0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (51)
  • R100 - R250 (320)
  • R250 - R500 (911)
  • R500+ (39)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Gouelokkies en die Professor (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje Gouelokkies en die Professor (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Op skool was sy dié meisie: mooi en gewild met skatryk ouers.

Tien jaar later is Connie Verster se lewe ’n omgekeerde sprokie: van Gouelokkies tot Aspoestertjie. Nou is sy ’n gesk eide enkelouer wat spartel om kop bo water te hou.

Dan stap die destydse bleeksiel Stef Neetlingh op ’n dag by haar gastehuis in. Connie herken glad nie die aantreklike man nie. Stef is dit te wagte: Vir hom is Connie steeds die goue meisie wat vaaljapies soos hy miskyk. Hoekom kan hulle dan nie ophou om aan mekaar te dink nie?

'n Trekker vir Twee (Afrikaans, Paperback): Ilze Beukes 'n Trekker vir Twee (Afrikaans, Paperback)
Ilze Beukes
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ansone wou nog altyd boer en nou gaan daardie droom bewaarheid word. Haar oorlede oom Simon het sy plaas aan haar bemaak en sy is reeds verlief op daardie pragtige stuk grond: Die rondawel, die oopte, die mooiste berge.

Hoekom is Milner, daardie omgesukkelde boer, dan so teen haar planne gekant?

Sy sál haar nie deur hom van stryk laat bring nie, nie eens wanneer die noodlot haar in sy opstal laat beland nie ...

Roxy (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Roxy (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie. Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose, skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.

Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die enigste sekerheid in Roxy se nuwe wêreld blyk Ouma Lot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .

Tussen Klank en Kleur (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Tussen Klank en Kleur (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die kunstenaar Marieke Marais gebruik ’n koffietafelboek waaraan sy werk as verskoning om te vlug van haar manupilerende eksverloofde. Sy gaan bly in afsondering in ’n berghuis om haar opdrag te voltooi.

Toe haar nuwe buurman haar as sy verbeelde trouvrou voorhou om die attensies van sy baas se besitlike dogter te ontwyk, word Marieke se lewe van voor af gekompliseer.

Sal sy kan onderskei tussen voorgee en werklike liefde? En sal sy haarself van ander se manupilasie kan bevry?

The Good Doctor (Paperback): Damon Galgut The Good Doctor (Paperback)
Damon Galgut
R290 R268 Discovery Miles 2 680 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

When Laurence Waters arrives at his rural hospital posting, Frank, a fellow doctor there, is instantly suspicious. Laurence is everything Frank is not – young, optimistic and full of new schemes. The two become uneasy friends, while the rest of the staff in the deserted hospital view Laurence with a mixture of awe and mistrust.

The town beyond the hospital is also coping with new arrivals, and the return of old faces. The Brigadier – a self-fashioned dictator from apartheid days – is rumoured to still be alive. And down at Mama’s Place, a group of soldiers has moved in with their malign commandant, a man Frank has met before and is keen to avoid. Laurence wants to help – but in a world where the past is demanding restitution from the present, his ill-starred idealism cannot last.

In gleaming prose Damon Galgut has created a literary thriller out of an unlikely friendship. The Good Doctor is a gripping novelistic high-wire act

Sy Proe Soos Heuning (Afrikaans, Paperback): Ciska Olivier Sy Proe Soos Heuning (Afrikaans, Paperback)
Ciska Olivier
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Irma het ’n bakkievrag probleme. Daar is haar eks-verloofde, ’n sukkelende trekker en ’n koei wat dringend mediese hulp benodig.

Boonop is Michael, die veearts wat tydelik in Mariental kom waarneem en in die woonstel op hulle plot kom bly, die allerlaaste man wat sy weer wil sien!

Sy probeer uit Michael se pad bly, maar hul paaie bly kruis. Sal sy sy sjarme kan weerstaan?

Die Hart Het Geheime (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Die Hart Het Geheime (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Claire Odendaal moet geld verdien vir haar verdere grade om sielkundige te word. Sy word ’n au pair vir die moeilike stiefdogter van wewenaar Adrian Lawrence, eienaar van ’n landgoed en ’n tegnomaatskappy.

Claire en Adrian is aangetrokke tot mekaar, maar sy is ambisieus en hy wil nie weer trou nie. Daarby is Adrian se rokjagterbroer Wayne agter Claire aan en daar is kriminele aktiwiteite in die Lawrencefamilie.

Kan Claire Adrian vertrou? En wil sy in so ’n opset inp as?

The Silence Of The Shadows (Paperback): Cathy Donald The Silence Of The Shadows (Paperback)
Cathy Donald
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Five very different women... Cape Town is home to each one of them. Surrounded by its mountains and seas, but also by the struggles and difficulties of a young post-transformation country, each one lives out her separate life. Then fate begins to intertwine their lives through a series of circumstances...

Faith, who has taken on a job as part-time receptionist in Bethany’s practice, is physically abused by her manipulative and controlling husband. Between Bethany and Rafiqah, the detective who investigates her case, they manage to persuade her to prosecute him and this involves the legal help of Lindiwe, the public prosecutor. But Lindiwe’s nightmare past means that her involvement in cases of abuse can never be totally objective. Ayesha, who teaches Bethany’s young daughter notices subtle changes in the little girl’s behaviour and, together with Faith, makes a shocking discovery.

The Silence of the Shadows is a novel about the strength and frailty in each of us, the recognition that at different times we can be either the helper or the helped and that it is totally acceptable to be both.

Jagter (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Jagter (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan.

Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom.

Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou.

Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.

Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.

In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.

Rendezvous in Santa Cruze (Afrikaans, Paperback): Judy Troskie Rendezvous in Santa Cruze (Afrikaans, Paperback)
Judy Troskie
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Samantha Loots se man verlaat haar vir sy sekretaresse nadat sy nie vir hom ’n kind kon gee nie.

Hartgebroke en vasberade om nooit weer ’n man in haar lewe toe te laat nie vertrek sy na die Kanarie-eilande vir ’n drie maande lange navorsingsprojek.

Daar probeer Raymond Visser sy bes om haar van haar voorneme te laat vergeet …

Sal sy die pynlike letsels van haar huwelik en kindertyd kan vergeet en Raymond toelaat om haar nuwe lewensvreugde te gee?

Om Karolien te beskerm (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Karolien te beskerm (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Karolien Watermeyer het haar eie patisserie in Kaapstad en geniet haar lewe. Dis net die liefde wat kort. Niemand kon haar nog laat voel soos Stefan Bosman wat haar op haar sestiende verjaardag gesoen het nie.

Stefan kon Karolien nooit heeltemal vergeet nie. Maar hy het ’n sekuriteitsfirma en ’n verhouding hou gevare in. Die vreemde motor by Karolien se blyplek bevestig dat ou vyande weer op sy spoor is.

Kan hy vir Karolien beskerm sonder om sy hart te verloor?

Middernag (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Middernag (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.

'n Kersboom van Hout (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Kersboom van Hout (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

San-Marie Crafford se drie vriendinne is getroud met die mededirekteure in ’n maatskappy. Nou is die vierde direkteur, Jacques Myburgh, skielik heeltyd onder haar voete. Sy weet uit ervaring gelukkige eindes bestaan nie en stel nie belang in romanse nie.

Jacques het geweet iets aan San-Marie hinder hom, maar die dagin haar werkswinkel besef hy eers hoekom. Iemand met sy agtergrond kan mos nie dink aan trou en gelukkige eindes nie? Of kan ’n Kersboom van hout alles verander?

Black Diamond (Paperback): Zakes Mda Black Diamond (Paperback)
Zakes Mda 2
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Kristin Uys is a tough Roodepoort magistrate who lives alone with her cat. She is on a one-woman crusade to wipe out prostitution in the town for reasons that have personal significance for her. Although she is unable to convict the Visagie Brothers, Stevo and Shortie, on charges of running a brothel, she manages to nail Stevo for contempt of court and gives him a summary six-month sentence.

From Diepkloof Prison, the outraged Stevo orchestrates his revenge against the magistrate, aided and abetted by his rather inept brother Shortie and his erstwhile nanny, Aunt Magda, who believes mass action will force the powers that be to release Stevo.

Kristin receives menacing phone calls and her home is invaded and vandalised. Even her cat is threatened. The chief magistrate insists on assigning a bodyguard to protect her. To Kristin’s consternation, security guard Don Mateza moves into her home and trails her everywhere. Nor does this suit Don’s long-time girlfriend Tumi, former model and successful businesswoman, who is intent on turning Don into a Black Diamond sooner rather than later. And Don soon finds that his new assignment has unexpected complications which Tumi simply does not understand.

In Black Diamond, Zakes Mda tackles every conceivable South African stereotype, skilfully (and with the lightest touch) turning them upside down and exposing their ironies, often hilariously. This is a clever, quirky novel that captures the essence of contemporary life in Gauteng and will resonate with all South Africans.

Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Sophia Joubert en haar skoonfamilie is na afloop van die Anglo-Boereoorlog weer vry om terug te keer na die verwoeste familieplaas – sonder vee en sonder kos. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed en word haar wange warm.

Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Op geluk by ’n man wat haar kan aanvul en verstaan?

Daar heers egter onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.

A Bicycle, A Chess Set, An African River (Paperback): Shiloh Noone A Bicycle, A Chess Set, An African River (Paperback)
Shiloh Noone 1
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

What makes Pat Simmons, a retired engineer, give up his comfortable middle class living and wade across a crocodile infested river with a bicycle strapped to his back, in order to teach chess to schoolchildren at the Mission station?

Die Huis op die Hoek (Afrikaans, Paperback): Madeleine Louw Blignault Die Huis op die Hoek (Afrikaans, Paperback)
Madeleine Louw Blignault
R300 R255 Discovery Miles 2 550 Save R45 (15%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is 1950 en Pasgatyd in Oudtshoorn. Leah Abrams, ’n jong entoesiastiese navorser in antieke tale, kuier by haar Joodse rabbi pa en sy tweede vrou, Daniela. Hulle is albei navorsers oor, onder andere, die geskiedenis van Israel. Maar daar heers konflik in die huis want Leah wil gesels oor die Messias wie sy leer ken het in haar studies, en haar Joodse gesin is nie ontvanklik daarvoor nie.

Diverse kultuur- en geloofsgroepe en na-oorlogse politieke kwessies skep ook probleme vir die Abrams-gesin en hul tuisdorp. ’n Sluipmoordaanval krap wonde en geheime in die dorp en Leah se gesin oop en die plaaslike polisie se vooroordele help nie die ondersoek na die skuldige aan nie …

Leah is oorweldig deur seer en onsekerheid. Maar sy begin stadig maar seker by mense wie sy nooit sou verwag het leer dat vergifnis, verhoudings en liefde die dinge is wat mense bymekaar bring, ongeag van hulle stand of kultuur. Sy besef ook met die hulp van ander dat God nie tussen die blaaie van ’n boek leef nie, maar in jou hart. Dalk het die Here nog heeltyd ’n ander plan gehad vir die mense in Die huis op die hoek.

Dominique (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Dominique (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.

Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan.

Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.

Seenimf en die Skeepsdokter (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Seenimf en die Skeepsdokter (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Verpleegsuster Kira Louw gaan werk op die Sea Nymph-toerskip sodat sy van ’n teisteraar af weg kan kom.

Sy en die aantreklike dokter Albert Dorell is dadelik aangetrokke tot mekaar maar albei het voorbehoude. Kira is nou lugtig vir mans. Albert se pa se ryk familie op Malta het op sy ma neergesien en sy ouers is geskei.

Vroue is net so aangetrokke tot Albert as wat mans tot Kira is. Sal die liefde seëvier?

Voetstoots (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Voetstoots (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer.

’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het.

Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.

Skakerings van liefde (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skakerings van liefde (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste staak en uit haar skilder ye ’n bestaan maak.

Plaaseienaar Ryno de Villiers ontferm hom oor haar en laat haar toe om in ’n vervalle kothuis op sy plaas te bly.

Ryno is ’n bekende sanger wat oral in die land optree. Hy en Barbara is aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie en boonop hulle is t eenoorgesteldes.

Die liefde het vele skakerings. Sal hulle bymekaar kan aanpas?

The Distance (Paperback): Ivan Vladislavic The Distance (Paperback)
Ivan Vladislavic
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

In the spring of 1970, a Pretoria schoolboy falls in love with Muhammad Ali. He begins to collect cuttings about his hero from the newspapers, an obsession that grows into a ragged archive of scrapbooks. Forty years later, when Joe has become a writer, these scrapbooks both insist on and obscure a book about his boyhood. He turns to his brother Branko, a sound editor, for help with recovering their shared past. But can a story ever belong equally to two people? Is this a brotherly collaboration or a battle for supremacy?

This is an intricate puzzle of a book by a writer of lyrical power and formal inventiveness. Against a spectacular backdrop, the heyday of the greatest showman of them all, Vladislavić unfolds a small, fragmentary story of family life and the limits of language. Meaning comes into view in the spaces between then and now, growing up and growing old, speaking out and keeping silent.

Swyg (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Swyg (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...

In 2009 word Stellenbosch geruk deur ’n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van ’n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar swyg soos die graf oor die voorval. Dokters beweer sy ly aan psigotiese geheueverlies weens die dwelms wat in haar bloedmonsters gevind is, maar almal het hulle bedenkinge.

’n Paar jaar later jaag die bekende digter en dosent Didi Donkermann, geheime en al, by Voëlklip oor die afgrond in ’n vermeende selfdood.

Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil sien. Ná jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat ’n jong skrywer sy nuutste boek geplagieer het.

Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord, obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid na soveel jare se stilswye?

Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld.

Disgrace (Paperback, New edition): J. M. Coetzee Disgrace (Paperback, New edition)
J. M. Coetzee 3
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

After years teaching Romantic poetry at the University of Cape Town, David Lurie, middle-aged and twice divorced has an impulsive affair with a student. The affair sours; he is denounced and summoned before a committee of inquiry. Willing to admit his guilt, but refusing to yield to pressure to repent publicly, he resigns and retreats to daughter Lucy’s isolated smallholding.

For a time, his daughter’s influence and the natural rhythms of the farm promise to harmonise his discordant life. But the balance of power in the country is shifting. He and Lucy become victims of a savage and disturbing attack which brings into relief all the faultlines in their relationship.

Sien Jy My Nou? (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Sien Jy My Nou? (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Monica bewaar al vir meer as ses jaar lank ’n geheim wat maak dat sy soms te koketterig optree teenoor Johan, haar broer se beste vriend. Sy is vasbeslote dat hy nooit die rede mag uitvind nie.

Toe Johan egter ná ’n gru-ongeluk in die hospitaal opgeneem word, smeek sy vriende en familie vir Monica om hom te versorg.

Johan is ’n skaduwee van die mens wat hy was en ’n beduiwelde een daarby. Hy weier dat Monica hom tuis verpleeg, maar sy beste vriendin beraam ’n plan.

Gaan die plan Monica duur te staan gaan kom of gaan dit haar uiteindelik vryspreek?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Measure for Measure: York Notes Advanced…
Emma Smith Paperback  (2)
R243 R222 Discovery Miles 2 220
Iron and Steel - Machinery's Reference…
Erik Oberg, E. R. Markham Paperback R490 Discovery Miles 4 900
Sheehy's Emergency Nursing - Principles…
Emergency Nurses Association, Ena Hardcover R3,737 Discovery Miles 37 370
Fast Facts About Neurocritical Care - A…
Diane C. McLaughlin Paperback R1,148 R902 Discovery Miles 9 020
Translation Medic - Russian, Chinese…
Nicholas Koo, Jessica Nguyen Paperback R666 Discovery Miles 6 660
Women's Agency in the Dune Universe…
Kara Kennedy Hardcover R3,372 Discovery Miles 33 720
Clementoni Mechanics Crawler Farming…
R757 R695 Discovery Miles 6 950
Geo-Spatiality in Asian and Oceanic…
Shiuhhuah Serena Chou, Soyoung Kim, … Hardcover R3,899 Discovery Miles 38 990
Gigo Junior Engineer Planes
R699 R619 Discovery Miles 6 190
Psychopathy Within
Eve Maram Hardcover R1,638 Discovery Miles 16 380

 

Partners