a highly readable novel about friendships that have endured through the years. Marita van der Vyver writes with her characteristic wit and flair about people who have been displaced, the complex relationship between parent and child, and the toll that time takes on being human.
’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie. Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.
Willem Prins wanders the streets of Paris, disillusioned and glum. Once, he showed great promise as a South African writer of distinction, but years of disappointment have left their mark. Drowning himself in the Seine may well be the only option left to drive up his book sales. His reason for being in Paris - the French translation of an erotic novel he wrote under a pseudonym - is not exactly something to be proud of. He is no stranger to Paris. An ex-wife of his (one of three) lives in the city with his eldest son, a young man who barely knows his father. Willem finds an unlikely companion in Jackie, a young South African working as an au pair in the city, a woman old enough to be his daughter. Together, the two of them will face the chaos of the terror attacks on Friday the thirteenth in Paris. You Lost Me is bestselling author Marita van der Vyver's thirteenth novel, a story about life's thunder clouds and the bonds between us that offer shelter. It is a tale of disillusionment and loss, told with warmth and wicked humour.
Time out is an interesting thematic development in the novels of Marita van der Vyver. She had previously investigated the themes of love and being together (eros), and then she worked with the death of a mother-in-the-text. Now she describes the devastating effect of the death of a little daughter on the mother-in-the-text. She delves further into death's reach (thanatos). And though the Hester Human of the title exists in the spell of her child's death the whole time - in a way she is her child too - it is not a sombre title.
’n Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoir. Dit is 'n speurtog deur die skrywer se beginjare, maar dit is ook ’n liefdesbrief aan ’n dogter en ’n taal en ’n land. En bowenal is dit ’n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.
Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.
Lesers sal met 'n lusbek aankom na hierdie boek, Die hart van ons huis, waarin Marita van der Vyver vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag – en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken – en tog bly dit alles so glamorous! Hier is 'n proeseltjie, want dis 'n boek om op te eet! Liewe leser, laat ek myself voorstel: Eintlik is daar verskeie maniere om dit te doen. As ek ’n illusie van romantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n Afrikaanse skrywer wat op ’n Middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk woon. As ek ’n stylvolle indruk wil wek, kan ek sê ek woon in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk rose en laventel voor die kombuisvenster, ’n enorme ou plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees, moet ek sê ek is ’n moeë huisvrou met ’n te groot gesin wat in Kerkstraat woon. Dat jy nou só ver moes reis, soos my vriend Michiel meewarig opmerk, net om in Kerkstraat te eindig. Dis seker maar waarvoor mens vriende het. Om jou op jou plek te hou. En deesdae is my plek inderdaad Kerkstraat. Dit klink miskien meer eksoties in Frans – Rue de l’église – maar dit bly ’n straat met ’n kerk op ’n plattelandse dorpie. Elke plattelandse dorp, in Frankryk soos in Suid-Afrika, het ’n Kerkstraat. Gelukkig het elke Franse dorp nie ook ’n Voortrekkerstraat nie. Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man, Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n. Sy twee seuns, Thomas en Hugo, woon nie al 365 dae van die jaar hier nie. Maar as jy al die naweke, die vyf korter skoolvakansies en die láng somervakansie van meer as twee maande bymekaar tel, is hulle omtrent die helfte van die tyd hier. My seun, Daniel, maak vanjaar klaar met laerskool hier op die dorp en begin binnekort met collège (middelbare skool) op ’n groter dorp. En ons dogter, Mia, het laas jaar by die babaklas van die plaaslike skooltjie ingeval. Hulle sê iewers deur die middel van Europa loop ’n onsigbare lyn. Die mense wat bokant die lyn woon, is groot en blond en kook met botter. Dié wat onder die lyn woon, is klein en donker en kook met olyfolie. Ons woon in die olyfolie-helfte van Europa – en ons kook alles met olyfolie, behalwe frites – maar ons lyk nie soos olyfolie-mense nie. Ek en die elfjarige Daniel is groot en blond. Mia is op die oomblik nog klein en blond, maar klaar langer as die meeste van haar klasmaats. Alain en Thomas het donker hare, maar nie een van hulle is juis klein nie. Hulle lyk ook nie of hulle rêrig hier hoort nie. Thomas die Tiener het die langste hare op die dorp, en nou praat ek van manlike én vroulike hare. Sy welige poniestert hang ver onder sy blaaie. Hugo, dieselfde ouderdom as Daniel, is waarskynlik die naaste wat ons gesin ooit aan die Mediterreense voorkoms sal kom. Klein met donker hare en donker oë. Maar hopeloos te bleek om as ’n inheemse spesie beskou te word. Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ’n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember, groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad. Soms tot vyf, ses op ’n slag. Saam met ons ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag. Kos soos vir ’n kerkbasaar. Maaltye vir minstens vyftien mense op ’n slag. Nee, maak dit twintig, want die drie seuns, die Neef en die maats eet elkeen soos drie normale mense. Hulle kan dit nie help nie, hulle is op daardie ouderdom. O ja, en dan het Mia nog ’n onsigbare dubbelganger met die naam van Heloïse wat op mure teken, met water mors, met die TV lol; kortom, as daar kattekwaad aangevang is, kry Heloïse die skuld. Heloïse eet goddank net onsigbare kos. Ek noem haar naam hier bloot om latere verwarring te vermy. Gelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ’n wortel ’n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan. Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed. Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie. Aangename kennis.
"Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun he langs die pad. "Met die woorde lei die mooi, rebelse Dalena haar nuwe vriendin, Mart, 'n wereld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. So begin 'n inisiasieproses wat met opwinding, maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Die dinge van 'n kind is ’n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.
In Swemlesse vir 'n meermin skryf Hanna 'n lewensgids vir haar sussie Ariel (wat aan die einde van die treffer die ongelooflike avonture van Hanna hoekom gebore is) wat die moet lees as sy eendag dertien is. Die lewensgids word soms ook 'n joernaal of vertelling van die vyftienjarige Hanna se lewe terwyl sy die gids skryf, en spesifiek Hanna se kennismaking met haar stiefbroer Yann se vriend Benjamin, op wie sy verlief raak.
Om 'n seevakansie by 'n eksentrieke, buierige ou alleen-man deur te bring, is geen opwindende vooruitsig vir 'n meisiekind soos Anita nie. Selfs al reken Rudi, haar jonger broer, die saak het meriete. Maar toe hulle op die lughawe afgehaal word deur 'n heel skaflike, brandermal tiener, kry die vakansie vir Anita 'n ander kleur. En toe sy in hul onkonvensionele gasheer se huis 'n boek ontdek waarin hy jare gelede vir haar ma geskryf het: Die belangrikste dinge in die lewe is onsigbaar, begin daar vir Anita 'n speurtog deur menseverhoudinge. Maar miskien sou dit tog Rudi wees wat die naaste aan die ou man van die see kom . . . Met Tien vir 'n vriend het Marita van der Vyver 'n fyn verweefde verhaal geskep rondom 'n kort maar deurslaggewende tydsgreep uit die lewens van die hoofkarakters. Dis 'n verhaal waarmee jong lesers heelpad kan saamloop.
Eenkantkind is 'n sensitiewe grootwordstorie en een van Marita van der Vyver, bekende skrywer van Griet skryf 'n sprokie, se heel eerste boeke. Vir Jana voel alles net verkeerd - haar gesig, haar neus, haar nuwe lang, maer meisielyf. Boonop het haar ma weer getrou na haar pa se dood en nou is dinge nie meer dieselfde by die huis nie. Gelukkig is daar mense in die wereld soos ouma Ella met haar oranje hare en bloedrooi lipstiffie.
Yvette, Paul, Mila, Emma, Adriaan, Liane, Max, Bobby, Ralph, Philip: Tien karakters wie se verhouding in Wegkomkans oor ’n tydperk van tien jaar eb en vloei soos die getye van die see wat telkens die agtergrond vir hulle “wegkomkanse” vorm. Vanaf die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding in 1994: Dié vriendekring se samesyn bly die konstante in ’n andersins veranderende wêreld waarin die ontnugterings en teleurstellings van die werklikheid soms met niks anders as goeie kos, goeie wyn en ’n stewige skeut selfspot getemper kan word nie. Soos hulle jeugdrome vervorm en hulle naïewe optimisme oor die lewe verdof, groei en verander die vriendskap. Verhoudings kom en gaan, ouerskap word ’n al hoe prominenter onderwerp van bespreking, die jeugdige passie oor ’n “nuwe” Suid-Afrika word ’n neutraler, meer besadigde gelatenheid oor wat nié verander kan word nie. “Verlore liefde tussen twee mense,” verklaar een van die karakters, “kan so tragies wees soos verlore menseregte vir miljoene.” Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat ’n skans teen verlies vorm. Die nuwe Slotwoord tot hierdie roman, skryf Marita van der Vyver: “Hierdie roman, so vertel hulle my, kan ’n nuwe geslag lesers help begryp hoe Afrikaanse stedelinge in die laat jare tagtig en vroeë jare negentig, tussen die laaste stuiptrekkings van die Ou Suid-Afrika en die skrikwekkende geboortepyne van die Nuwe Suid-Afrika, dit reggekry het om op die rand van ’n afgrond te bly dans.” Wegkomkans bied op hoogs vermaaklike dog erg simpatieke wyse insig in Suid-Afrikaners se versugtinge en ontnugterings – wat byna 20 jaar nadat die teks oorspronklik verskyn het nog net so relevant is soos destyds.
Hanna het 'n ongelooflike verbeelding en sy is boonop baie slim. Dis waarom sy so baie vrae vra en dis hieroor dat sy die bynaam 'Hanna Hoekom' kry. Op 'n dag besluit haar eksentrieke ma dat die hele familie saam moet vakansie hou in 'n ou huis in die berge, waar die hele familie gestrand raak. Dis seker nie so erg nie, maar Hanna Hoekom se familie sluit in 'n gay biologiese pa, 'n stiefpa wat 'n akteur is, twee stiefbroers en 'n irriterende klein half-boetie!
’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk. En wat gebeur toe? Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis. En wat gebeur nou? Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas. ’n Fontein Voor Ons Deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek. Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.
Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...
A letter from Portugal makes Colette Cronjé remember everything she has spent a lifetime trying to forget. The sender is a long-lost relative, found after a decades-long search, and the letter is about saudade, the love that remains after its object has gone. It’s a love that has shaped the lives of three generations of women, trapped between leaving and staying, and between what is unbearable to remember and impossible to forget. Colette is too cautious to change her destiny, her daughter Nandi is too angry to prevent her own. Can Colette’s granddaughter, Tina, find the courage to write a redemptive ending for a family she has never known? Spanning seven decades of South Africa’s social and political evolution, recorded with insight, accuracy and humour, Forget-me-not Blues is above all a novel about family, secrets and the small falsehoods and sweeping deceptions that keep us together while they tear us apart. And memory is the sleeping dog in an unforgettable love story that makes us long to believe that even saudade can have a happy ending.
Tuimel jou hart nog nadat Marita van der Vyver jou met haar boek Die hart van ons huis aan haar lewe in Provence bekend gestel het? Hou dan asem op, want met Franse briewe nooi sy lesers nog 'n keer oor haar drumpel. Wat het verander in die Provenkaalse kliphuis met sy persblou hortjies, pienk rose, laventel voor die kombuisvenster en die enorme ou plataanboom langs die hek? Wat het dieselfde gebly? Ja, Marita, haar Franse man, Alain, en die vier kinders woon steeds in Kerkstraat – Rue de l'eglise – van 'n Middeleeuse dorpie. Dis ook somer in Provence – en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het. Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provenkaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar "interessante", aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vliee in die salf soos skoolgaan in Frankryk.
Bestemmings is 'n kortverhaalbundel met reis as sentrale tema. In feitlik al die verhale is daar karakters op reis – op reis na bestemmings binne en buite hulself. Telkens kom karakters in die vreemde tot nuwe gewaarwordinge omtrent hul bestaan. Dit is toeganklike verhale, sprankelend en sexy, en in elke storie word jy bekoor deur Van der Vyfer se vemoe om interessante, minsame, hedendaagse karakters as't ware deel van die leser se vriendekring te maak. Die bundel bied merendeels vermaak in die beste sin van die woord, maar daar is ook enkele donkerder verhale waarin onder meer die aanvaarding van die dood van 'n geliefde op 'n onthutsende en literer oortuigende wyse aangeroer word.
A Long Letter To My Daughter is award-winning South African author Marita van der Vyver's youth memoir. An unputdownable read that weaves together both love letter, to a daughter, a language and a country, whilst tracing Van der Vyver's early years. Above all, it is a mother's effort to make sense of a world that seems increasingly senseless.
Hierdie gids is spesifiek geskryf vir leerders wat Afrikaans as
Addisionele Taal op skool studeer. (Van der Vyver se roman is wel
geskik vir 'n Afrikaans Huistaal-klas en kan met vrug deur onderwysers
en leerders bestudeer word.) Die gids bevat inligting en aktiwiteite
wat as hulpmiddel vir die onderwyser dien. Die daaropvolgende vrae en
woordeskat sal die inhoud meer toeganklik vir veral die
nie-moedertaalspreker maak. Die gids is so gebruikersvriendelik as
moontlik uiteengesit om die onderrigproses te vergemaklik. Onderwysers
sal gevolglik in staat wees om 'n omvattende uiteensetting van
belangrike literêre aspekte in die roman vooraf aan die leerders te
verduidelik wat as inleiding tot die roman sal dien. Vrae word per
hoofstuk gevra met relevante woordeskat om leerders in staat te stel om
die narratief beter te verstaan, maar ook hul eie Afrikaanse woordeskat
in die proses uit te brei.
Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde. Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners. Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?” In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.
Marita van der Vyver se jongste is die vertroude gehalte in 'n splinternuwe gedaante - dis 'n briefroman! Dis Koue Kos, Skat is die briewe en e-pos van 'n vrou in haar liefde verlaat; dit is briewe wat gil van woede, pleit om begrip en skreeu om wraak. Die verhaal ontvou in korrespondensie wat oor 'n dekade geskryf is - aan 'n ontroue man en vriendinne. Clara Brand se man, Bernard, verlaat haar vir Anais, een van Clara se beste vriendinne. Die briewe wys die verskeie 'stasies' van Clara se herstelproses: woede, aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak. Uiteindelik eindig Bernard se tweede huwelik ook op die rotse (nie deur Clara se toedoen nie), en wanneer hy weer tot haar toenadering soek, besef sy dat sy uiteindelik finaal van hom verlos is, en as gewone vriendin saam met hom sal kan aansit vir 'n ete. Dis Koue Kos, Skat is 'n vreeslose ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit is 'n eerlike, lewensgetroue en verkwiklike uitbeelding van Graham Greense se uitspraak: 'We do not have to win the battle of the sexes, we merely have to survive it.'
Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. 'n Dump, verwyt sy Andre, haar argitekman. Dit was sy idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence. Die droom het in 'n nagmerrie ontaard toe haar vyfjarige dogtertjie, Manon, noodlottig gewond is tydens 'n skietvoorval in Kaapstad - enkele weke voor hulle vertrek na Frankyk. En so sukkel elkeen in die vreemde met sy eie swaarkry - Emile - haar dertienjarige seun - smelt al meer weg in die dik klipmure van die huis, om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. Die koue Europese winter vra groot aanpassings - om blerrie handskoene soos 'n meisiekind te dra, om met 'n paar Franse woorde 'n internasionale skool in Avignon by te woon. Maar die moeilikste is om met die selfverwyt saam te leef dat hy nie sy sussie beskerm het teen die aanvallers nie. Andre stort al sy energie in die restourasieprojek en sak al dieper weg tussen die sakke sement, vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype. En Hester? Sy word al stiller en meer afwesig. Haar enigste twee gespreksgenote is Manon, haar vyfjarige lieflingkind, wat nog net in haar gedagtes voortleef. En Myriam Soro van die Demokratiese Republiek van Kongo vir wie sy briewe skryf. Van haar het Hester in 'n Franse koerant gelees. Die foto vertoon 'n jong gesig, maar swart gate waar haar oe moes wees. Barbaars, het die media dit uitbasuin, dat sy haar twee dogters vermoor het toe sy nie langer vir hulle kon sorg nie. Maar in die gedeelde hartseer vind Hester verligting. Dink aan Myriam, se sy vir haarself. Dink aan Myriam Soro en tel jou seeninge. Jy sit miskien in 'n hool van 'n huis, slaap op die vloer en stik aan stof as jy koffie drink. Maar jy kan hier uitloop as jy wil. G'n tralies om jou te keer nie. |
![]() ![]() You may like...
Plant metabolomics in full swing, Volume…
Pierre Petriacq, Alain Bouchereau
Hardcover
R5,964
Discovery Miles 59 640
|