|
|
Books > Social sciences > Warfare & defence > War & defence operations > Battles & campaigns
Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die
Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die
nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van
getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent
na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na
Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit
gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier
verskillende lande gehad het, die ster was van ’n
Boereoorlogskouspel, aan ’n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as
vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy
dood op die punt was om ’n film in Hollywood te vervaardig.
’n Prentjie van ’n komplekse persoonlikheid kom na vore wat
herinner aan ’n deel van die huidige generasie Afrikaners – minder
godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te
emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.
|
You may like...
Hondman
Dav Pilkey
Paperback
R275
R246
Discovery Miles 2 460
|