0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (63)
  • R100 - R250 (272)
  • R250 - R500 (761)
  • R500+ (46)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Donkerdrif (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Donkerdrif (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 3
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Koelbloedige moord by die Kaapse Waterfront. Wat dalk verband hou met geheimsinnige briewe wat geskorste luitenante Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het.

Maar eers moet Bennie-hulle op Stellenbosch soek na ’n verdwene student, en die spoor vat van die eiendomsagent wat die kooptransaksie van Donkerdrif, korporatiewe swendelaar Jasper Boonstra se peperduur wynplaas, behartig het.

Stadigaan besef die speurders al hul ondersoeke het ’n gemene deler: die donkerste drif, gierigheid.

Maanengel (Afrikaans, Paperback): Wilreza Smit-Theron Maanengel (Afrikaans, Paperback)
Wilreza Smit-Theron
R100 R90 Discovery Miles 900 Save R10 (10%) In Stock

Waar begin mens weer soek vir hoop ná hartbreek?

Ná haar ouers se skielike afsterwe vestig Monya haarself op Franskraal om te probeer vrede vind. Maar selfs naby die see ervaar sy dat niks haar meer opgewonde maak nie. Tot die aand wat sy vir Lukas vir die eerste keer op die strand sien.

Terwyl hy kruisbeen op die sand sit en mediteer, met die volmaan wat bo hom uitstyg, herinner hy haar aan 'n maanengel. Nou kom verf dié maanengel haar hart en siel lig, en sy raak gou onherroeplik verlief op hom. Maar dan ontmoet sy vir Vicky, Lukas se beeldskone eks wat steeds deel is van sy lewe. Nou wonder Monya hoe ernstig hulle verhouding is en waar háár plek in hierdie prentjie is.

Kan twee mense wat albei moes leer om verlies te verwerk mekaar se harte weer heel maak? Dalk meer belangrik: Is hulle dapper genoeg om die kans te waag?

Die skrywer se liriese skryfstyl en voorliefde vir die natuur skemer deur in prentjiemooi tonele. Temas wat aangespreek word sluit in die verwerking van verlies en die krag van liefde om hoop te herstel.

Stroomop (Afrikaans, Paperback): Adeline Radloff Stroomop (Afrikaans, Paperback)
Adeline Radloff
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 5 - 7 working days

Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s 'n uitgebrande chirurg, 'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, 'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is 'n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf – of hy, en hulle, oorleef dalk nie.

'n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd.

Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin 9de Augustus* landwyd draai.

Splinters van Liefde (Afrikaans, Paperback): Alma Carstens Splinters van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Alma Carstens
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alma Carstens se eerste omnibus ...

Splinters van liefde is 'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel.

Kaapse draai:

Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op 'n man se advertensie dat hy na 'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal 'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ... Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie.

Tyd sal leer:

Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in 'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie - en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees.

Luca se obsessie:

Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat 'n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat 'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...

Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mariette en Hannes was mekaar se skoolliefdes.Twaalf jaar later kruis hul paaie weer. Nou is hy Hank Grey, die bekende Hollywoodster, en sy bestuur ’n agentskap wat lyfwagte en beskerming aan BBP’s bied.

Kort voor lank begin die vlamme van hul vergete liefde brand.

Spud ? Exit, Pursued By A Bear (Paperback): John van de Ruit Spud – Exit, Pursued By A Bear (Paperback)
John van de Ruit
R270 R249 Discovery Miles 2 490 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

After an unexpected and diabolical farewell breakfast conversation with his father, Spud Milton returns to boarding school for his 1993 Matric year, his last as a schoolboy. Armed with a prefects’ tie and a raging libido, Spud soon discovers that being a large(ish) fish in a small pond has its fair share of challenges.

He finds himself embroiled in fighting for his own room, directing a house play where both lead actors refuse to learn their lines, and assisting in Vern Blackadder’s dramatic return from the dead with nothing more than a drip cord and a pair of oven gloves.

Amidst mounting pressure in the classroom and on the cricket field, Spud prepares to face down the most feared and dreaded challenge of them all – finding a date for the Matric dance.

In this hilarious final instalment of the Spud series John van de Ruit brings to a close his savagely funny blow by blow account of the agonies of growing up. The embarrassments, the thrills, the defeats, and the sheer -absurdity of daily life are wittily recorded in Spud’s unique voice as he prepares to make his own exit, pursued by a bear.

Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans?

Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.

Running & Other Stories (Paperback, New): Makhosazana Xaba Running & Other Stories (Paperback, New)
Makhosazana Xaba 1
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Turning her back on what is considered conventional, Makhosazana Xaba engages with her subject-matter on a revolutionary level in Running and Other Stories.

She takes tradition - be that literary tradition, cultural tradition, gender tradition - and re-imagines it in a way that is liberating and innovative. Bracketed by Xaba's revisitings of Can Themba's influential short story, The Suit, the ten stories in this collection, while strongly independent, are in conversation with one another, resulting in a collection that can be devoured all at once or savoured slowly, story by story.

By re-envisioning the ordinary and accepted, Xaba is creating a space in which women's voices are given a rebirth.

The Good Doctor (Paperback): Damon Galgut The Good Doctor (Paperback)
Damon Galgut
R290 R268 Discovery Miles 2 680 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

When Laurence Waters arrives at his rural hospital posting, Frank, a fellow doctor there, is instantly suspicious. Laurence is everything Frank is not – young, optimistic and full of new schemes. The two become uneasy friends, while the rest of the staff in the deserted hospital view Laurence with a mixture of awe and mistrust.

The town beyond the hospital is also coping with new arrivals, and the return of old faces. The Brigadier – a self-fashioned dictator from apartheid days – is rumoured to still be alive. And down at Mama’s Place, a group of soldiers has moved in with their malign commandant, a man Frank has met before and is keen to avoid. Laurence wants to help – but in a world where the past is demanding restitution from the present, his ill-starred idealism cannot last.

In gleaming prose Damon Galgut has created a literary thriller out of an unlikely friendship. The Good Doctor is a gripping novelistic high-wire act

Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin ’n boek-en-koffiewinkel terwyl sy werk soek.

Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buitendien liefde bestaan net in feëverhale.

A Sin Of Omission (Paperback): Marguerite Poland A Sin Of Omission (Paperback)
Marguerite Poland 1
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

In the Eastern Cape, Stephen (Malusi) Mzamane, a young Anglican priest, must journey to his mother’s rural home to inform her of his elder brother’s death.

First educated at the Native College in Grahamstown, Stephen was sent to England in 1869 for training at the Missionary College in Canterbury. But on his return to South Africa, relegated to a dilapidated mission near Fort Beaufort, he had to confront not only the prejudices of a colonial society but the discrimination within the Church itself.

Conflicted between his loyalties to the amaNgqika people, for whom his brother fought, and the colonial cause he as Reverend Mzamane is expected to uphold, Stephen’s journey to his mother’s home proves decisive in resolving the contradictions that tear at his heart.

Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!

Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.

Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.

Daar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?

Ná ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.

As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word. Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.

En Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.

Meer As Blomme (Afrikaans, Paperback): Ilde Grove Meer As Blomme (Afrikaans, Paperback)
Ilde Grove
R100 R90 Discovery Miles 900 Save R10 (10%) In Stock

Sy liefde is soos die eerste lenteblom.

Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie.

Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees?

Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.

A Bed On Bricks - And Other Stories (Paperback): M.A. Kelly A Bed On Bricks - And Other Stories (Paperback)
M.A. Kelly
R290 R268 Discovery Miles 2 680 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

A Bed on Bricks gives a gift of nine stories, each tracing complex psychological journeys and relationships pulled apart by chasms of culture, age, class, race and place.

Fumbling for one another across these divides, characters are as rich and diverse as the southern African landscapes they inhabit; an out-of-place academic encounters unusual findings, a too-kind school teacher gets drawn into a drama not of his making, ambitious film-makers go in search of (mis)adventure, children encounter puberty and cross-continental lovers slowly drift apart.

As we delve deeper and deeper into the minds and feelings of these characters, we become ever more immersed in their psychologies, caught up in the tension of their relationships and the suspense of their stories.

The Imagined Child (Paperback): Jo-Anne Richards The Imagined Child (Paperback)
Jo-Anne Richards
R260 R236 Discovery Miles 2 360 Save R24 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Odette is a script writer for a popular TV soap opera. When she moves to the small Free State town of Nagelaten she hopes to leave her problems – of family, fraught relationships and experiences of crime – behind in Joburg. To the dwellers of Nagelaten, Odette appears to be escaping a painful break-up in a place she knows no-one – and won’t have to share her secrets.

When Odette begins seeing the local engineer, Adriaan, also an outcast in this small town, secrets begin to surface around the murder of Adriaan’s wife. Odette’s world begins to unravel, when her ‘troubled’ daughter, Mandy, is suspected of killing the baby she was au-pairing in the UK and soon comes to live with Odette, who has a secret of her own. It isn’t until Mandy befriends a strange man named Wolfie that Odette finally begins to question the mysteries of the small town.

Odette is forced to face her mistakes of the past and the truth of a murder long since buried with the dead. The Imagined Child is a carefully plotted ‘whodunit’ that combines Jo-Anne’s trademark lyrical style with tight suspense and will keep you guessing until the last page.

Web van Liefde (Afrikaans, Paperback): Rykie Roux Web van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Rykie Roux
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) In Stock

Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.

Monstersaad (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Monstersaad (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Renata, ’n forensiese sielkundige, ondersoek ’n saak waarin ’n sestienjarige meisie gesterf het: volgens die polisie was dit selfmoord en volgens die oorledene se familie was dit nie. Renata glo laasgenoemde maar sy het bewyse daarvoor nodig.

Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Walters Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Walters
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geboei aan die verlede ...

Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.

Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.

Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie ’n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...

Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie.

Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?

Om Te Lewe, Om Te Sterwe (Afrikaans, Paperback): Quintus van der Merwe Om Te Lewe, Om Te Sterwe (Afrikaans, Paperback)
Quintus van der Merwe
R260 R240 Discovery Miles 2 400 Save R20 (8%) Ships in 5 - 10 working days

’n Bom ontplof net voor Kersfees in Kopenhagen se besigste inkopiestraat. Die ekstremistiese terreurorganisasie wat verantwoordelikheid opeis, kondig in ’n videoboodskap aan dat dit die begin van ’n globale terreuraanslag is. Op dieselfde dag ontplof ‘n bom in ‘n moskee in Kaapstad. ’n Jong Nederlandstalige vrou word met ernstige brandwonde in die puin gevind en ’n Suid-Afrikaner word vir moontlike betrokkenheid gearresteer.

Die voormalige diplomaat, Johan Castelyn, wat in Antwerpen woon en koverte inligtingswerk vir die Franse Geheimediens doen, word opdrag gegee om in Amsterdam en Kaapstad antwoorde te vind om verdere aanvalle te help voorkom. Johan is verras om te verneem dat van sy familie wat verregse bande het, ook by die aanval betrek word.

Voor sy vertrek vra ‘n oud-kollega en nou ambassadeur in Washington DC, vir Johan om sy dogter se aktiwiteite en betrokkenheid by ’n ekstremistiese geestelike leier te ondersoek. Persoonlik sien hy uit na die besoek aan sy geboorteland met die vooruitsig om ’n vriendin van vroeër op te soek.

Hoe gaan Johan en agente van verskeie veiligheidsdienste die dreigende vlamme blus voordat dit in ’n inferno verander? En wie gaan lewe en wie gaan sterwe?

Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?

Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min.

Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.

Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.

Tydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?

How To Be A Revolutionary (Paperback): C. A. Davids How To Be A Revolutionary (Paperback)
C. A. Davids
R339 Discovery Miles 3 390 Ships in 9 - 17 working days

An extraordinary, ambitious, globe-spanning novel about what we owe our consciences.

Fleeing her moribund marriage in Cape Town, Beth accepts a diplomatic posting to Shanghai. In this anonymous city she hopes to lose herself in books, wine, and solitude, and to dodge whatever pangs of conscience she feels for her fealty to a South African regime that, by the 21st century, has betrayed its early promises.

At night, she hears the sound of typing, and then late one evening Zhao arrives at her door. They explore hidden Shanghai and discover a shared love of Langston Hughes–who had his own Chinese and African sojourns. But then Zhao vanishes, and a typewritten manuscript–chunk by chunk–appears at her doorstep instead. The truths unearthed in this manuscript cause her to reckon with her own past, and the long-buried story of what happened to Kay, her fearless, revolutionary friend…

Connecting contemporary Shanghai, late Apartheid-era South Africa, and China during the Great Leap Forward and the Tiananmen uprising–and refracting this globe-trotting and time-traveling through Hughes’ confessional letters to a South African protege about the poet’s time in Shanghai–How to Be a Revolutionary is an amazingly ambitious novel. It’s also a heartbreaking exploration of what we owe our countries, our consciences, and ourselves.

Die Kinders Van Chronos (Afrikaans, Paperback): Pieter Aspe Die Kinders Van Chronos (Afrikaans, Paperback)
Pieter Aspe
R200 R109 Discovery Miles 1 090 Save R91 (45%) Ships in 5 - 7 working days

Van In is terug! Hierdie keer het hy net 'n skeenbeen en sy intuïsie om die donker raaisel mee op te los, maar hy moet gou speel.

Dis nie net sy loopbaan wat op die spel is nie, 'n mooi jong meisie is deur sy toedoen in die booswigte se mag.

Crackerjack (Paperback): Peter Church Crackerjack (Paperback)
Peter Church
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 8 working days

Carla Vitale’s dream is shattered when her boss and mentor, Nial Townley, disappears and his luxury vehicle is found in a crevice at the bottom of Chapman’s Peak. She turns to Daniel Le Fleur, a hacker, to help her get her life back.

Oor En Weer (Afrikaans, Paperback): Trisa Hugo, Analize Viljoen Oor En Weer (Afrikaans, Paperback)
Trisa Hugo, Analize Viljoen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sy is my buurvrou en my vriendin, en sy het net vir my ...

Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie.

Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap.

Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ’n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Everlotus Bluetooth Speaker MP-C2M…
R299 R229 Discovery Miles 2 290
Financial Mathematics - A Computational…
K. Pereira, N. Modhien, … Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Taming the Oriental Bazaar…
Pushkar Sohoni Hardcover R4,000 Discovery Miles 40 000
Dynamic Auditing - A Student Edition
B. Marx, A. van der Watt, … Paperback R1,384 R1,165 Discovery Miles 11 650
The Production of Hospice Space…
Sarah Mcgann Hardcover R4,916 Discovery Miles 49 160
Antec CSK 850W Pro PCle5.1 Gen5 80 Plus…
R1,862 Discovery Miles 18 620
The Rangers Story - 150 Years of a…
David Mason Hardcover R1,287 R1,070 Discovery Miles 10 700
Culture & Commerce - The Royal Academy…
Charles Landry Paperback R326 Discovery Miles 3 260
Multivariable Calculus, Metric Edition
Daniel K Clegg, James Stewart, … Hardcover R1,401 R1,301 Discovery Miles 13 010
Giant killers
Dene Butler & Ray Cole Paperback R235 Discovery Miles 2 350

 

Partners