0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (68)
  • R100 - R250 (402)
  • R250 - R500 (916)
  • R500+ (31)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Vinkel en Koljander 4: Wilde Klawer (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Vinkel en Koljander 4: Wilde Klawer (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Solitaire, Woestynroos, Droomland en Wilde klawer is ’n vierluik oor vier vroue wat deelgeneem het aan ’n Boer soek ’n vrou-kompetisie en hulle wedervaringe daarna. Wilde klawer is die vierde boek in die reeks en gaan oor McKenna Wilde wat ’n spesiale gawe het om deur aanraking te “sien”. Vir hierdie ekstrovert wat verkies om eerder op die ligter sy van die lewe te fokus, is dit eerder ’n vloek as ’n seen. ’n Brief van ’n onbekende vrou lei haar terug na haar geboorteland, Noord-Ierland. Hier word sy gekonfronteer met haar ma se donker verlede en die Wildes se betrokkenheid by die IRL (Ierse Republikeinse Weermag) se bloedige stryd teen Britse oorheersing. Maar dit is ook ’n reis na selfontdekking. McKenna leer sy kan nie van haarself en haar herkoms vlug nie. In haar soeke na selfaanvaarding word dit vir haar duidelik ’n vrou moet eers ’n man met haar hart kan vertrou voor sy hom met haar lyf vertrou. McKenna wat nog altyd weggeskram het van blywende verhoudings sien oplaas in dat intimiteit sonder liefde bloot ’n gejaag na wind is. In Portballintrae, ’n klein hawedorpie aan die Ierse Noordkus kruis haar pad met verskeie mense s’n wat haar nie noodwendig almal goedgesind is nie. Die Donovan-broers wat ’n pub in Bushmills besit. Die Engelsman James Fellowes wat navorsing oor the Troubles doen en die Suid-Afrikaner Tim Els. Tim Els,’n tandarts wat vir twee jaar in Noord-Ierland werk, is vasgevang in sy eie ongelukkige verlede. McKenna besef sy kan haar gawe gebruik om hom te help. Maar dit is moeilik om teen ’n spook vir ’n man se hart te baklei. Boonop is dit vir McKenna ’n vreesaanjaende gedagte dat sy haar leefruimte permanent met ’n man moet deel.

Die Drie Lewens Van Hannli Human (Afrikaans, Paperback): Connie Luyt Die Drie Lewens Van Hannli Human (Afrikaans, Paperback)
Connie Luyt 1
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 5 - 8 working days

Reeds as ’n dogtertjie in Kenia leer Hannli die pyn van verlies ken. Ná die MauMau-aanvalle, moet sy en haar gesin hul plaas verlaat en Suid-Afrika toe verhuis.

As student beleef sy ’n erge trauma waarvan net haar ouma Hannie, by wie sy haar sesde sintuig geërf het, weet.

Toe kom Buks Vermaak, en ná jare se gesukkel, ’n dogtertjie, Nell. Maar ’n droomhuwelik met Buks was haar nie beskore nie. Toe hy sterf, verkoop sy die huis in Pretoria en gaan woon in hulle strandhuis in Salt Rock.

Sal haar ouma se belofte van ’n gelukkige lewe vir haar hier op Salt Rock waar word – of lê haar geluk verder noord in die Afrika-landskap van haar kindertyd?

Skilderkrans (Afrikaans, Paperback): Joe Olivier Skilderkrans (Afrikaans, Paperback)
Joe Olivier
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Land in wording, ’n oorlog wat dreig, ’n kruispad kans-ontmoeting wat alles verander.

Dit is 1899. Oorlog tussen Brittanje en die Boere Republieke lyk onafwendbaar. Magdalena se familie verlaat die Kaap Kolonie vir die Oos-Vrystaat sodat haar pa vir die Republieke kan baklei. Jacobus se familie, en sy vriend Henog, is weer op pad Kolonie toe, juis om die oorlog te probeer ontglip. Die twee trekke se paaie kruis by die Leeurivier, ’n ontmoeting wat ’n onherroeplike invloed op die res van Magdalena, Jacobus en Henog se lewens sal hê.

Van hulle vestiging op Nooitgedacht tot die eerste skote by die Slag van Stormberg, van guerrilla-oorlogvoering met die Boere kommando’s, tot die Britse verskroeide aarde beleid, van die konsentrasiekampe tot die poging om te hervestig na die oorlog; deur alles en meer sal hulle ’n pad moet oopkap om hul plek in hierdie onstuimige land te vind.

Die Einde van die Storie (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Die Einde van die Storie (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lizzie de Villiers dink sy het haar man, Marthinus nie meer lief nie. Sy neem haar lewe en hulle huwelik van 28 jaar in oenskou. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf? Sal sy hulle ou liefde weer kan laat ontvlam? As sy nie kan nie, moet sy in hulle liefdelose, maar gemaklike huwelik bly, of moet sy maar haar eie paadjie stap? Marthinus stem nie met Lizzie saam nie. Volgens hom is daar niks verkeerd nie, en hy wil gewis he Lizzie moet bly, lief vir hom of nie. Die konflik tussen Lizzie en Marthinus veroorsaak konflik tussen Lizzie en hulle dogter Estelle, wat op die ouderdom van vier en twintig skielik soos n tiener optree. Beide Lizzie en Marthinus voel daar is fout, maar sy bly afsydig en byna vyandig, veral teenoor Lizzie. Lizzie se vertwyfeling bring haar egter nader aan die ander vroue in haar lewe. Hulle word groter bondgenote, elkeen met n unieke perspektief. n Geleentheid om afstand te kry tussen Lizzie en Marthinus duik op, en Lizzie gryp dit met albei hande. Sy bevraagteken gou haar oenskynlik onafhanklikheid, en Marthinus word gedwing om hand in eie boesem te steek. Sal hierdie huwelik die toets deurstaan?

Ware Noord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Ware Noord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede.

Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.

Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke.

Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.

Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geïnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.

Bare: Books 1 - 4 - Bare / Cradle Of The Hockey Club / Ego / Mercy (Paperback): Jackie Phamotse Bare: Books 1 - 4 - Bare / Cradle Of The Hockey Club / Ego / Mercy (Paperback)
Jackie Phamotse
R999 R946 Discovery Miles 9 460 Save R53 (5%) Ships in 6 - 10 working days

Bare
Treasure is a naïve dreamer tossed into this unforgiving reality. Intent on supporting herself, she walks out of her dysfunctional family home in Westonaria and straight into the greedy heart of Jo’burg, disguised as the city of gold and black diamonds, to chase the illusion of fame and a happy ending. But living a life of luxury in a society of artificial human beings comes at a hefty price. She is wooed by a wealthy man who grooms her into a power-hungry machine... but is the pleasure worth the pain and endless sacrifices? What can she offer a man who has everything but a soul? As her life crumbles around her, can Treasure alter her fate before it’s too late?

Cradle Of The Hockey Club
Treasure desires nothing more than pure love from her Sugar Daddy but she is starting to see that he has deep-rooted, dangerous fetishes that go beyond greed and lust. She longs for a better life yet isn't sure how she will ever find that. The sacrifices placed in the hands of her tormentor are deadly. Slowly, day by day, she walks into the shadows and claws of death. Her love for materialism will alter the course of her life dangerously. But with her naive softness comes overwhelming feelings of unworthiness, fear and blood spills. She is catapulted back into the darkness, human traffic and organ sales. Terrified by the reality of her own naivete, Treasure becomes entwined and trapped in a world of darkness and a terrible kind of glamour. Will she ever see the light?

Ego
Tortured to the bone, Treasure Mohapi steps into a world that many haven’t seen in Sandton; the new way of life filled with millionaires and quick cash scams doesn’t come cheap. The young model seems too naïve for Sandton and her bloodsucking master stops at nothing to prove his power. Treasure finds herself face-to-face with the Devil who controls ministers, doctors and policemen. A secret society like no other in the history of Africa comes alive once again. As she is drawn into supremacy, the chains of material slavery keep following Treasure and her best friend Lintle Kente. After years of sexual entertainment and high flying, can their master let them go? With the increasing number of dead bodies, drugs and cults, will this love affair prove to be a way of life for many? The wives of the rich and famous have deep, dark roots too.

Mercy
"Look closely around you. Have you ever asked yourself what happens to all the girls who are in the system?" The savage, senseless murders of children and the youth. It carries Treasure’s story from Book 1 and ends with the fight for life between Paul and Tim Morgan. We look at the disappearance of young people, human trafficking, cults and mental illness in men. This story is inspired by real-life events and researched data from global social ills and Jackie looks into SA political faces that have sex scandals as part of her research.

The State Vs Anna Bruwer (Paperback): Anchien Troskie, Elbie Lotter The State Vs Anna Bruwer (Paperback)
Anchien Troskie, Elbie Lotter
R72 Discovery Miles 720 Ships in 4 - 6 working days

What happened to Anna the moment after she pulled the trigger? After she looked her stepfather in the eye, and shot him, the man who sexually abused her and her sister for so many years?

Seven years after It’s Me, Anna, a publication sensation at the time of its release, the author revisits the story of Anna Bruwer. How does one seek forgiveness for murder? Or is retribution the only way to bring about justice? These are the questions Anna – and the writer – wrestle with.

This is an excruciatingly honest depiction of Anna’s life after her stepfather’s death: a novel filled with compassion, and ultimately hope.

Die Skilpad se Laaste Traan (Afrikaans, Paperback): Carol Campbell Die Skilpad se Laaste Traan (Afrikaans, Paperback)
Carol Campbell
R280 R259 Discovery Miles 2 590 Save R21 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Dis 'n donker Karoonag en 'n bebloede vrou hardloop grondpad langs. Iets grusaam het gebeur en Siena weet sy moet by Seekoegat Primere Skool uitkom, daar sal sy veilig wees. Dis baie ver, drie dae met 'n donkiekar en sy is te voet. Hierdie roman vertel die verhaal van Siena, Boetie en Kriekie, wie se lewens sedert kinderdae nou verweef is. Soos wat Siena hardloop ontmoet lesers die mense in haar lewe: Boetie is verwilderd en verwaarloos, altyd besig met kattekwaad. Sy vriendskap met Siena laat hom egter sy selfwaarde besef. Kriekie is 'n wrak. Sy ma is 'n prostituut wat by die stilhouplekke langs die n1 werk en hy het skaars 'n huis. Wanneer sy ma, Dolly, nie terugkom nie, beland hy deur een vrou se goedhartigheid ook by Seekoegat Primere Skool. Die Karooskilpad se simboliese spore kan deur die hele roman gesien word. Siena se pa, 'n karretjiemens, het altyd gese dat 'n skilpad die wysheid van die antieke landskap in hom dra. Daar word geglo dat 'n skilpad slegs een traan in sy leeftyd stort, die oomblik wanneer hy sterf. Die skilpad se laaste traan is bekroonde skrywer Carol Campbell se derde boek oor die Karoo. Soos haar vorige werk fokus sy sterk op sosiale realisme, maar vir die eerste keer is hier ook magiese realisme, so eie aan die mense oor wie sy skryf.

The Paper House (Paperback): Dalena Theron The Paper House (Paperback)
Dalena Theron
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Twenty-two-year-old Anna's unconventional family is prone to raising eyebrows: she lives with two eccentric dads in a small town in rural Kwazulu-Natal, and after surviving her parents' divorce, she's used to the questioning glances of conservative Afrikaans family members and curious neighbours.

Now, amid a menagerie of pets and her kaftan-clad mother, Anna must manage the ailing health of one of her dads. Her experiences on her reporter's beat don't make her days any easier. But how do you remain a supportive daughter and still live your own life?

Told with warmth and gentle humour, The Paper House is a celebration of life, love and the family that shapes us.

Devilskein & Dearlove (Paperback): Alex T. Smith Devilskein & Dearlove (Paperback)
Alex T. Smith
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

When thirteen-year-old Erin Dearlove has to move in with her aunt on Cape Town’s bustling Long Street, she struggles to adapt to her new life, harbouring a dark secret. But her friendship with their upstairs neighbour, Mr Devilskein, soon helps her to adjust.

Like Erin, Mr Devilskein has something to hide: he is the keeper of six mysterious doors. He entrusts Erin with the key for one of these doors, and she discovers that they lead to infinite magical worlds. In wonder she explores an underwater paradise, the lost works of William Shakespeare, and a beautiful Chinese garden. During her adventures she meets a prisoner names Julius Monk, but Julius is not all he appears to be. The captive and his Book of Dooms prove dangerously enticing, and soon it is up to Erin to save the lives of those she’s grown to love.

Devilskein & Dearlove is as sinister and intriguing as it is quirky and colourful. With inimitable storytelling flair, Alex Smith weaves an enchanting tale of friendship, adventure and magic.

Sex, Lies & Alibis (Paperback): Eva Mazza Sex, Lies & Alibis (Paperback)
Eva Mazza
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Following hot on the heels of the bestsellers Sex, Lies & Stellenbosch and Sex, Lies, Declassified, the much-anticipated final instalment in Eva Mazza's “sex-trilogy” promises to be the summer’s hottest read.

Like the most addictive of TV series, Sex, Lies & Alibis, with its many twist and turns will have readers turning pages to discover what finally happens to our heroine, Jen and the rest of the sometimes sexy, and always dysfunctional cast from Stellenbosch, with its penchant for impropriety and unapologetic wealth. By the time Jen gets to the final part of the trilogy, she's discovered that happy endings don’t always come in the form of a man, no matter how good the sex or how exquisite the backdrop. Despite trying to escape her past by flying to Monte Carlo, circumstances beyond her control force her to return to the Cape Winelands. Now it's time for Jen to confront the sex, the lies, the declassified scandals and uncover all the made-up alibis.

Deliciously steamy and scandalous.

As Dit Voel Soos Liefde (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter As Dit Voel Soos Liefde (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél …

Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie.

Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn ’n ander komplikasie in haar lewe: ’n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in ’n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag.

Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie.

Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.

Lodene (Afrikaans, Paperback): June Botha Lodene (Afrikaans, Paperback)
June Botha
R210 R194 Discovery Miles 1 940 Save R16 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Wie sal ooit verstaan wat in die gemoed van ‘n moeder heers as sy haar baba onder dwang aborteer. Nog meer, wie sal ooit die gevoel van die baba verstaan as sy na vyf-en-dertig jaar ontdek dat sy drie pogings tot aborsie oorleef het. En dan die finale vraag: wié is nou werklik die Skikker van Lewe en Dood?

“Vertel dit soos wat dit was, Mamma!” het Lodene se dringende stem by my gesmeek en ek was opnuut vasgevang in die gebeurtenisse van vyf-en-dertig jaar gelede. “Die waarheid sal jou vrymaak,” word daar gespreek. “Doen dit?” het ek myself afgevra terwyl ek deur elke woord in die verhaal geworstel het. Die storie is ‘n eg boeiende spanningsverhaal uit die pen van ‘n mamma wat haar baba se lewe uit die hand van God gesmeek het. Dit sal die leser meesleur met emosies van liefde, teleurstelling, pyn, en haat. Dié ware verhaal het plaasgevind in 1983, toe aborsies onwettig was.

Lonika, ‘n jong vrou, het haar hart verloor op dié van ‘n gesiene sakeman, Wilhelm.“Verlief en verlore,” sou Stephan skouerophalend, met ‘n strak gesig sê, terwyl hy hulpeloos toesien hoedat sy broer, Wilhelm, oornag verander in ‘n ongenaakbare, gevoellose, eggenoot wat die lewe van sy ongebore baba op agterbakse wyses probeer beëindig het. Lonika se lewe word ‘n marteling tussen leuens en hartelose brutaliteit. Sy vlug na veiligheid. Genoeg is genoeg! ‘n Lewe word geneem, ‘n Lewe word gegee - maar teen ‘n prys. Weereens moes Lonika op die dorsvloer van naakbare onderhandelinge staan.

Moordhuis (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Moordhuis (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wereld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan na al die jare skielik in haar wakker maak en die liefde vir haar moordenaar-pa.

Dark Windows (Paperback): Louis Greenberg Dark Windows (Paperback)
Louis Greenberg 1
R171 Discovery Miles 1 710 Ships in 4 - 6 working days

Johannesburg is becalmed. A wave of New Age belief and an apparent cure for crime have radically altered South Africa’s political landscape.

Jay Rowan has been hired to black out the windows of random vacant rooms. He’s trying to keepout of trouble, but he’s a pawn in political aide Kenneth Lang’s project Dark Windows. A mystical charlatan has convinced Lang’s boss that she can affect the ultimate transformation with a supernatural visitation, the Arrival, and Lang needs to prepare for its coming. When Jay and his married girlfriend Beth realise that someone has died in every room, political and personal tensions come to a head and Jay, Beth and Lang must confront the past they’ve been trying to avoid.

Dark Windows is a moody, intelligent literary thriller.

Om Weer Te Droom (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Weer Te Droom (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Woudfontein (Afrikaans, Paperback): Hannes Haasbroek Woudfontein (Afrikaans, Paperback)
Hannes Haasbroek 2
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Toe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna katswink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid ...

Wat hy nie geweet het nie, is dat dié moeilikheid 'n verhoging en 'n verplasing sou insluit. kielik is hy nou kaptein Bester, bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein, naby Knysna.

Hier moet hy en sy twee kollegas na vermiste luislange soek, spanning tussen die pater en pastoor ontlont en ou tannies wat groot rewolwers rondswaai paai.

Totdat Tron Marais as moontlike psigopaat in die Pik Botha Sanatorium, net buite Woudfontein, opgeneem word. Tron is verbitterd en woedend oor die onreg wat Roelf hom aangedoen het. Hy is geslepe en hoogs intelligent. En hy is besig om sy wraakplan vir kaptein Roelf te verfyn...

Christine - A Tale Of Love, Lies And Liberation (Paperback): Eva Mazza Christine - A Tale Of Love, Lies And Liberation (Paperback)
Eva Mazza 2
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 5 - 7 working days

Eva Mazza's latest page turner is evocative of the Netflix hit series Emily in Paris. 

When 24-year old Christine realises that unless she escapes her abusive husband Louis, their marriage vow "till death do we part " might just become her reality. On securing a job as a hair stylist at a salon in an exclusive hotel in Amsterdam, Christine's eyes are opened as she discovers a world of glamour and magical experiences.

And when she meets bad boy Giovanni she encounters unexpected sexual liberation.

Laaste Dans, Drienie (Afrikaans, Paperback): Steve Hofmeyr Laaste Dans, Drienie (Afrikaans, Paperback)
Steve Hofmeyr
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so 'n bisarre saak was nie en daar nie gou weer so een sou wees nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan.

In die omgewing van die liefde is niemand se hart veilig nie; dit weet Muller maar alte goed, want die meisie wat hy liefhet is blykbaar nie vir hom beskore nie. En dan kom vertel 'n tannie hom van haar laaste dans in 1941.

Twee broers. Een oorlog. Een meisie. Een liefde. Een kans. En 'n liefdesverhaal wat reeds sewentig jaar wag om vertel te word.

Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier?

En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?

Agents Of The State (Paperback): Mike Nicol Agents Of The State (Paperback)
Mike Nicol 1
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Late one afternoon on the steps of St George’s Cathedral in Cape Town, the leader of opposition forces in the Central African Republic (CAR) is gunned down. He survives, but his young daughter is killed.

Private investigator Fish Pescado is called in, but his attempts to locate the hitmen come to nothing – hardly surprising, as the assassination attempt was organised by a faction in the South African Secret Service Agency (SSA) loyal to the South African president, who has mining interests in the CAR. Meanwhile Vicki Kahn, an agent in the SSA, is sent to Amsterdam to set up a sting operation to trap the president’s son who is involved in a human trafficking operation.

When Fish, Vicki’s long-time love interest, learns that Vicki is in danger, he needs to take action.

My Naam Is Legio (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust My Naam Is Legio (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

Skoenlapper (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skoenlapper (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R330 R228 Discovery Miles 2 280 Save R102 (31%) In Stock

Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?

Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback): Leandra Naude Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Leandra Naude
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Liefde en spanning verweef

Arriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.

’n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.

Sy ontmoet die enigmatiese biljoenêr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.

Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?

Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Sophia Joubert en haar skoonfamilie is na afloop van die Anglo-Boereoorlog weer vry om terug te keer na die verwoeste familieplaas – sonder vee en sonder kos. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed en word haar wange warm.

Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Op geluk by ’n man wat haar kan aanvul en verstaan?

Daar heers egter onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Genetic Programming and Data Structures…
William B. Langdon Hardcover R4,168 Discovery Miles 41 680
Electro-optic Photonic Circuits - From…
Giuseppe Di Domenico Hardcover R2,653 Discovery Miles 26 530
Agrarian History of the Cuban Revolution…
Joana Salem Vasconcelos Hardcover R5,344 Discovery Miles 53 440
Research in Attacks, Intrusions, and…
Michael Bailey, Thorsten Holz, … Paperback R2,543 Discovery Miles 25 430
Advances in Data Analysis - Theory and…
Christos H. Skiadas Hardcover R4,965 Discovery Miles 49 650
Gemstone Guide Book - A Simple…
J. Steele Paperback R305 R276 Discovery Miles 2 760
Advances in Mathematical Economics…
Shigeo Kusuoka, Toru Maruyama Hardcover R1,130 Discovery Miles 11 300
Sales Management
A Drotsky Paperback R517 Discovery Miles 5 170
Intelligent Systems for Automated…
Raymond Chiong Hardcover R4,585 Discovery Miles 45 850
Getting Things Done - The Art of…
David Allen Paperback  (1)
R365 R326 Discovery Miles 3 260

 

Partners