0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (10)
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 17 of 17 matches in All Departments

Arboreta, Die Heks Met Die Groen Hare (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Arboreta, Die Heks Met Die Groen Hare (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R90 Discovery Miles 900 Ships in 4 - 6 working days

Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wereld is dat sy nie 'n bose of nare heks is nie: Sy het nie moesies of ’n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie. Sy wil veel eerder he dat kinders veilig en gelukkig in haar woud rondspeel. Arboreta is ’n gelukkige heks – maar daar is tog twee goed waaroor sy haar baie bekommer: Wie sal eendag die boomheks van die groot groen woud wees wanneer sy nie meer daar is nie? En wat sal gebeur as die houtkappers aanhou om so vreeslik baie bome af te kap, sonder om nuwes te plant? Miskien kan die groen dogtertjie wat op ’n dag die woud besoek, Arboreta help om die woud te red … maar hoe?

Stormkind (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Stormkind (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers 1
Sold By Booksmart Africa - Fulfilled by Loot
R365 Discovery Miles 3 650 Ships in 15 - 17 working days

Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.

Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.

Nuwe Kinderverseboek (Afrikaans, Hardcover): Riana Scheepers Nuwe Kinderverseboek (Afrikaans, Hardcover)
Riana Scheepers
Sold By Booksmart Africa - Fulfilled by Loot
R340 Discovery Miles 3 400 Ships in 15 - 17 working days

Hierdie bundel bevat, soos die titel aandui, ’n versameling heeltemal nuwe en oorspronklike gedigte. Dit bou voort op die wonderlike tradisie van DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek, en dek onderwerpe wat met die destydse bundels nog nie deel was van kinders se leefwęreld nie, soos rekenaars, selfone, e-pos, internet en sms.

Die 250 verse deur 100 bydraers sluit in bekende en nuwe skrywers soos Hennie Aucamp, François Bloemhof, Philip de Vos, Hans du Plessis, Franci Greyling, Jaco Jacobs, Lucas Malan en Fanie Viljoen.

Die bundel bestaan uit drie afdelings: kleuterverse (2 tot 4 jaar), kinderverse (5 tot 7 jaar) en amper-tieners (8 tot 10 jaar). Temas wat gedek word sluit in: gesin en familie, speelgoed en troeteldiere, diere en natuur, pret en humor, tegnologie en beroep, vriendskap en verhoudings, eetgewoontes en maniere, liggaam en gesondheid, fantasie en sprokies, gril en gruwel, sport en spel, aktuele kwessies en sosiale verantwoordelikheid. ’n Lys wat die gedigte per onderwerp aandui, verskyn agterin sodat die bundel ook geskik is vir skoolgebruik.

Blinde Sambok (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Blinde Sambok (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R224 Discovery Miles 2 240 Ships in 4 - 6 working days

Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesę het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit.

ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)

Verlore Paradyse (Nuwe Uitgawe): Grade 10 - 12 (Afrikaans, Paperback): N. Snyman, R. Scheepers Verlore Paradyse (Nuwe Uitgawe): Grade 10 - 12 (Afrikaans, Paperback)
N. Snyman, R. Scheepers; Nico Snyman, Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 6 working days

Dit gebeur dikwels dat die mens verlang. Die verlange strek uit na die verlede of na wat ons graag wil he in die toekoms bewaarheid moet word. Miskien is dit die hunkering van die verlore paradys wat ons elkeen op sy eie manier probeer herskep. Die verhale in die bundel vind in 'n hoe mate aansluiting by hierdie algemeen menslike eienskap. Die hersiene uitgawe van Verlore Paradyse sluit 'n wye verskeidenheid outentieke kortverhale in: van stories oor aktuele tienerprobleme tot komiese sketse van alledaagse gebeurtenisse. 'n Diverse groep skrywers word ook in die bundel verteenwoordig. Bekende skrywers soos Elsabe Steenberg, Chris Barnard en Paul C Venter maak 'n terugkeer en word aangevul deur die nuwe stemme van Annami Simon, Myra Scheepers en Nicolette Thabo.

Katvoet (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Katvoet (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Riana Scheepers se kortverhaalbundel is 'n kombinasie van erotiek en gevaar, ’n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings. Vanuit ’n sterk sensuele vroulike perspektief word Afrika-mistiek en die liefde sterk op die voorgrond geplaas, en bowenal word hierdie bundel ’n viering van onblusbare lewensdrif.

'n Engel in My Huis (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers 'n Engel in My Huis (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R107 Discovery Miles 1 070 Ships in 4 - 6 working days

Wat is dit dan met my dat ek alewig op soek is na 'n huis? So vra Riana Scheepers ook in een van die sketse van hierdie bundel. Oral waar sy reis - en dis beslis vele reise wat hierdie skrywer met passie onderneem, is sy ook alewig op soek na 'n huis wat sy kan koop, al is dit net met die oe. En dan stel sy voor hoe so 'n huis bewoon kan word, of dit nou 'n herehuis in Ierland is of 'n Karoohuisie in Loxton, 'n trappiesgewelhuis of 'n skuur naby Malmesbury. Of les bes, die liefste huis van almal - haar eenvoudige vissershuisie aan die Weskus, soos die mooi voorblad aandui. Vir Scheepers is huise die hulsels waarin en waaruit gelewe word, waar mense mekaar ontmoet, waar kosbaarhede versamel word, waar gul maaltye berei word, maar ook vanwaar paaie na ver plekke aangedurf kan word, vanwaar jy beweeg om ander te ontmoet.

My Voete Loop Na Wellington ... (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers My Voete Loop Na Wellington ... (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers 1
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R97 Discovery Miles 970 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie bundel opwindende sketse neem die veelbekroonde skrywer haar lesers op reis: na Pelgrimsrus; die vergete dorpie Eselbank in die Sederberge; Paternoster aan die Weskus en Namibie. Sy reis ook verder: na die Skotse Hooglande, Buenos Aires met sy polsende tango, klein Griekse dorpies wat wit en blou en pragtig is. Die reise is te voet, per trein, per vliegtuig en selfs per besemstok! Scheepers het die vermoe om met die intimiteit van haar gewaarwordinge en die sensualiteit van haar belewenisse die leser deel te maak van reise na onbereikbare, ver plekke. Die bundel is ’n keur uit sketse wat in Beeld, Die Volksblad, De Kat en Rooi Rose verskyn het.

Dulle Griet (Afrikaans, Paperback, Reissue): Riana Scheepers Dulle Griet (Afrikaans, Paperback, Reissue)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 6 working days
Feeks (Afrikaans, Book): Riana Scheepers Feeks (Afrikaans, Book)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days
Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Saartjie Die Spinnekop Met Sewe Bene (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Die idee vir hierdie pragtig geďllustreerde boek het gespruit uit die behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek lei kinders se denke in 'n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te respekteer.

Om die vrees vir spinnekoppe aan te spreek, het die skrywer hierdie avontuurstorie oor die oulike spinnekop met die naam Saartjie geskep. Die storie wys daarop dat sommige spinnekoppe onskadelik is en dat hulle, en baie ander kreatuurtjies in die natuur, nie die behandeling verdien wat mense hulle gee nie.

Die Ding in Die Vuur (Afrikaans, Book): Riana Scheepers Die Ding in Die Vuur (Afrikaans, Book)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days
Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer 1
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Braaisnoek op die kole, swartmossels met ‘n lekker brosbrood, ontbeende gevulde skaapkop, sampioenrisotto, nastergalkaaskoek, beesstertsop met ’n Thaise kinkel en oondgebakte kwartels is net ‘n paar van die verruklike resepte uit Smeul – die resultaat van drie vroue, laatnagkuiers in die kombuis en hul gunsteling resepte.

Die stilte in myself (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers, Hannetjie de Clercq Die stilte in myself (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers, Hannetjie de Clercq
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 4 - 6 working days

Talle mense wat die miniatuurskilderye en verse op uitstalling gesien het, maar nie 'n boek in die hande kon kry, of bekostig nie, het die kunstenaar en die skrywer versoek om die 100 miniature en verse in boekvorm beskikbaar te stel. Die stilte in myself is die eindresultaat. Dit is 'n boek wat op treffende wyse die intimiteit, wysheid en die enigmatiese spektrum van emosies van vroue uitbeeld; van die jong meisie wat met 'n rooi mond die wereld uitdaag, tot die misterie van 'n vrou wat agter 'n masker skuil; van die vrou wat vir die voetstap van haar minnaar wag, tot die aartsmoeder wat haar verbonde voel aan die aarde, en die hemel. Die stilte in myself is 'n boek wat die leser deurgaans laat wonder of 'n vrou werklik 'n vrou is, of dalk 'n engel?

Haai, Katriena - Wat Vertel Jy My Nou (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Haai, Katriena - Wat Vertel Jy My Nou (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R99 Discovery Miles 990 Ships in 4 - 6 working days

Katriena is 'n kombuis-Sjeherazade wat vir elke krisis of insident 'n kostelike storie het. In die verhale leer ons Kateriena ken in al die situasies wat so eie aan ons land en sy mense is.

Met Die Taal Van Karmosyn (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Met Die Taal Van Karmosyn (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 6 working days
Kallie Kakkerlak Se Sewe Kaskenades (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Kallie Kakkerlak Se Sewe Kaskenades (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R190 R155 Discovery Miles 1 550 Save R35 (18%) Future release

Kallie Kakkerlak is klein … maar sy planne is GROOT!

Toe tannie Chané een oggend vir Kallie Kakkerlak in haar blink kombuis sien, gil sy só hard dat die suiker sakke spat en die appels oor die vloer rol! Maar Kallie besluit sommer daar en dan: hierdie tannie moet ’n les leer!

Met sewe skreeusnaakse kaskenades laat hy tannie Chané harder en harder gil — van “kakkerlakvlerke” in ontbytkos tot vreemde verrassings in die badskuim! Maar wie gaan op die ou end die slimste wees: die mens of die kakkerlak?

Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades is ’n skaterlag-storie vol poetsbakkery, chaos en een baie dapper kakkerlak wat glo hy is ’n supergogga!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Corners are Glowing - Selected…
Chris Robinson, Tom McSorley Hardcover R4,284 Discovery Miles 42 840
The Game Music Toolbox - Composition…
Marios Aristopoulos Paperback R1,349 Discovery Miles 13 490
20th Century Media and the American…
Charisse L'Pree Corsbie-Massay Hardcover R3,128 R2,966 Discovery Miles 29 660
YouTube - A Beginners' Guide to Building…
George Pain Hardcover R755 Discovery Miles 7 550
Aaron Marks' Complete Guide to Game…
Aaron Marks Hardcover R3,340 Discovery Miles 33 400
Collaborative Worldbuilding for Video…
Kaitlin Tremblay Paperback R1,251 Discovery Miles 12 510
The Game Writing Guide - Get Your Dream…
Anna Megill Paperback R1,401 Discovery Miles 14 010
Hybrid Play - Crossing Boundaries in…
Ragan Glover-Rijkse, Adriana De Souza E Silva Paperback R1,427 Discovery Miles 14 270
Collaborative Worldbuilding for Video…
Kaitlin Tremblay Hardcover R2,971 Discovery Miles 29 710
MEL Scripting for Maya Animators
Mark R. Wilkins, Chris Kazmier Paperback R1,433 R1,349 Discovery Miles 13 490

 

Partners