0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (9)
  • R50 - R100 (52)
  • R100 - R250 (371)
  • R250 - R500 (913)
  • R500+ (33)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Die Perfekte Gene (Afrikaans, Paperback): Alma Carstens Die Perfekte Gene (Afrikaans, Paperback)
Alma Carstens
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sal hul vriendskap dit oorleef?

Hulle is boesemvriende sedert kindsbeen en toe Erin besluit om 'n baba te kry, val haar keuse vir 'n skenker outomaties op Jay. In haar oë het hy die perfekte gene en tiek hy al die boksies van wat sy soek in die pa van haar kind. Maar Jay weier volstrek om haar te help. Hy het 'n vaste meisie en Erin is soos 'n suster vir hom. Buitendien dink hy sy is oorhaastig en moet eerder weer oor haar besluit gaan nadink. 'n Oorsese reis skep wantroue en kelder byna hulle vriendskap.

Dit dwing hulle albei om selfondersoek te doen. Kan hulle mekaar ten volle vertrou met die waarheid?

Corali (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Corali (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

The Harvard Wife (Paperback): Busisekile Khumalo The Harvard Wife (Paperback)
Busisekile Khumalo
R388 Discovery Miles 3 880 Ships in 2 - 4 working days

The Harvard Wife is the portrayal of the modern career woman. Her struggles in relationships, marriage, divorce and motherhood. It’s a story about a woman who finds herself in an unhappy marriage and while running away from her problems on safari with her best friend she runs into the one that got away. Things spiral downwards from there for her marriage but through it all, divorce and almost losing her child, she finds herself and grows.

Son (Paperback): Neil Sonnekus Son (Paperback)
Neil Sonnekus 1
R242 Discovery Miles 2 420 Ships in 2 - 4 working days

Son is a stunning achievement in post-apartheid writing. The debut novel by South African writer, Neil Sonnekus, Son brims with brio, verve and swagger. Though laugh-out-loud funny at times, it is also achingly poignant and deeply moving.

Sonnekus brilliantly captures the so-called Noughties with his tragi-comic creation Len Bezuidenhout, a recent divorcee whose quest for sex is as funny as his attempts to tease a hungover narrative from his father, a puritanical old curmudgeon. The two couldn’t be more different – or similar. They are both storytellers, but when the tale Len starts extracting from his old man is slowly revealed, it is everything but funny. Through scalding humour, caustic wit and brutally frank interrogation into the country’s ‘post Rainbow Nation’ pathology, this stylistically imposing work is one of hilarity, bitter warmth and eventual grace.

Son is at times uproarious and unremittingly frank as it exposes politics as a tragic farce. It is both self-deprecating and sensual as it traverses the dark arts of sexual conquest and desire while it simultaneously unearths brutal anxieties around crime, alienation and aging. Central to Son is the brutal mirror of what it means to be a white man in South Africa, confronting a rapid loss of power while struggling to come to terms with stark socio-political change and the possibilities of living an unfulfilled and alienated life.

While it hums and whirs with sound, movement and humour, Son seamlessly takes the reader on a profound journey of compassion and self-understanding. In a dark and disturbing turn, it argues that the dominant colour of the rainbow has become not white nor black, but red. Blood red.

Sushi With Hitler (Paperback): Joe Kitchen Sushi With Hitler (Paperback)
Joe Kitchen
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Joe Kitchen describes Sushi with Hitler as a “burlesque fantasy”. It is a delightful satire, written in Douglas Adams’ style, that pokes fun at everything but the kitchen sink. The author describes the book as “completely irrelevant” and its beauty lies precisely in the escape it offers from everyday problems. It questions the status quo on just about everything and none of society’s holy cows remain untouched. Be prepared to be treated to a myriad of intertextual jokes, involving everything from classical literature to pop music.

'n Huis Vir Altyd (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje 'n Huis Vir Altyd (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tweede kanse vir tweedehandse harte …

Ná Milan se man se dood in ’n vliegtuigongeluk, moet sy haar rykmanslewe in Sandton vaarwel roep. Haar man het hul geld uitverkwis en die skuldeisers eis alles op. Al wat sy vir ’n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans. Dis vir haar ’n groot aanpassing: Haar bure wat tydig en ontydig by haar huis inkom; die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge al ken hulle mekaar nie; die omgee vir mekaar en uiteindelik ook die omgee vir haar.

Haar geldsake is beroerd maar soos wat sy haar voete vind, en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik ’n leefstylwinkel in een van die dele van die huis.

Om dinge verder te kompliseer is daar twee mans wat haar in die oog het: Die eiendomsagent wat haar huis moet verkoop, Cloete Rademan, asook die boer op Skilderkloof, Herk Bocklenberg met sy moeilike dogter, lewenslustige tweelingseuns en dieselfde drang as Milan om oor te begin.

Finding Soutbek (Paperback): Karen Jennings Finding Soutbek (Paperback)
Karen Jennings
R400 Discovery Miles 4 000 Ships in 12 - 17 working days

The focal point of the novel is the small town of Soutbek. Its troubles, hardships and corruption, but also its kindness, strong community and friendships, are introduced to us in a series of stories about intriguingly interlinked relationships. Contemporary Soutbek is still a divided town - the upper town destitute, and the lower town rich, largely ignorant - and through a series of vivid scenes, the troubled relationship between Pieter Fortuin, the town's first coloured mayor, and his wife Anna is revealed. In so many ways the past casts a long shadow over the present, not in the least through the unreliable diaries of Pieter Meerman promoted by Pieter Fortuin and Professor Pearson, a retired white historian. They give us a unique insight into the lives of the seventeenth-century Dutch explorers, and hint at a utopian society, suggesting that Soutbek is the birthplace of assimilation and integration. The blossoming friendship between Anna, Sara, a foundling, and Willem, Pieter Fortuin's nephew, is unsettled by David, Anna's and Pieter's son. His father has bought David a bright future, but when he comes back from boarding school David appears alienated from his father and from his old friend, the former gardener Charles Geduld, just as Anna starts to accept him as her son. Is there hope, or are we left with Willem's conclusion that 'he would spend the rest of his life working off the debt of his family's poverty'? A moving story that paints a thought-provoking picture of life in contemporary South Africa.

'n Motorfiets Vir Twee (Afrikaans, Paperback): Ilze Beukes 'n Motorfiets Vir Twee (Afrikaans, Paperback)
Ilze Beukes
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Katja voel reeds gemaklik met haar plekkie op die rak. Haar lewe is ongekompliseerd en gevestig tot sy Xavier en sy seuntjie ontmoet. Xavier is haar nuwe bevelvoerder en hopeloos te aantreklik in sy uniform. Katja voel hoe ‘n onsigbare band tussen haarself en Xavier begin vorm, want hul albei dra littekens van die verlede. Haar lewe word verder omver gegooi deur ‘n versoek van maatskaplike dienste dat haar biologiese familie haar graag wil opspoor. Dis presies wat sy haarself nog altyd voorgeneem het om nooit óóit te doen nie. Alles voel oorweldigend, en om haar wegholskoene aan te trek klink na die beste oplossing. Maar wat as twee gebreekte harte saam geluk kan vind? Kan ou wonde behandel en genees word? Is dit tyd om kanse te waag?

Eggo's (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Eggo's (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind.

Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal.

Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie.

Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms.

Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.

Rimpelinge (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Rimpelinge (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Elani is oortuig mans raak nie sommer aangetrokke tot haar nie weens haar reputasie as syferkop en boekwurm. Wanneer sy vir Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dinge egter ’n ander saak. Rick word bekoor deur haar kinderlik onskuldigheid oor die liefde. Hy terg haar genadeloos en lok haar uit om nuwe dinge te waag.

Rick het Bietjiebaai toe gekom om sy biologiese pa op te spoor. Wanneer hy hom vind, worstel hy om hom te konfronteer, want hy voel te wrewelrig teenoor die knorpot wat hom en sy ma byna dertig jaar gelede in die steek gelaat het.

Elani stoei weer met die onregverdigheid van die lewe wat haar ouers op ’n jong ouderdom van haar weggeneem het. Rick moet leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef dat God ’n groter plan het vir hul lewens.

Disgrace (Paperback, New Edition): J. M. Coetzee Disgrace (Paperback, New Edition)
J. M. Coetzee
R309 R281 Discovery Miles 2 810 Save R28 (9%) Ships in 9 - 15 working days

After years teaching Romantic poetry in Cape Town, David Lurie has an impulsive affair with a student.

The affair sours; he is denounced and summoned before a committee of inquiry. Willing to admit his guilt, but refusing to yield to pressure to repent publicly, he resigns and retreats to his daughter Lucy’s isolated smallholding. For a time, his daughter’s influence and the natural rhythms of the farm promise to harmonise his discordant life. But the balance of power in the country is shifting. He and Lucy become victims of a savage and disturbing attack which brings into relief all the faultlines in their relationship.

Donkerland (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Donkerland (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days

Een plaas. Een familie. Een bloedlyn. Sewe geslagte.

In 1838 vlug Pieter de Witt uit die Oos-Kaap na Natal om ná maande van uiterste ontbering op die walle van die Tugelarivier ’n hoekpaal in te kap en sy plaas af te tree. Hy noem die plaas Donkerland. Dit is hier waar sewe geslagte De Witts die wel en wee van ’n ontluikende volk beleef: die Groot Trek, die stryd teen die Zoeloes, die Anglo-Boereoorlog, Groot Depressie, 1948-verkiesing, Grensoorlog, Soweto-opstande en die oorgang tot ’n demokratiese Suid-Afrika. Vir honderd agt-en-vyftig jaar leef die De Witts die triomf en die smaad van die geskiedenis op ’n enkele stuk grond uit; ná sewe geslagte begin dit deurskemer wat dit beteken om in hierdie aarde ’n hoekpaal in te slaan en ’n plaas af te tree.

Donkerland is die eerste aflewering in Deon Opperman se Afrikaner-trilogie.

Madeliefies Van Staal (Afrikaans, Paperback): Pat Stamatelos Madeliefies Van Staal (Afrikaans, Paperback)
Pat Stamatelos
R279 Discovery Miles 2 790 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie opvolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer.

Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer.

Toe Lucy se broer onverwags opdaag by die staatslykhuis waar sy werk, wéét sy iets klop nie.

Cheryl Douglas steur haar eenvoudig nie aan dié wat sê dat sy oppervlakkig en materialisties leef nie. Sure, sy is lief vir blieng en sy is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar sy verlang ook na iets meer . . . iets dieper. Die ding is net: moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins (óf prinses) ontmoet?

’n Plek-plek makabere en satiriese roman, maar steeds baie menslik en heerlik leesbaar. Deur die gewilde skrywer van Kroes en Die val van die dice.

Hoog Tyd (Paperback): Madelie Human Hoog Tyd (Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dani de Villiers transporteer onverwags vanaf 2019 na 1724 tot in die sitkamer van die La Rochelle landgoed waar sy vir Jacques le Roux, die eienaar en wynboer, ontmoet. Verward en geskok oor waar sy haarself bevind, vertrou sy nie een woord wat uit Jacques se mond kom nie en sal eigiets doen om terug in haar eie tyd te kom.

Jacques het egter ander planne vir haar, want geen vrou het hom al ooit so aangeraak nie. Omstandighede vermoeilik gou hulle situasie en voor Dani besef wat gebeur, moet sy met Jacques trou om die skinderbekke stil te kry. Om sake te vererger besef Dani dat sy besig is om haar hart op Jacques te verloor.

Wanneer hy ‘n manier vind vir haar om terug te keer na 2019, moet sy ‘n besluit neem: Volg sy haar hart en bly by hom, of moet sy teruggaan na alles wat vir haar bekend is?

The State Vs Anna Bruwer (Paperback): Anchien Troskie, Elbie Lotter The State Vs Anna Bruwer (Paperback)
Anchien Troskie, Elbie Lotter
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days

What happened to Anna the moment after she pulled the trigger? After she looked her stepfather in the eye, and shot him, the man who sexually abused her and her sister for so many years?

Seven years after It’s Me, Anna, a publication sensation at the time of its release, the author revisits the story of Anna Bruwer. How does one seek forgiveness for murder? Or is retribution the only way to bring about justice? These are the questions Anna – and the writer – wrestle with.

This is an excruciatingly honest depiction of Anna’s life after her stepfather’s death: a novel filled with compassion, and ultimately hope.

Nuwe More Vir Die Hart (Paperback): Cecilia Nortjé Nuwe More Vir Die Hart (Paperback)
Cecilia Nortjé
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer die negentienjarige Alida haar ongebore dogtertjie verloor, veg sy teen matelose depressie. Toe sy eindelik weer begin skilder, ontmoet sy die enigmatiese Gerhard langs haar esel op die duin onderkant haar ouma se strandhuis.

Hulle is amper dadelik sterk aangetrokke tot mekaar, en sy waag om vir haar nuwe vriend die verhaal van haar dogtertjie te vertel. Gerhard groet weer ná drie dae, maar maak dit egter duidelik dat hulle vriendskap nie buite dié idilliese ruimte voortgesit kan word nie. Vir die volgende vier jaar is daar dan ook kosbare tye saam, maar slegs tydens Desembervakansies by die stranddorp.

Alida weet dat sy die “skulpeman” – soos haar suster, Karlien, na hom verwys – innig liefgekry het, maar sy glo nie hulle sal mekaar ooit in die “buitewêreld” ontmoet nie. Waarom bly sy dan droom van ʼn toekoms saam?

Adder (Afrikaans, Paperback): Christelle van Rooyen-Wessels Adder (Afrikaans, Paperback)
Christelle van Rooyen-Wessels 3
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Klara Francke het ’n donker geheim. Sy is vasgekeer in ’n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun.

Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het vir ’n braai nooi, is daar onmiddellik ’n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega. Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare – en ontoelaatbare – gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los.

Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer ’n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders ’n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke ...

Liefde En Oorlog (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Liefde En Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Heiliger (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Heiliger (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe ’n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle ’n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur ’n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, ’n staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word – deels vir sy eie veiligheid, deels omdat ’n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir ’n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van ’n sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur ’n dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s’n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy ’n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk ’n Kubaanse dokter oor hom in ’n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy ’n fout gemaak …

Hart Van Papier (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Hart Van Papier (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tien jaar gelede in 'n kroeg in New York, het twee jong mans 'n muntstuk gegooi om tussen twee meisies te besluit. John het die stert en die brunette gekry, terwyl sy beste vriend die pragtige blondine, Kate, gewen het. Maar dit was Kate wat John se hart gesteel het, ten spyte daarvan dat sy met sy vriend getrou het.

Na haar mislukte huwelik, koop Kate die tweedehandse boekwinkel op 'n klein dorpie in die hoop om New York se stof finaal van haar voete af te skud. Dit vat egter een kersfees terug in die groot stad om dinge weer omver te gooi en ʼn spul ongewensde emosies oop te krap. John besluit om 'n einde aan jare se marteling te maak deur Kate op Ridgeway te gaan sien.

Wat hy egter nie besef toe hy vir die eerste keer by Next Chapter instap nie, is dat dit net die begin van die volgende hoofstuk is en dat die liefde nie voorgesê kan word nie.

Herberg Vir Die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Herberg Vir Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Marike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by ‘n kliniek vir geestesgesondheid. Ná ‘n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan ‘n lyntjie te laat hou nie.

Louis Calitz probeer ‘n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg. Boonop steek hy die rede vir sy probleme met mobiliteit vir almal weg en weier om hulp te aanvaar. Marike besef mettertyd dat Louis homself straf vir die dood van sy suster deur die pyn te verduur wat ‘n heupvervanging kan genees.

Louis besluit om vir die operasie te gaan, maar sal dit genoeg wees om sy probleme op te los en sy hart vir Marike oop te maak?

Wolf Trap (Paperback): Consuelo Roland Wolf Trap (Paperback)
Consuelo Roland 1
R352 Discovery Miles 3 520 Ships in 2 - 4 working days

Paola Dante is a driven project manager employed by a large multinational information technology corporation who reads war strategy books for relaxation. In general she prefers computers to people with their random uncontrolled emotions. Long ago she made a decision that matters of the heart were inherently messy and should be kept at arm’s distance. But her husband had surprised her; she had no resistance against Daniel. Now she sees herself as a survivor who has successfully moved on from the traumatic events and terrible truth surrounding her husband’s sudden disappearance years before. But the truth is that ever since the night he walked out on their marriage back to his old ways she’s found it hard to get on with normal life.

An unlikely and ill-equipped mother, she stands alone between their adopted daughter Simone and the criminal kingpin who wants the teenage girl for his own ends and has set the savage wolves on her.

To save her daughter - and herself - once and for all, Paola will face her every fear, her every mistake, and the past she thought she’d finally processed and left behind.

'n Leeftyd Se Bekruip (Afrikaans, Paperback): Dawie Strauss 'n Leeftyd Se Bekruip (Afrikaans, Paperback)
Dawie Strauss
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

'n Leeftyd Se Bekruip is ’n bundel verhale vol humor en avontuur. Dit gaan oor die te-voet-jag van kleinwild tot grootwild en strek oor verskillende lande en kontinente heen.

Dit gebeur nie aldag dat ‘n boer ‘n boek publiseer nie. Maar Dawie Strauss is nie ‘n gewone boer nie. Hy is ‘n boer én ‘n skrywer, ‘n jagter én ’n bewaarder.

‘n Boek wat op jou bedkassie of leunstoel, op jou see-handdoek of tydens jou vliegtuigrit op jou sal wag en sal sorg vir ‘n lekkerlees-avontuur. Sterre en kampvuur. Vriendskap en heimwee. Die bos róép…

Ware Noord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Ware Noord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede.

Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.

Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke.

Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.

Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geïnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.

Slagoffer (Afrikaans, Paperback): Francois Smuts Slagoffer (Afrikaans, Paperback)
Francois Smuts
R330 R219 Discovery Miles 2 190 Save R111 (34%) Ships in 5 - 7 working days

Dawid Neethling is ’n suksesvolle psigiater op Stellenbosch met ’n deeltydse pos by die universiteit, ’n knalgeel Porsche en ’n steriele huwelik.  Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie. Voor hy sy oë kan uitvee, staan hy in die beskuldigdebank op aanklag van moord. En dan begin onbeheersde kragte uitspeel wat uiteindelik sy éie lewe sal bedreig.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Photoelectron Spectroscopy - Bulk and…
Shigemasa Suga, Akira Sekiyama, … Hardcover R4,007 Discovery Miles 40 070
A Cloud of Witnesses - The Theology of…
Richard Bauckham, Daniel Driver, … Hardcover R5,373 Discovery Miles 53 730
Annual Reports on NMR Spectroscopy…
Graham A. Webb Hardcover R7,129 Discovery Miles 71 290
The Ancient History of the Egyptians…
Charles Rollin Paperback R612 Discovery Miles 6 120
The Earth Summit:The United Nations…
Stanley Johnson Hardcover R9,819 Discovery Miles 98 190
Remaking Appalachia - Ecosocialism…
Nicholas F Stump Hardcover R3,024 Discovery Miles 30 240
International Food Law - How Food Law…
Cinzia Caporale, Ilja Richard Pavone, … Hardcover R5,090 Discovery Miles 50 900
European Environmental Law
Jan H. Jans Paperback R6,649 Discovery Miles 66 490
The Dynamics of World Class…
James J. Lall Paperback R829 Discovery Miles 8 290
The Gospel of Mary
Christopher Tuckett Hardcover R6,021 Discovery Miles 60 210

 

Partners