![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
Trencherman is the story of Marlouw's life-changing return to a post-apocalyptic South Africa - but it is also a voyage into the self. One stormy nignt in Australia, Marlouw receives a call from his sister to save her son from 'that bloody country'. Handicapped by a clubfoot and a prudent spirit, Marlouw nevertheless answers what he perceives to be the call of destiny. In a journey recalling that of Marlow in Joseph Conrad's Heart of Darkness, he departs for Africa. Marlouw's quest is to find his adventurer nephew, Koert, and to return him to the safety of Melbourne. There are rumours that Koert has ended up on the old family farm, now owned by the former workers, and that he has built himself an empire as the King of Meat. Venter portrays a turbulent, ruined South Africa where the socio-political landscape is riven by factions, and the infrastructure is in ruins after a massive explosion in the south of the country. As the Journey progresses, the primal fear that haunts Marlouw and has devastated his people is relentlessly exposed.
Sy voel uiteindelik veilig... Madie van Tonder was lief vir die charismatiese James van Vuuren en het vas geglo dat hy dieselfde voel. Ná die traumatiese afloop van hulle verhouding, besluit sy om in die vervolg haar hart toe te sluit, vrolik soos 'n vlinder rond te fladder en dieper verhoudings te vermy soos die pes. Totdat sy die jong veearts, Lourens de Villiers, ontmoet. Sy helderbruin oë glimlag saam wanneer hy lag en hy laat haar veilig voel. Maar kan sy haar hart hierdie keer vertrou, of is Lourens ook besig om met haar te speel? Die kwessie van seksuele teisering word aangespreek met baie deernis en sensitiwiteit in hierdie verhaal.
Innocent and inexperienced Abigail (Abby), a sheer teetotaller, has a long list of the attributes of the man she wants to fall in love with. She stumbles upon a rich and educated man who meets all the features on her list. However, this makes her irrational and impetuous, and she’s about to make the biggest mistake of her life.
Twenty-nine-year-old Themba is a nihilistic, depressed, and suicidal artist whose dream is to become a successful novelist. With all the failure and suffering he's experiencing, it seems as though his life is stuck without any purpose and meaning. Everything seems to be going well for his friends, but not for him. His brother and father hate him for his ambitious but dead dream. Worse, Themba still lives in poverty with his parents in an abandoned house. However, Themba has one passionate reader of his books, a woman called Yana. She's weird and has no friends, and volunteers at a local orphanage. Yana is the good Samaritan of the neighbourhood, cheerful and happy, but few people seem to like her. Themba begins to question what makes Yana so odd but yet so comfortable with her life even though she doesn't have much to be happy about. His curiosity leads him closer to her, and his life changes forever.
13 twisted tales of music, magick, mayhem & murder.
Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak?
Moet sy vir hom veg of moet sy vlug? Esti de Beer se nuwe buurman is steeds onmoontlik aantreklik, maar Omar is nie meer die verliefde tienerseun van destyds wat in die vervalle huis langs hare woon nie. Hy is nou 'n kosmopolitaanse prokureur wat nie uit haar sake kan bly nie. Omar met sy ongevraagde besorgdheid herinner haar aan ʼn tyd toe sy werklik gelukkig was, maar ook aan ʼn aand wat sy eerder wil vergeet. Omar de Vries onthou vir Esti goed … Inteendeel, hy kon nie die snobistiese buurmeisie wat hom om haar pinkie gedraai het uit sy gedagtes kry nie. Die noodlot het haar terug gebring na Jagersville, maar hoe gaan hy haar dié keer laat bly?
Wie sal ooit verstaan wat in die gemoed van ‘n moeder heers as sy haar baba onder dwang aborteer. Nog meer, wie sal ooit die gevoel van die baba verstaan as sy na vyf-en-dertig jaar ontdek dat sy drie pogings tot aborsie oorleef het. En dan die finale vraag: wié is nou werklik die Skikker van Lewe en Dood? “Vertel dit soos wat dit was, Mamma!” het Lodene se dringende stem by my gesmeek en ek was opnuut vasgevang in die gebeurtenisse van vyf-en-dertig jaar gelede. “Die waarheid sal jou vrymaak,” word daar gespreek. “Doen dit?” het ek myself afgevra terwyl ek deur elke woord in die verhaal geworstel het. Die storie is ‘n eg boeiende spanningsverhaal uit die pen van ‘n mamma wat haar baba se lewe uit die hand van God gesmeek het. Dit sal die leser meesleur met emosies van liefde, teleurstelling, pyn, en haat. Dié ware verhaal het plaasgevind in 1983, toe aborsies onwettig was. Lonika, ‘n jong vrou, het haar hart verloor op dié van ‘n gesiene sakeman, Wilhelm.“Verlief en verlore,” sou Stephan skouerophalend, met ‘n strak gesig sê, terwyl hy hulpeloos toesien hoedat sy broer, Wilhelm, oornag verander in ‘n ongenaakbare, gevoellose, eggenoot wat die lewe van sy ongebore baba op agterbakse wyses probeer beëindig het. Lonika se lewe word ‘n marteling tussen leuens en hartelose brutaliteit. Sy vlug na veiligheid. Genoeg is genoeg! ‘n Lewe word geneem, ‘n Lewe word gegee - maar teen ‘n prys. Weereens moes Lonika op die dorsvloer van naakbare onderhandelinge staan.
Vergeet en vergewe Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue? Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel - haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop. ʼn Belangrike tema in die verhaal is die impak van alkoholmisbruik op familielede en die krag van rehabilitasie.
Leer my liefhê Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe 'n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak. Hoe om 'n hart te wen Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle 'n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie. Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Sy is in ’n Durbanse hospitaal nadat sy voor ’n motor ingehardloop het en die angs pak haar wanneer sy besef sy kan níks van haar verlede onthou nie. ’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit. Maar soos haar grootwordjare voor haar begin oopspoel, bring die onthou ook hartseer: soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ʼn vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna. Terwyl Elfrieda ’n pad stap – verby die verskrikking van vergeet en die ontsetting van onthou – neem die verhaal van Mary Livingstone vorm aan: van haar grootwordjare op Kuruman in die Noord-Kaap, tot kinders grootmaak in die wildernis van Betsjoeanaland. En deur dit als: David se oorrompelende reisdrif wat hom ’n koers laat inslaan het na ’n plek waarheen sy gesin hom eindelik nie kon volg nie.
Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met ’n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur ’n rekenaar behartig. In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, ’n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om ’n goeie burger te wees. Alleen onder die man vertel die verhaal van Jaco, ’n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie. Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op ’n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op ’n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen. In ’n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep. Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in ’n ewe totalitêre wêreld nie. Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
“I could have guessed that one day I’d hear something I shouldn’t have
on that party line. It was one thing listening to the gossip and the
small talk that buzzed along its wires all the time, but it was
something else to hear, on a hot Saturday morning before you started
high school, that your best friend’s mother, the woman you wished you
could somehow have married one day, was dead.”
Five lovely ex-girlfriends; one sweet-talking scoundrel. “Limerence?” “Limerence, yes. It’s like a drug; like lsd. But you can’t buy it. Or go to jail for taking it. If you’ve got it, enjoy it. Just don’t make any long-term decisions. If you want to know what it is, look it up.” When Clarissa shook Scout from her life like crumbs from a picnic blanket forty years ago, she hoped she would never ever see him again. But here he is, on the doorstep of her luxe townhouse. She is more than surprised – she is offended – but, against her better judgment, she listens to his story. He regrets, Scout tells her, that they parted on such bad terms. To make amends, he has named her his sole beneficiary in his last will and testament. Look! It says so on page six. Oh, and by the way, could she lend him four hundred thousand bucks? Months later Clarissa is summoned to a lawyer’s office. She assumes Scout has kicked the bucket and that there will be a reading of his will. But when she arrives, four other women tell her to join the queue. Set in vibrant, ever-changing Joburg, Limerence tracks Scout’s relationships with five remarkable women, from his bygone days of first dates to times of pawpaws hitting fans. Warm-hearted and funny, this is a tale guaranteed to lift the spirits of even the sourest of exes.
Daar is min mense wat ’n storie soos Jan Spies kan vertel. Die antie met die pienk rok en ander stories is ’n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette. En hierdie nuwe keur word van Woensdag 17 Junie 2020 op weeksoggende om 10:45 op RSG voorgelees. Die akteur-skrywer Lochner de Kock skuif agter die mikrofoon in om hierdie “Spieserye” nuwe lewe te gee. RSG se dramahoof, Kobus Burger, is die regisseur.
Kristin verloor haar werk én haar kêrel maar sy besluit om haar eie besigheid te stig en kommandeer haar buurman - Ryno - as vennoot. Sy besef egter dat haar broederlike gevoelens vir hom drasties verander het: Van vennoot na sielsgenoot!
Dis die goeie ou dae van chat rooms en Internet Explorer; emoji’s met leestekens; waar jy moet verduidelik wat afkortings soos LOL beteken; en Joost en Amor is Suid-Afrika se “it couple”. Zoë Zietsman sit op Oukersaand stoksielalleen voor haar rekenaar – sonder selfs ’n hond om mee te cuddle. En cuddle is volgens Zoë ’n basic human right. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op die Matchmatewebwerf inteken. Só ontmoet sy vir “Donatello”, ’n advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, meng haar tale, sy ry nog met haar Vespa en gee jogaklasse vir swanger vroue. Wat het ’n konserwatiewe metro-man en ’n alternatiewe maltrap soos Zoë gemeen? Met twee goeie feë in die gedaante van ’n gay boesembuddie en ’n huishulp wat nie met haar laat sukkel nie, kan Mars en Venus dalk tog bymekaarkom. Maar kan mens regtig jou instink vertrou oor skerms, sleutelborde en digitale kabels?
Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én die gevestigde inwoners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek. So het ons geglo, of so is aan ons vertel. Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou. En dit maak my gevaarlik. Wanneer ’n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy deur ’n verwoeste landskap vlug. In ’n wêreld waar ’n skynson lig verskaf, raak hy ’n pion in ’n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon hom nie hierop voorberei nie. In ’n land sonder voëls is ’n verdoemende ondersoek na die impak van ’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.
Haar geluk bestaan uit verskillende skakerings ... Lea Richter is vasgevang in 'n situasie waaruit sy nie kan kom nie. Haar ma is aan 'n rolstoel vasgekluister, erg depressief en afhanklik van haar. Lea se onblusbare gees hou haar egter staande: met haar kragtige motorfiets gaan sy op lang ritte en saans skryf sy romanses onder 'n skuilnaam om haar balans te probeer hou. Om den brode is sy die prim en proper bibliotekaris van Fynbos. Stef Brits, 'n motorfietsrenjaer en -handelaar, stap met sy groot stewels in haar biblioteek in en kom gooi haar saai bestaan geheel en al skoon omver. Hy is aantreklik en opwindend - die verpersoonliking van die helde wat Lea vir haar romanses skep. Stef het lankal besluit dat hy nooit wil trou nie, maar Lea doen iets aan hom wat hom erg omkrap. Hy is 'n filofobiak, bang vir die liefde, maar het nooit met ware liefde rekening gehou nie. Die hekelgroep van Skakerings besef dat hulle hul plig teenoor Lea en haar ma versuim het en beraam planne om die twee verliefdes te hulp te snel. Lea se ma onthul egter wat die oorsaak van haar psigosomatiese verlamming is en plaas 'n splinternuwe hindernis op die paartjie se pad na geluk. Kan hulle ook dit oorkom? Skakerings van geluk is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Dit is die derde boek in die Skakerings-reeks, en is voorafgegaan deur Skakerings van hoop en Skakerings van liefde.
Hoe praat die Onsigbare, Abram?” “Onontwykbaar.” In dié roman word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oë gesien. Die Bybelse narratief word aangevul deur deeglik nagevorste materiaal uit ander bronne. Die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. En gekonfronteer met die Wese en die werklikheid van God.
Nog 'n Marijke Greeff-omnibus ... Onweerstaanbare passie is 'n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, 'n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde. Die leser kan onweerstaanbare helde, sterk heldinne, interessante kinkels in die storielyne en vurige liefdestonele verwag! 'n Ongewone meisie: Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig. Die spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap … Soleil en die sakeman: Soleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen. Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie. Maar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf? Formuleliefde: Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie. Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis. Jarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe. Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …
When Lily Westwood dies of cancer, her family are plunged into grief and despair. However, it is not only the loss of Lily which causes their desolation - it’s honouring her dying wish that her husband, William, and twin sister, Frith, leave the UK to raise her daughter, Plum, in Lily’s beloved South Africa. Together, William, Frith and Plum must fulfil Lily’s last wish and confront the challenges this presents to each of them. William, broken and remorseful, buys North Wind Manor, a decaying Edwardian house, and buries his misery in trying to restore the property to its former glory. As the three become immersed in this project, it is clear that William’s obsession with hiding the rot and decay of the mansion mirror his desperation to conceal the misdeeds and wretchedness of his past. Lily’s identical twin sister, Frith, resents her loss of freedom as she finds herself caring for William and Plum in a damp, gloomy house and a city alien to her. Increasingly she frets over the impact this will have on her spirit and career as an artist. With enormous courage, Frith tries to carve out an identity for herself as her future becomes increasingly tenuous. Eleven-year old Plum, sensitive, bright, and imaginative falls in love with North Wind Manor at first sight. Upon finding a century-old diary written by the manor’s former occupant, Plum becomes enthralled by the intrigue and history of her new home, so much so, that it consumes her every waking thought until she begins to believe the diary’s author is a spirit inhabiting the manor. This compelling story interweaves between past and present to explore the twisted dynamics of a family brought closer by sorrow, regret, mortality, love – and an understanding that the truth is not always simple.
Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie Miranda, ’n skrywer, se adrenalien-verslaafde verloofde Lukas sterf net voor hul troue in ’n motorfietsongeluk. Sy ontmoet Lukas se ewebeeld, ’n wildvanger en wildplaaseienaar, Markus op die Kaapstadse lughawe net ná albei uitgevind het dat hul maats ontrou was. Later ontmoet hulle weer in die Kruger Wildltuin, en die vonk tussen hulle is ooglopend, maar beide is so bang vir seerkry dat hulle nie sien wat reg voor hulle is nie. Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie, en hul paadjies skei. Albei moet deur hul eie vrese werk om te besef dat dit erger is om sonder daardie persoon te wees as om jou vrese in die oë te kyk. Welmenende familielede, asook Markus se geliefde hond, Max veroorsaak interessante kinkels in die verhaal.
Keira en die mense van Walkers Village leer ons dat elke mens 'n kans het om oor te begin. Dat elke mens die reg het om oor te begin. Vir die inwoners van Walkers Village is Keira se manier van dinge doen aanvanklik baie vreemd en ongehoord. Maar Keira verstaan dat regte mense regte probleme het. En ook dat regte mense soms so 'n bietjie hulp nodig het om die regte probleme op te los. Al klink dit aanvanklik vreemd en ongehoord. Saam met Keira leer ons om te verstaan dat die lewe nie altyd regverdig is nie. Dat goeie mense se paaie soms met donker siele se paaie kruis. Dat ons nie altyd kan kies wie ons pad kruis nie, maar dat ons wel kan kies hoe ons daai pad van ons stap. Want hoe jy jou pad stap, is wat saak maak. Nie hoe jy jou storie vertel nie.
Bets Smith is een van Afrikaans se gevestigde skrywers. Behalwe vir
romanses, skryf sy ook spanningsverhale. |
![]() ![]() You may like...
Foodie Tour of Italy - Delicious Italian…
Alessandro Arno
Paperback
Hiking Beyond Cape Town - 40 Inspiring…
Nina du Plessis, Willie Olivier
Paperback
|