![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
’n Foonoproep uit Pollsmoor laat ’n navorser se lewe kantel. Só na aan hom was die vrou wat bel dat hy algaande die biblioteek, waar hy die eerste skepe aan die Kaap bestudeer, vir dié tronk se waglokaal verruil. Gou kom hy agter dat dié plek is nie altyd so strak soos sy tralies nie: daar is ’n eertydse skipper wat hier vetkoek verkoop; ’n vrouebewaarder met jazz in haar stem; selfs karaoke-aande in die skaduwee van die lemmetjiesdraad. Dieper en dieper word hy ingetrek by die lewens van diegene wat wag om ín- of uítgelaat te word. Net toe hy dink hy kan met sekerheid sê wie aan watter kant van die hoë mure staan, moet hy begryp dat verdriet bodemloos is. In Theo Kemp se Strafjaart vervloei die strominge van ’n lewe met dié van die Suid-Afrikaanse werklikheid, waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.
Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op. ’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.
Anelia le Roux wil in haar oorlede pa se joernalis-voetspore volg. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter die een op die ander uitdaging – en nie almal is ewe aangenaam nie. Sy waai een woeste, winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik ’n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia besef gou dat sy halsoorkop op hom verlief is. Sy wonder net: Hoe voel hý oor háár? Intussen het Anelia ’n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie. Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon ’n kans gee om sy optrede te verduidelik?
Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.
It's a black Karoo night and a young woman, covered in blood, is running along a deserted dirt track. A terrible thing has happened and the woman, Siena, has to reach Seekoegat Primary School at the end of the track, the only place she knows that is safe. It's a long way to run, a three-day ride on a donkey cart. This is the story of Siena, Boetie and Kriekie, whose lives intersect as children and who meet again as adults: Boetie is a boy running wild. Deprived and neglected he is always up to mischief but his friendship with Siena gives him self-worth. Kriekie is a basket case. As the child of a prostitute working the truck-stops along the n1 he has no home. When his mother, Dolly, doesn't come back, a small act of kindness by a woman running a shop at the truck-stop sees him end up at Seekoegat Primary. Plodding steadily through each chapter is the spectre of the ancient Karoo tortoise. Siena's father, Pa, a karretjiemens, reveres the tortoise as a creature that holds within it the wisdom of the ancient landscape and that cries only one tear when it dies. The Tortoise Cried Its Only Tear is award-winning author Carol Campbell's third book on the Karoo. Like her previous work this story is a piece of social realism but, for the first time, Campbell introduces hints of magical realism - which is very much in keeping with the world view of the people she writes about.
Lennet Loots is ’n alleenloper wat woon op ’n lappie grond in Baardskeerdersbos waar hy boer met groente en vrugte, en dagga. Jare gelede was hy ’n rekenmeester wat ’n voorstedelike bestaan gevoer het, maar iewers langs die pad het hy alles opgegee. ’n Ontroerende debuutroman – die relaas van ’n jong man wat verkies om eerder in ’n karavaan van hand tot mond te lewe as om die waarheid te konfronteer.
’n Verslag van Henry van Eeden se weeklange besoek aan die Silbersteins se groot landgoed om Salome, sy toekomstige bruid, te ontmoet. Elke dag lewer bisarre ervarings op en dit word vir Henry ’n inisiasieproses: hy moet sy onskuld verloor en kennismaak met die verweefdheid van die goeie en die bose.
When Lily Westwood dies of cancer, her family are plunged into grief and despair. However, it is not only the loss of Lily which causes their desolation - it’s honouring her dying wish that her husband, William, and twin sister, Frith, leave the UK to raise her daughter, Plum, in Lily’s beloved South Africa. Together, William, Frith and Plum must fulfil Lily’s last wish and confront the challenges this presents to each of them. William, broken and remorseful, buys North Wind Manor, a decaying Edwardian house, and buries his misery in trying to restore the property to its former glory. As the three become immersed in this project, it is clear that William’s obsession with hiding the rot and decay of the mansion mirror his desperation to conceal the misdeeds and wretchedness of his past. Lily’s identical twin sister, Frith, resents her loss of freedom as she finds herself caring for William and Plum in a damp, gloomy house and a city alien to her. Increasingly she frets over the impact this will have on her spirit and career as an artist. With enormous courage, Frith tries to carve out an identity for herself as her future becomes increasingly tenuous. Eleven-year old Plum, sensitive, bright, and imaginative falls in love with North Wind Manor at first sight. Upon finding a century-old diary written by the manor’s former occupant, Plum becomes enthralled by the intrigue and history of her new home, so much so, that it consumes her every waking thought until she begins to believe the diary’s author is a spirit inhabiting the manor. This compelling story interweaves between past and present to explore the twisted dynamics of a family brought closer by sorrow, regret, mortality, love – and an understanding that the truth is not always simple.
In Troosbosbaai by haar Ouma Saar wil Pascale haar stukkende lewe regmaak, haar wonde lek terwyl sy deur haar egskeiding gaan. Juis daarom is dit so vreemd dat God hierdie tyd kies om die Ierse biker, Callum Moriarty, oor haar pad te stuur.
oe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie. Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink. Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag?. Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina. ’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.
Is dit moontlik om geluk te vind in ’n huwelik wat twee stiefkinders insluit? Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur 'n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma wat feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy het. Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is 'n geskeide man, en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy. Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ʼn ma te wees nie, en nog minder ʼn stiefma. Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ʼn beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer sibbe half onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ʼn engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat die liefde tussen haar en Wynand nie te ruste gelê kan word nie.
Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog ’n liefdesteleurstelling deur haar eerste liefde, Adam. Hulle het ’n aan-en-af-verhouding sedert hulle jong dae, maar Adam verneuk haar gereeld en kom nie tot trou nie. In London trou sy met ’n Fransman, maar word ook deur hom in die steek gelaat. Terwyl sy oorsee is, word haar ouers wreed in hul huis in Johannesburg tydens ’n rooftog vermoor. Haar broer, Zak, daag woedend by haar huis op en dring daarop aan dat sy terugkom Suid-Afrika toe. Hy verwyt haar ook dat sy nie by die begrafnis was nie, min wetend wat haar omstandighede daardie tyd was. Sewe maande later is Bailey terug in Suid-Afrika, maar iewers is daar ’n slang in die gras. Hoekom het haar pa nie die kluis tydens die rooftog vir die rowers oopgemaak nie? Wat is in die toegesluite kluis? En gaan Adam weer amok in haar lewe kom maak?
Inspekteur Conrad Dorfling is terug! Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ’n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie: - Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan. - Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie. - Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen … Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ’n geraamte is, ’n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie. En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ’n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ... Alet het per ongeluk ’n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad. Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei. Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ’n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.
Keira en die mense van Walkers Village leer ons dat elke mens 'n kans het om oor te begin. Dat elke mens die reg het om oor te begin. Vir die inwoners van Walkers Village is Keira se manier van dinge doen aanvanklik baie vreemd en ongehoord. Maar Keira verstaan dat regte mense regte probleme het. En ook dat regte mense soms so 'n bietjie hulp nodig het om die regte probleme op te los. Al klink dit aanvanklik vreemd en ongehoord. Saam met Keira leer ons om te verstaan dat die lewe nie altyd regverdig is nie. Dat goeie mense se paaie soms met donker siele se paaie kruis. Dat ons nie altyd kan kies wie ons pad kruis nie, maar dat ons wel kan kies hoe ons daai pad van ons stap. Want hoe jy jou pad stap, is wat saak maak. Nie hoe jy jou storie vertel nie.
In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op 'n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan.
Cilla kan van kleins af met diere kommunikeer in Van altyd af. Reynecke Retief vertrou egter nie haar intuïtiewe benadering nie; hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor. Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om. Aileen se pâtisserie sal vir Stellenbossers wys hoe fyngebak moet lyk in Te eenders, te anders. Ongelukkig is die eienaar van die perseel heeltemal onmoontlik. Na ’n lesing oor persoonlikheidstipes, weet sy: Sy en Allen Muir sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. Hoekom laat sy nabyheid haar dan so verskriklik opgewonde voel? Kalinda worstel met verskeie uitdagings in Tydlose liefde. Soos die spook wat in haar kar geklim het én haar kantsakdoekie agtergelaat het. Sy ontmoet ook die wildewragtag van ’n Zach met sy arrogante drie-date-reël. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen hulle posvat, terwyl sy die geskiedenis en haar spook se spore volg.
In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n Man in ’n silwergrys Mercedes het ’n vrou se baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hy’s dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het. In Môre lê ver word die rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe ’n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word ’n baie belangrike lewensles geleer: dat ryk nie gelyk is aan beter nie. En in Die meisie van Klaradynstraat het prokureur Owen Kemp Elsa Brits van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie. Hul dogter Isobel het alles wat haar hart begeer, maar sy kry pynaanvalle wat deur ’n diep ongelukkigheid veroorsaak word.
Magaya is the unemployed graduate who lost his parents due to crime and was left with nothing else apart from a four roomed house. The community of Siyabusa adopted him. To thank them he was involved in the fight against crime and drug abuse which saw him recruited full time by crime fighting agencies. Magaya met a love of his life Nozuko, who was a shareholder and Director of Marembera store. The two tired the knot and due to family commitment decided to promote Sbongile, their friend to run the fort on their behalf who stole all the investment and savings.
Impi was born during the Mozambican civl war and was abducted to join renamo as a child soldier. He also participated forcefully in all mutilation and killing activities.
Treasure is a naïve dreamer tossed into this unforgiving reality. Intent on supporting herself, she walks out of her dysfunctional family home in Westonaria and straight into the greedy heart of Jo’burg, disguised as the city of gold and black diamonds, to chase the illusion of fame and a happy ending. But living a life of luxury in a society of artificial human beings comes at a hefty price. She is wooed by a wealthy man who grooms her into a power-hungry machine... but is the pleasure worth the pain and endless sacrifices? What can she offer a man who has everything but a soul? As her life crumbles around her, can Treasure alter her fate before it’s too late? This inspirational novel is for all those who see one side to life; it's time to open your eyes to both sides of the coin.
Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal. Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak. Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda. Esmeralde: By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry. Seerower vir Shakira: In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan die gevreesde seerower Raoul Monserat verpand. Op sy skip word hulle in die eg verbind. Sy verafsku hom, maar een of ander tyd gaan hy sy huweliksregte opeis. Markies vir Melesinda: Dis die geheimsinnige Nagvalk wat Melesinda se gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vollê. Maar met die markies Beaumont du Brecy moet sy trou. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Terug na jou, Kolwyntjie en Altyd die strooimeisie. Terug na jou: Jare gelede het Mercia haar liefde vrygelaat, soos mens ’n boemerang van jou af weggooi. Nes die boemerang het haar liefde nou na haar toe teruggekeer. Sal sy hierdie keer daarin slaag om dit vas te hou en vir altyd te koester? Kolwyntjie: Die tweelingdokters in die spreekkamers reg langs Melani se nuwe besigheid is albei ewe sjarmant. Dis egter Lourens wat haar hart verower, maar hy wil verder studeer en het nie tyd vir ’n verhouding nie ... Altyd die strooimeisie: Meyer Malan steel Zoë se hart met die eerste oogopslag, maar hoe kan sy hom liefhê as hy juis een van die bevoorregtes is wat op haar pa se erfplaas grootgeword het. Kan sy die familie vertel wie sy werklik is?
A collection of modern romances: In Beauty and the Broker, Melody Nyathi works as a beauty therapist at the plush Imbali spa but dreams of owning a beauty spa for the everyday woman. When she falls for insurance broker Thabiso Gumede he encourages her by making an offer that few could refuse. Does he believe in her dream or is he motivated by jealousy? In Written in the stars, Masedi Goanabokoa meets the musician Pelo Sebata. Masedi and Pelo are both dealing with painful pasts that keep them from moving forward. Soon they will discover that they have been brought together by forces stronger than them. In Three Dates, professional ballroom dancer Lesedi Moatlegi believes that her dance partner Nicholas is her perfect match: on and off the dance floor. Except he only sees her as a dance partner with ‘benefits’. Reluctant Lesedi agrees to give investment banker Tshepo Motsei a chance. Will he be able to prove himself after just three dates?
In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Keina Swart, Jaco Jacobs en vele meer skryf oor die liefde in al sy vele gedaantes: moederliefde, onvoorwaardelike liefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe ... Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande. |
You may like...
|