![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
At a prayer meeting on a cold Rotterdam night, the young clerk Aart Anthonij van der Lingen – a pale, sickly, hunchbacked ‘fish from the North’ – is held in the charismatic Reverend Johannes Kicherer’s thrall. Lured by Kicherer’s passion, he leaves his grey and loveless life to land at the Cape of Good Hope as a lay missionary in 1800. But when the Missionary Society draws lots to determine where to send the new arrivals, Van der Lingen is sent east and Kicherer north. The hunchback missionary must make his own way in a place that, on the surface, God has forsaken – until, as the pitiless landscape and the blank faces of his would-be congregants strip Van der Lingen incrementally of his pride, he learns that he has nothing to give to the Africa that is ultimately his salvation. Based on historical figures drawn from the Cape Town Church Archives, The Hunchback Missionary is a sweeping narrative of vanity and humility, of the sacred and the profane, of how Europe’s rampant strides across newly colonised Africa led to the abyss from which a continent still struggles, today, to retreat.
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.
Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind? Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min. Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word. Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie. Tydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?
Nobel Laureate and two-time Booker prize-winning author of Disgrace and The Life and Times of Michael K, J. M. Coetzee reimagines Daniel DeFoe's classic novel Robinson Crusoe in Foe. In an act of breathtaking imagination, J.M Coetzee radically reinvents the story of Robinson Crusoe. In the early eighteenth century, Susan Barton finds herself adrift from a mutinous ship and cast ashore on a remote desert island. There she finds shelter with its only other inhabitants: a man named Cruso and his tongueless slave, Friday. In time, she builds a life for herself as Cruso's companion and, eventually, his lover. At last they are rescued by a passing ship, but only she and Friday survive the journey back to London. Determined to have her story told, she pursues the eminent man of letters Daniel Foe in the hope that he will relate truthfully her memories to the world. But with Cruso dead, Friday incapable of speech and Foe himself intent on reshaping her narrative, Barton struggles to maintain her grip on the past, only to fall victim to the seduction of storytelling itself. Treacherous, elegant and unexpectedly moving, Foe remains one of the most exquisitely composed of this pre-eminent author's works. 'A small miracle of a book. . . of marvellous intricacy and overwhelming power' Washington Post 'A superb novel' The New York Times South African author J. M. Coetzee was awarded the Nobel Prize for Literature in 2003 and was the first author to win the Booker Prize twice for his novels Disgrace and The Life and Times of Michael K. His novel set during the South African apartheid, Age of Iron, winner of the Sunday Express Book of the Year award is also available in Penguin paperback.
Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg. Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk. Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.
Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou. Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie. Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.
’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.
Ná haar liefdesteleurstelling was Rozette nie van plan om gou weer verlief te raak nie, maar toe ontmoet sy vir Durandt, ’n geskeide man wat reeds ’n meisie het. Durandt is nog nie reg vir ‘n verhouding met Rozette nie. Sal sy haar reistasse finaal by hóm uitpak?
Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél … Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie. Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn ’n ander komplikasie in haar lewe: ’n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in ’n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag. Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie. Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.
Mirre het een droom: Om as sanger in die Silver Sun Arena op te tree. Dis te sê as die befoeterde en arrogante eienaar van die arena, Eric Saunders, haar net ’n kans sal gee. Na ‘n geslaagde oudisie kry sy uiteindelik die opening optrede vir ‘n bekende oorsese musiekgroep. Eric is nie voorbereid op Mirre nie. Hy verloor sy hart op haar en dis duidelik dat sy dieselfde teenoor hom voel. Maar hoekom skram sy weg as daar oor ‘n toekoms saam gepraat word? Wat Eric nie weet nie, is dat Mirre aan ’n ongeneeslike niersiekte ly. Net ’n nieroorplanting kan haar lewe red. Sy worstel met ‘n besluit wat geneem moet word: Leef sy net een keer en gun haarself die oomblik van geluk? Of stuur sy vir Eric weg?
“Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees.” Dit was die woorde van Drien Welman aan haar oudste seun Bennie wanneer hulle vir die soveelste keer by die laaste stukkie kos in die huis gekom het. Bennie neem die leser terug na sy grootwordjare waar die Welman-gesin van nege op Simmer Deep gewoon het – van die middel sestigs tot middel tagtigs. Sy verhouding met sy pa is stormagtig want Bennie koester geen respek of liefde vir hom nie. Bernard Welman is aan die een kant ’n gewelddadige woestaard, alkoholis en ’n wildewragtig lorriedrywer en aan die ander kant ’n talentvolle musikant en sanger in eie reg. Die enigste ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul liefde vir musiek. Ten einde die donker wolk van uiterste armoede en ellendes te oorleef leer Bennie om homself te distansieer en dit stoïsyns te verduur. Hy put krag uit sy ma, ’n trotse vrou, wat deurgaans soos ’n rots onder die aanslae bly staan in ’n poging om die gesin bymekaar te hou. ’n Ballade vir Nkunzi beweeg van die een bisarre situasie na die volgende in ’n kroniek van smart, verraad en ’n goeie skeut galgehumor. Uiteindelik word dit ’n verhaal van triomf van die menslike gees oor verwoestende lewensomstandighede.
Die gode in Afrika is stom. En lui. So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg. Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller). As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
In the irreverent tradition of her best-selling Death by Carbs, Paige Nick rounds up a fresh herd of sacred cows in another hilarious local satire. But this time it’s Number One who gets the treatment. When ex-president J Muza is released from prison on medical parole for an ingrown toenail, his expectations of a triumphant return to power and admiration are cruelly dashed. His once lavish Homestead is a rotting shell, his remaining wives have ganged up on him, the Guptas have blocked his number, and not even Robert Mugabe will take his calls any more. And he just can’t seem to get his plans for world domination off the ground. Muza is banking on his memoirs full of fake news to pep up his profile, but his ghostwriter, a disgraced journalist, has problems and a tight deadline of his own. What Muza’s not banking on is a fat bill for outstanding rates on The Homestead, and a 30-day deadline to pay back the money, before the bailiffs arrive to evict him. Is Muza a mastermind, or simply a puppet who fell into the wrong hands? Who is really playing who? What are his remaining wives up to, and will they stay or will they go? And how will he ever pay back the money? Can the ghostwriter make his deadline before he winds up dead? Or are both men destined to be homeless and loathed forever?
When a beautiful young woman is found murdered on Cape Town's Seapoint promenade, police profiler Dr Clare Hart is drawn into the web of a brutal serial killer. As more bodies are discovered, Clare is forced to revisit memories of the horrific rape of her twin sister and the gang ties that bind Cape Town's crime rings. Are her investigations into human trafficking really linked to the murders or is the killer just playing sick games with her?
Tanya koop blindelings ’n huis in Dwarskersbos om weg te kom van Ben Lategan nadat sy hul verlowing verbreek het. Sy hoop om hier beheer oor haar lewe te neem en die skade te verwerk wat Ben in haar siel uitgekerf het. Sy het skaars nes geskop, toe ontmoet sy vir Ryno. Hy is alles wat Ben nie was nie, en te gou sukkel sy om haar hart vir haarself te hou. Die verlede se tentakels is egter nog nie afgekap nie, en haar probleem met vertroue dreig om hul verhouding te verwoes, veral toe ’n ou liefde uit Ryno se verlede onverwags haar opwagting maak. Sal die liefde hierdie keer die verlede se skade kan oorwin?
’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei. “Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?” Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer. “Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?” ’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.” Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.
Romanse, maar vol millenniër-kinkels “Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie. Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor. Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.” “Met ander woorde sit die drinkers op die kantlyn?” “Nee die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.” Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van haar besigheid se filiale in Kaapstad reg te ruk. Daar ontmoet sy, soos die noodlot dit wil hê, weer vir Hannah, wat 'n bietjie meer as net 'n vriendin was tydens haar universiteitsdae. Gaan sy, Hannah, 'n veilige sypaadjie wees, of 'n glibberige, maar opwindende afdraaipad? Sypaadjie is 'n romantiese drama met 'n interessante kinkel. Die storie word vertel uit 'n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naïef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae wat baie jong meisies deesdae mee sukkel, veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek 'n balans tussen liefde en 'n loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.
Waar die juffer toe gedissiplineer moet word
Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.
She tells herself an hour is not so long to wait, and steps outside.
The street is empty. Then she hears the car. She keeps still. That
saves you if you are in danger. Her daddy says so. Friday evening. A
deserted street below Table Mountain. A six year-old ballerina waits
alone for her mother to fetch her. Then an unmarked car approaches, and
she is gone. Captain Riedwaan Faizal is a member of Cape Town’s elite
Gang Unit. Tough and streetwise, he is used to being a target. But when
the danger of his anti-gang war envelops his only daughter and he
becomes the prime suspect in her abduction, there is little he can do.
He turns to Dr Clare Hart, investigative journalist and criminal
profiler. Their desperate search for the missing child, whose chances
of survival diminish with each hour, unravels a web of deception and
danger that puts all their lives at terrible risk.
’n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van ’n jong joernalis – sonder haar arm. Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie ’n ryding nie nadat ’n inwoner – ’n aantreklike een daarby – met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het. Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van ’n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur ’n soortgelyke trok getref is. Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar? Terwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as ’n haaihokduik – sonder die hok.
Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy
kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is
juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself
sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie
hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy
te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem.
’n Land in wording, ’n oorlog wat dreig, ’n kruispad kans-ontmoeting
wat alles verander.
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.” Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale. |
![]() ![]() You may like...
Biodiversity for Sustainable Development
KP Laladhas, Preetha Nilayangode, …
Hardcover
R4,436
Discovery Miles 44 360
Free Radical Biology and Environmental…
Kavindra Kumar Kesari, Niraj Kumar Jha
Hardcover
R2,417
Discovery Miles 24 170
Vasculitis In Practice - An Update on…
Reem Hamdy Abdellatif Mohammed
Hardcover
R3,477
Discovery Miles 34 770
American Sniper - The Autobiography Of…
Chris Kyle, Scott McEwen, …
Paperback
![]()
|