0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (12)
  • R250 - R500 (42)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > New Reads > Afrikaans

Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback): Willie Strauss Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback)
Willie Strauss
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is ‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol heerlike, pretensielose resepte.

In sy sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak Willie vinnige en maklike kos wat hy vir gaste as ’n visuele en kreatiewe fees voorsit. Die leser kan uitsien na meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy in jou koskas het. Willie se stories gaan jou laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros blaardeeg.

Interessante nuutjies soos vye-en-biltong-paella is ook op die spyskaart en Sinkhuisresepte sluit selfs af met peuselhappies vir jou dierekinders.

Nostalgiese stories en resepte waarmee jy grootgeword het is so deel van Willie dat jy nie kan help om met ’n glimlag na hom te luister of sy stories te lees en sy resepte te gebruik nie. Hierdie boek nooi jou om saam met Willie in sy sinkhuis te kuier.

Die Dogters van Casalina (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Die Dogters van Casalina (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R300 R239 Discovery Miles 2 390 Save R61 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.

Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook ’n hegte vriendin.

’n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na ’n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld.

Maar die teenwoordigheid van ’n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie. Tydens Kerstyd by Casalina ontvou ’n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met ’n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in ’n sirkel van genade kan terugkeer.

Die Moord op Liezel de Jager (Afrikaans, Paperback): Anena Burger Die Moord op Liezel de Jager (Afrikaans, Paperback)
Anena Burger
R300 R239 Discovery Miles 2 390 Save R61 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Op 13 Oktober 2021 is Suid-Afrika tot stilstand geruk deur die nuus oor dominee Liezel de Jager, geliefde leraar van die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, wat in die oprit van die pastorie vermoor is toe sy terugkeer van haar daaglikse oggenddraf saam met vriende. Dit was ondenkbaar dat ’n geestelike leier soos sy, wat ’n enorme impak op haar gemeenskap gehad het, so wreed weggeruk kon word.

Maar nog vreemder gebeure volg in die dae en jare na haar moord. Haar man, Werner, verdwyn skielik spoorloos en word later in ’n bedenklike toestand in ’n suikerrietplantasie gevind. Hy vermoed dat hy moontlik deur Liezel se moordenaars aangeval is. Benewens verskeie ander amper-noodlottige gebeure rondom Werner, is hy later ook in ’n ongeluk betrokke waar nog twee vroue dood is. Om alles te kroon, sloer die polisie twee jaar lank voordat hulle met die moordondersoek begin.

Intussen voer Liezel se ouers ’n volgehoue stryd om geregtigheid vir hul dogter te kry.

Dit loop uit op ’n suksesvolle hofsaak teen die minister van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, met die gevolg dat Werner weens die moord op sy vrou in hegtenis geneem word, maar later onder misterieuse omstandighede in die hospitaal sterf. Die moord bly onopgelos.

Wilde Vere (Afrikaans, Paperback): Hendie Grobbelaar Wilde Vere (Afrikaans, Paperback)
Hendie Grobbelaar
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar vyftigste verjaardag is sy moedeloos en bemoerd. Sy is ’n vreemdeling vir haarself en almal soek ’n hap van haar. Haar dobbelverslaafde man, Jan, niksnut van ʼn seun, Evan, die verarmde kleinhoewe en die versorging van haar hoenders druk swaar op haar skouers.

Dan kom Evan terug ná ’n verkwiste gap-jaar in Engeland saam met Sue, sy swanger meisie van Indonisiese afkoms. Twee agtereenvolgende tragedies laat hul wêreld aan skerwe spat en boonop is ’n opgesmukte geldskieter op Pop se spoor.

Wanneer Sue haar wortels in Bali gaan soek, besluit Pop om ook sin van haar eie lewe te gaan maak op dié eiland van die gode. Sal Evan alleen staande bly? Gaan skoonma en skoondogter kry waarna elkeen van hulle smag? En sal Maria Magdalena, die verstote hoenderhen en Sue se enigste vertroueling, ook haar tuiskoms kry?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Disciple - Walking With God
Rorisang Thandekiso, Nkhensani Manabe Paperback  (1)
R280 R250 Discovery Miles 2 500
Asia-Pacific Nations in International…
C. Aoi, Y. Heng Hardcover R1,887 Discovery Miles 18 870
Africa's Business Revolution - How to…
Acha Leke, Mutsa Chironga, … Hardcover  (1)
R706 R645 Discovery Miles 6 450
LOVE YOUR AINU KEN AND PLAY SUDOKU AINU…
Loving Puzzles Paperback R476 Discovery Miles 4 760
Look Out - A Young Adult Dystopian Spy…
A R Shaw Paperback R295 Discovery Miles 2 950
LISS 2021 - Proceedings of the 11th…
Xianliang Shi, Gabor Bohacs, … Hardcover R5,986 Discovery Miles 59 860
WTF - Capturing Zuma: A Cartoonist's…
Zapiro Paperback R295 R272 Discovery Miles 2 720
Fear - An Alternative History Of The…
Robert Peckham Paperback R727 R632 Discovery Miles 6 320
Mandela Dead And Alive 1976 - 2001
Edouard J. Maunick Paperback R36 Discovery Miles 360
The Dynamics of Control
Fritz Colonius Hardcover R4,360 Discovery Miles 43 600

 

Partners