0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (21)
  • R500 - R1,000 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 26 matches in All Departments

Monster (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Monster (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester se lewe torring los, en hy sluit aan by die Kaapse tak van Mercurius, ’n CIA-steunpilaar. Intussen word ’n Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n SA joernalis as onwillige ooggetuie.

Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer.

Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.

Hans Kry Troukoors (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Kry Troukoors (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Hans het geen begeerte om ná soveel jare sonder sy geliefde Saartjie weer vrou te vat nie. Hy leef heel gemaklik alleen in Huis Madeliefie.

Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in die ouetehuis land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.

Nog ’n aantreklike nuwe inkommer, Janneman Vermaak, en Hans se nuwe buurman, kry egter al Liefiediefie se aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld elke keer gewen kan word.

’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem. Hy begin aanvaar dat ’n ou viool nie meer nuwe liedjies kan speel nie.

Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat voel daar vind ’n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .

Enigma (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Enigma (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R275 Discovery Miles 2 750 Save R90 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer 'n skatryk Angolese sakeman met twee koeëlgate in sy bors in 'n hotelkamer in Kaapstad aangetref word, moet Kassie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaïen, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie laat hulle koppe draai. Wat doen 'n gesiene persoon, wat 'n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?

Die nuwe en omgesukkelde tydelike bevelvoerder van die Spookeenheid laat Kassie-hulle boonop ligtrap. Hy soek resultate—en eintlik wou hy dit al gister gehad het.

'n New Yorkse beleggingsbestuurder, 'n Angolese skurk met verskeie geldmaakplanne, en 'n hoogaangeskrewe en geslepe sakevrou is almal op een of ander manier met die vermoorde man verbind. Maar wat presies het hulle met sy raaiselagtige transaksies te doen?

Kassie en Rooi moet nie net 'n moord oplos nie, maar ook 'n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot—een waarbinne daar nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.

Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak.

Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!

Hans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Hans Bars Die Bioborrel (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Bars Die Bioborrel (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie.

Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels.

Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon . . .

Hans 1: Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans 1: Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.

Hans Hou Bruilof (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Hou Bruilof (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings aan ’n befaamde troubeplanner, Alexander Fokkens, oor. Maar Hans wil keer dat die troue in ’n spektakel ontaard. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte planne beraam om geld te maak uit die onthaal, voel Hans aan sy broek se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.

Judaskus (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Rudie van Rensburg Judaskus (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein...

Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word.

Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes?

Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .

Leeumens (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Leeumens (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep.

Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.

’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie . . .

Raiders (Paperback): Rudie van Rensburg Raiders (Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R275 Discovery Miles 2 750 Save R90 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Are Kassie and Rooi on a suicide mission?

Five years after their disappearance, the skeletons of wealthy twin brothers are uncovered in a field.

At the insistence of the Western Cape police chief, Kassie and Rooi have to investigate the case, but in top secrecy. Otherwise they will run the risk of being murdered just like the three detectives who originally investigated the brothers’ disappearance.

But to try to solve a case under the radar proves impractical.

When Kassie and Rooi start to investigate openly, they kick a hornet’s nest, landing themselves in untold danger.

A pitch-dark underworld, where ancient objects fetch millions of rands at black-market auctions, will not tolerate meddling. Especially since the syndicate leader in this underworld is more dangerous than a mamba when his business is threatened.

Eleksie op Erdvark (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Eleksie op Erdvark (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar die afwesigheid van moderne tegnologie groot uitdagings aan hom stel. Met die naderende munisipale eleksie vermenigvuldig sy kopsorge.

Vir die eerste keer in ’n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan. Burgemeester Duimpie du Plooy dreig om sy kompos-onderneming se advertensies uit die koerant te onttrek indien hy ontevrede is met wat Soois skryf.

Soois moet ’n koorddans uitvoer tussen goeie joernalistiek en beriggewing wat nie aanstoot gee nie. Geensins ’n maklike taak nie, gegewe die talle strydpunte – die brandenste een die afwesigheid van spoeltoilette op die dorp. Die BA Minus is vurige kampvegters vir die
behoud van kleinhuisies en die opposisie driftige voorstanders vir vernuwing.

Wanneer ’n horingadder in ’n kleinhuisie sy tande in ’n kwesbare deel van ’n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot amptelik. Van daar af gaan dit doller as kopaf.

Medusa (Paperback, English Edition): Rudie van Rensburg Medusa (Paperback, English Edition)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kassie has never had to cope with a case like this before, and his emotions are getting the better of him. As a rookie cop he learned to keep his distance from a case, not get emotionally involved, because that’s when mistakes happen. But this case makes distance impossible . . . children’s lives are at stake. And every time he and Rooi seem to be making progress with the case, it slithers out from under them, like a venomous snake.

Gebooie (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Gebooie (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.

En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan.

Die moordtonele is smetloos, met slegs bisarre boodskappe by die lyke. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas.

Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die duister rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?

Hartedief (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.

Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Hou Sy Lyf Sherlock (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg 2
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe?

Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en ’n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens.

In die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?

Merk (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Merk (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?  

Piranha (Paperback): Rudie van Rensburg Piranha (Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

When Captain Kassie Kasselman of Newlands SAPD starts investigating a missing ex-colleague, it’s quickly clear that more is going on than a simple drug-related disappearance. It somehow seems linked to the kidnapping that has struck his colleague Rooi Els’ wife’s place of work, a curio shop. From the Cape ganglands to Kruger’s rhino poachers, from a grisly smallholding to the glitz of the diplomatic world, Kassie has to feel his way quickly but carefully – or Rooi Els’ wife is fish food. Afrikaans readers have grown to love anti-hero Captain Kassie Kasselman since Rudie van Rensburg’s first crime novel, Slagyster (2013). His unique style of detective story, with a strong focus not only on the investigation but also on the criminals in question, creating a complex and satisfying web of motives and plot, is now available in English for the first time.

Doolhof (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Doolhof (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Omstrede en skatryk oud-politikus Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi het nie minder nie as ses verdagtes.

’n Britse ondersoeker is op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ’n platsakman steier telkens terug van die samelewing se dwarsklappe. Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle.

Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit ̶ en met die perfekte moord wegkom?

Medusa (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Medusa (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

'n Vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy altyd afsydig moet staan van 'n saak, anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak krioel in sy binneste soos 'n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak . . . En die slagoffers gil desperaat om hulp. In Medusa boor Van Rensburg 'n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman.

Pirana (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Pirana (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
Van die Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers; tussen 'n verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige visdam en die glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind - of Rooi se vrou is visvoer.

Dwelm (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Dwelm (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Twee gewese speurders word koelbloedig langs 'n plaasdam afgemaai. En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by 'n uitgedunde Paarlse speurspan wat al 'n week lank daarmee kleitrap.

Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle 'n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is. Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak.

Geraamtes uit die verlede, 'n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, 'n leier van 'n eens berugte tronkbende, en 'n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het?

Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy 'n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie.

Kamikaze (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kamikaze (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R517 Discovery Miles 5 170 Out of stock

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wat hy nóú alles oor die SAPD lees . . . Hy't juis 'n ander werksaanbod. En dan kom hy teen die grieseligste booswig nóg te staan, en moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie, wapenhandelkorrupsie en 'n moordenaar uit jou nagmerries . . .

Pirana (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Pirana (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R531 Discovery Miles 5 310 Out of stock

Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het? Van die Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers; tussen 'n verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige visdam en die glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind - of Rooi se vrou is visvoer.

Judaskus (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Judaskus (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R531 Discovery Miles 5 310 Out of stock

Beendere word gevind op 'n stortingsterrein, en skielik moet speurder Kassie Kasselman nuut dink oor ou moordsake. Gou begin die moorde vinnig opmekaar kom, en tussendeur die nuwe buurvrou wat Kassie se kop aan't swymel het, én sy enorme posseël-meevaller weens nog 'n moord, moet hy uitwerk waarom 'n geheimsinnige bende skynbaar besig is om sigself uit te roei. Elke warm leidraad lewer 'n koue lyk op, en Kassie kan nie voorbly nie . . .

Kopskoot (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kopskoot (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R531 Discovery Miles 5 310 Out of stock

Dit lyk asof kaptein Kassie Kasselman met 'n reeksmoordenaar te kampe het toe Kaapstad se ses en vyftigjarige mans kopskote begin kry. Maar Kassie is nie oortuig die moorde dui nie op iets anders nie . . .

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bubbles and Machines - Gender…
Micky Lee Paperback R697 Discovery Miles 6 970
Complex Networks VII - Proceedings of…
Hocine Cherifi, Bruno Goncalves, … Hardcover R4,852 Discovery Miles 48 520
General Systems Theory - A Mathematical…
Yi Lin Hardcover R4,459 Discovery Miles 44 590
Natural Locomotion in Fluids and on…
Stephen Childress, Anette Hosoi, … Hardcover R3,077 Discovery Miles 30 770
Arithmetic Upon the Inductive Method of…
Warren Colburn Paperback R505 Discovery Miles 5 050
Emancipatory Feminism In The Time Of…
Vishwas Satgar, Ruth Ntlokotse Paperback R420 R215 Discovery Miles 2 150
Nonlinear Dynamical Systems with…
Viet-Thanh Pham, Sundarapandian Vaidyanathan, … Hardcover R6,619 Discovery Miles 66 190
Stiletto Feminism for Beginners
Helen Cox Hardcover R634 Discovery Miles 6 340
Collective Beings
Gianfranco Minati, Eliano Pessa Hardcover R4,475 Discovery Miles 44 750
Symmetry and Collective Fluctuations in…
Smith Paperback R774 Discovery Miles 7 740

 

Partners