0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (68)
  • R100 - R250 (402)
  • R250 - R500 (916)
  • R500+ (31)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

'n Kans Op Vir Altyd (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje 'n Kans Op Vir Altyd (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Haar kans op vir ewig en altyd is nou. Vyf jaar na haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se rna, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of so wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reel, is 'n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino's een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk, 'n kans op vir altyd, waag?

Dinge Van 'n Hond (Afrikaans, Paperback): S.P. Benjamin Dinge Van 'n Hond (Afrikaans, Paperback)
S.P. Benjamin
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ʼn Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ʼn manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie.

Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.

Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ʼn erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.

Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ʼn bestaan moet maak.

Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?

Dinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

Isle (Paperback): Claire Robertson Isle (Paperback)
Claire Robertson
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 5 - 8 working days

Two islands. Two women.

The year is 1289 and an injured young man washes up on an island of women. He is taken in by a sculptor who sees in him the perfect model for her Christ, although her real masterwork in progress is a life-sized carved Madonna. But the Church will come to reject this sisterhood of unmarried women on the island, and they are bound to lose their small freedoms.

Centuries later, a lieutenant is commandeered to an island to dispose of unexploded ordnance. As an erstwhile World War II flight nurse trained to evacuate wounded soldiers, she too has gazed upon, and been haunted by, the bodies of broken young men. For her, a fraught love affair with a local man will ignite, while his teenage daughter looks on.

Binding the lives – so different and so similar – of women separated by time and place, Claire Robertson’s Isle is an all-encompassing rumination on privacy, inhibition and female desire, rendered in her masterful prose.

Romanza Nostalgie: Didi Potgieter (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Romanza Nostalgie: Didi Potgieter (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 4 - 6 working days

Leer my liefhê Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe 'n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak. Hoe om 'n hart te wen Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle 'n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie. Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.

Soeter As Kondensmelk (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Soeter As Kondensmelk (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R131 Discovery Miles 1 310 Ships in 4 - 6 working days

Vergeet en vergewe Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue? Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel - haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop. ʼn Belangrike tema in die verhaal is die impak van alkoholmisbruik op familielede en die krag van rehabilitasie.

Stom Gode - Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Stom Gode - Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Die gode in Afrika is stom. En lui.

So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg.

Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.

Those Who Live In Cages (Paperback): Terry-Ann Adams Those Who Live In Cages (Paperback)
Terry-Ann Adams 1
R250 R222 Discovery Miles 2 220 Save R28 (11%) Ships in 5 - 7 working days

Those Who Live in Cages captures an astonishingly intimate view of life in Eldorado Park, a coloured township south of Johannesburg, through five women - Bertha, Kaylynn, Laverne, Janice and Raquel.

These unforgettable characters' lives intersect as they attempt to do the most important thing: survive another day in "The Park"

The Fall (Paperback): Jen Thorpe The Fall (Paperback)
Jen Thorpe
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

When Thuli reveals her secret - that she can see up to seven days into the future - to seasoned local journalist Helen, the latter is highly sceptical of the student's claims. But as Thuli truly believes that #FeesMustFall protest leader, Hector, will be assassinated by a sinister force, Helen starts to look into the matter.

And what she finds is some very odd behaviour by the police sent to “keep the peace” on campus. Police sent by Noné, South Africa's President and Most Impressive Leader, who wants no trouble from pesky students while she plans the launch of her zoo of creatures with extraordinary abilities.

One thing is certain: If what Thuli has seen is true, they have only seven days to change the future …

Dancing in Valhalla (Paperback, Ingram ed.): John West Dancing in Valhalla (Paperback, Ingram ed.)
John West 1
R233 Discovery Miles 2 330 Ships in 18 - 22 working days

13 twisted tales of music, magick, mayhem & murder.

Some torn from headlines in sunny South Africa where, for many, these are part of everyday life.



Shop for shrunken heads in a village that time forgot.

Witness an ancient ritual passed down from the Aztecs through Jack the Ripper to modern-day London.

Savour the sweet taste of revenge in a French restaurant.

Sit in on the Grim Reaper’s disciplinary hearing.

And experience life on the streets in 1980s Hillbrow as two teenagers struggle to survive a violent rollercoaster ride through Johannesburg’s underground club scene.



John West has won awards and even small amounts of money for his scribblings over the years. One of his stories was recently longlisted in the top 200 entries out of 5 000 submitted to the international Commonwealth Short Story Prize.

His first novel – Burning Roses, a decadent tale of sex, drugs, rock n roll & magick – is available online.

Swart Swaan (Afrikaans, Paperback): Wilken Calitz Swart Swaan (Afrikaans, Paperback)
Wilken Calitz
R290 R268 Discovery Miles 2 680 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met ’n dodelike aptyt.

In die skadu van die dobbelhuis waar Fabian ’n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir dié gedierte ʼn hok te bou en hom te versorg.

Maar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het – daar waar die dier nou lê. ’n Trommel wat hom sal help om sy vrou Merinda, wyndrinker van formaat, vir ’n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.

Wilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.

Liewe Mamma - 'n Riller (Afrikaans, Paperback): Esther Verhoef Liewe Mamma - 'n Riller (Afrikaans, Paperback)
Esther Verhoef
R319 Discovery Miles 3 190 Ships in 5 - 7 working days

Helen se lewe is gemaklik en ongekompliseerd. Sy is tevrede met haar loopbaan, maak drie gelukkige tieners groot en woon in die mees gesogte huis in die straat. Toegegee, sy raak bietjie ontnugter deur haar huwelik met haar werkolis man, Werner. Maar sy glo sy sal dit kan regstel. Toe sy egter een aand by die huis kom, word haar lewe heeltemal onderstebo gekeer deur ’n onverwagse gebeurtenis.

Ralf en Brian is twee jeugmisdadigers vir wie hierdie plan goed sou uitwerk: ’n Vinnige geldmaakskema deur ’n huisinbraak te pleeg. Die teikens wie hulle gekies het, is Helen en Werner. Terwyl Ralf wag hou, verdwyn Brian in Helen en Werner se huis, maar hy kom nooit weer daar uit nie.

Dis die begin van Helen se nagmerrie. Sy sou dit nooit kon voorsien hoe erg dit sou raak en wat sy alles sou doen om haar gesin te beskerm nie.

Die Afloerder (Afrikaans, Paperback): Anel Heydenrych Die Afloerder (Afrikaans, Paperback)
Anel Heydenrych
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Iemand loer vanuit die skadus.

Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.

Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer.

Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.

Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?

Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.

Soete Sonde (Afrikaans, Paperback): Lizz Meiring Soete Sonde (Afrikaans, Paperback)
Lizz Meiring
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

’n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade!

Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk – dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd ’n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.

In Soete Sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen. Daar’s komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry. Die samesteller van die bundel is Lizz Meiring, aktrise, vervaardiger, skrywer en selferkende plesiervraat, hedonis en sjokolis.

Klapperhaar Slaap Nie Stil Nie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Kirby van der Merwe Klapperhaar Slaap Nie Stil Nie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kirby van der Merwe
R375 Discovery Miles 3 750 Ships in 4 - 6 working days

Kinta is omgekrap. Met moeite het sy haar losgemaak van haar eenvoudige agtergrond en familie, en nou dwing ’n ou man in ’n komatoestand, ’n pa wat sy kwalik ken, haar terug in die geselskap van haar halfbroer Abe met die bose glinstering in sy oog, ’n swendelaar wat alles verteenwoordig waarvan sy probeer wegkom. Maar van almal wat besoektyd opdaag, is dit Gustav van As wat dit vir Kinta die moeilikste maak om soos voorheen voort te gaan.

Zola (Paperback): Johan Jack Smith Zola (Paperback)
Johan Jack Smith
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

A cryptic killer is cruising the streets of Johannesburg. He’s picking up young women to torture and mutilate, and it’s down to Captain David Majola and Warrant Officer Jason Basson to follow the trail of blood and find him.

Majola, plagued by cocaine and lost love, feels the need to prove himself after his early promotion; his partner Basson, imprinted by the bad old days, wishes he’d walked out on the SAPS years ago. Tensions between the two rise as the bodies pile up, and while newspapers and politicians hurl accusations and the taxi bosses threaten a devastating strike, Majola and Basson must face the demons of a crazy city.

Hond se Gedagte (Afrikaans, Paperback): Kerneels Breytenbach Hond se Gedagte (Afrikaans, Paperback)
Kerneels Breytenbach
R367 Discovery Miles 3 670 Ships in 4 - 6 working days

Fleur de Villiers is nie ’n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel Maurice Kumalo haar vra om ’n biografie oor die Springbok-rugbykaptein Katstert Nel te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Haar voorliefdes in die lewe behels eerder fynere dinge, soos ondersoekende joernalistiek, goeie kos en wyn. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025?

Daar wag ’n groot verrassing op Fleur. Want in die domein van Jaap Schvantch en sy eggenoot Krystle, aan die hoof van Corpus Christi se kolossale besigheid (deesdae is die kerk en rugby één), is daar ’n klankie in die lug. En Fleur, ervare joernalis wat sy is, kry gou snuf in die neus.

Hond se gedagte is ’n hoogtepunt in Kerneels Breytenbach se oeuvre. Dit is ’n roman wat spreek tot rugbykenner én rugbyleek. Want wat is rugby anders as ’n metafoor vir die lewe – net een span kan wen, en nie almal volg altyd die reëls nie..

Leaving Word (Paperback): Steven Boykey Sidley Leaving Word (Paperback)
Steven Boykey Sidley
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 5 - 7 working days

Joelle Jesson is 40 and single and now suddenly unemployed. After a long and distinguished career as a fiction editor at powerful publishing companies, her future is extinguished by a world that no longer cares as much for books as it does for faster and more superficial digital pleasures.

Buddy Rappaport, the young, glamorous new CEO of her famed publisher, CrossMedia, is tasked with letting her go. Soon after, he is found dead at his desk, with no apparent cause. Joelle’s plot instincts light up. Was he killed? And if so, why? Did he commit suicide? A lifetime of massaging the plots of stories leaves her obsessed with getting to the bottom of his death. Is it the dark and taciturn brother, Cubby, a near-unknown artist painting strange canvases in his small apartment? He is a dead ringer for Buddy, volcanically sexy, but so different to his charismatic and successful younger brother.

Or is it the handsome and cynical LAPD detective, Corelli, who accosts Joelle at Buddy’s funeral, trying to get her to read his first manuscript for a novel, a murder story eerily reminiscent of what happened in the corner office of the company where she spent so many years?

Or perhaps the deranged and talentless loner, Thron, desperate for fame and fortune, trying to foist an absurd science fiction manuscript on all and sundry, driven mad by constant rejection and derision, stalking elite publishing executives with a gun in his pocket?

Leaving Word is a literary mystery; a story of homicide; a comic and probing look at our need for stories; a satire about fame, fortune, art and books; a love story and one woman’s quest to find meaning in a chaotic world.

Die Man van Quatro - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Calvyn van Niekerk Die Man van Quatro - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Calvyn van Niekerk
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer ʼn dossier uit ʼn polisiekantoor verdwyn, word ʼn jong vrouekonstabel, Lisa Olckers, van diefstal beskuldig en geskors. Ná ’n grusame aanval op haar ouers se plaas, besef haar broer, Thinus Olckers, dit was meer as net ʼn gewone rooftog. Hy besluit om reg in eie hande te neem en die aanvallers op te spoor.

Maar Thinus Olckers is nie die enigste man uit op wraak nie: die geheimsinnige Patel, ’n oorlewende van ʼn martelkamp in Angola, soek die bloed van Vusi Radebe, destyds ʼn wag in die kamp. Vusi is nou ʼn generaal in die Suid-Afrikaanse Weermag en Patel ’n skatryk goudsmokkelaar. Dit blyk dat die vermiste dossier in opdrag van Patel gesteel is en Thinus Olckers krap nou waar dit nie jeuk nie.

Kaptein Dirk Bremer, ’n stroomop alleenloper, is op die spoor van sowel die plaasaanvallers as Thinus, nou ʼn gevaarlike vigilante. Daar is ʼn gruweldaad op Bremer se werf gepleeg en hy is ewe onverbiddelik as Thinus en Patel.

Zola (Afrikaans, Paperback): Johan Jack Smith Zola (Afrikaans, Paperback)
Johan Jack Smith 1
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Die hel is los in Johannesburg se strate. Iemand is besig om jong meisies wreed af te maai en die bloedspoor wat hy agterlaat, sê: “Reeksmoorde”. Die stapel slagoffers raak kaptein David Majola en adjudant Jason Basson se gemors.

Kaptein Majola: ’n man deurmekaar met wit lyne en opgerolde geldnote wie se ma en suster steeds in die township sit en krepeer. Adjudant Basson: die tipe polisieman wat veel eerder die Mag jare gelede vaarwel moes roep.

Terwyl koerante en politici blaf en die taxibase met ’n verwoestende staking dreig, moet Majola en Basson duiwels in ’n malse stad trotseer.

'n Belofte vir Bippie (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Belofte vir Bippie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R270 R213 Discovery Miles 2 130 Save R57 (21%) Ships in 5 - 7 working days

Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap, dus moet sy nou ’n nuwe een soek. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer ’n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?

Ena Murray Keur 19 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Keur 19 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R269 R227 Discovery Miles 2 270 Save R42 (16%) Ships in 5 - 7 working days

Emile de Jongh, kroonprins van die modelplaas La Rhône, is ’n gesogte vangs onder die vroue in En die klippe sal uitroep. Miempie Rust, die distrik se nuwe verpleegsuster, is egter nie beïndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg en geregtigheid – veral vir die plaaswerkers.

Was Louis Mocke se erfporsie die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais in Verworpe silwer? Hoekom is sy broer, Darius, so bekommerd oor Santie se toekoms? Boonop daag Louis se vorige liefde op met ’n seuntjie aan die hand. Voor Santie al die legkaartstukkies inmekaar kan skuif, tref ’n ramp die Eloffsdallers.

Karien Saayman swig voor die getroude dr. Arnold Lutz se glimlag in Die uurglas loop leeg. ’n Huwelik met Hannes Eksteen word ’n reddingsboei uit die stormwaters van begeerte, tot hy in ’n ongeluk beland. Hannes se dokter, Christian Willems, ontwikkel ook gevoelens vir Karien. Dinge word verder gekompliseer wanneer Arnold ’n wewenaar word.

'n Soort van Bevryde Vrou (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots 'n Soort van Bevryde Vrou (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Zoe is ’n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Sy is nou wel een van die wulpse Lombaard-niggies, maar sy het nie ’n man nodig om vir haar vlerke te gee nie.

Haar ma en Swietie-pie, ’n brak sonder ’n pedigree, is egter old school en kritiseer haar graag – verál Zoe se losloop-leefstyl. Haar ma sal selfs betaal sodat daar “’n man” op die sitplek langs haar dogter kan plaasneem.

Zoe het egter ’n heimlike begeerte om ook ’n soortgelyke liefde soos Lucy, ook bekend as Funky Feetjie, en dié se man, Billy, te ervaar. Sodat sy ook happy family-foto’s op Facebook kan post.

Dis tyd vir dié late bloomer om koers te kry. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. ’n Man om te vermy. Maar ook ’n man wat haar verstand stil soen.

Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy ’n tweede kans kry om haar foute reg te stel?

Nomaswazi (Paperback): Busisekile Khumalo Nomaswazi (Paperback)
Busisekile Khumalo
R334 Discovery Miles 3 340 Ships in 4 - 6 working days

Dumped at the altar, shame and the bitter taste of rejection drive a teenage girl from the sheltered rural lands of Swaziland to the hard streets of Johannesburg. Forsaking the riches of her former life, she manages to build herself up from bartending to the respectable offices of a reputable law firm. Her tranquility is shattered when the same arrogant devil who almost drove her to suicide through his rejection, comes back into her life, claiming and marking her as his wife.

Nomaswazi is forced to come back home a prodigal daughter when her father's health takes a turn for the worst. Her father had always cocooned her from the harsh truths of her birth but even he couldn't protect her from the revelations which awaited her in the rustic hills of Maphalaleni.

Volmaan Oor Die Marico (Afrikaans, Paperback): Herman Charles Bosman Volmaan Oor Die Marico (Afrikaans, Paperback)
Herman Charles Bosman
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 4 - 6 working days

Die stories in Volmaan oor die Marico is 60 goeie redes waarom Lionel Abrahams vir Herman Charles Bosman ''n Suid-Afrikaanse literêre genie' genoem het.

Hulle illustreer ook waarom Roy Campbell ná die publikasie van Mafeking Road in 1947 gesê het dat dit 'die beste stories is wat nog uit Suid-Afrika te voorskyn gekom het'.

Dié stories sal jou laat glimlag, hulle sal in jou diepste wese weerklank vind, en jy sal die romantiek raaksien in wat Bosman self genoem het 'daardie dinge wat die ware stempel van Suid-Afrika dra'.

Lucky Packet (Paperback): Trevor Sacks Lucky Packet (Paperback)
Trevor Sacks
R383 Discovery Miles 3 830 Ships in 4 - 6 working days

Growing up in a Northern Transvaal town during the State of Emergency in the 1980s, Ben Aronbach doesn’t fit in anywhere. Among the predominantly Afrikaans, Christian inhabitants, he is the Jewish kid, but in the Jewish community he is the boy from the family of lapsed shul-goers. Even though he is learning Hebrew for his bar mitzvah, he feels like an outsider learning a foreign language.

Then Ben meets Leo Fein, a man who knew his father before he died. When Leo includes the boy in his schemes, Ben feels exhilarated. Little does he know the far-reaching impact that Leo will have on the Aronbach family’s life.

It is only years later, in the run-up to the 1992 Referendum, that Ben gets a chance to confront the charlatan . . . but he also has to face his own guilt over his family’s downfall.

Set during two important moments in South Africa’s history, Lucky Packet is told with humour and poignancy.

“One of the best novels of recent years, and likely the most readable.” – Imraan Coovadia

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Santa Clause Collection - The Santa…
Tim Allen, Martin Short DVD R556 R432 Discovery Miles 4 320
Economics of Ecological Resources…
Charles Perrings Hardcover R3,822 Discovery Miles 38 220
Hidden Figures
Octavia Spencer, Taraji P Henson, … DVD R252 R227 Discovery Miles 2 270
Body and Mind - an Inquiry Into Their…
Henry Maudsley Paperback R420 Discovery Miles 4 200
Holiday Billionaires Sweets - A…
Michelle Love Hardcover R1,072 Discovery Miles 10 720
One In The Chamber
Cuba Gooding Jr, Dolph Lundgren DVD  (1)
R92 Discovery Miles 920
Wild Oats
Shirley MacLaine, Jessica Lange, … DVD  (2)
R214 Discovery Miles 2 140
Bridget Jones's Baby
Renée Zellweger, Colin Firth, … DVD  (1)
R106 Discovery Miles 1 060
A Better Tomorrow
Jin-Mo Ju, Seung-heon Song, … DVD  (2)
R86 Discovery Miles 860
The Economic Analysis of Environmental…
Michael Faure, Goeran Skogh Hardcover R4,637 Discovery Miles 46 370

 

Partners